Poppie-moord: ‘Jy gaan vrek, boetie’

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Landi Malan

Gemoedere het Donderdag hoog geloop in die Brits-landdroshof waar Kobus Koekemoer verskyn het in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Koekemoer het tranerig die hof binnegekom waarna ʼn man in die hof geskree het: “Jy gaan vrek, boetie.” Dit is gevolg deur nog mense wat skree: “No bail. No bail.” Die man wat eerste uitgeroep het, is hierna versoek om die hof te verlaat. “Ek sal nie. Hy is ʼn vuilgoed,” het die man geantwoord.

Landdros Moses Maswanganyi het Koekemoer intussen gevra of hy regsverteenwoordiging het. Koekemoer het gesê hy het, maar dat hy nog nie tyd gehad het om sy regsverteenwoordiger te spreek nie. Hy het twee tot drie weke versoek om dit te doen voor die landdros die saak tot 17 November uitgestel het.

Lede van die DA, VF Plus en die gemeenskap het buite die hof betoog en geregtigheid vir Poppie geëis. Erna Rossouw, ʼn DA-wyksraadslid, het gesê die gemeenskap is keelvol daarvoor dat die stelsel kinders faal.

Koekemoer is verlede Woensdag by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal in Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem. Poppie het aan haar beserings in ʼn hospitaal beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.

Poppie sou aanvanklik vandag in Brits begrawe word, maar volgens berigte gaan die begrafnis nou Vrydag in Westonaria, waar haar pa Christo van der Merwe woon, plaasvind.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Antonette ·

Geen borg moet aan hpm toe gedien word nie en ek is self n ouer die ma moet ook onder die selfd lem geskeer word. Genoeg is genoeg. Die kindertjies is so onskuldig en wil ook net kind wees. Om hulle te hoor raas en speel weet ek hulle geniet hulle lewens en al is hul soms vuil kan mens dit skoon maak al breek hul iets kan jy ditvplak of n nuwe een koop…niemand kan daai mooi poppie ooit vervang nie. Dit is n skande wat hy gedoen hetven die woord pa nie werd nie. Ons moet ernstig iets begin doen om ons kindertjies te beskerm teen monsters soos hy!!!!!

charmaine ·

Dis is vir my so hartseer dat grootmense dit aan kinders doenmag die sleutel van sy tronkdeur weg gegooi word om dit aan n onskuldige kind te doen. Mag GOD regverdig wees teenoor die daad wat gepleeg is

Alf ·

Hoekom is net hy aangekla?
Waar is die Ma? Sy moet saam boet vir Poppie se moord

andre ·

Di ergste was kobus ht verlede jaar saam my I orania gebly,,,,en ht nooit gdnk di ding gaan dt ni doen ni,,en ek ht poppie se oudste sussie geken marlise,,,sluit om toe loop weg en los hm vr dae sonder kos of water

Mandie ·

Ek self is ‘n Ma. ‘N ma moet haar kind of kinders BESKERM maak nie saak in wat se omstandighede jy is nie. Poppie se storie het my so geraak en ek is so hartseer. Sy het nie gevra om hier te wees nie. Wie gee hom die reg om so iets te doen. Hy is nie ‘n mens nie. Hy kan nie eens die eer he om ‘n mens te genoem word nie! Hy en die Ma moet lewens lank straf kry!!!! GEEN BORG. !!!!!!

Madelyn ·

Mag die doodstraf terug gebring word!!
Daar is geen reg en geregtigheid in ons siek samelewing meer nie. Almal wat leed aan kinders doen moet met hul lewens boet.

Alida ·

Gerda ek ook !!!!!!!!!!!!!!!!! Hoeveel kinders moet nog onder stiefpa’s deurloop?

Stiefma ·

Dis nie net stief ma’s en pa’s nie! Deesdae enige iemand! Van die stief ma’s en pa’s kyk beter na kinders as hulle eie ma’s en pa’s.

Ek sou ook seker een van die mense gewees het wat iets sou skree in die hof….. arme pragtige dogtertjie, wil nie eers indink waardeer sy moes gaan nie. Hoop hy vrot in die trunk!!!!!

