Poppie-moord: ‘Die waarheid kom altyd uit’, sê pa

'n Emosionele Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, Maandag in die hof. Foto: Mariné Lourens

‘n Emosionele Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, Maandag in die hof. Foto: Mariné Lourens

Christo van der Merwe, Poppie van der Merwe (3) se biologiese pa, het Maandag in die Brits-landdroshof gesê hy is dankbaar dat Louisa Koekemoer agter tralies is, want “dit is waar sy hoort”.

Koekemoer (45) is Maandag deur landdros Jethro Mosime borgtog geweier. Sy staan saam met haar man, Kobus Koekemoer, tereg weens die moord op Poppie wat op 25 Oktober in ʼn hospitaal in Brits dood verklaar is. Die staat beweer Poppie het gesterf nadat die Koekemoer-egpaar haar erg aangerand het, onder meer deur haar kop teen ʼn kas te slaan.

Van der Merwe was Maandag na afloop van die hofverrigtinge te emosioneel om met verslaggewers te praat. Hy het probeer om ʼn voorbereide verklaring aan joernaliste voor te lees, maar in trane uitgebars en uit die hof gestorm. Een van die ondersteuners uit die gemeenskap het namens Van der Merwe die verklaring voorgelees.

In die verklaring het Van der Merwe die polisie bedank vir hul ondersoek. “Baie dankie dat Louisa ook nou vasgetrek is. Ek het van die begin af geglo Louisa het ʼn aandeel gehad in my kind se wrede dood,” lui die verklaring. “Om Louisa te probeer verdedig of te sê sy was net nalatig, is onaanvaarbaar. Louisa moes haar kinders beskerm het soos enige ma sou doen. Louisa kan dus nie ʼn ma genoem word nie.”

Van der Merwe het ook na maatskaplike werkers wat al voorheen by die gesin betrokke was, gekap en gesê daar is nie in die beste belange van Poppie opgetree nie. Hy beweer hoewel hy maandeliks onderhoud vir sy kinders aan Louisa betaal het, is hy nie toegelaat om vir Poppie of haar vyfjarige boetie te sien nie. Volgens Van der Merwe is hy hierdeur van sy kinders vervreem. “God slaap nie. Die waarheid kom altyd uit,” het hy gesê.

Die saak is Maandag tot 25 Januarie uitgestel wanneer Louisa en Kobus se sake saamgevoeg sal word. Albei bly in aanhouding tot dan.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Voorlaaier ·

Nee wat Boet!…..Soos ek die dinge lees was jy ook nie veel van i goeie pa nie!…..So klim maar terug in jou hok!

Nico ·

Die stelsel is steeds teen pa’s. So moenie te vinnig oordeel nie.

Ma ·

Nico
Die stelsel is beslis nie teen pa’s nie. Die stelsel is teen kinders. Hul word gefaal.
Daar is hopeloos te veel kinders wie dringend hulp benodig en die kantoor vd gesinsadvokaat en die kinderhof is useless
En kinderregte beteken absoluut niks.
Ek kan jou stories vertel wat jou hare laat rys

Ma ·

Hoe weet jy?
Ken jy die pa se omstandighede?
Slegs n volledige ondersoek sal kan se.
Minstens lyk die pa ordentlik en versorgd…hy werk ook.
Ek sou my nie steur aan kamstige gesinsgeweld interdik teen hom nie. Die hof is pateties en staan dit toe vir elke liewe nitty gritty sonder om eens bewyse te vra! Die temporary een.
So nee dit beteken absoluut niks in terme van sou hy n goeie pa kon wees/het hy iets verkeerd gedoen

Ma ·

Nico jy is baie ver verkeerd. Net soos in die geval van rassisme wat nou deur die oordrewe regstellende aksie omgeswaai het na die ander ras, so is die wet ook omgeswaai dat pa’s kan doen net wat hul wil want hul het mos regte.
Daar moet eers fisies iets met jou kind gebeur voor die hof en welsyn ingryp. Tot dan: nope. Die pa het regte.

