‘Poppe’ lei tot vermiste meisies se liggame

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van twee vermiste meisies, onderskeidelik vier en vyf jaar oud, is Woensdag in die huis van ʼn verstandelik gestremde jong man in die Vrystaat opgespoor.

Sers. Tshegofatso Maliehe, polisiewoordvoerder, het gesê die liggame is omstreeks 12:30 in die 26-jarige man se plakkershuis in Thembalihle in Vrede gevind.

“Die meisies is op 24 Augustus vanjaar die laaste keer gesien. Hul liggame is gevind nadat die verdagte se ma, wat ook verstandelik gestremd is, by die polisie opgedaag het om aan te meld sy het iets wat soos ‘poppe’ lyk, in haar seun se huis gesien,” het Maliehe gesê.

Die polisie is saam met die vrou na die erf waar sy die liggame uitgewys het. Die man is kort daarna in hegtenis geneem en staan tereg op twee aanklagte van moord. Hy moet binnekort in die hof verskyn. Ondersoek word gedoen om te bepaal hoe en hoe lank terug die meisies dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jennefer ·

Dis opmerklik hoeveel verstandelik gestremde vroue deesdae kinders kry. Is die “grant” dalk die rede?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.