Helena ·

Ongelukkig is dit nie net stiefpa’s nie, daar is dan 3 weke terug die meisie van 17 doodgeslaan deur haar stiefma… Maar ek dink dit is onregverdig om stief-ouers so te veralgemeen, daar is baie meer liefdevolle stiefouers wat die kinders lief het soos hulle eie, as die wat hulle mishandel. Ek dink ook nie die mishandeling of aanranding het te doen met die feit dat hulle Stiefouers is, maar meer te doen met die tipe mens wat hulle is!

Amperstiefpa ·

Die is n baie hartseer storie! Om net stief pa’s en ma’s te blameer is onnosel. Ek het my ex se kinder wat net so klein was better versorg en opgebring as wat hulle pa het.

karen ·

My kinders se stiefpa kyk beter na hulle as wat regte ouers doen. Dit gaan nie oor stief of reg nie. As jy n lelike hart het het jy n lelike hart. Poppie se ma is haar regte ma en waar was sy

Sandy ·

Sies man Alida, hoe kan jy al die stief pa’s so beledig, my dogters is deur ‘n stief pa grootgemaak en hy het meer in hul lewe vir hul gedoen en meer liefde vir hul gegee as wat hul regte pa ooit gedoen het.

Stiefma 2 ·

Ek is ‘n stiefma. Ek werk my gat af aan my verhouding met my stiefkinders. Ek respekteer hulle en ek is lief vir hulle. Ek respekteer hulle ma en behandel haar en haar man met respek (veral voor my stiefkinders kraak ek haar NOOIT af nie). Ek weet daar is ander stief ouers soos ek wat hard werk. Dis wat my so woedend maak van hierdie hele storie. Pasop voor julle oordeel en hoe julle oordeel

Vrou ·

Hoeveel kinders moet nog deur die regstelsel gefaal word?????

Deďuiwelin ·

Vandag is my hart pienk. My hart is seer en rou. My hart skree vir vergelding. Poppie jy is so n pragtige dogtertjie. Mag jy skuiling vind in Jesus se arms….en daardie man wat jou so seer gemaak het en jou van n volwaardige lewe beroof het sal aan God moet antwoord. Rus in vrede poplap.

Sarie ·

Gee hom terug vir die gemeenskap soos haar pa en haar oupa en dan moet die gereg ook die wang draai. Alida – nie alle stiefpa’s is so nie, sommige eie bloed pa’s is so, selfs sommige ma’s. Dus verwys eerder na die mense as siek patete, want dit is wat hulle is.

ANNONIEM ·

Kan elke dorp nie maar n groep vroue bymekaar bring wat na kinderregte omsien nie. Ons is sewe vrouens wat almal werk en huishoudings het, m aar ons maak tyd om na skole te gaan en kinders te vertel wat hulle regte is – kleuterskole ook…. as die gemeenskap lankal opgetree het was Poppie nie dood nie – ons woon elke saak by van n kindermolesteerder en tree in verbinding met die owerhede as dinge nie reg loop nie….ons verkoop pannekoek om kinders by sielkundiges te kry, ons kan almal hier sit en skryf hoe erg dit is, maar die tyd van sit en niks doen is verby… niemand gaan na die kinders kyk as ons dit nie doen nie….. en ja die `ma` sal nog lank moet lewe met n gewete wat haar hopelik sal pla. Sterkte aan die boetie – neem hom asb vir berading, en die pa……staan sterk vir jou seun.

nannie ·

die bure het gaan kla by welsyn of polisie. niks is gedoen nie

Cherokee ·

Het die bure dit opgevolg toe niks gedoen is nie of dit daar gelaat? Dit moes opgevolg gewees het en ‘n ander roete moes ook gevolg gewees het soos klagtes by die polisie, die hof ens.

liza ·

Ek gaan beslis in my buurt ‘n poging aanwend om mense bymekaar te kry wat aktief kan veg teen kindermishandeling. Kinders in skole en kleuterskole moet konstant die kans gegee word om met vrymoedigheid met iemand te praat. Arme kinders oral se stemmetjies word stil gemaak. Dis tyd dat mense ophou om ‘n “blind eye” te draai.

Edward ·

Ek stem saam met Annoniem, kinders moet ingelig word oor hulle regte. Hier in New Zealand word kind van hulle eerste skool jaar ingelig oor hulle regte en aangemoedig om ongeruimdhede aan te meld. Die metode maak ‘n geweldige verskil in kinder mishandeling wat ongesiens of onwetend gebeur. Ons het ‘n groot problem hier met gesisn geweld hoofsaaklik onder die “eerste burger” van die land. Skuldiges moet nie trunk toe gaan nie maar gemeenskaps werk onder toesig doen. So sal die belasting betaler se sak gespaar word en iets terug gegee word aan die gemeenskap.

