Poppie-moord: Stiefpa in hof

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Kobus Koekemoer verskyn Donderdag in die Brits-landdroshof in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Koekemoer het Vrydag in die hof verskyn en die saak is tot vandag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Lede van die gemeenskap beplan intussen om by die hof op te ruk en te eis dat Koekemoer nie op borgtog vrygelaat word nie.

Koekemoer is verlede Woensdag by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal in Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem. Poppie het aan haar beserings in ʼn hospitaal beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.

Christo van der Merwe, Poppie se pa, het intussen bevestig dat Poppie se vyfjarige boetie nou in sy sorg is. Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is uit sy ma se sorg verwyder ná Poppie se dood.

“Vierde keer wat ek my lieflingseun by my het in twee jaar. Dankie God en dankie vir almal se gebede. Ek het vir Poppie verloor, maar Jesus het ʼn nuwe engeltjie by hom,” het Van der Merwe gesê.

Poppie sou aanvanklik vandag in Brits begrawe word, maar volgens berigte gaan die begrafnis nou Vrydag in Westonaria, waar Van der Merwe woon, plaasvind.

Van der Merwe en Poppie se ma, Louisa Koekemoer, se verhouding het versuur en hulle was in ʼn regsgeding om toesig oor die kinders gewikkel.

Koekemoer het vroeër aan Maroela Media gesê daar is talle gerugte op Facebook oor wat met Poppie gebeur het, maar dit is alles hoorsê. “Die waarheid moet uitkom, maar dit moet op die regte manier gebeur. Mense moet die polisie toelaat om hul ondersoek te doen.” Sy het gesê sy voel emosioneel gebreek. “Ek het al my kinders lief. Ek sal hulle nooit leed aandoen nie. Mense weet nie hoe dit is as jy nie eers in iemand anders se skoene gestaan het nie.”

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Anoniem ·

Snert man…Jou kind moes belangriker gewees het as daardie man. Hoe kan sy haarself verdedig…..!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

CAROL ·

Anoniem – ek stem saam ek voel ek kan weer n man kry maar mense kannie weer “daai sele kind” terug kry nie.

Anoniem ·

Hou jou verskonings vir jouself….Ek was ook al in skoene waar niemand in wou wees nie…maar my kinders was die belangrikste………………………….

yolanda ·

sit jouself in haar skoentjies,,, en word geskop !!!!
wat ek nou sou gee vir so engel dogtertjie nie….

elize ·

Daardie poppie het nie gevra om daar te wees nie maar sy is nou op n beter en veilige plek waar se geliefkoos kan word,

m ·

Hierdie is n baie hartseer storie. Hierdie arme kind was so verniel deur hierdie monster en ek hoop regtig hierdie man vrot op in die trunk. Hy moet nie eers borg kry nie want hier is geen verskoning vir hierdie tipe gedrag teenoor n onskuldige kind wat nie haarself kon verdedig het teen so lummel nie. Sy is nou op n baie beter plek, net jammer sy moes op so wrede manier sterf.

Doret ·

Ek het net een vraag hoe leef sy met haarself saam wetende dis eintlik haar skuld want sy moes vir ha kind baklei het en hkm sou sy nie die kinders vir hulle pappa gee nie of was dit bloot oor die geld wat sy uit hom wou kry of plein moedswilligheid sy moet nie se sy was lief vir ha kinders nie want geen ma wat ha sout werd is sal dat n man ha kinders verniel wat nog doodslaan nie Jy hoort gemartel te word tot die dood soos jy jou kind laat martel het

Maritza ·

Ek stem 100% saam Doret.

Sy moes die met die eerste geweld teen Poppie opgetree het en net daar en dan hul weggevat het uit sy bereik.

Jy behandel nie eens ‘n hond so nie.

Hul moet Poppie se marteling self deurmaak. Wat het deur daai klein koppie gegaan terwyl hy haar so geskop het – hoe lank gaan dit al aan.

Sy lyk of sy gehuil het toe hul die foto geneem het – lyk soos n kleuterskool foto.
het geen familie, vriende, skooltjie, NIEMAND!!! gesien iets is nie pluis met Poppie nie!!

Dan huil hy as hy in die hof stap???

