Poolhond doodgeslaan: Saak teruggetrek

Max

Max

Die saak wat gespruit het uit ʼn voorval in Witrivier, Mpumalanga waar ʼn tweejarige poolhond doodgeslaan is nadat hy glo ʼn bok gebyt het, is teruggetrek.

Christine Kuch, woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, het in ʼn verklaring gesê die saak is teruggetrek nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) as bemiddelaar opgetree het.

Max is in Desember doodgeslaan nadat hy glo die buurman se bok doodgebyt het. Marius Kotze, Max se eienaar, het destyds aan Maroela Media gesê hy het gesien hoe drie mans op die buurman se kleinhoewe ʼn hond met stokke en pype slaan in ʼn buitegebou. Hy het besef dis Max en die polisie en DBV is ontbied.

Kotze en Mildred Spahn, eienaar van die Ilanda-gastehuis wat op die kleinhoewe langsaan geleë is, se seun is kort na die voorval in hegtenis geneem nadat hulle klagte teen mekaar aanhangig gemaak het. Spahn het destyds aan Maroela Media gesê Kotze se poolhonde het die afgelope paar maande twee bokke doodgebyt en ook ʼn vark aangeval.

Kotze het ʼn klag van dieremishandeling aanhangig gemaak. Hy het volgens die DBV egter later sy verklaring teruggetrek. Kotze is daarvan aangekla dat hy nie die nodige stappe gedoen het om seker te maak sy honde kan nie in die buurman se erf kom nie. Spahn het Kotze glo herhaaldelik gekontak en gevra om dit te doen.

Kuch het gesê Kotze was die enigste getuie in die DBV se saak en daar is nie voldoende bewyse om met die saak voort te gaan nadat Kotze sy verklaring teruggetrek het nie. “Herhaaldelike pogings deur die DBV om die saak te laat voortgaan was onsuksesvol. Dit is ‘n groot bekommernis dat so ‘n ernstige geval van wreedheid teenoor ‘n dier so oorhaastig buite rekening gelaat kan word.”

Volgens Jaco Pieterse, ʼn senior inspekteur by die DBV, is hierdie ʼn ernstige geval van dieremishandeling. “Daar is wyd daaroor berig en ons kan nie toelaat dat daar ʼn voorbeeld gestel word waar ʼn persoon ʼn dier op hierdie wyse kan martel en skotvry daarvan kan afkom sonder enige gevolge nie,” het hy gesê.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Janine ·

En so word nog ‘n wrede mens se mishandeling van dier onder die mat ingevee en kom daar niks van nie. Hoe Max tot sy einde gekom het, kan nie en mag nie ongestraf laat nie – maak nie saak wat die omstandighede is nie. Dit maak nou die deur wawyd oop vir toekomstige oortredinge … Ek gee op met hierdie land se regstelsel … :-(

Paul ·

Janine – hierdie het niks met die regstelsel te doen nie. Die klaer en enigste getuie het sy verklaring teruggetrek dus is daar in effek GEEN getuie nie en kan die saak nie aangaan nie

Asjas ·

Wanneer jy in ‘n doodloop straat is en almal (die regstelsel) jou in die steek laat, wat maak jy? Jy trek maar die saak terug want die lewe moet maar aangaan.

Asjas ·

Dit is wat gebeure wanneer die regstelsel jou in die steek laat, jy trek maar jou saak terug …

Linda Olivier ·

Janine ek stem 100% saam met jou wie gaan dan nou begin veg vir diere regverdigheid????

rachel heyneke ·

dit was nog nie nodig om die hond so wreed dood te slaan nie. Vernaam as die man moes aanhoor hoe die dier huil. Dis glad nie REG NIE, dis wreed.

jessica fourie ·

Hy moet gestraf word vir wat hy aan Max gedoen het.

ladybug ·

En dis nou ‘n rede om ‘n dier dood te slaan? Wonder hoe word jou huismense behandel as jy ‘n dier sommer so goedsmoeds kan doodslaan …

Siek wêreld waarin ons leef!

EMK ·

Sal nooit ooit by daardie lodge bly nie en klaar. En vertel ook vir almal wat ek ken van dit. Dis waar dit die seerste gaan maak, as hulle nie geld maak sal hulle gou onthou hoekom nie! daar is geen rede, GEEN rede om ‘n dier dood te slaan. O fdi eieenaar nou voorsorg getref het dat die hond in sy erf bly of wat ookal, dan kry jy die DBV uit om die hond af te neem. Maar NIKS is ooit ‘n rede om ‘n dier WREED dood te maak nie.

Lindie ·

Hoe kan die saak net gelos word?? Die arme hond is wreed dood geslaan!!!!! Dit is die ergste graad van diere mishandeling!!!! Hulle kan nie daarmee weg kom nie!!! Nee o genade. En ek stem saam met die ou wat se die saak was wereld wyd en daar moets iets gedoen word wat watse indruk skep dit nou landwyd as die saak net so doodloop????? Ek is sommer nou erg ontsteld en voel ek kan in trane uitbars vir arme Max se part. Die arme hond. Maak nie saak wat hy gedoen het nie!!!! Geen dier verdien om so gemartel en doodgemaak te word nie!!!!!!!!!!!!!!!!!