Aria ·

Waar is die Ma?????? Want Nerens is sy Te hoor of te sien nie?????????

adri Van Satden ·

Ek het ook dit gewonder. En waar was sy daai dag.

Pearl ·

Ja hoekom word die ma nie ook aangekla, moenie vir my sê sy het niks van die geweld geweet nie en soos ek lees was dit beslis nie die eerste keer gewees, ek vra ook maar net …

joey vd Westhuizen ·

Die ma is net so skuldig soos die stiefpa. Hoe kon sy toelaat dat haar kind so mishandel word. Hulle moet altwee boet vir die onmenslike daad. Gee hulle vir die publiek om met hulle te doen net wat hulle wil

Poppie ·

Die bure kon nie opvolg. Toe welsyn intree toe trek die skurmunkels van ouers

Blom ·

Kobus…..skrik wakker!
Ons bid vir jou! mag HY jou hart aanraak!

Cathy ·

GEEN BORG!!! Bring die doodstraf terug vir vuilgoed soos die!!!!

Joan ·

Ek stem dat die doodstraf teruggebring Moet word…mag Poppie die katalis wees vir al die kinders en mense wie se lewens so geweldadig en met opset weggeneem word..elke keer wat ek die foto sien aardklop trane onbeheersd teen my wange af…

Amanda van Wyk ·

Ai laat n mens met gesonde verstand nou sulke dinge kon doen. Arme kind.

M ·

Sluk jou trane Kobus Koekemoer.. hoekom wil jy nou huilerig wees… jys n lafaard

Genoeg is genoeg ·

Hy huil oor sy vooruitsigte in die tronk…. defnitief gaan hy vir hom kry!

Lucy ·

Daar bestaan nie meer iets soos welsyn wat omgee vir kinders se regte in hierdie land nie… dit is dan aan hulle gerapporteer en niks het gebeur nie. Het persoonlike ondervinding van my gewese man wat ons eie kinders uiters sleg behandel het as hy in dronk woede buie uitgebars het, en nadat kinders en ek geweier het dat hulle na hom toe gaan nadat ek uit gemeenskaplike woning getrek het, wou die welsyn my forseer om hulle na die welsyn kantoor toe te bring sodat hy tyd saam kinders kan deurbring alleen by sy huis. Genadiglik het my prokureur ingegryp en die aangeleentheid hanteer, ingesluit die welsyn werker wat my telefonies gedreig het en niks wou luister na die omstandighede nie… ons kinders in hierdie land is oorgelaat aan genade.

Stiefma ·

Lucy ek stem.
My dogter (stiefkind) is deur haar biologiese ma se pa (Dogtertjie se oupa) gemolisteer. ek wag nou nog om iets vanaf die welsyn te hoor. ons prokereer moes ook inspring , sodat ons haar van haar ma af kon weg kry.
Daar is regtig nie hoop nie julle…..ek pas my kinders soos goud op en verlaat nie my sig nie!

malinda ·

Ek stem saam met Griet. Waar was haar ma !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Dit gaan my verstand te bowe.

MJ ·

Ek stem 100% saam met jou Louise.As die doodstraf terug kom sal dinge verander.Op die stadium is daar geen wet en orde nie almal maak en breek nes hulle wil en wie ly daaronder
die onskuldiges (Kinders)!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Walter Kolesky ·

Paar dinge wat nie sin maak nie want ek het nie die feite nie.
Waar is die biologiese Ma? Die mishandeling moes oor ‘n tydperk plaas gevind het.
Die Ma het dit nie gestop of raporteer nie.
Sy moet ook verantwoordelikheid vat.

Anoniem ·

Dalk het sy dit vraporteer, dalk was sy ook ‘n slagoffer.
Vrouens wat mishandle word, is gewoonlik die bangste om uit te loop of hulp te kry omrede hulle gedreig word of dalk erger geslaan word as ‘n straf. ons sal maar moet wag totdat Kobus praat in die hof om die stories agter mekaar te kry.