Yolande ·

NIKS regvertig die pyn wat n kind aangedoen word nie. NIKS! En mev Koemoer as my man net probeer my kind verrinneweer sal hy wens satan self kom haal hom ek sal die laaste druppel bloed uit hom martel. En al gaan bly ek onder n brug om my kind te beskerm sal ek dit doen. Ek sal my arms stompe baklei.
En het ek al in sulke skoene gestaan van abuse…Ja ek het. Nie kinders gehad nie. Maar my eerste man het my een Sondag so geruk en pluk dat ek hom gesmeek het om my te slaan. Toe hy my los het ek die vlg dag n egskeing gaan aanvra en hom belowe ( en ek lieg nooit) as hy in die tyd voor die egskeiding net daaraan dink om my iets aan te doen SAL EK HOM IN DIE TRONK LAAT SIT. KLAAR

REGVERDIG ·

My hart wil breek oor hierdie pragtige dingetjie met die hartseer glimlag wie se ogies vol traantjies is.
Mag hy so vêr weggesit word, dat hy kan voel hoe brand die hel………………………………

Rika ·

Dit is so hartseer om na daardie klein pragtige gesiggie te kyk en te moet dink waardeur daardie kind is en hoe lank sy dit moes deurmaak. Ek kan nie myself indink hoe dit moet wees om n kind aan die dood af te staan nie, ek sal heeltemal mal word. My kinders is my eerste prioriteit en ek sal nooit toelaat dat enige iemand my kind leed aandoen nie. As n ouer moet jy met alles in jou vir daardie kind baklei want hulle kyk op na jou, jy is hulle super hero, hulle held, en hulle verwag dat mamma of papa hulle sal beskerm, of dit iets groot is of iets klein. Kinders vra nie baie nie, liefde, kos en klere….

Ooma ·

Mense moet besef dat sosiopate en psigopate nie dieselfde emosies as die meeste mense ervaar nie. Om van hierdie tipe mense te verwag dat hulle moet skuldig voel oor wat hulle gedoen het, is om soos vir ‘n kat te wag om te blaf. Ek wonder net altyd hoeveel mense het hierdie mishandeling waargeneem en verkies om stil te bly.

Renier ·

Mense ons mag nie judge nie maar al kry hulle nie wat hulle toe kon nie…god sal hulle judge en hulle uitsort…dis n jammerte my hart gaan uit na die pa en na poppie se boetie…sy was die pragtigste kind ooit…en mag god sy hand oor ha pa en boetie sit en hulle help en hulle krag gee weer vir die lewe…maar god sal daardie koekemoer gesin judge en hulle sal kry wat hulle verdien…ons mense weet nie wat het daar gebeur nie want n storie het 3kante my kant ju kant en die waaruit….

Lulu ·

Elke ma het ‘n keuse om in ‘n verhouding te wees, en as die verhouding vir jou belangriker is as jou kind, is mens baie selfsugtig. Goddank ek het jare terug ‘n man die deur gewys wat my kind emosioneel afgekraak het, een keer was klaar te veel. Vandag pluk ek die vrugte daarvan om my kind alleen groot te maak, al was dit soms moeilik.

Valie ·

Christo, ek is jammer dat dit met jou kind gebeur het. Ek was self in daardie situasie, sodra jy van die kinders se ma verskil oor die geringste dingetjie sien jy die kinders vir ‘n lang tyd nie weer nie. Dis net siek gewetenlose mense wat hul kinders so misbruik in ‘n magspeletjie.

Elmarie Petzer ·

Jy gaan eendag ‘n ou vrou wees met ‘n vreeslike gewete waarmee net jy gaan moet saam lewe Louisa Koekemoer….

moeks ·

Hoe kan enige mens so iets doen? Hoe kyk jy in daardie kind se gesig? Jammer Poppie, jammer vir die seuntjie in Mokopane begraafplaas. Elke mishandelde kind wat in die steek gelaat is, deur hulle wie veronderstel is om lief te wees vir hulle. Het vanoggend foto’s gesien van ‘n sewejarige kind wat so geslaan is deur stiefpa. Tans in hospitaal.

Mariaan ·

As ek na daardie kleine dogtertjie se oulike gesiggie kyk, dan wonder ek net heeltyd hoe kan mens so wreed wees???? ekt 2 pragtige dogtertjies van my eie die een is 1 jaar oud en ander een word Januarie 2017 3, ek kan myself nie indink hoe kan ‘n mens ‘n kind so seer wil maak nie, al is dit nie eers jou eie kind nie…mens doen dit nie, dit maak my hart so seer elke keer as ek haar pragtige gesiggie sien op Facebook en moet weet sy moes so ‘n wrede paar jaar deur maak. Gelukkig is sy nou in ‘n plek waar geen mens haar weer ooit sal seermaak nie. R.I.V Poppie hartjie!!! Mag daai trane oë van jou nou straal van liefde!!!

Alida ·

Waar kom mens daaraan om te skop???!! Dit is so barbaars. En hoe skop jy so ‘n pragkind? Watter oortreding het die straf verdien wat sy gekry het? Die doodstraf. In hemelsnaam, die kind was maar 3jaar oud!

