Poppie-moord: Albei beskuldigdes in hof

Kobus Koekemoer. Foto: Mariné Lourens

Kobus Koekemoer. Foto: Mariné Lourens

Kobus Koekemoer is Woensdag uit ʼn hospitaal in Brits, Noordwes, ontslaan om in die plaaslike landdroshof te verskyn waar hy tereg staan vir die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Kobus (43) word saam met sy vrou en Poppie se ma, Louisa Koekemoer (45), van Poppie se moord aangekla.

Daar is aanvanklik Woensdagoggend verneem dat Kobus nie saam met Louisa in die hof sal verskyn nie, aangesien hy nog in die hospitaal was nadat hy verlede week glo sy polse in ʼn polisiesel met ʼn lem gesny het. Nadat die staatsaanklaer, adv. Hanna Conradie, en Louisa se regsverteenwoordiger, adv. Adrian Nel, vanoggend met mekaar gekonsulteer het, is die besluit geneem dat Kobus in die hospitaal gehaal moet word om in die hof te verskyn.

ʼn Hospitaalnaambandjie was steeds aan Kobus se linkerarm sigbaar toe hy die hof binnegekom het. Sy hare is intussen afgeskeer en hy het verbande om sy enkels gehad.

Kobus het in die hof aangedui dat hy nie ʼn regsverteenwoordiger het nie en dat hy om regshulp wil aansoek doen. Nadat ʼn regsverteenwoordiger aangewys is om hom te verteenwoordig, het Conradie aan die hof gesê dat die ondersoek na die saak nog nie afgehandel is nie. Die staat wag ook steeds op die klagstaat van die direkteur van openbare vervolging.

Kobus en Louisa Koekemoer. Foto: Mariné Lourens

Kobus en Louisa Koekemoer. Foto: Mariné Lourens

“Ek wil daarom hierdie hof versoek om die saak uit te stel om geleentheid te gee dat die ondersoek afgehandel word en om hopelik voor die volgende hofverskyning die klagstaat te ontvang,” het Conradie gesê. Die besluit is ook geneem dat die saak in die hooggeregshof in Pretoria verhoor sal word en dat die regspanne nog wag op ʼn hofdatum vir die verhoor.

Die twee Koekemoers se regsverteenwoordigers het albei aangedui dat hulle geen beswaar teen die versoek om uitstel het nie en die saak is tot 21 Februarie uitgestel.

Intussen het Nel aan Maroela Media bevestig dat Louisa aansoek gedoen het om teen haar borgtoguitspraak te appelleer. Louisa is op 19 Desember verlede jaar borgtog geweier. Nel het gesê hy wag nou op ʼn datum wanneer die appèlaansoek aangehoor sal word.

Maroela Media het vroeër berig Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas nadat sy vermoedelik erg aangerand en geskop is. Sy is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. ʼn Nadoodse ondersoek het later getoon dat die oorsaak van haar dood ʼn harde hou teen haar kop was. Sy het ook bloeding op haar brein gehad.

Kobus is kort ná Poppie se dood vir haar moord in hegtenis geneem. Louisa is op 15 Desember omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal in Noordwes in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jean ·

Eienaardig hoe lank vat die ONDERSOEKE na kinders se dood en intussen speel die ou nog slagoffer en hoop almal kry hom jammer na sy flou selfmoordpoging?? Die REGSTELSEL stel my weereens teleur .. Snaaks hoe vinnig ander sake afgehandel word en die manne sommer gevonnis en in die tronk gegooi word voordat daar nog ordentlik ondersoek gedoen is, hulle moet net ‘n “goeie” getuie kry. Hier is ‘n babatjie vermoor en hulle sukkel met die ondersoek? Dis nou al maande .. POS HULLE!!

Rian Malan ·

Jean stem 100% saam met jou,ons moet ook net in ag neem sy is wit

Louise Karsten ·

Jean, ek werk gereeld met ondersoekbeamptes van die FCS (polisie-kinderbeskermings) en don’t shoot the messenger. My ervaring is dat hulle sorg dat al hulle varkies in ‘n ry is sodat daar geen ‘loop holes’ is om sake van ‘n rol te skrap nie. Die ondersoeke vat lank juis omdat hulle alles baie deeglik gereed kry sodat die staat die sterkste saak moontlik het. Ek dink hul het meer ons prys nodig as enigiets anders.

Conrad ·

Ja dit vat te lank. Bv die byl moorde van die van Breda gesin – waar is geregtigheid? Moordenaars leef net lekker voort.

Brabus ·

Die beesneus sny sy polse maar sy enkels is in verbande???

MarieM ·

Ek kyk na die eerste foto waar mens mooi sy arms kan sien. Hy het nogal hoog geny op sy arms, so bly my polse sit nie daar nie.

Ronel ·

Presies wat ek gedink het. Sy anatomie is seker anders as ons ander mense sn.