SUSAN MEINTJES ·

my hart is stukkend dat so mooi dogtertjie so wreed aan haar einde moes kom!!HIER NEEM EK VERSEKER OOK DIE PERSOON KWAIK WAT NIE NA AANLEIDING AN DIE VERKLARING IN FEBR ALREED WERK VAN GEMAAK IS TOE DAAR AL KLAGTE WAS OOR DIE swak behandeling wat die kinders kry nie,hoekom nie toe al die kindertjies eerder in pleegsorg geplaas nie!! WIE SOU DIT WEES WAT POPPIE GEFAAL HET??? SO OOK DIE MA,neeeee man watse mamma is jy,nie eers ‘n mamma-dier sal toelaat ‘n ander dier haar kleintjies uitmekaar skeur nie!!!geen trane gaan JOU RED NIE BOETIE,DIS NOU TE LAAT!!!!

Melanie ·

Dis n goeie vraag. Waar is di ma of waar was sy toe dit gebeur het. Is dit di stiefpa…of beskerm hy di ma want daar is nog n seuntjie ook wat boor gesorg moet word…want wat kan mens so kwaad maak dat jy n kind doodskop? Dwelms of drank…want ek kan steeds ni glo n nugter mens kan n mensie so klein en fyn leed aan doen ni. Hoop werklik getegtigheid geskied

nannelle ·

wat van die ma,
vrae, waar was die a tydens Poppie se skopery, en hoekom, en hoekom loop die ma nog vrye hand sy moes mos na haar kinders gekyk het,

Zelmarie ·

Jammer vir die ander steefpappas dat die man julle so moet sleg maak my dogter het ook n steef pappa maar hy is glad nie so hartloos soos die man nie jammer maar hy word nie die err gegee om te kan se hy is haar steef pa nie want geen ouer steef of nie doen dit nie aan n kind.

Stephen ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat niemand iets daaraan gedoen het terwyl dit gebeur het nie. Nou is die kind dood en nou wil almal iets daaraan doen. Eweskielik is die hele land mal, maar terwyl almal so huil oor Poppie is daar n paar miljoen kinders wat deur dieselfde ding gaan. My hart bloei vir haar, geen kind verdien dit nie. Ek is self n stiefpa en sal nooit n hand vir “my” kinders lig nie. Maar mense moet wakker skrik en sulke goed aanmeld voor dit te laat is. En ja, ek gaan ook vra, waar is die ma? Sy is meer skuldig as hy…

Nikki ·

Stephen jy is heeltemal reg. Maar die manier wat die reg stelsel ‘n mens faal as dit by sulke goed kom is belaglik. Al wat oor is om te doen is oor die muur te klim en die kind/kinders te steel en hulle te versteek tot iemand luister en help. Maar soos dit natuurlik sal uitdraai is dat jy gearresteer sal word oordat jy raadop was en iets “extreme” gedoen het.

Magdalena ·

Gaan op jou knieè Kobus Koekemoer. …..bid en pleit vir vergifnis. Jy het GOD nodig nie ‘n prokureur ……smeek vergifnis vanaf Poppie sodat haar siel kan rus……! Die “ma” watter ma…..?????? Dis onmoontlik om ‘n ma te wees in hart liggaam en siel en dan toelaat dat jou bloed-dogtertjie so behandel word en sterf aan die hand van ‘n monster. …

Francois Le Cochon ·

Ja Kobus, ek wil ook aanbeveel dat jy moet bid en pleit, maar ek waarborg niks.

Elizabeth ·

Stem. Hy het nie gehuil toe hy haar geskop het nie. Poplap jy is nou 1 van die mooiste blommetjie in Jesus se tuin.

Sus ·

Mens hoor so baie van pleegsorg-kinders wat ‘n swerwer bestaan voer, kinderhuis kinders wat verniel word, stiefouers soos in die geval. Dis hoekom bloed dikker is as water – ‘n eie ouer kyk die beste na ‘n kind. En as jy nie die verantwoordelikheid van ‘n ouer wees kan vat nie – MOENIE KINDERS HÊ NIE!!!!

Zel ·

Sus ek stem ni met jou saam ni. Ek is self n stiefma en sal hemel op aarde verskuif vir vir haar. Maar baie mense weet goed om kinders te maak en as dit by d groot maak kom is dit skielik n probleem. Mens kan ni almal oor die selfde kam skeer ni!

