Pompjoggie beseer toe man wegjaag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pompjoggie by ʼn Engen-vulstasie in Rooihuiskraal, Centurion beseer toe die spuitkop van die petrolpomp hom teen die kop getref het.

“Die man het glo besluit om weg te jaag terwyl die petrolspuitkop nog in die tenk was,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die spuitkop het, weens die druk wat daarop geplaas is, skielik uit die voertuig losgekom en die pompjoggie teen die kop getref.”

Paramedici is omstreeks 19:30 na die toneel ontbied. “Die man het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dee ·

Daardie tenk petrol sou goedkoper gewees het as eerlik daarvoor betaal was. Dit kan of gaan nou heelwat duurder wees vir die petroldief.

Riana Roos ·

Ek en my man het ook gedurende hierdie week, petrol in ons voertuig laat gooi. Die petroljoggie (baie vriendelike man), gooi toe die petrol in en kom na my man se kant vir die betaling daarvan, waarop my man hom wys dat hy per kaart wil betaal. Die vriendelike man draai toe om en gaan haal die kaartmasjien in die winkel. Die gedagte kom toe by my op, dat ons ook maklik kon wegjaag het met ‘n vol tenk petrol. Ons motor se nommerplate kon ook vervals gewees het en ons kon kipsies gedra het wat ons gesig bedek. Ai, kan mens nie beter veiligheidsmaatreëls inbring om hierdie arme petroljoggies te beskerm nie.

Karma ·

Eerder vulstasie-dienspersoon. ‘n Joggie is daai ou wat in perde-resies deelneem of jou gholfstokke ronddra.

Karma ·

Eerder ‘vulstasie-dienspersoon’ – ‘n joggie is daai ou wat aan perderesies deelneem of jou gholfstokke ronddra. Sterkte aan die arme mens wat in die uitvoering van sy taak beseer is en aan die brandstof-dief, ek wens KARMA aan jou toe!

Werner ·

Wel Sasol naby die N14 het papiere op wat se na n sekere tyd in die aande moet jy eers betaal voor jy mag ingooi… maar gaan dit seker in die dag ook nou moet toe pas as dit die geval was..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.