Poppie-moord: Ma, stiefpa gevonnis

Louisa Koekemoer in die hof (24 Mei 2018). Foto: Phillip Bruwer

Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44), die ma en stiefpa van die driejarige blondekopdogtertjie, Poppie van der Merwe, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria vir die moord op die kleuter gevonnis.

Regter Bert Bam het albei beskuldigdes tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir Poppie se moord. Hulle is elkeen ook ʼn bykomende tien jaar tronkstraf opgelê op twee aanklagte van kindermishandeling [op Poppie en ʼn vyfjarige seun]. Bam het verder verklaar dat beide Louisa en Kobus onbevoeg is om ooit weer in die toekoms met kinders te werk.

Maroela Media het in Oktober 2016 die nuus gebreek van Poppie se tragiese dood, wat skokgolwe deur die land gestuur het. Poppie is op 25 Oktober 2016 na die Brits- provinsiale hospitaal gehaas waar sy by aankoms dood verklaar is. Die Koekemoer-egpaar het toe reeds van Orania in die Noord-Kaap na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis.

Kobus Koekemoer in die hof (24 Mei 2018). Foto: Phillip Bruwer

Die hof het tydens die verhoor gehoor Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop wat erge bloeding en drukking op die brein veroorsaak het. Voor haar dood het sy oor ʼn tydperk veelvuldige beserings opgedoen wat nie die tipiese beserings is wat kinders van haar ouderdom per ongeluk kan opdoen nie.

Die beserings is veroorsaak deur verskeie stomp voorwerpe soos ʼn hand, ʼn vuis of ʼn skoen. Poppie het ook verskeie merke aan haar lyf gehad waar sy vermoedelik gewelddadig geskud is. Die seun is ook telkemale aangerand.

Louisa en Kobus is in Desember verlede jaar skuldig bevind op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van kindermishandeling.

Bam het Donderdag tydens sy uitspraak gesê dit is moeilik om nie emosioneel beïnvloed te word oor wat met Poppie gebeur het nie. “Tydens die verhoor is foto’s van haar liggaam gewys wat nie maklik was om na te kyk nie,” het hy gesê.

Hy het daarop gewys dat die mishandeling van Poppie en die seun oor etlike maande geduur het en dat die kinders nie net fisiek nie, maar geestelik ook mishandel is. “Die kinders kon niks doen om hulself te beskerm nie. Poppie is so erg beseer dat sy by tye bewusteloos was en die beskuldigdes het net gedink ‘sy speel of sy dood is’,” het hy gesê.

Poppie van der Merwe. Foto: Verskaf

Bam het verder gesê foto’s van die kinders se beserings en ʼn nadoodse ondersoek het bevind die beserings is onnatuurlik en met geweld toegepas. Die kinders het ook nie behoorlike mediese behandeling vir hul beserings ontvang nie.

“Die mishandeling van kinders is baie ernstig, veral as hulle nog jonk is. Oortreders van dié soort moet vir ʼn lang tydperk uit die gemeenskap verwyder word.”

Volgens Bam het Kobus geen emosie tydens sy getuienis getoon nie en was hy nie oortuig dat Louisa ware berou vir haar dade het nie, hoewel sy tydens haar getuienis emosioneel geraak het. Hy het gesê die beskuldigdes het eerder spyt dat hulle skuldig bevind is as wat hulle berou het.

“Wat hulle gedoen het, is boos. Hoe kan ouers so iets aan ʼn kind doen?”

Lees ook: [Video] Poppie-moord: Trane toe vonnis kom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

L. Louw ·

Hulle kan bly wees hulle is nie in een van die doodstraf-state in die VSA nie. Daar sou hulle doodstraf gekry het, soos so baie moordenaars van weerlose kinders en bejaardes uitgevind het.

Eish ·

Gepaste straf.
Genadiglik n einde aan die uitmergelende sage.
Elke berig was sielswroegend om te lees.

Yolandie ·

Dis wonderlik… Hulle verdien die straf… Die doodstraf sou wel verwelkom word… Maar lewenslank is goed??

Elize Louw ·

Sooo jammer die doodstraf word nie meer uitgevoer nie.

Lenie ·

Ai dis jammer dat daar bevind is dat hulle nie ware berou het nie. Mens sou hoop dat hulle tot insigte gekom het want daar is genade en genesing by God.

Lenie ·

Vir almal wat berou het. Hy het gesê, al was jou sonde skarlaken rooi sal ek jou skoon was, witter as sneeu, en die sondaar word ‘n nuwe wese. Dit is Genade en die hoop wat ek vir hulle het.

Alida 2 ·

Seep, ook vir mense soos hulle.
Lenie, berou alleen is nie genoeg nie. Jesus moet ook as verlosser aangeneem word.