Daar is geen balans nie. GEEN belange vd kind nie.

Rita ·

Nico ek stem. Weet van Pappa wat weg gehou word van hulle kinders en daar niks is wat hulle daar kan aan doen nie. Betaal of ek sluit jou toe. Om hof toe te gaan werk ook nie want dit vat net te lank en kos baie geld wat die meeste pappas nie het nie. Ek sê nie alle mammas doen dit nie maar daar is. Dis eintlik baie sad.

Paula ·

Stem so saam met jou. Waar was hierdie pa al die tyd. Dis nou maklik om so n bohaai te maak sodat die sonde lig tog net nie op hom sal skyn nie. Skuldige mense sal altyd die hardste tekere gaan.

Wieookal ·

Dankie Voorlaaier, goed gese.
Diere gee meer om vir hul kinders as die ma en pa waarvan ons van lees.
Gelukkig is Poppie nou veilig. Haar ma of haar eie pa kon haar nie veilig hou nie. As hul gevoelens het, of net n bietjie liefde in hul harte, sal hul beslis nie met hul gewete verder kan leef nie……

wysterug ·

Jy moet nie te vinnig hier oordeel nie. Koekemoer was ‘n siek man om ‘n kind so aan te rand dink jy hy sou toelaat dat die pa sy kinders sien. in sulke gevalle beskerm nie eers die wet ‘n ouer nie. ek praat van ondervinding.

Jones ·

Ek stem saam

As sy geweier het dat jy jou kinders sien kon jy hof toe gaan
Pa’s het ook regte.

Maar jy het dit net so gelos of so aanvaar

Jy is net so skuldig want as jy meer gedoen het kon jy haar red.

mswerker ·

Mnr v d Merwe……. wat steek jy weg? Hoekom is jy toegang tot jou kinders geweier? Het jy hard genoeg baklei vir hulle? Nou dat jy bly is dat alles rondom die slegte ma bekend word. Ek stem 100% saam sy is nie die naam MA werd nie. Is jy dit werd om PA genoem te word? Of wil jy nou die stelsel blameer en jouself verontskuldig. Daar was ‘n tyd dat jy gedink het sy is goed genoeg om die ma van jou kind te wees. Feit bly staan dat ‘n klein pragtige dogtertjie die slaansak van onbesonne grootmense geword het……

Karma ·

MSWERKER
Kom ek vertel jou gou n storie. ek is ‘n pa van ‘n 5jarige dogtertjie. ek en die ma was nie voorheen getroud nie (buite eglike kind). ek is intussen met ‘n vrou getroud en het ‘n seuntjie by my vrou. toe my dogtertjie se ma uitvind ek het daai tyd ‘n nuwe meisie het sy uit jaloesie my dogtertjie van my af weg gehou. sy ken nie eers my vrou nie, ek betaal steeds onderhoud maar sukkel nou al vir 3jr by die hof wat my derduisende rande kos om net my dogtertjie te sien. jy is so min ‘n mswerker soos wat ek is……as jy een was sou jy nie sulke twak kwyt geraak het nie

jacoline ·

Ek dink ni n mens moet di pa nou veroordeel ni. As mens di waarheid weet ja se jou se…maar da is altyd n ander kant v di storie.

Min weet ons hoe di man geveg het vi sy kinders?

En om t gaan op wat die vrou gese het van hom…nee wat…dit is immers diselle vrou wat toegekyk het hoe haar kind mishandel word….mens kan ook twee by twee bymekaar sit…

In my opinie is di mense wat direk kontak gehad het met di kinders di skuldigste…hul het verkies om blindelings dit aanvaar!

Cherokee ·

Daar is vroeër berig dat Poppie se ma van Van der Merwe geskei het as gevolg van gesinsgeweld. As dit nie daarvoor was, kon dinge soveel anders gewees het.

