Polokwane se munisipale bestuurder geskors

Foto: polokwane.gov.za

Foto: polokwane.gov.za

Die munisipale bestuurder van Polokwane in Limpopo is geskors hangende ʼn ondersoek na onbekende bewerings.

Tidimalo Chuene, woordvoerder van die Polokwane-munisipaliteit, het gesê Constance Mametja is voorlopig vir 90 dae geskors. Die besluit is op 15 Mei tydens ʼn spesiale sitting van die raad geneem.

“Die bewerings teen die munisipale bestuurder kan nie in dié stadium bekend gemaak word nie aangesien dit sekere dele van die ondersoek in gedrang kan bring,” het Chuene gesê.

Volgens Chuene sal ʼn onafhanklike span aangestel word om ʼn ondersoek te doen en ʼn verslag aan die munisipaliteit se raad voor te lê.

Ndavhe Ramakuela, direkteur van gemeenskapsontwikkeling, is as waarnemende munisipale bestuurder aangestel.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Burrito ·

There seems to be a bug on your site – I can’t right click or select anything.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.