Alida ·

Ek hoop nie die skuim kry borg nie en dat die Landdros ‘n vrou en ma is want geen mens kan so ‘n monster op borg vrylaat nie. Hoe op aarde SKOP jy ‘n kind dood!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

mariaan ·

Lees maar net die verklaring wat die buurman geskryf het oor alles wat hy gesien en gehoor het, dan is dit duidelik die ma was van alles bewus. Sy het dan niks gedoen toe hy die kinders natspuit en hulle in nat klere buite moes sit in die koue nie. Net op hulle geskel.

Madelyn ·

Ma’s wat so wat-se naam verskrik is en nie worry oor die kinders nie. Hoeveel keer gaan ons nog moet lees van stiefpa’s wat kinders dood slaan of skop. Kry rigting en vat verantwoordelikheid vir jou kinders en los mans uit!! Dis nie n skande om sonder n man te leef nie. Sit jou kinders liewers eerste!!

Annelize ·

Praat jy Madelyn! Dis omrede mense (mans EN vrouens) met hulle lis dink, en nie hulle verstand nie, dat hulle toelaat dat hulle eie vlees en bloed verniel word deur ‘n stiefouer.

Anoniem ·

Ek sien op Netwerk24 daar is organisiasies wat die ma se bloed soek…Wonder of Maroela Media ook vir ons daardie berig kan kry en kan plaas.

Nikki ·

Hoe help jy so kind, waar gaan jy om hulp te vra en hoe kry jy die kind daar weg so gou as moontlik? Die gewone kanale werk duidelik nie. dis al die hoeveelste kind wat vermoor is deur sy ouers of familie lid. As meer mense net bereid is om daai mense uit te wys en nie n blinde oog te draai nie, en nie bang te wees om betrokke te raak nie sal meer kinders dalk gered kan word. Dis ‘n absolute moedelose situasie.

moeks ·

Nikki, dit is presies wat gebeur het in ons dorp Mokopane. Die pa het gepleit, selfs die ma se eie ouers was bereid om die pa by te staan finansieel sodat hy kon aangaan met hofsaak om toesig te kry. Welsyn het kind egter in ma se sorg gesit. Waar is daardie kindjie vandag? Hy het met sy lewe betaal. Die ma en haar lewensmaat het wel tronkstraf uitgedien, maar vir hom was dit te laat. Dit is hartverskeurend.

Anoniem ·

Daar is baie gevalle wat as ongelukke deur gaan . Die wet is verdwaald ,net oor sy die beologies ma is het sy mos al die reg vra my ek weet ons blou oog is ook nie meer hier nie! Sy was ook net 18mnde. Want omdat mens self n ma is voel jy sy sal mos reg kom dis mos n lewetjie wat sy onder haar hart gedra het vir 9mnde maar probeer maar gerus die welsyn het altyd verskooning en die polisie se sy het al die reg hul ondersoek of luister nie eens na die res of jy familie of buure of friende is nie selfs al is die kind verlaat vir onbepaalde tyd en die ma besluit skielik nou mis ek my kind dan moet jy op n kant staan beologiese pa of te nie of hy word met tronkstraf gedreig, daar is nie n antwoord of oplossing vir die siek situhasie nie maar dan weet ek ook n storie het baie kante maar op die einde is dit net die onskuldiges wat in grafte op eindig en so seker as wat ons leef gaan daar n oordeelsdag wees en elke ouer gaan rekenskap gee vir die lewetjie wat aan ons toevertrou was en meenigte van ons wat dink ons het nie skul sal dan sien ons het ook iewers gevaal . Maar ek stem no BAILE (eensaamheid is nie vir sissies nie)

Anoniem ·

Liefste Engeltjie Pop, mag Liewe Jesus jou Styf toevou in Sy vertroostende arms van Liefde, jy het nie verdien wat met jou gebeur het nie, rus sag. Daar is baie mense wat vir jou boetie Bid, hy is nou ook veilig!!!

KP ·

Ek kan nie help maar voel die kind se ogies, gesiggie lyk baie ongelukkig op die fototjie nie…. Breek my hart.

Nikki ·

Presies Chanel, en dan het sy nogal 2 klein kinders gehad, hoe werk dit? Dis ‘n keuse om kinders te he. As dit ‘n ongeluk was hoekom 2? En gee hulle dan vir mense wat hulle wil he, en lief wees vir hulle sal wees! JY is hulle beskermer en voorsiener tot hulle dit self kan doen. JY moet hulle eerste stel want JY is bedoel om onvoorwaardelik lief vir hulle te wees. Daar is geen verskoning goed genoeg nie!

anita ·

Ons blanke Afrikaanse nasie, die wit boere volk het in n patetiese rugraatlose volk verval. Ons is vieslik met mekaar, verniel ons kinders en as huweliks maats mekaar. Ons kan nie eees die swart regering blameer vir ons agteruitgang nie. Kyk net hoe bestuur ons op ons paaie! Drugs en drank is aan die orde van die dag. Ek hoop en bid dat geregtigheid sal geskied vir die dogtertjie en al die ander kiddies in SA wat deur al grootmense se onvolwassenheid moet gaan.

