Poppie-moord: ‘Ek’t nog nooit so ʼn brutale aanranding gesien’

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Die staatsaanklaer in die Poppie van der Merwe-moordsaak het Maandag in die hof gesê hy het in sy hele beroep nog nooit ʼn driejarige kind gesien wat so “brutaal aangerand is” soos Poppie nie.

Louisa Koekemoer (45), Poppie se ma, het vandag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met haar dogter se moord. Landdros Jethro Mosime het Koekemoer se borgtogaansoek geweier en sy sal in aanhouding bly tot haar volgende verskyning op 25 Januarie 2017.

Adv. Adrian Nell, Koekemoer se regsverteenwoordiger, het aangevoer daar is geen bewyse voor die hof wat Koekemoer met Poppie se moord verbind nie. Nell meen hoewel ooglopende beserings aan Poppie se lyf en ʼn nadoodse ondersoek daarop dui dat die kleuter erg aangerand is, kan die staat geen bewyse lewer dat Louisa by die aanranding betrokke was nie.

Hy het ook ontken dat Koekemoer se lewe in gevaar is of dat sy doodsdreigemente ontvang. Sers. Gift Matome, die ondersoekbeampte, het egter vroeër in die hof getuig dat Koekemoer op sosiale media erg beledig en gedreig word en dat sy selfs al volgens haar ontvoer en aangerand is. Hy het ook gesê dat daar verlede week by Koekemoer se huis ingebreek is, hoewel hy erken dat hy nie kan bewys dat die inbraak met die hofsaak verband hou nie.

Adv. Hanna Conradie, die staatsaanklaer, het die hof daarop gewys dat Koekemoer aangedui het sy is werkloos en tans R41 000 in haar bankrekening het. Sy het ook aangedui dat sy R5 000 per maand huur betaal en dat haar ma van haar afhanklik is vir finansiële ondersteuning. Volgens Conradie kan daar dus aanvaar word, indien Koekemoer se huurgeld en ander lewenskoste bereken word, sal haar geld nie langer as vier maande hou nie. “Die hof kan dus vra, wat gebeur dan? Sy kan net Brits verlaat en na enige ander plek in Suid-Afrika gaan. Sy het niks wat haar tot hierdie hof verbind om seker te maak sy sal weer verskyn nie,” het Conradie gesê.

“In al die jare dat ek al ʼn aanklaer is, het ek nog nooit gesien dat ʼn driejarige kind so brutaal aangerand word soos Poppie aangerand is nie. Maar die beskuldigde voor die hof het niks gedoen [om die aanrandings te keer] nie en haar enigste verskoning is dat sy [vir Kobus Koekemoer] bang was. Die verdediging wil nou beweer dat [Kobus] ook vir [Louisa] aangerand het, maar daar is geen bewyse hiervan in die dossier om hierdie bewering te ondersteun nie.”

Conradie het die hof ook daarop gewys: Indien Louisa werklik so bang is vir Kobus soos sy beweer, sal dit in belang van haar eie veiligheid wees om in polisieaanhouding te bly waar Kobus haar geen leed sal kan aandoen nie.

Louisa Koekemoer Maandag in die hof. Foto: Mariné Lourens

Louisa Koekemoer Maandag in die hof. Foto: Mariné Lourens

Mosime het in sy uitspraak gesê hy het die erns van die aanklag teen Koekemoer, die manier waarop die misdaad uitgevoer is en die woede van die publiek in ag geneem in sy borgtogbesluit. Mosime het ook beklemtoon dat Koekemoer volgens wet verplig was om enige kindermishandeling by die owerheid aan te meld en het gesê enige ma sou beserings en kneusplekke aan haar kind se lyf gesien het.

Lede van die publiek wat in die hof was, het hardop hul goedkeuring te kenne gegee nadat Mosime Koekemoer se borgtogaansoek geweier het. Koekemoer het vir ʼn oomblik verdwaas na haar regsverteenwoordiger gestaar voordat sy deur die polisie uit die hof begelei is.

Sy sal weer op 25 Januarie in die hof verskyn wanneer haar saak by Kobus sʼn gevoeg sal word.