BB ·

Lenie, stem regtig nie saam met jou nie. Sulke mense sal nooit verander nie. As jy nie berou toon wanneer jy ‘n onskuldige kind vermoor het nie is daar geen genade vir jou nie.

Genieve ·

Dankie Here dis klaar…shame haar gesiggie kan mens net nie vergeet nie.

Seep ·

@Lenie, geen hoop vir dié nie, ek hoop hulle suffer elke dag van hulle bestaan, op aarde en ondergrond.

Alida ·

Hoera vir Regter Bam !!!!! Baie goed verwyder hulle uit die samelewing.

Yolandie ·

Dis wonderlik… Hulle verdien die straf… Die doodstraf sou wel verwelkom word… Maar lewenslank is goed??. Hoe kan enige ma of pa so iets aan hulle kinders doen… Kinders is vir ons deur God gegee om te beskerm ten alle tye en onbegryplik liefie te hê. Nie te mishandel en dood te maak soos hulle goed dink nie…

Landi ·

Sulke uitsprkae gee my weer sommer vertroue in ons regsstelsel. Net jammer n pragtige ou dogtertjie (wat ek enige tyd sou aanneem) is dood. Maar laat julle sit. Net so bly oor die Van Breda uitspraak ook. Dankie dankie dankie dat ons nog regters het wat bevoeg genoeg is om sulke mense uit die samelewing te verwyder.

Anoniem ·

Wonder hoe gaan dit met die boetie… Hoop hy kry baie liefde, ondersteuning, en spelterapie sodat hy so goed as moontlik kan heel word van hierdie slegte tyd in sy kort lewetjie.

Uvonka ·

En so sal ons lewenslank vir moordenaars sorg, bed om op te slaap, 3 maaltye per dag en die reg om te lewe!!!!
Wens so hulle straf kon veel swaarder gewees het maar nou ja ten minste is dit nou verby en hulle het lewenslank gekry, haatlike mense.

T ·

So jammer dit is net te laat vir die arme Poppie shame, mens moet so kyk om ‘n mens en kinders, ou mense en diere beskerm waar mens kan terwyl daar nog tyd is.

Moeg ·

Baie dankie vir die regspan en die regter wat reg en gereg laat seëvier het!
Rus sag mooie prinsessie Poppie.

Candice ·

Sy moet eintlik nou ‘n siek boek skryf oor hoe messed up dinge regtig was in daai huis. Geen ‘Ma’ kan sit en kyk hoe haar kind vermorsel word en haarself as normaal beskou nie.

Jacobus ·

Onthou in Suid Afrika is ‘n lewenslange vonnis maar 25 jaar.

So met goeie gedrag, aanbeveling van die parool raad en die oorvol tronke kan hulle miskien na so 10-13 jaar weer op straat wees.

Niks is gewen nie daar is net een verloorder en dit is Poppie.

Vir die misdaad wat deesdae in Suid Afrika gepleeg word is die doodstraf meer gepas.

Andre ·

Elke keer as daai engel gesiggie in die foto sien en dink aan wat gebeur het, kan mens seker nie anders as om emosioneel te raak nie. Beide traan van hartseer en een van kwaad.
Dis erg dat ons nou vir hulle dag tot dag betaal, maar dank Vader hul sal nooit weer naby kinders kan kom nie… Mag die Here julle genadig wees want my mens wees kan nie…

Wonder ·

Dankie meneer die regter. Kan regter Bam nie al hierdie tipe sake en verkragter sake hanteer nie?

bloues ·

Ek wonder hoe mede tronkbewoners optree teen mense wat sulke vieslike dade teen kinders pleeg?

karen ·

Ek is seker mense wat in die tronke is hou ook die nuusgebeure dop…. en maak reeds planne

G@be ·

die arme kinders….
Laat my nou ook dink aan my eie situasie en van velle mense daar buite wat so erg sukkel om hulle eie kinders te kan he…. hier was hulel geseen met so pragtige kind, en al was hulle nie ryk of iets nie…. daai kind het LIEFDE verdien, niks anders nie.
super hartseer

AI ·

Ek voel net so – ek sou hierdie mensie enige dag aanneem. Ek is nog steeds elke keer in trane as ek ‘n berig oor Poppie lees. Dit ruk my. Ons verstaan nie altyd die lewe nie – ons wat wil, maar nie kan nie. Veral as iets soos hierdie gebeur.
Dankie, Regter Bam.
Rus in vrede, klein mooiste Poppie dingetjie.