Griet ·

Mevrou Koekemoer, as DIT is hoe jou “LIEFDE” vir jou kinders werk, hou verby! Ek is oneindig dankbaar jou seuntjie kon gered word voor dieselfde lot hom tref.

Estelle ·

So ‘n man moet nooit ooit weer in die samelewing wees nie. Dit sal nie help dat hy nou in ‘n hof staan met trane nie. Hy moes eerder daaraan gedink het watter vrees en pyn daardie pragtige onskuldige kindjie moes deurmaak. Nee wat daar is te veel van hulle wat wegkom met die verskoning dat hulle ‘n sielkundige probleem het. Hy moet gaan boet vir sy dade. Ai my hart breek in duisende stukkies ek is so jammer vir die pappa dat hy moet deur hierdie onnodige hartseer moet gaan. Geen kind se lewe is ‘n man of ‘n vrou werd nie. Dit is jou bloed en vleis ‘n geskenk en voorreg van GOD. Ek is self deur sulke trauma en het gelukkig betyds uit die situasie gekom. Narcissistic people are really dangerous en is amper te laat as mens dit agterkom. Sterkte vir die Pappa my hart is aan vlarde saam met jou

Hennah ·

Geen saak het my soveel geraak en ontstel soos die manier waarop Poppie dood is nie. Daardie gesiggie en hartseer ogies spook by my. Alles wat ek vir haar moordenaar voel, is al gese. Sekerlik mag ons nie oordeel nie maar Ek verkwalik die ma net soos vir hom en hulle albei verdien die veragting wat die gemeenskap vir hulle voel. Ek hoop sy word ook aangekla.

maricia ·

Snert. Hoekom het sy met hom getrou as sy weet wat hy is al slaan hy my hoe ek sal nog my kinders beskerm en gee pad na veiligheid.gaan soek veskoning op n ander plek .geen simpatie met jou nie.

Mooo ·

Dis die hartseerste ogies wat ek in lang tyd gesien het, terwyl sy dapper glimlag. Rus in vrede kleinding.

Johannes Meintjes ·

Diepe droefheid te deel oor drie sake; – oorlede klein Poppie as ‘n onvervangbare verlies onder ons mense se nageslag, ons eie mense se onbesonne dade wat moord onder ons eie insluit, en ons kreupel Volksteologie.

Maritsa ·

Eerlikwaar om nou te se Jy voel gebreek is bietjie te laat Mev Koekemoer , waar was Jy toe daai monster Jou kind so aan gerand het, hoekom het Jy nie op geetree nie maar nou wil Jy huil Jou trane is bietjies te laat. Jy het nooit daai pragtige kind verdien nie

Oopkop ·

Hierdie tragedie is is wat nooit moes gebeur het nie. Ek stem saam – die man moet gestraf word, soos per ons regsisteem. Dit is wel regtig teleurstellend dat Poppie se ma so baie slegte kommentaar kry vanaf lesers wat nie eers haar realiteit ken/verstaan nie. Dit vat wel baie ‘critical thinking’ om te besef dat die ma tien teen een ‘n slagoffer was in hierdie verhaal. Miskien was sy ook so geslaan en aangerand dat sy ook geglo het dat hulle nooit daaruit sou kom nie. Maar nee: hierdie moontlike realiteit word nie ondersoek nie. Pleks hiervan probeer julle almal julself in haar skoene sit en vertel wat julle anders sou gedoen het, sonder die vaagste benul wat dit is om in haar skoene te loop . Ek verstaan dat die gemeenskap (en die hele S.A.) emosioneel aangeraak is hierdeur. Dit is ‘n hartseer gebeurtenis; ek is ook aangeraak hierdeur. Wat ek vra is die volgende: probeer verstaan dat daar meer as een slagoffer in hierdie geval is – alhoewel dit dalk nie so mag voorkom nie. Dink asseblief deeglik voordat julle afbrekende goed se – veral as julle nie die basiese konsepte van sielkunde (met betrekking tot slagoffers en geweld) verstaan nie. Die kans is byna 100% dat die ma deur dieselfde dinge was as Poppie, maar magteloos gevoel het om hulle uit die situasie te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.