Poppie-moord: Ondersteuners drom saam by hof

Foto: Mariné Lourens

Foto: Mariné Lourens

Daar is steeds geen duidelikheid of Kobus Koekemoer, stiefpa van Poppie van der Merwe, vandag in die Brits-landdroshof gaan verskyn nie.

Koekemoer (43) het verlede Donderdag probeer selfmoord pleeg en word steeds in die hospitaal behandel. Louisa Koekemoer (45), Poppie se ma, is intussen reeds in die hofselle en sal vandag verskyn.

Maroela Media verneem daar sal versoek word dat die saak na die hooggeregshof in Pretoria oorgeplaas word.

Talle mense, in pienk geklee, het intussen weer by die hof bymekaargekom. Hulle het onder meer plakkate voor die hof neergesit met die woorde “Stop kindermishandeling”, “#Justice4Poppie” en “#NoBailForLouisa”.

Maroela Media het vroeër berig Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir haar moord in hegtenis geneem. Die patoloog het tydens Koekemoer se borgtogaansoek in November gesê die hoofoorsaak van Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop.

Louisa is op 15 Desember omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal in Noordwes in hegtenis geneem.

Albei staan tereg op aanklag van moord en hul borgtogaansoeke was onsuksesvol. Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

Foto: Mariné Lourens

Foto: Mariné Lourens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Janet ·

Hy speel speletjies. Wil bejammer word. Hy is te lief vir homself om selfmoord te pleeg

J ·

Was Poppie se boilogiese vader nie dalk gebruik as skuifmeel vir kindermishaneling net om uit die huwelik te kom nie. Hoekom was sy dan so lief vir hom.

Sonja ·

Ek sal sê hul kan maat vir Kobus Koekemoer hof tu begelei van di hospitaal af. Hy speel maar nt vi tyd.

J ·

Het Poppie se x vrou haar boilogiese vader gebruik om uit die huwelik te kom hom hom te gebruik as skuifmeel vir kindermishandeling as haar eie moeder agter die deur gestaan het. Sy was baie lief vir haar eie pappa en bang vir mamma se nuwe man.

Scalla ·

Die man wil selfmoord pleeg, lewer hom uit aan die naasbestaandes, hulle sal dit vinnig uitsorteer.

Se maar net ·

Ai, huil my hartjie. So mooi Poppie kind. Hoe kon hul dit aan haar doen. Ek hoop reg en geregtigheid gaan gebeur. En mag hul gewete hul ry tot in die afgrond in….

Jone ·

Hy het geensins probeer selfmoord pleeg nie. Hy wou uit die selle kom. Hospitaal kos en bed en selfoon toegang en privaatheid is baie beter as ‘n tronksel vol ander misdadigers. Louisa is ook nie jammer oor haar kind wat dood geskop is nie. Sy het dan gehelp om die kinders te mishandel. Sy skryf liefdesbriewe aan hom. Sy wens hul was nie in die tronk nie. M.a.w hulle wil in luuksheid lewe terwyl haar eie kind mishandel is tot die dood deur hulle self.

alicia ·

hoe weet jy hulle skryf liefdesbriewe aan mekaar in tronk? sal like om link te kry as jy dit erens gelees het?

Wonder net ·

Die biologiese pa moet ook aangekla word van kinder mishandeling. Waar is hy dat hy nie geweet het wat aangaan nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.