TLC ·

Poppie elkekeer met hoor of sien jou naam skeur my hart aan n 1000 000 stukke Hul straf gaan jou nie terug bring nie en ek kan nou lelike goed hier sit wat ek graag wou gehad het moes met hul gebeur Maar ek gaan nie dit noem nie uit respek vir jou Mag jy in vrede rus Onse engelkind AMEN

Helene Heyns ·

Gee groot asseblief die “Mooi- Nooi” saak ook vir regter Bam. Hy weet wat hy doen.

Jorrie Jordaan ·

Gepaste straf…… maar doodstraf sou beste wees. Geen parool later asb.
Hoop nie ons sien Poppie vd Merwe se gesiggie inni koerant nie, dit maak elke keer seer.

E.K. die eerste ·

Net jammer dat ek en jy, die belastingbetaler, nou vir hul gratis verbly moet opdok…

Gert B ·

Rus sag poplap. Vlieg hoog by Jesus!
Dankie Heer vir geregtigheid. Ek mag nie haat , maar verdomp !!

Charmaine ·

Ek verstaan nie hoe kan mense kinders mishandel nie dit is `n wonderwerk en Jesus se kindertjies, maak eerder seker dat jy nie kinders kan he nie, daar is soveel mense wat bitter graag kinders wil he maar kan nie kry nie, en die mense wat mishandel kry kinders by dosyne …… kan dit nie klein kry nie. Poppie R.I.P. Girlie jy is op `n baie beter plek daar bo, net jammer jy moes so seer gekry het.

Linda ·

Baie dankbaar dat Regter Bam hier n oordentlik vonnis gegee het. Mag alle ouers en mense wat kinders mishandel hieruit n les geleer word !!!

Karen ·

Baie verlig dis nie weer ‘n grap vir ‘n vonnis nie. Almal wat kinders, of enige iemand mishandel, behoort soortgelyke gevonnis te word

Rene Burger ·

Twee bose mense wat uit die samelewing verwyder is. Net jammer dit gaan nie daai arme klein dogtertjie terug bring nie. Doodstraf sou meer gepas het by hulle dade. Maar God slaap nie, hulle sal nog n erger straf kry die dag van oordeel. Rus sag Poppie jy is nou veilig

Nouja ·

Daar is nog baie Poppies in ons samelewing wat tans nog steeds dieselfde behandeling beleef wat hierdie pragtige kind moes ervaar. Ons moet hierdie gesiggie en die hartseer agter daardie ogies nie vergeet nie.

lynn ·

Wonderlik. Die doodstraf sou beter gewees het. Mag die n voorbeeld vir ander wees wat hul kinders mishandel

Wonder ·

Dankie aan Annari van Go purple foundation. Mense sy en haar span werk net so hard en probeer help met mishandelde kinders. Maar hulle hande is afgekap want wetlik kan hulle nie optree nie en hulp is min van die regte departemente. Ons moet probeer help om nog ‘poppie’ insidente te keer. Gemeenskappe moet begin saamstaan teen kinder mishandling. Nou kan jy in vrede rus poppie – blou oog engelkind.

Minette ·

Well done aan Advokaat Salome Scheepers wat hierdie saak gelei het. Mag baie seëninge na jou toe kom.

Andre ·

Dank aan regter Bam, aanklaer Scheepers en die NVG, en die SAPS. Die vonnis moes volgens my van so ‘n aard wees dat die twee misdadigers nooit weer in die samelewing kan kom nie. Hoe siek moet jy wees om ‘n onskuldige kind oor so ‘n lang tydperk te mishandel en dan dood te skop? My woede ken nie perke nie. Ek hoop daar gaan nou opgetree word teen die instansies/persone wie geweet het wat by daardie huis aangaan (dit was aan hulle gerapporteer) en niks gedoen het nie.

Linda ·

Andre, ek stem 100% saam met jou en al die mense hier wat kommentaar gelewer het !!!

Poppie ·

Hulle moes die doodstraf gekry het; ek sou Poppie gevat het as ek kon. My hart is steeds seer maar gelukkig is sy nou by JESUS en het sy nie meer honger en pyn nie. Wat ‘n pragtige, weerlose ou dingetjie was sy nie :)

Andrea ·

Daardie twee mense walg my. Ek voel naar net om na Louisa te kyk. Haar trane uit haar dooie oë het genadiglik nie die regter geflous nie. Waar was sy toe haar weerlose kinders haar nodig gehad het? Hoeveel trane van pyn, vrees, verraad en verlatenheid het arme klein Poppie gestort in haar kort lewetjie? In nie een foto van haar lyk sy gelukkig nie. Lyk sy soos n hondjie wat n skop verwag.
Ek hoop elke slegte ding vir julle twee, Louisa en Kobus, in die tronk. Mag dit hel wees vir julle. Elke dag van elke jaar wat jul daar deurbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.