Pongola-ongeluk eis drie kinders

Argieffoto

Argieffoto

Drie kinders is Vrydagoggend dood en 14 beseer tydens ʼn ongeluk op die N2 in Pongola, KwaZulu-Natal tussen ʼn suikerrietvragmotor en ʼn minibus.

Die ongeluk het omstreeks 07:00 naby die Golela-afrit plaasgevind.

“Die kinders, tussen sewe en 15 jaar oud, het in die minibus gery toe die ongeluk plaasgevind het,” het Robert McKenzie, woordvoerder vir die nooddienste, in ʼn verklaring gesê. Drie kinders is op die toneel dood verklaar en 13 ander kinders en die minibusbestuurder is beseer. “Twee van die kinders het kritieke beserings opgedoen.”

Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na die Itshelejuba-hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling. “Die polisie sal die ongeluk ondersoek,” het McKenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Nou wonder ek weereens: Hoe veilig is die vervoer waarmee ons kinders skool toe gaan?

Is al die busse en minibusse en waens en motors op die pad? En die persoon wat bestuur???

Wonder maar net.

Was daai dalk ‘n ongeluk omdat die minibus onpadwaardig was, of het die bestuurder kanse gewaag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.