Rbee ·

As ek lees van mense waar daar geweld is en werkloosheid. Wonder ek waarom raak die vrou swanger as sy weet sy kani ñ inkomste bydrae tot die huishouding. Sy is 45. Toe sy swanger raak met die 2de en 3de kind is sy reeds in ñ gevaar zone van kinders baar. En wonder of hul ooit mediese fonds het. Baie beter om hul toe te sluit en kinders in pleeg sorg te plaas.

Pieter ·

Die ouens wat vir Christo beskuldig dat hy nie genoeg gedoen het om sy kinders te sien nie, het duidelik nog nie as man in die stryd om besoekregte en onderhoud betrokke geraak nie. Die geringste beskuldiging van die vrou word amper altyd as die waarheid aanvaar en jy as man moet die wildste beskuldiging verkeerd bewys en dit is baie keer onmoontlik. Die vrou beweer bv dat jy jou dogter seksueel sal aanrand en hoe op aarde bewys jy die teendeel ?Intussen mag jy nie jou kind sien nie maar moet gereeld die onderhoud betaal anders word jy in die hof gewaarsku dat jy in hegtenis geneem sal word, veral op ‘n Vrydagaand tot Maandagoggend en dan kan selfs die landdros nie verstaan hoekom die inhegtenisname bevel uitgereik is nie want die onderhoud is betaal en jy is vry om te gaan. Dit het twee jaar gevat voor my dogter self kon getuig voor die gesinsadvokaat dat ek dit nog nooit gedoen het of sal doen nie. Baie vroue ignoreer hofbevele oor besoekregte en kom skotvry weg.
Dink so bietjie voor julle so maklik beskuldigings rondswaai.

Carlia ·

Ek stem 100% saam met jou. Die ma’s sal lieg en die kinders saam met hulle laat lieg om hul doel te bereik. Tragies.

Saampraat ·

Pieter ek stem volkome saam met jou, ek was nog nooit deur so ervaring nie en ek dank die Vader daagliks, maar mense veroordeel maklik want dit is wat vir hulle sin maak op daai stadium. Maar ek kan jou eending se, Skoonouers veroorsaak 99% van die tyd hierdie drama en risiko’s. My eie skoonouers is altyd lief om my te dreig oor my kinders as ek een voet verkeerd sit. Dan praat ons nie van mishandling of so iets nie. Maar word gereeld vertel ek sal nie my kinders weer sien as ek hulle tug nie. Ek het simpatie met Mnr Van der Merwe totdat ons die waarheid weet.

CAB ·

Ek stem saam so het dit ook met my broer gegaan, hy het al beklei sielkundige sessies bygewoon om te sien hoe sy seun teenoor hom optree na 3 jaar se beklei is dit nou soort van verby.. maar so het hy ook gedink hy sou sy seun optel maar toe is dit n lokval. Van vrydag tot maandag in die tronk gesit.. Ag nee wat ek dink nie sy kan veel simpatie van my af kry nie. Christo ek hoop jy word die kaans gegun om jou naam skoon te kry “soos wat die pers jou ook nou saam met daardie niks se mense gebrandmerk het” MAROELA ek hoop julle gun hom die geleentheid.

Stem Saam ·

Pieter ek stem saam met jou daar in my geval was dit nou weer anders omgedraai, die Pa van my seuntjie het dieselfde gedoen en ek as Ma moes myself alewig verdedig teenoor hom.Hy het my kind van my af weg gehou en elke kort kort op ander plekke gaan woon sodra ek hom opgespoor het.Na ‘n hofstryd van amper ses jaar het hy sy dag in die hof gekry.My seuntjie bly by my en wil tans niks met my sy Pa te doen he nie na al die onreg aan wat hom gedoen is.Hy is mishandel in sy pa se sorg en vir meer as ‘n jaar uit die skool gehou.Die maatskaplike werkers van vandag gee net aandag as die saak hulle pas en ignoreer verder enige iets anders.

