Poppie-moord: ‘Jy gaan vrek, boetie’

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Landi Malan

Gemoedere het Donderdag hoog geloop in die Brits-landdroshof waar Kobus Koekemoer verskyn het in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Koekemoer het tranerig die hof binnegekom waarna ʼn man in die hof geskree het: “Jy gaan vrek, boetie.” Dit is gevolg deur nog mense wat skree: “No bail. No bail.” Die man wat eerste uitgeroep het, is hierna versoek om die hof te verlaat. “Ek sal nie. Hy is ʼn vuilgoed,” het die man geantwoord.

Landdros Moses Maswanganyi het Koekemoer intussen gevra of hy regsverteenwoordiging het. Koekemoer het gesê hy het, maar dat hy nog nie tyd gehad het om sy regsverteenwoordiger te spreek nie. Hy het twee tot drie weke versoek om dit te doen voor die landdros die saak tot 17 November uitgestel het.

Lede van die DA, VF Plus en die gemeenskap het buite die hof betoog en geregtigheid vir Poppie geëis. Erna Rossouw, ʼn DA-wyksraadslid, het gesê die gemeenskap is keelvol daarvoor dat die stelsel kinders faal.

Koekemoer is verlede Woensdag by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal in Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem. Poppie het aan haar beserings in ʼn hospitaal beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.

Poppie sou aanvanklik vandag in Brits begrawe word, maar volgens berigte gaan die begrafnis nou Vrydag in Westonaria, waar haar pa Christo van der Merwe woon, plaasvind.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

95 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerda

Geen Borg!!!!!!!!!!!!!!!!#

Alida

Gerda ek ook !!!!!!!!!!!!!!!!! Hoeveel kinders moet nog onder stiefpa’s deurloop?

Deďuiwelin

Vandag is my hart pienk. My hart is seer en rou. My hart skree vir vergelding. Poppie jy is so n pragtige dogtertjie. Mag jy skuiling vind in Jesus se arms….en daardie man wat jou so seer gemaak het en jou van n volwaardige lewe beroof het sal aan God moet antwoord. Rus in vrede poplap.

Sarie

Gee hom terug vir die gemeenskap soos haar pa en haar oupa en dan moet die gereg ook die wang draai. Alida – nie alle stiefpa’s is so nie, sommige eie bloed pa’s is so, selfs sommige ma’s. Dus verwys eerder na die mense as siek patete, want dit is wat hulle is.

ANNONIEM

Kan elke dorp nie maar n groep vroue bymekaar bring wat na kinderregte omsien nie. Ons is sewe vrouens wat almal werk en huishoudings het, m aar ons maak tyd om na skole te gaan en kinders te vertel wat hulle regte is – kleuterskole ook…. as die gemeenskap lankal opgetree het was Poppie nie dood nie – ons woon elke saak by van n kindermolesteerder en tree in verbinding met die owerhede as dinge nie reg loop nie….ons verkoop pannekoek om kinders by sielkundiges te kry, ons kan almal hier sit en skryf hoe erg dit is, maar die… Lees meer »