Anoniem ·

Nee Sus! jy is verkeerd! “‘n eie ouer kyk beter na sy kind” regtig? Het die ma na haar kind gekyk? vandag se ma’s is so slapgat hulle los hulle kinders somer al in die hospital en maak spore! of gou genoeg om hulle kinders by ander mense af te laai……….en ander mense moet hulle kinders groot maak. of skryf somer hulle kinders af!!!!! age nee ek dink jou comment laat jou in die steek!!!

Annie ·

Daar’s ‘n groot verskil tussen berou en spyt, maar spyt kom altyd te laat. Ek kan my nie eers indink hoe iemand so iets aan ‘n kind kan doen nie! My hart breek!!

Magda ·

Soos in vorige comments. Waar is die Ma. En waar was sy….. Dis so hartseer en maak mens so woedend.

Denise ·

Sus wat jy se is nie onwaar nie ek weet van kinders met wie dit gebeur het en dan weer ook van kinders wat goed aangepas het by die aanneem ouers en n sukses van hulle lewe gemaak het !!!! Kinders is n gawe van God en of dit jou eie is of iemand anderse kinders behandel hulle soos jou eie en ja as jy dit nie kan doen nie is daar groot fout want jy as moeder of vader is al beskerming wat hulle het so moet dit nie misbruik nie dit is klein onskuldige kindertjies wat net liefde ,aandag en beskerming vra!!!!!!

stiefpa ·

Alida !!!!! nou raak ek lekker kwaad.Dis nie net stiefpa’s en stiefma’s wat kinder leed aan doen nie.
Daar is 1000de stiefpa’s en ma’s wat baie beter is as die regte ouers. Net omdat jy ‘n kind gemaak het in 5 min by n lekker party maak jou nie die bester ouer ens. regte ouers wat nie lekker in die kop is nie doen ook leed soms aan hulle kinders. Kyk na die springs monster my magtig. Veralgemeen is n lelike ding

Francis ·

ek is ook n stiefma ,en moes baie keer tussenbeide spring as my oorle man my of sy kinders wou slaan . bedoelende met n stok !ek was gedreig om uit die padte staan ! ek het dit stopgesit ! n saak gaan aanmeld en dit was laaste ! OUERS STAAN OP VIR JUL EIE OF STIEFKIND . GEEN KIND IS OPGEWASSE TEEN N DIKTATOR NIE ! Baie keer kan jy weet dit is hoe die persoon grootgeword het , maar is elkeen se keuse of jy so wil wees !

Pierre ·

ek stem stiefpa, ek is deur n stiefpa groot gemaak en bly daaroor want ek is beter grootgemaak as wat ek sou wees deur my regte pa. Ek weet ook van n paar ander mense wat deur stief ouers baie liefdevol groot gemaak is.

Maruzelle ·

Sluk jou trane Kobus. Wat het jy gedoen toe daai arme kindjie gehuil het, haar weer geskop? Jys nie n mens werd nie! Die ma moet aangekla word as medepligtige… pateties!

Marzelle ·

Enige volwasse mens wat ‘n kind wil seermaak is siek en het geen reg op lewe nie. Mense wat nie hulle eie size kan fight nie, en so persoon is nie werd om titel as ouer te dra nie. Hy gaan tronk toe en ons wat teen sy dade is betaal sy verblyf. Mag hy brand in hel want dit is waar mense soos hy hoort.

Sarie ·

Vir al die mense wat so vinnig is om die “Stiefouers” te oordeel – Bloed is nie altyd dikker as water nie. Liefde oorheers alles. My kinders het ‘n stiefpa en ek kan eerlik waar sê hy gee meer om vir hulle as hulle eie pa. En dan praat ek nie eers van die aan neem ouers van kinders wat verwerp is deur hul eie BLOED ouers vir watter rede ook al. So kan ons asb nou ophou om die stigma van stief ouers te bevorder. Dit gaan hieroor oor ‘n onskuldige kind wat deur ‘n persoon skade aangedoen is. Kyk daarna – en sy is nie die eerste nie en sy gaan ook nie die laaste een wees nie – hetsy deur ‘n ouer of stiefouer of ma of pa se vriend. Dit gebeur en dit gaan aanhou gebeur tot iemand iets doen. Vat die kind weg as jy so iets vermoed, daar is mense wat omgee – baie pleegouers.

