Polokwane-vrou in huis vermoor

Lindie Oberholzer

Die polisie in Polokwane, Limpopo, het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur vir verdagtes nadat ʼn 52-jarige vrou in haar huis in die Bendor-woonbuurt vermoor is.

Lindie Oberholzer se liggaam is Woensdag in haar huis gevind.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer glo met ʼn skerp voorwerp geslaan is,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Mojapelo moet daar nog vasgestel word hoe die moordenaar(s) toegang tot die perseel verkry het. “Die motief vir die voorval is in dié stadium onbekend.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op gemeenskapslede gedoen om die polisie by te staan in die ondersoek om te verseker dat die skuldiges aangekeer word.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Phillimon Ratsoma, by 072 808 1188 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Harley Davidson ·

Al wat mens hartseer kan sê ons sogenaamde leiers het ons gefaal en totale anargie gaan volg wat anders bly oor.

Pieter ·

Dit moet nou maar kom, dis al wat oorbly voor ons weer kan aangaan met ons lewens

Di ·

So hartseer! Ons lewens beteken NIKS meer in hierdie land nie. Tragies dat ons pragtige land verval het in ‘n kriminele hool en ons ANC Kaders word dag en nag beskerm teen hierdie aanvallers. Sterkte aan haar familielede, so groot verlies!

Keelvol ·

Ek stem Pierre. Tuinwerkers en huishulp is oor grote meerderheid betrokke. Dit is n feit.

Onnie ·

Wie dink jy werk as sekuriteit by hierdie komplekse? Wie installeer ons alarms, doen bouwerk aan ons huise? Die skelms en hul informante is oral. Hulle ken die plekke beter as die mense wat daar bly.

N ·

Waar is al die politieke partye nou. Waar is Lesufi en al die ander raasmakers nou of is die minderheid nie van belang nie.

piet ·

Lesufi is met onderwys en skole betrokke, wat het hy te doen met hierdie moord op ‘n gewone persoon van die publiek?

N ·

piet, hy is altyd betrokke by sake tussen verskillende rasse. En met meeste bedoel ek waar die meerderheid betrokke is.

Casper ·

Net nog ‘n nommer vir die gangster met sy hoed, om te bewys dat die misdaad syfer sak.

Fran ·

Ek sal jou sê wat die motief is: Georganiseerde, stelselmatige uitwissing van die blanke.

Ilze ·

Het haar geken. Sy het by in bekende slaghuis hier in Polokwane gewerk. Altyd vriendelik. Ek kan nie verstaan hoekom sy so wreed moes sterf nie. Sy was ‘n klein vroutjie, geen bedreiging vir niemand.

Onnie ·

“…. met ‘n skerp voorwerp geslaan…” beteken sy is opgekap met ‘n panga! Uiters skokkend. Hoekom ‘n weerlose vrou so wreed vermoor? Vrouemaand is ‘n grap in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.