Carlia ·

Nee, jul weet beslis nie waartoe party “mammas” instaat is nie! Julle mag hierdie pa nie oordeel nie. Ek ken iemand teen wie daar n aanrandingsaak aanhangig gemaak is in die ergste graad oor een blou kol en hy moes buite die hof skik dat sy kind self mag besluit wanneer hy hom weer wil sien. Die ma het baie om weg te steek en dan sal hul enige iets doen om die ander ouer toegang te weier. Kry eers al die feite bymekaar. Die staat faal die kinders in sulke omstandighede.

Vlugteling ·

Voordat enige een van julle in die pa sê skoene kan staan, en AL die feite reg het, kan julle hom nie nou veroordeel nie. Was julle al die tyd saam met hom om te weet presies hoekom hy nie daar kon wees nie? Indien nie, stel ek voor julle veroordeel hom nie. My gebede gaan uit na die pa toe.

Elma ·

Meeste pa’s geniet hulle lewe en verkies om nie betrokke te wees nie maar te kritiseer….

Louise Fourie ·

Hoekom is die oorblywende kind dan nie nou in die pa se sorg geplaas as hy so ‘n goeie pa is nie?

Sammy ·

Hy was die volgende dag al in sy pa se sorg gesit. Gaan lees bietjie van die vorige berigte

Anna ·

Nee Sammy die seuntjie is nie by sy pa nie want daar is n klag van gesinsgeweld teen hom. Gaan lees die vorige berigte

wonder soms ·

die ma het nog oor die R40 000 in haar rekenig van haar voorige man of egskeiding hoeveel keer was sy dan getroud sy gan maar net waar dit gemaklik is

Sêmaarnet ·

Vra ek ook, Louise Fourie. Sulke mense moet nooit kinders hê nie.

Soekie ·

Hier noem die ketel die pot swart. Hy, van der Merwe, is ook skuldig aan Poppie se dood. Miskien vermuwe jou trane ander se harte. Maar hulle was al deur jou mishandel volgens berigte in media. So jy meneertjie flous my nie. Dis trane van verligting. Lig van jou af. God sien alles EN die waarheid sal uitkom. Jys reg. Die ma self het vertel hoe sy moes vlug van sy mishandeling…. krap asb in sy verlede, voor Louisa hom gelos het. Ek ruik nog ‘n vet vrot rot. As ouma weet, vir wat bly sy stil??? Skokkend. Jy beskerm jou kinders en jou kleinkinders met alle mag…

Vir pa's ·

Weet julle hoeveel kos dit om te baklei vir toesig of selfs net besoekreg te kry. Miljoen rand plus! Nee, ek suig dit nie uit my duim, ek is my baas se boekhouer. Daar bestaan iets soos parent alienation. Hy het n hofsaak gewen teen die sielkundige wat gehelp het dat hy nie sy kind sien nie en dit agv leuens. Hulle het nou n wonderlike verhouding. Slegte pa of eerder ma wat pa uitmaak as sleg en soos ons hier kan sien uit die kommentare glo mense altyd eerste die pa is verkeerd.

Hilda ·

Ek kry skaam om julle kommentaar te lees.
Wat verstaan julle klomp kinders nie? Die pa het geveg om sy kinders te sien, en as die CMR opdaag het hulle getrek. Weet julle klomp eenvoudige kinders dit? Ek glo nie want julle sit mos in die stoel en se julle 2 moordenaars gaan aan met jul lewe en jy die biologiese pa jy gaan tronk toe want volgens julle is hy nou die skuldige. Gaan kry jul inkleurboeke en los julle lelike ongemanierde boodskappe as julle saam die kinders speel, dan lewer julle hierdie vieslike kommentaar daar. Hier betuig ons almal ons meegevoel vir die pappa. Staan sterk Christo, jy en jou seuntjie is in my gebede.
Sies vir julle!!!!!

