Pongola-skietery: Twee wou glo land verlaat

(Argieffoto: Kent Williamson)

Twee vermeende gewapende rowers wat glo betrokke was by Vrydagaand se skietery by ʼn sportklub op Pongola, is aangekeer terwyl hulle oënskynlik die land probeer verlaat het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê speurders het inligting opgevolg oor waar die mans hulle moontlik bevind en het die twee Maandag in die vroeë oggendure voorgelê.  Die mans, onderskeidelik 20 en 26 jaar oud, was glo op pad na die Swaziland-grens.

Hulle verskyn na verwagting binnekort in die landdroshof op Pongola.

Maroela Media het vroeër berig ses gewapende mans met klapmusse het die Pongola-rugbyklub om 22:30 binnegekom en klante beveel om plat te lê.  Volgens Mbele het die aanvallers in dié tyd verskeie skote geskiet.

Een van die klante het sy eie vuurwapen gebruik om terug te vuur en een van die rowers is doodgeskiet.  ʼn Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is by die aanvaller gekry.

Een van die klante is in die skietery gewond.  Die 30-jarige man het kort daarna in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk, het Mbele gesê.

Die KwaZulu-Natalse polisiehoof, lt.genl. Khombinkosi Jula, het die speurders vir die inhegtenisnemings geloof.  “Ek is vol vertroue dat die oorblywende verdagtes binnekort gevang gaan word,” het hy gesê.

Die Pongola-rugbyklub het Maandag gesê hy gaan later ʼn verklaring oor die voorval uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zacahara

Jammer vir die siviele persoon wat in die skietery noodlottig gewond is. Mag hy/sy in vrede rus & mag reg & geregtigheid deeglik geskied.

Werner

Hierdie is hoe die anargie uitkring in hierdie land dit gaan nog baie eskaleer

Zander

Glo ou Cele dink amnestie is steeds die antwoord. Polisie was mos daar NA die voorval…

Die Waarheid

Hulle was dus nie bewus van die wapen inhandigings amnestie nie.
Weereens ‘n bewys. Cele en kie wil ons ontwapen. Die terug geskietery van die victims moet end kry.