Lees die vorige berigte oor Poppie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Mari ·

Sies man! As iemand aan jou kind vat SE iets! Of wees skuldig!!! Ek sal dadelik weet as iets fout is! Slegte Ma!

charlene meyer ·

Sluit har ok toe en goei die sleutel weg ek ht 4kinders en ek sal dit nooit doen ni ok ni toe laat lat iemand hule seer mk ni ek gee ni eers my kinders pak ni hoe kn n ma lat so iets mt har kind gebeer ek kry har ni jammer ni nt areme poppie se pa wat deur dit moet gn om so mooi kind te virloor sori mar sy is ni n ma se agter end werk ni

SlaveMistress ·

Vieslike ding is niks beter as die stiefpa nie!!!!! Ek sou nie 2 keer gedink het om Poppie as myne te gevat het nie. Daars mense wat enige sou gee om n kind te hê en hierdie varke maak net die besluit om n kind se lewe te eindig. Ek kots van hoe siek hierdie storie my maak :(

isabell ·

Louisa – Jy kon nie die aanranding verhoed nie omdat jy te bang was vir Kobus Koekemoer – jou verskoning ….. hoeveel te meer was Poppie nie bang vir beide van julle nie – jy was NIE daar om haar TE BESKERM NIE! Jy was nie ‘n MA vir haar nie – geen vertroosting of veilige hawe nie – As jou rêrig wou – kon jy haar beskerm het!!!

Gideon ·

‘n Skande!! Jy en jou man doen die menslike ras ‘n oneer aan! Diere kyk so mooi na hul kinders, en jy as vrou kyk hoe jou pragtige dogtertjie dood geslaan word. Hoekom het jy nie haar vir haar pa gegee om na te kyk nie, maar hy moes ook iets agtergekom het, so ek voel hy is ook aandadig! Behalwe as hy bewys dat hy gekla het oor die kind se versorging!

Skande ·

Skande dat Louisa dink sy kan agter die “bang” verskoning skuil! Sies vir jou jy het jou toets as ma liederlik gedop! Daai pragtige kind rus nou saggies mag jy indien jy n gewete het Louisa elke nag vd res van jou lewe daai bang dogtertjie se gesig sien om jou te herhinder hoe jy as n ma jou kind vir die duiwel gegooi het! Jy en jou man is n skande vd samelewing!

Swanna ·

Ek vind die fotos van die ma skrikwekkend. Sy lyk soos ‘n lewende dooie. Ek wens sy kon nog ‘n kans kry met haar dogter, met alles wat sy nou weet en alles waardeur sy gaan, dink ek sy sou beter keuses gemaak het, anders opgetree het. Ek wens mense wat sulke verskriklike, onherroepelike foute maak kan ‘n tweede kans kry om dit reg te maak. Ek voel bitter jammer vir almal wat in hierdie tragedie betrokke is.

BOLANDER ·

Swanna, jy is duidelik op ‘n ander planeet. Waar kan jy dink dat hierdie vrou, sy is nie die naam Moeder werd nie, ooit sal verander en ‘n ander besluit sal neem. Baie jare terug toe my PA ons kinders so verniel het, het my MOEDER ons geneem na ‘n veilgie plek en ons alleen groot gemaak. Dit noem ek ‘n volwaardige MOEDER!!!!!!!!

John ·

Asseblief, Maroela. Nie meer die pragtige Poppie op die blad nie! Die kind se hartseer dood is te erg vir woorde. Dis nou al weke wat ons die pynlike rampspoedige gebeure magteloos saam beleef.

Chris Crous ·

Dit gaan ‘n mens se verstand te bowe dat ‘n volwasse man so iets aan ‘n klein kind kan doen EN dat die Ma dit toegelaat het.
Sulke mense moet baie swaar gestraf word. Dit is regtigwaar jammer dat die doodstraf afgeskaf is. Sluit hulle baie lank toe. Ons samelewing het sulke gemors nie nodig nie.

Nico ·

Kobus dit wat jy gedoen het was absoluut onverskoonbaar. Wat jy nie weet nie is dat daar waar jy weggebere gaan word ………….daar wag GROOT OOMS VIR TIPE……. Hulle sal weldra uitvind wat jy gedoen het. Daar gaan jy brul soos n leeu. Niemand sal jou brulle hoor nie. Soos klein Poppie se gesmeek en gesoebat. Jy gaan roep. Dan moet jy terug dink hoe sy gevoel het

charmaine ·

Nico, dis verseker hy gaan getoets word en daai ouens weet van jou voor jy deur die deur stap en hulle weet waarvoor jy daar is. Hulle het hulle infomante. En dis soos jy se hy gaan brul soos n leeu sy eerste vuurdoop sal in die badkamer wees.

Milette ·

Dis so tragies as jy dink so baie mense smag na n kind, en dan gebeur dit, en die arme biologiese pa wat nie toegang tot sy dogtertjie gehad het nie. Die wet is nog steeds baie onpartydig teenoor vaders. Rus in vrede liewe mensie, jou hel is nou verby, maar die skuldiges sin gaan nou begin. Tronklewe is nie maklik nie.

Gerd Lourens ·

En natuurlik is daar weer “regs-geleerdes” wat natuurlik weer net die waarheid (DIE HELE WAARHEID) sal verkondig!!!!

