Poolhond doodgeslaan: Saak teruggetrek

Max

Max

Die saak wat gespruit het uit ʼn voorval in Witrivier, Mpumalanga waar ʼn tweejarige poolhond doodgeslaan is nadat hy glo ʼn bok gebyt het, is teruggetrek.

Christine Kuch, woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, het in ʼn verklaring gesê die saak is teruggetrek nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) as bemiddelaar opgetree het.

Max is in Desember doodgeslaan nadat hy glo die buurman se bok doodgebyt het. Marius Kotze, Max se eienaar, het destyds aan Maroela Media gesê hy het gesien hoe drie mans op die buurman se kleinhoewe ʼn hond met stokke en pype slaan in ʼn buitegebou. Hy het besef dis Max en die polisie en DBV is ontbied.

Kotze en Mildred Spahn, eienaar van die Ilanda-gastehuis wat op die kleinhoewe langsaan geleë is, se seun is kort na die voorval in hegtenis geneem nadat hulle klagte teen mekaar aanhangig gemaak het. Spahn het destyds aan Maroela Media gesê Kotze se poolhonde het die afgelope paar maande twee bokke doodgebyt en ook ʼn vark aangeval.

Kotze het ʼn klag van dieremishandeling aanhangig gemaak. Hy het volgens die DBV egter later sy verklaring teruggetrek. Kotze is daarvan aangekla dat hy nie die nodige stappe gedoen het om seker te maak sy honde kan nie in die buurman se erf kom nie. Spahn het Kotze glo herhaaldelik gekontak en gevra om dit te doen.

Kuch het gesê Kotze was die enigste getuie in die DBV se saak en daar is nie voldoende bewyse om met die saak voort te gaan nadat Kotze sy verklaring teruggetrek het nie. “Herhaaldelike pogings deur die DBV om die saak te laat voortgaan was onsuksesvol. Dit is ‘n groot bekommernis dat so ‘n ernstige geval van wreedheid teenoor ‘n dier so oorhaastig buite rekening gelaat kan word.”

Volgens Jaco Pieterse, ʼn senior inspekteur by die DBV, is hierdie ʼn ernstige geval van dieremishandeling. “Daar is wyd daaroor berig en ons kan nie toelaat dat daar ʼn voorbeeld gestel word waar ʼn persoon ʼn dier op hierdie wyse kan martel en skotvry daarvan kan afkom sonder enige gevolge nie,” het hy gesê.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Janine

En so word nog ‘n wrede mens se mishandeling van dier onder die mat ingevee en kom daar niks van nie. Hoe Max tot sy einde gekom het, kan nie en mag nie ongestraf laat nie – maak nie saak wat die omstandighede is nie. Dit maak nou die deur wawyd oop vir toekomstige oortredinge … Ek gee op met hierdie land se regstelsel … :-(

jessica fourie

Hy moet gestraf word vir wat hy aan Max gedoen het.

ladybug

En dis nou ‘n rede om ‘n dier dood te slaan? Wonder hoe word jou huismense behandel as jy ‘n dier sommer so goedsmoeds kan doodslaan …

Siek wêreld waarin ons leef!

Ronel

elke hond kry sy dag syne sal kom

Lindie

Hoe kan die saak net gelos word?? Die arme hond is wreed dood geslaan!!!!! Dit is die ergste graad van diere mishandeling!!!! Hulle kan nie daarmee weg kom nie!!! Nee o genade. En ek stem saam met die ou wat se die saak was wereld wyd en daar moets iets gedoen word wat watse indruk skep dit nou landwyd as die saak net so doodloop????? Ek is sommer nou erg ontsteld en voel ek kan in trane uitbars vir arme Max se part. Die arme hond. Maak nie saak wat hy gedoen het nie!!!! Geen dier verdien om so gemartel… Lees meer »