Louise Karsten ·

Interessant hoe oud Louisa geword het as jy na haar ander foto’s op sosiale media kyk – dit gebeur seker wanneer jy toelaat dat jou man jou dogtertjie mishandel en jy net toekyk.

Christel ·

Dis haar hare wat uigegroei het – sy het seker nog nie weer gekleur vandat sy in die tjoekie is nie. Sy kan vir my part maar in die tronk bly

Vra net ·

Hy het probeer selmoord pleeg deur sy polse te sny, maar daar is geen verbande om sy polse nie, maar wel om sy enkels? Snaakse plek om jou polse te probeer sny

MarieM ·

Kyk die eerste foto, mens kan aan albei arms sny merke sien maar baie naby aan die buig van jou arm. So bly my polse sit nie daar nie.

Albert Marais ·

Wat gaan met mensdom van vandag? Hulpelose onskudige kind. Waar gaan dit eindig?

Piet Pompies ·

Eierkop, hy probeer selfmoord pleeg maar sny nie diep genoeg om sy dood te veroorsaak. Hy moet nie dink hy gaan simpatie by die publiek wek.
Die berig is verkeerd, hy het beslis nie sy polse gesny nie…..dit moet lees enkels gesny.

m ·

Ha ha wat n grap. Miskien was hy onder die indruk sy pols sit in sy enkels. Hy het vir tyd gespeel dis al. Hoop hierdie trash gaan lank sit. Mens se hart word sommer weer seer as jy aan daai arme kind dink en wat sy nie alles moes deurmaak met hierdie boelie nie en die feit dat sy haarself nie eers kon verdedig nie…. ai ai

lorayne ·

Hy kon darem met ‘n geleende selfoon, vanuit die hosplitaal die media laat weet van sy polse . . . seker maar simpatie verwag? lekker vloek ek nou in my hart. . . .

Bokram ·

Nee wat ons die wit gemeenskap is te slapgat om iets te doen.

Adam ·

Hy was moeg vir die tronk kos toe sny hy sy polse ( enkels) en boek in by n sagte hospital bed en beter kos. Luister gerus na die laaste gesprek wat Poppie met haar pa gehad het op Huisgenoot se blad.

Sue ·

As dit die voet was wat Poppie doodgeskop het moes hy sy voet afgesny met n stomp mes. Jammer ou maat geen simpatie jou dag sal kom…..

Christel ·

Ek dink nie die ma is so onskuldig nie hoor!! Hoe keer jy nie as iemand jou kind mishandel nie?

Vernice ·

Hoekom selfmoord pleeg?? Al straf amper groot genoeg is die doodstraf, jul nie die woord mens werd nie.

Johan Likkewaan ·

Lyk my vorige komment was verwyder so sal niewers nie sê hier wat ek met die pa sal doen nie. Maar ek glo al die lesers hier voel dieslefde so hoef nie te sê nie.

Alida ·

Hoekom is julle so gepla oor hulle voorkoms en waar die snymerke is. Genade wens eerder dat geregtigheid moet geskied en die waarheid moet uitkom.

Jakkalsie ·

Weet julle van die liefdesbriewe wat hulle in die tronk vir mekaar skryf??? Haar dogtertjie is dood weens erge mishandeling maar sy skryf liefdesbriewe vir die gemors? Hulle is skuim van die aarde.

Columbiana ·

Daar stem ek saam! Eersteklas rubish. Jig ek gril my dood vir altwee.

Warren ·

Bly julle kom Pretoria toe. Gaan julle sien in die hof. Gatvol vir kinder moorde. Julle sal my hoor voor en na hofverigtinge. Stuur groete solank vir Bubba.

ada ·

Moordenaars uit en uit. Moordenaars van klein kindertjies wat hulself nie teen moordenaars soos julle kan beskerm nie

monica ·

Di doodstraf en dood gaan te maklike uitweg wees vir hulle, en in ons tronke gaan hulle n royal lewe he. Ek se stuur hulle na n maksimum sekuriteit tronk in columbia of mexico toe

Diana ·

Pleks los die hof hulle liewer vry. Dink net wat kan als van hulle word buite die tronk as die gemeenskap hulle beetkry. Dan sal geregtigheid kan seevier.

Jone ·

Die man het geensins probeer selfmoord pleeg nie. Hy wou net bietjie uit die selle kom. Beter kos en beter bed en toegang tot ‘n selfoon. Hy wil dus ‘n lekker lewe hê dit terwyl hy poppie mishandel en vermoor het. Die ma is ook geensins gepla dat hy haar kind mishandel het. Sy skryf dan liefdes briewe aan hom.

Marina ·

Wel as hy probeer simpatie soek het hy dit nie reggekry nie.

Juanita ·

Gee vir hom ‘n ordentlike mes en wys hom waar sy keel sit! Hy kan eers op die ma oefen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.