Philip ·

Al wat sal help is om doodstraf terug te bring . Man wat n klein dogtertjie kan skop moet doodeencoudig permanent uit samelewing vewyder word . Plaasmoordenaars ens moet selfde straf kry . Probleem is ons luister na n klomp akademiese argumente wat rehabilitasie van oortreder bo enige ander oorweging plaas . Oscar is nog n skryende voorbeeld .

reinette ·

Die ma is net so skuldig soos die stiefpa. Ek vertrou die boetie is reeds uit haar sorg verwyder. En dankie dat daar nog mense soos die buurman is wat alarm maak.

Nee regtig ·

Ja kyk dis nou regtig twak dat biologiese ouers beter na hulle eie kinders kyk as stiefouers. Gaan doen gerus ‘n opname in ENIGE Kinderhuis, al daardie kinders het nog BIOLOGIESE ouers wat te sleg is om na hulle te kyk. Hoeveel kinders word nie jaarliks opgegee vir aanneming nie . en dis verseker nie deur die stiefouer nie, dis die biologiese ouer. En wat het die biologiese ma gemaak toe die stiefpa die kind doodslaan? ‘n Tydskrif deurgeblaai? Hoeveel biologiese pa’s betaal nie onderhoud nie, terwyl die stiefpa die kinders moet grootmaak? Dit was ‘n baie eensydige aanmerking daardie.

Lucy ·

Gooi hom vir die wolwe laat hulle met hom afreken Geen buil vir hom nie En ja waar is die ma Sy is veronderstel om die kinders teen so n wreedaard te beskerm Se ook nie veel oor maatskaplike werkers in daar die omgewing nie Daar is klagtes by hulle aan gemeld Mag hy lewenslank kry en sleutel weg gegooi word Ma moet ook nie haar seuntjie terug kry nie

Juanita ·

Gee hom asb tog borg sodat die gemeenskap met hom kan afreken!!

Grietjie ·

Vir wat is die boelie tranerig – hoe tipies…daar is gelukkig géén genade in tronke vir kindermishandelaars nie…daardie mense leef net vir hulle kinders…hulle gaan hom eet soos ‘n mielie…verpesting…en vir “Moederlief” …sy hoort in Pollsmoor…hier sal dié ma’s haar laat bars…

Tien ·

Die Tien Gebooie ( riglyn vir almal ) moet teruggebring word in die kerke, skole en huise en deur mense nagevolg word.
PUNT!

neelsie ·

Kindermoordenaar , die inmates gaan jou bykom …..nikswerd ma, hoort ook in die ttjoekie

Dan ·

Mens skop nie eens ‘n hond dood nie, wat nog van ‘n onskuldige klein kind! Lafaard!!!! En die ergste van alles is dat hy heelwaarskynlik nie veel gaan oorkom in die Hof nie. Hy het nou kamtige “regte” en gaan met handskoene behandel word. Waar is daardie welsynwerker aan wie die geval rapporteer is, plaas haar naam sodat almal kan weet wie sy is en ontslaan haar onmiddelik. En die Polisie wat van die geval kennis gedra het en soos sy net mooi niks gedoen het nie? Kry hulle almal weer verhogings vir die “goeie werk” wat hulle gedoen het???? Ons samelewing is sieker as siek. Ek hoop AS hierdie luis tronkstraf kry, die manne daarbinne hom gaan regsien. Dink net aan die skok en pyn wat daardie kind moes deurmaak terwyl hierdie lafhartige uitvaagsel haar aangerand het

Alida ·

Jammer stiefpa’s maar ek was sooo kwaad vir die gemors. Sommige vroue gryp sommer enige man sonder om hom deeglik deur te kyk. Ek word naar as ek dink wat die arme kind moes deurmaak. Die ma is die eintlike skuldige. Teefhonde beskerm hulle kleintjies met hul lewens. Waar was hierdie vrou.

M A ·

Nee, “stief” is maar net toevallig. My dogter is met die grootste liefde deur my tweede man grootgemaak. Hulle was tot sy dood baie geheg aan mekaar. Jy kry maar net slegte mense. Dis n verskriklike hartseer storie hierdie en ja, die ma moet ook verantwoording doen.