Bleskop ·

Mac se eienaar is natuurli “vriendelik aangeraai” om nie met die saak voort te gaan nie, anders……
……ons almal weet hoe buite veband plaasmoorde is…….

Elize ·

Dit is soos klappers skiet…. dis onwettig maar jy kan niemand aankla nie….. hoeveel mense het julle al gehoor wat klappers skiet (wat volgens my mening ook dieremishandeling is) wat beboet is? En hoeveel mense het julle gehoor wat vir diere mishandeling beboet is? Ek is bewus van n man wat n hondjie lank terug teen n klip doodgeslaan het, omdat hy kwaad was vir sy vriendin (dit was haar hondjie). Die saak het in die hof gedraai….. maar gedraai en weer uitgekom.

Susan ·

Met ander woorde as ek ‘n moord pleeg, iemand sien my, gaan gee my aan by die polisie, maar trek dan die saak terug, dan word daar niks aan my gedoen nie. As jy tog seker een keer ‘n klag gelê het moet daar tog gronde wees en indien jy ‘n valse klag gelê het moet jy seker aanspreeklik gehou word daarvoor, of hoe.

EMK ·

Ons KAN almal iets doen – gaan na die DBV se webwef en stuur e-pos en dring aan dat hulle die saak verder voer! Glo my hulle sal met genoeg druk iets doen!! Komaan diereliefhebbers laat ons saamstaan!

Ammi ·

Ek verstaan almal se gevoelens rondom die doodslaan van die hond, maar ons kyk net emosioneel na die een kant. Die eienaar van die hond moes verseker dat sy dier nie buite sy eiendoms grens kan gaan nie. Ek verontskuldig nie die afgryslike optrede van die bok eienaar en sy trawante nie. As boer skiet ek gereeld plaaswerker honde wat op my grond jagmaak op kleinwild en kleinvee. Moet ek nou ook veroordeel word? Kyk na die oorsaak , daar is ook gewaarsku na bewering. Ons het n reeling dat honde aangehou mag word as hulle beheer word en versorg word, nie ander se eiendom hulle ontneem nie.

Ammi ·

n Verdere kommentaar , wees tog maar geduldig met my. Die Pool hond is van nature n jagter en sy eienaar moes dit geweet het en addisionele voorberieding vir die dier se natuurlike eienskappe gedoen het. Die bok eienaar het ook n verlies gelei. Regtens moet beide vervolg word. Die Poolhond eienaar omdat hy nie sy dier beheer het nie en tweedens die bok eienaar vir diere mishandeling in die ergste graad. My vraag is mnr of mev wat gaan jy doen as my hond jou kind in die straat byt? Ons moet mooi kyk na gebeure voordat ons aannames maak en mense uit subjektiewe siening beskuldig

elsja ·

Ek stem saam Ammi ek sal natuurlik die PITT BULL die werk laat doen

Janine N ·

elsja, Pit Bulls is oor die algemeen NIE aggressief teenoor mense nie en sosialiseer baie goed met ander honde (en selfs katte) indien van jong ouderdom af geleer. Verder doen kommentaar soos joune net skade. Duisende Pittie-eienaars soos myself veg daagliks teen die stigma dat hulle aggressief en gevaarlik is!

Tammy ·

Mag die skuldiges se ledemate van hul liggame af vrot. Hulle moet elke bietjie pyn wat Max deur gemaak het 7 keer beleef. Groete aan die skuldiges.

Neptunus ·

Is die Nasionale Vervolgingsgesag daar om te vervolg , of eerder as vredemaker op te tree? Hierdie saak illustreer weereens dat mense nie klagte aanhangig moet maak as hulle nie bereid is om dit enduit deur te voer nie. Die klaer het egter dalk die lig gesien, naamlik dat sy rondloperhond skade aan die buurman aangerig het. Wat dink al die histeriese mense hierbo – as mens ‘n probleemdier op jou eiendom vaskeer en hy wil jou aanval, moet mens hom eerder ‘n hondebeskuitjie of sappige been voer en solank sy baas of die DBV bel?

Babbels ·

So…jy moet hom wreed dood slaan? Dink bietjie daaraan voor jy mense aankla wat emosioneel en histeries is. As jy hond slaan, in die eerste plek, en die hond kry seer, sal die hond in elk geval wil weg hardloop van jou! So wat jy gese het maak nie sin nie. So jy sê dis reg dat die hond dood geslaan is? FYI daar staan niks dat die hond aggresief was teenoor mense nie, so ek weet nie waar kom jy aan jou gevolgtrekkinge nie.

Ernest Lewitton ·

Dit is erg jammer dat die dier se eienaar (en tropleier in die hond se oe), dit te veel moeite vind om die saak deur te voer. Die eienaar was in die eerste plek te slapgat om toe te sien dat die hond nie uit sy erf kom en die bure se diere aanval nie, so dieselfde slap houding kom nou na vore in die opvolg van die klag. Pure nuwe S.A. – wil alles he, solank dit nie moeite verg nie.

william ·

Toe ek jonger was het ek my deel gedoen vir geregtigheid deur sulke huise met eiers te gooi.ek is seker di algemene gemeenskap kan genoeg doen om sulke mense te boycot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.