lynette ·

Eerstens was Van der Merwe nie met haar getroud nie. Sy was seker vantevore getroud met haar oudste dogte (15) se pa want sy praat van geld uit n egskeiding. Dit is dus maklik vir haar om met leuens die pa van die twee jongste kinders uit hul lewe te hou. n Ma wat toelaat dat iemand haar kind aanrand omdat sy bang is vir hom is nie n ma se agterend nie. Sy se sy was bang vir hom en tog het sy al erken dat hy haar nooit geslaan het nie, slegs sielkundig afgetakel het. n Groot vrou wat bang is maar toelaat dat n 3 jarige kleuter aangerand word – wat se soort mens is dit? Ek sal nie toelaat dat n vreemde kind voor my aangerand word nie, wat nog van my eie kind! Die gemors sou vir sy lewe gevlug het!!!!!

Ma ·

Julle weet nie waarvan jul praat nie.
Mans met sulke probleme- Narsiste en Psigopate- manipuleer en intimideer en rand die vrou emosioneel so, dat sy naderhand soos n puppet aan n string is. Veral as dit n vrou is wat nie n sterk persoonlikheid het nie, lae IK, swak opvoeding en agtergrond…geen ander heenkome….mans laat hul verstaan hul sal nerens kan gaan sonder hul nie; is useless, verdien die slegte behandeling. Etc
Geheel en al regverdig dit nie hierdie ma se ignorance nie. Sy moes net dadelik werk gemaak het en uit hierdie malkolk gekom het. As jy eers daarin is kom jy nie daaruit nie. Sy moes haar kinders gevat het en gewaai het vir al wat sy werd is

miv ·

Voorlaaier en sy klomp klipgooiers. Kan jul nie eens met kinders vergelyk nie – by kinders is vergewing, julle is sommer ‘n klomp Fariseërs!

Riette ·

Kom ek vertel julle van maatskaplike werkers…ek het tans by die social services council ‘n saak teen 3 aan, hulle is pateties!! My hart gaan uit na die biologiese pa want as die maatskaplike werkers opgetree het toe hulle moes was daai klein Poppie dalk nie dood nie!! Ek’s dankbaar vir ‘n ondersoek joernalis van Citizen wat my storie verder vat want nie 1 van die afrikaanse koerante het eens reageer toe ek hulle kontak nie, may justice be served!!

Jan Jooste ·

Die maatskaplike werker beroep moet tot verantwoording geroep word. Ek dink ook hul faal die kinders op groot skaal. Dit gaan al jare so aan.

Ada ·

Ek voel weer die welsyn het opgeslip. Die beampte betrokke moet ook ondersoek word. Die beampte moes seker verskeie kere die merke op die kinders gesien het? Waaroom nie toe die kinders weggeneem nie want dan sou die ou dingetjie nog geleef het. Poppie en haar siblings kon dan ‘n regte lewe gehad het. Nie een met pyn en vernietiging en uiteindelik die dood nie.

charmaine ·

Daar was n ouma ook het sy nooit met haar kleinkinders gekuier nie en gesien hoe hulle lyfies beskadig is nie? Ek stem saam met die kommentare hierbo die mense wat die naaste aan hulle was en net die kop weggedraai het is ook skuldig, dalk nie deur die Wet nie maar by God se Wet sal hulle wel moet gaan staan. Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie!

dan ·

Ek stem saam , ondersoek die welsynsbeampte, daar kan dalk eksta inligting uitkom en ook waarom die kinders nie vroegtydig by hierdie monsters verwyder was nie.

gerbrandt ·

Waarvoor is die welsyn daar as hulle nie hierdie kinders kon red nie?

Dan ·

Gideon, ons wil almal graag weet wie die betrokke welsyns-beampte is. Vreemd genoeg word daar geen woord hieroor gerep nie. Die geval was vooraf aan die welsyn gerapporteer en daar het niks van gekom nie. Nou dat die kind oorlede is, doodgeskop soos ‘n hond, heers daar doodse stilte.