Lu ·

Waar was die regte pa. Afwesig dis wat ek laat my nie vertel as hy in haar lewe was sou hy nie dit agter gekom het nie. Driejarige kinders sal jou vertel wat aan die gang is. Hierdie abuse is al gerapporteer en die regte papa weet niks. Really hy kon lankal custody gekry het as ons hoor hoe sleg die ma en stiefpa was. EN nou skielik bars hy in trane uit. Hy is meer skuldig want waar was hy toe sy beskerming nodig gehad het teen 2 “siek” mense. Hy was nerens n gerieflik Afwesig pa wat nie sy plig na gekom het nie. Net soos die ma of erger…… ma dalk emosioneel nie ok wat is sy verskoning

Jeanetta ·

Ons het met ‘n voorval gesit waar die een ouer maande lank by die werlsyn kantoor geboer het oor die kinders. Die ouer is elke keer weg gestuur met. “ons sal gaan kyk” wat nooit gebeur het nie. KINDERS WAS SEKSUEEL MISBRUIK voordat die kinder hof hulle wegeneem het. Hoekom wag tot daar skade aan die kind is, Poppie se pa het ook probeer om die kinders daar weg te kry, Ook hy het hom teen ‘n muur vasgeloop. Ek voel dat die mense by wie hy probeer hulp kry het vir die kinders saam met die oortreder in die hof moet staan. Hulle het geen verantwoordbaarheid in hulle werk nie.

Ruby ·

Lu, as jy die storie gevolg het sou jy gelees het die pa veg al hoe lank om die kinders by hom te kry. Jy vaar uit teen die verkeerde persoon, en maak so half verskoning vir die ma!

Jou denke en redenasie vermoeë is skrikwekkend, bly liewer stil.

Ruby ·

Jeanetta, ek stem saam met jou.

Sommige ouers in nie bevoeg om na hul kinders te kyk nie, daarom is daar instansies soos die welsyn.

Die sisteem het Poppie en baie ander kinders soos sy gefaal en doen nog steeds.

Die persone aan wie die mishandeling gerapporteer is moet saam met die ma in die hof staan.

andre ·

Ongeag stief of eie…..ALMAL wat geweet het is skuldig aan moord. Om Te prt en Te los beteken niks Mr as iemand wat geweet en grprt het ook ddarna opgetree en GEDOEN het sou hierdie debat nie nodig wees. pleks van skree “was was die ma”. eis eeder DOOD. mense Bly veralgemeen en blameer Mr sit met hul alies op hul vingers en gal braak en blameer Mr is Te inkennig Om iets daadwerkliks Te DOEN.

mossie ·

Ek mag ver verkeerd wees en dalk nie al die feite he nie maar as daar in feb. Al geraporteer is van mishandeling het die engeltjie se eie pa haar tog nie gesien van dan tot nou? Het hy geen onraad vermoed nie? Ek vra maar net

Marna ·

Kindermishandeling is buite beheer.
Kyk nou na die Springs monster- sy eie kinders vir Jare mishandel en gevange gehou! En niemand het iets daaraan gedoen vir Lank!

Ouma Mossie ·

Hoe KAN jy ‘n weerlose dogtertjie van 3jr doodskop? Kobus Koekemoer, jy moet elektriese stoel toe! Die doodstraf MOET teruggebring word dan sal daar minder boere en kinders vermoor word.

gert ·

ek het nie woorde nie….. in my lewe het ek nooit kon dink iemand sal dit aan ‘n 3-jarige kind doen nie ! wat se mens is jy???

rus in vrede mooiste gesiggie …. jy is in ‘n baie beter plek – by Jesus !!

Lynne Muller ·

Ek is ook n stiefma en het sy kinders net so lief soos my eie. In fact ek doen alles en meet as wat hulle eie MA doen. Moet Asb nie almal oor die selfde Kam skeer nie. Hierdie het Niks met n stiefpa te doen nie hy is n moodernaar Klaar. Hy het vermoor en moet boet daarvoor. En glo my hy gaan.

Karen van Zyl ·

Weer ‘n “stief” ouer wat ‘n kind doodmaak? ek het geen simpatie met ‘n man wat ‘n 3 jarige (pragtige engeltjie) aanhoudend geskop het nie? lees ek reg, my mond hang oop van verbasing, wat kan ‘n onskuldige 3 jarige meisie doen wat ‘n “stief” ouer die reg gee om dood te skop?