Die totale opset maak my siek!

Denker ·

Dalk vind ons nog uit dat dit die ma was wat haar so aangerand het. Die stiefpa is op gronde van haar verklaring aangekla. Maklik om te beweer jy was as vrou hulpeloos enn bang en die skuld op ‘n onskuldige man te plaas. Soos ek die lewe ken slaan die een met die beursie die kitaar en sy het bietjie geld gehad waarvan hulle gelewe het.

Joe ·

Well done aan die landdros wat borgtorg geweier het , dit is beslis waar hierdie onmenslike ma Louisa hoort …. sies … dit is skandelik , tragies , hartseer & bitter moeilik om my emosies te hanteer oor hierdie pragtige dogterjie Poppie . Dit breek enige leser van Maroela se hart om al hierdie wrede aanranding te lees ! Louisa , jy is nie werd om ‘n ma genoem te word nie , jy is net so skuldig soos daardie aaklige man van jou , kry vir jou wat jou toe kom !!!

gerbrandt ·

Gaan die wylsyn beampte ondersoek word? Ek hoop so want dalk kon die kinders gered word deur vinnige optrede ?

Linda ·

Tweede baba L saak die mamma het kastig niks geweet van aanranding op kind nie!!!! Sorry maar ek glo jou ook nie ‘n kind van 3 vertel vir jou as iemand haar seer maak!!

Dan ·

Die aanklaer sê sy het nog nooit gesien dat ‘n kind so brutaal aangerand is nie. Wat se ongelooflike verskrikking en pynlike foltering moes daardie klein mensie beleef terwyl sy weerloos deur vuilgoed doodgeskop is!? Nou het die beskuldigdes regte en word hulle mooi hanteer. Waar was Poppie se regte???? En wanneer gaan ons van die welsyn hoor – laat hulle kom getuig waarom hulle niks gedoen het terwyl hul bewus was dat daar groot probleme by Poppie se huis was?

Juan ·

Ek gaan nie oordeel nie. Dis die Here wat gaan oordeel. Al wat ek weet is dat Poppie baie gelukkig in die Paradys voor Jesus speel en regtig ervaar wat liefde en geluk is wat sy nie op die aarde gehad het nie!!!!

Belinda ·

In ‘n ander weergawe iewers het ek gelees die vrou het nogal n groot bedrag geld gekry uit haar egskeiding en dis al geld wat sy oor het in haar rekening maak nie vir my sin nie het sy het haar nuwe man seker probeer laat uitkom vir Kersfees maar ek is baie bly sy sit ook waar sy hoort ek skaam my vir sommige mense om te dink so iets normaal om dit aan n kind te doen hulle almal is ewe skuldig en klaar………………bang vir hom gewees ek sou die pad so vinnig vat as hy iewers heen was dis die swakste verskoning in die boek!

Anette ·

Sy se sy was bang vir hom…..ek was al hoe bang, maar dis instink om net te beskerm, veral n ma. Kyk na enige dier as haar kleintjie bedreig word, of sy wegdraai en loop. Wie het Poppie gebad en aangetrek? Het jy NOOIT navraag gedoen oor merke en seerplekke nie? Dis al wat ek hierdie ma wil vra – waar het jou meisiekind haar hart gaan uithuil of iets vir pyn gevra? Trane loop soos ek hier skryf, want dit is vir my ondenkbaar om te dink waaruit haar paar jaar op hierdie aarde bestaan het. Het jou engeltjie ooit liefde geken?

Elzabie ·

Waar was die ma Waar was sy. Hoekom het sy nie haar kindtjie beskerm nie

MATTHEW 18:10 ·

Poppie se ma – n Swak vrou – wat toelaat dat n swak man haar domineer en haar kind vermoor en wat nog, waarvan ons nie weet nie. Ons sal nie weet wat in daardie huis aangegaan het nie en hoe Poppie se ma dalk gedomineer is nie, maar niemand vat aan n vrou se kinders nie. So ek het geen simpatie met haar nie. Sy is 100% skuldig aan die dood van haar kind. Diere is erger oor hul kinders as wat sy is oor haar kinders is. Poppie se pa, ag nee wat…..geen respek vir hom nie………dis sy kind en hy moet sekerlik bewus gewees het van merke op haar liggaam…….klein kindertjies kan praat. Poppie se oe in die foto van haar, se vir ons genoeg wat sy deurgemaak het.. Dieselfde geval van Bella Bond. Gelukkig is die 2 dogtertjies nou veilig. Hul ouers kon dit nie regkry om hul veilig te hou nie.

Nel ·

Bose kringloop. Mishandelde/vernielde kinders word ouers wat mishandel en verniel.
Hierdie land kort ‘n ernstige ‘wake up call’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.