Pompstasie vir dreinering van suur mynwater opgerig

Suur mynwater. Foto: @environmentsa/Twitter

Suur mynwater. Foto: @environmentsa/Twitter

ʼn Pompstasie is in Germiston aan die Oos-Rand opgerig vir die dreinering van suur mynwater.

Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, sê die pompe by die stasie sal na verwagting nagenoeg 57 miljoen liter water per dag behandel. Sy sê die pompstasie sal die suur mynwater behandel voor dit in die Kliprivier gestort word. Die pompstasie sal na verwagting teen einde April ten volle operasioneel wees. “Die Kliprivier is een van die kritieke sytakke van die Vaalrivier en is dit is om die rede belangrik om daarop te let dat die behandelde water nie ʼn negatiewe impak op die Vaalrivier sal hê nie.” Nagenoeg R319 miljoen sal op die projek spandeer word. Die projek fokus hoofsaaklik op die Witwatersrand-area. Die pompstasie is egter net ʼn tydelike maatreël. “Die totale projek behels die totstandkoming van ʼn nuwe pompstasie vir die dreinering van suur mynwater, ʼn neutraliseringsfasiliteit sowel as pyplyne vir die behandelde water en slyk.” Molewa sê wanneer die projek voltooi is, dit ʼn permanente oplossing vir die behandeling van suur mynwater sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.