Gene ·

Ek wonder maar net…wat kon ‘n 3 jarige kind tog so verkeerd gedoen het dat hy haar moes dood skop?? Dalk te hard saam haar boetie gelag toe hulle lekker gespeel het? Miskien nie al haar kossies opgeeet het nie? Wat het hom so kwaad gemaak? ‘n Pappa is veronderstel om jou te beskerm maak nie saak wat nie. DIE MAN IS NIE ‘N PA SE ALIE WERD NIE. MOENIE NOU KOM HUIL NIE, EK HOOP JY HERLEEF HAAR LAASTE OOMBLIK BY JOU VOETE DIE RES VAN JOU LEWE – JOU MOORDENAAR!!

jackie ·

Die enigste oplossing vir al hierdie aaklige goed is die doodstraf. toe die doodstraf daar was . was daar omtrent nooit sulke goed nie. Vandag se sisteme fail al ons kinders van groot tot klein en dit omdat SA n kurrupte land geword het met die nuwe SA. ek sal net like wat om te weet wat in sy klienbrein aangegaan het om so n aaklige ding te doen. Daai arme dogtertjie sy het n hele lewe voor haar gehad. Ek wen ek het die gereg in my eie hande gehad ek sal hom dadelik laat hang het. hoe kon die ma sulke goed toelaat hoe kan sy hom toegelaat het met sy dogter ek is jammer maar in my oe is die stiefpa en ma skuldig dis maar net hoe ek voel

ronel ·

Ek wil julle n storie vertel, ongeveer so 3 weke terug roep my dogter (24 ) my, reg voor ons sitkamer venster is daar n reuse rusie aan die gang, n man het uit sy voertuig geklim terwyl hy en die vrou op mekaar gil en skreeu, hy loop om die kar, ruk die kar deur oop, ruk n seuntjie (3) uit die kar klap hom met die plathand deur die gesig, gooi hom op die grond neer, tel hom weer op en klap hom weer, so raak hy, en die vrou hand gemeen ruk en pluk aan mekaar en in die geveg gooi hy nog twee seuntjies 5 en 11 uit die voertuig. Intussen sukkel ek en my dogter om vinnig genoeg deure en sekuriteits hekke oop gesluit te kry om die vrou te gaan help. Teen die tyd ons die groot hek oop het jaag die man weg, ek het oor gestap die vrou en die kinders gaan haal en ingebring om te kalmeer. Drie seuntjies, aldrie engels vertel beurtelings groot oog vir my hoe die oom hulle gereeld so aanrand en dat die oudste enetjie gewoonlik die ” brunt” van sy woede kry, en die liewe huilende mamma is storm gesuip en gaan tekere soos n viswyf, ek bel die polisie, my dogter probeer die drie seuntjies kalmeer en uitvra, ons probeer die polisie in die hande kry, n onbegonne taak van call centres wat jou verkeerd deur sit en polisie konstables wat nie ” begryp” wat mens vir hulle se!!

Michelle ·

My hart is baie seer om net daaraan te dink. Dis wat mens ‘n stief pa /ma noem. Ek sê altyd dat wanneer ‘n tweede mamma / papa goed is vir ‘n kindjie (soos my verloofde vir my seun en my ander Pappa ) bestaan daar nie ‘n word soos stief nie. Ek bid maar net vir die klein boetie dat Jesus hom veilig sal hou en beskerm en sal seen met voogde wat hom toekom en ‘n kindjie verdien om te hê.

Susan ·

Ek kan nie glo dat enige iemand so iets aan ‘n kind kan doen nie. Dit is nie net stief ouers wat kinders seer maak nie maar ook bloed ouers. Waar was die ma? Sy moes daai pragtige dogtertjie beskerm het met als wat sy het! Sy is net so skuldig soos daai stuk gemors! Rus in vrede liewe Poppie. Jy is nou op ‘n veilige plek waar niemand jou ooit weer sal seer maak nie

Debbie ·

Nie alle stief ouers mishandel hul kinders nie. Dis baie onregverdig om alle stiefouers onder dieselfde kam te skeer. Daar is baie biologiese wat hul kinders mishandel. Jy kry net mense wat inherent boos is. Sulke mense moet die doodstraf kry. Wat my kwaad maak, is dat sulke mense gewoonlik in die hof aanvoer dat hy of sy as kind mishandel is, of arm groot geword of hulle kom met een of ander hartseer storie. Die regter val daarvoor en die persoon kry dan ‘n ligte straf. Ek wens ons land het vonisse soos Amerika gehad: Life without the possibility of parole. Dit is wat mense soos die verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.