Lucy ·

Hy het ook gesinsgeweld teen hom gehad – nou speel hy die slagoffer en die waarheid gaan uitkom… jy moes daar gewees het vir jou kinders toe hulle jou nodig gehad het en jy hulle by jou gehad het – jy is deel van die proses wat hul lewens verwoes het!!!

Irene ·

Vrouens gebruik kinders in egskeidings weet hoe om mans seer te maak van welsyn weet …..ek nie

Speedgaurd ·

Dit absoluut verseker Irene, ek was ook so slagoffer, gelukkig toe die kinders hul ma se optrede waarneem het hul self op 12 jarige ouderdom besluit om by my te kom bly , ek is steeds enkel met GEEN losse sedes en my tweeling is nou albei 3de jaar studente ! Praise the Lord !

die stiefma ·

ja nee ek beleef dit elke dag hoe daai vrou kinders kan manipileer en hoe hulle val da voor….en hoe sy wanneer dit haar pas die kinders teen my man gebruik…dis so onmenslik dat jy vir iemand sal se jy I sniks werd….maar as jy dalk net in die spieel gaan kyk sal jy sien jy het ook foute…behalwe vir dat ek dink sy is een van die voorste susters in die kerk , maar kyk as sy boodskappe suut is sy defnitief nie meer in die kerk nie…en hierdie vrou vertel goed van my man wat my so kwaad maak…en dan draai sy kinders na die stigma van die lelike stiefma…ons betaal als ry rond laai af gee geld betaal als ….en sy is so sleg kan haar boyfriend elke vrydag gaan haal en sondag huistoe vat , maar net nie haar kinders rondry nie…sad but true vrouens gebruik kinders as die excape code en kan mans so manipuleer…..die ding is kinders raak groot en sien….self ek begin nou sien wat my ma gedoen het…en dis hoekom ek dalk weet hoe dinge in die situasie gaan uitspeel….Mans staan julle gronde die X I srede vir X, jy skuld haar niks maar jou kinders staan op en baklei….geen vrou moet jou kind van jou af hou sy het nie die reg nie en glo my jou kinders sal jou liewer he as ooit as hulle begin verstaan….ondervinding….

Hein ·

Ai mense julle is vining om te oordeel , weet julle die pa het geen se nie al veg jy hoe hard en as jy nie geld het vir n advokaat nie is jy minder as niks die vrou kom altyd eerste en is die beste af .
Dis dalk ons ondergang in die lewe als word op Rassisme blameer , en die mense kan nie saam staan nie .
Moet ons nie dalk vokus om saam testaan eerder as om almal te wil oordeel .
Die kleinding was in die ma en die lavard se toesig ek sou se gee hulle die ergste straf want hulle het geweet van beter ! Die pa kon nie naby sy kinders kom nie nie met hulle praat nie en dit deur n ma wat gaan leuns vertel het om hom wegtehou of selfs net sy onderhoud wou skep vir haar en die aanhangsels se genot .
Ek weet van n geval laas week waar n interduk teen n man uitgeryk is wat nie eers met mense gepraat het nie hulle bly op sy grond grates , en toe hy vra of hulle kan bydra vir krag toe word n inteduk uitgeryk teen hom .
Dis baie hartseer maar waar .

Ada ·

Maroela, kan julle dalk uitvind wie die welsyns-beampte was wat hierdie kinders betrokke was?

Oni ·

Wie kan nog die voorval van de Jonge onthou wat bereid was om sy kind te gaan steel in n ander Afrika land wat deur sy gewese verloofde die kind vir aanneming weggegee was. daar was hy in hegtenis geneem. so het hierdie jongman een hofsaak na die ander gehad om te baklei vir ander mans wat in dieselfse posisies was. die mans kan nie wen teen Delilas nie. As n vrou haar man nie meer wil he nie, sal sy alles, ook hoe gering, gebruuk om haar doel te bereik.

