Poppie-moord: Ma en stiefpa weer in hof

Kobus en Louisa Koekemoer Dinsdag in die hof. Foto: Verskaf

Kobus en Louisa Koekemoer Dinsdag in die hof. Foto: Verskaf

Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, het Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn.

Dit was die tweede keer dat die Koekemoer-egpaar saam in die hof verskyn het nadat hulle verlede jaar afsonderlik in hegtenis geneem is.

Hulle het op 25 Januarie vir die eerste keer saam in die hof verskyn nadat die sake saamgevoeg is. Die saak is toe tot 21 Februarie uitgestel vir nadere ondersoek en die afhandeling van die akte van beskuldiging.

Cobus Ludick, stigter van die ondersteuningsgroep Justice for Poppie wat die hofverrigtinge bygewoon het, het aan Maroela Media gesê die akte van beskuldiging was egter nog nie Dinsdag gereed nie en die saak is tot 28 Maart uitgestel.

Adrian Nel, Louisa se regverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê as die akte van beskuldiging nie teen daardie tyd afgehandel is nie, sal hy ʼn aansoek bring dat die saak van die hofrol geskrap word. Hy het gesê hulle werk nog aan ʼn aansoek om te appelleer teen haar borgtoguitspraak.

Die saak sal in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word sodra die akte van beskuldiging gereed en ʼn verhoordatum bepaal is.

Maroela Media het laat in Oktober die nuus gebreek van Poppie se tragiese dood, wat skokgolwe deur die land gestuur het.

Sy is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat Kobus, haar stiefpa, haar vermoedelik aangerand het. Die Koekemoer-egpaar het toe reeds vanuit Orania na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits verhuis.

Poppie is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem.

Die patoloog het tydens Koekemoer se borgtogaansoek in November in die Brits-landdroshof sy bevinding van die nadoodse ondersoek bekend gemaak. Volgens die patoloog was die hoofoorsaak van Poppie se dood ʼn harde hou teen haar kop.

Die patoloog het verder bevind Poppie het ronde kneusplekke aan albei hande, voorarms en voete gehad en albei oorskulpe was gekneus, “wat dui op oormatige aanranding van die kind”. Die patoloog het ook aangedui daar was bloed aan die onderkant van Poppie se skedel en bloeding aan die linkerkant van haar brein.

Louisa is op 15 Desember omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal in hegtenis geneem. Albei staan tereg op aanklag van moord en hul borgtogaansoeke was onsuksesvol.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jem ·

Die wiel draai. Laat hulle kry wat hulle toekom. Karma laat geregtigheid geskied.

Penelope ·

God slaap nie!! Ek hoop julle word altwee lewenslank toegelsuit.

Jone ·

Dis goed dat hul saak so baie uit gestel word. Dit gee meer tyd dat die onsekerheid, oor wat op hul wag, hul kan treiter

Boeremeisie ·

Rubbish in die hoogste graad. Hoop albei van hulle kry die alerverskriklikste nagmeries sodat hulle nooit weer ‘n goeie nag se rus mag hê nie

JMS ·

Julle hoort nie nog asem te haal op die aardbol waar dai engel nog moes wees nie. Julle altwee moet in haar plek gewees het vir wat julle aan haar gedoen het. Sleg goed! N hond word van kant gemaak as hy iemand byt so moet julle van kant gemaak word vir die moord op dai prag kind! Mag julle die res van julle patetiese lewens in n hel voort leef!

Willie ·

Verwyder uit die samelewing vir ewig! Nog beter bring dood straf terug…

LS ·

God slaap nie, julle mag dalk hier op aarde agter tralies toegesluit word WAT JULLE VERDIEN, maar ek wil nie in julle skoene staan wanneer julle die dag voor God moet staan nie. Julle moet nou al daardie dag VREES !!!

henk ·

Mens, kyk net hoe lyk die twee. Daar is geen salf aan hulle te smeer nie. Hou hulle in aanhouding so lank as moontlik.

Dane ·

Ek wil julle nie eers weer sien nie, sluit hierdie mense toe wat ‘n onskuldige kindjie tot die dood toe gemartel het. Sy kon nie praat nie, sy kon nie keer, nie, sy moes al die houe self vat tot haar ou kleine liggaampie ingegee het. Jammer, geen simpatie nie, julle het beide van beter geweet, julle is nie verstandelik gestrem nie, julle is normale volwassenes wat geweet het wat julle doen is verkeerd. Vat nou julle straf, alhoewel dit nooit genoeg sal wees vir die wegneem van ‘n kosbare ou liggampie met blonde haartjies en blou ogies nie. Mag Jesus haar styf in sy arms vashou, iets wat julle nooit gedoen het nie!!

yvette ·

Ek sal Poppie se gesiggie nooit vergeet nie. Daardie ogies vol leed en pyn. Ek glo sy is nou by Jesus. Ek is in n mate dankbaar haar hel op aarde is verby. Maar hoe baie van ons sou oor ons voete val om haar te koester en lief te he-daardie dogtertjie het nie verdien om so te ly en sterf.
Die pa en ma sal kry wat hulle toekom.
Ons is lief vir jou Poppie!

m ·

Watse gemors doen dit aan n weerlose kind? My bloed kook sommer van vooraf net aan die gedagte dat die arme kind haar glad nie kon verdedig teen die monster nie.

2Good ·

Og mens kry darem sleg mense, nie eers te praat van ouers nie :((

oumie ·

Waar is die eff en anc toitoiers hier is mos nou n geval wat verdien om die swaarste straf ooit te kry kom julle toitoiers hier is wit mense wat julle kan kom bere

LK ·

Die uwe meneer regsverteenwoordiger, is jy so hardop vir geld dat jy ‘n moordenaar van ‘n 3 jarige dogtertjie wil laat vry rondloop? Selfs wil versoek dat die saak van die rol geskrap word? Hoe slaap jy, jou klient en haar sleg man snags?

Theresa B ·

Hierdie alewige ge-uitstel van sake maak my lam. Kry die saak agter die ruk en stel die doodstraf in. Kom net tot ‘n punt en baie tyd en geld sal gespaar word.

Elke van Rensburg ·

Wie is besig om hier te slaap?!?!
Niks kan Poppie terugbring nie. Maar wie moet nou sorg dat geregtigheid, al is dit dan net in ‘n mate, geskied? Wie is nalatig hier en doen nie sy of haar werk om hierdie mense te laat boet nie? Iemand moet wakker skrik! As daardie persoon of persone wat in beheer van die Poppie-saak nie hulle werk doen nie, is hulle na my nening net so skuldig soos die ma en stiefpa. Die wiel draai. Eendag gaan almal van ons verantwoording moet doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.