Kind ·

My ouers is geskei toe ek 6 jaar oud was. My Pa is toegang geweier, my “stiefpa” het ons mishandel en gemollesteer. Ek het die eendag deur ‘n gordyn geloer toe my Pa ons kom probeer sien het. Hy is soos ‘n sleg hond behandel en weggejaag. Hy het nie geld gehad nie, sy hande is afgekap. As hy een maand mis, is hy sumier in die tronk gegooi vir die naweek. My ouers kon rook en drink maar het nooit geld vir ons gehad nie.
Die dag toe ek 18 word toe kontak my Pa my, ek is na Matriek saam met hom op vakansie en ons het nog nooit weer terug gekyk nie.
Julle wat Pa’s so oordeel weet nie hoe sleg die vrou en die wet saam met ‘n stiefpa die man behandel nie.
Ek is ‘n vrou en as ek en my man ooit sou skei, sal ek NIE sy lewe hel maak omdat ek suur is nie.

Speedguard ·

Kind, baie dankie vir jou kommentaar, ek het presies die selfde pad geloop as PA, Ek hoop die nare ondervinding maak jou sterk en wys !

giep ·

Dankie Kind vir jou insiggewende kommentaar. Ek is baie bly dat jy die regte besluit geneem het.
Ek hoop daardie 2 gemorse in die van ouers van Poppie kan hierdie artikels gelees kry.

Rina ·

Charmaine ek stem sooo saam met jou – as ouma! Hoe sien mens nie blou kolle en merke raak nie? Veral as jy jou kleinkinders op gereelde basis sien – dis my eerste vraag aan kleintjies as hulle by my huis instap of ek hulle iewers raakloop? “Waar het ouma se kind so seergekry”? Poppie is gruwelik gefaal deur baie mense! En mag ons almal hierdeur ‘n baie groot les leer. Ongelukkig het die lewe nie ‘n replay-knoppie nie!

Belinda ·

Die arme seuntjie is ook vanaf die Pa weggevat juis oor n rede van mishandeling en as hy soos die wet bepaal die kinders wel sou sien sou hy mos ook agtergekom het die kind is geslaan en mishandel en as hulle getrek het sonder sy medewete kon hy wel n ontvoerings saak teen hulle gaan maak het wat hy glad nie gedoen het nie. Hy kry nou baie aandag en almal kry hom jammer al waaroor dit vir my gaan is die vreeslike lewe wat die 2 kinders moes verduur ek kry nie een van die 3 wat na hulle moes omsien jammer nie…………

Bosbok ·

My hart bloei vir Christo oor dat hy sy kind moes verloor het aan die hand van sy X se nuwe man, maar wat my terselfde tyd briesend maak van hom ( Christo) is dat hy homself nou uitgee as n voorbeeldige vent. Hy het dan self erken dat hy OOK aan Louisa geslaan het EN aan haar kinders uit n vorige verhouding. Wat jy aan ander doen, kom na jou terug.

griet ·

Kan iemand dalk uitvind wie die personn by die welsyn was en van watter dorp hierdie persoon was?

Poppie ·

Die welsyn het opgetree. Hul was in Orania. Toe vat die egpaar weer die pad met die kinders. Harties/Brits of waar ook al.

Jo ·

Die maatskaplike werkers het nie hul werk gedoen. Dit is AS hul omstandighede geraporteer is. As die pa onraad vermoed het moes hy dit raporteer. Maar my ondervinding se al het hy dit raporteer is daar niks aan gedoen.

Arizona ·

Volgens die berigte wat ek baie noukeurig deurgelees het was die pa nooit skuldig bevind aan familie geweld nie. Louisa het die stories teen die pa opgemaak maar soos gewoonlik word daar geen ondersoek gedoen nie dis makliker om n interdik teen die beskuldigde party te kry met n klad op sy naam as om n saak behoorlik te ondersoek. Oppas vir te gou oor deel ek dink Van der Merwe sal binnekort vir almal vertel presies wat gebeur het. Ek dink ons almal sal dan meer begrip vir hom he

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.