Poppie-moord: Verhoor hervat

Poppie van der Merwe.

Meer as ʼn jaar ná die dood van die driejarige Poppie van der Merwe is haar ma en stiefpa, Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44), Dinsdag terug in die Pretoria-hooggeregshof waar hulle teregstaan weens haar moord.

Louisa en Kobus staan tereg op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling. Van dié aanklagte hou ook verband met die beweerde aanranding van ʼn sesjarige seuntjie en 16-jarige meisie tussen September 2015 en Oktober 2016.

Die verhoor het op 30 Oktober begin en moes op 9 November tot vandag uitgestel word aangesien een van die getuies nie dadelik beskikbaar was nie. Dié getuie is ʼn maatskaplike werker verbonde aan ʼn maatskaplike organisasie buite Orania in die Noord-Kaap.

Die saak word deur regter Bert Bam aangehoor. Adv. Salomé Scheepers is die staatsaanklaer met adv. Lana Augustyn wat Kobus verteenwoordig en adv. Adrian Nell wat Louisa verteenwoordig.

Albei beskuldigdes het aan die begin van die verhoor skuld op al die aanklagte teen hulle ontken.

Die hof het vroeër gehoor Louisa het in 2014 van Westonaria aan die Wes-Rand na Orania gevlug nadat haar vorige lewensmaat haar en die tienermeisie glo aangerand het. Kobus het later in Orania ingetrek en vir Louisa ontmoet. Hulle het in September 2015 saam ingetrek en is op 14 November 2015 getroud.

Louisa het getuig sy het ná hul troue vir Kobus bang geraak. “Daar was dae dat hy baie liefdevol was en omgegee het. Op ander dae was hy moeilik, kort van humeur en het hy ons verkleineer. Ek is baie bang vir hom, want mens weet nooit waar jy met hom staan nie. Hy het gedreig as ek enige hulp gaan soek, sal hy die een by wie ek hulp vra, en my familie, doodmaak. Hy het gesê hy het sy broer se kakebeen afgeslaan en was al in ander gevegte betrokke en dat dit vir hom maklik sal wees om van ʼn lyk ontslae te raak, want hy ken baie mense,” het sy getuig.

Louisa het gesê die manier waarop Kobus dissipline toegepas het, het al hoe erger geword totdat die Orania Maatskaplike Raad (OMR) begin ingryp het. Sy het egter nooit amptelik die aanranding by die OMR aangemeld nie omdat sy bang was vir Kobus en hy haar glo gedreig het om met niemand te praat nie.

Kobus Koekemoer in die hof (7 November 2017). Foto: Phillip Bruwer

Kobus het getuig hy het die kinders soms “ernstig pak slae” gegee “om hulle dissipline te leer”.

Hy het tydens kruisondervraging deur Scheepers gesê: “Ek sou die kinders met ʼn paplepel slaan totdat hulle huil en dan verder gaan.”

“Verduidelik wat jy bedoel met verder gaan?” het Scheepers gevra.

“Ek sou houe uitdeel tot die kind huil en dan verder gaan tot hulle stilbly. Hulle kry pak totdat hulle stilbly en hul fout erken,” het hy geantwoord.

ʼn Paplepel is tydens die verhoor as bewysstuk ingedien. Kobus het erken hy het dié lepel gebruik om Poppie en die sesjarige seuntjie mee te dissiplineer. Die lepel is ʼn bietjie langer as die voorarm van ʼn volwasse man en die punt van die lepel is so groot soos ʼn man se hand.

ʼn Buurman van die Koekemoers in Orania het getuig daar was gereeld ʼn bakleiery by die Koekemoers se huis. Hy het gedink die kinders is onnodig gedissiplineer.

Die egpaar het aan die einde van September 2016 “oornag” uit Orania verdwyn en na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis.

Louisa Koekemoer in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Maroela Media het laat in Oktober die nuus gebreek van Poppie se tragiese dood, wat skokgolwe deur die land gestuur het. Poppie is op 25 Oktober 2016 na ʼn hospitaal in Brits gehaas waar sy met aankoms dood verklaar is. Kobus is kort daarna vir haar moord in hegtenis geneem. Louisa is op 15 Desember in hegtenis geneem. Albei is sedertdien in aanhouding nadat hulle borgtog geweier is.

Prof. Gert Saayman, ʼn vooraanstaande patoloog wat ook in die opspraakwekkende Oscar Pistorius-verhoor getuig het, het getuig hy het nie Poppie se aanvanklike nadoodse ondersoek behartig nie, maar sy mening saamgestel uit die verslae van die dokter by die Brits- provinsiale hospitaal wat haar dood verklaar het, die patoloog wat haar nadoodse ondersoek gedoen het en verskeie foto’s van haar liggaampie.

Saayman het tot die slotsom gekom dat die veelvuldige beserings wat Poppie opgedoen het nie die tipiese beserings is wat kinders van haar ouderdom per ongeluk kan opdoen nie, maar eerder aanduidend is van fisieke geweld wat met opset gepleeg is.

Hy het gesê die beserings is veroorsaak deur verskeie stomp voorwerpe soos ʼn hand, ʼn vuis of ʼn skoen, en dat die kind verskeie merke toon waar sy gewelddadig geskud is. Hy het gesê dit blyk dat die merke verskil in ouderdom en dat die beserings by meer as een geleentheid opgedoen is.

Volgens Saayman was die oorsaak van Poppie se dood ʼn harde hou teen haar kop wat erge bloeding en drukking op die brein veroorsaak het. “Iemand wat dié soort besering opdoen, sal binne 12 uur nadat die besering opgedoen is dood wees,” het hy getuig.

Nell het dit vroeër in die hof gestel dat daar nêrens in die Noord-Kaap ʼn klagte oor die beweerde mishandeling by die polisie ingedien is nie. Hy het gesê die streek se maatskaplike werker sal getuig dat sy nie van die beweerde mishandeling ingelig is nie en eers daarvan in die media gelees het.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Landi ·

Sjoe kan regslui dan nie kies wie hulle wil en nie wil verteenwoordig nie. Dis vir my baie “sad” dat sulke mense die reg het op verdediging. Daardie pragtige dogtertjie het nie die reg gehad op verdediging nie , die mensdom en stelsel het haar gefaal. Nou moet gemors soos haar ma en stiefpa daardie voorreg kry. Sjoe die lewe is so onregverdig

O jinne ·

O jinne ons dink eenders, ek kook soos ek hier lees. Nell ek weet jy moet hul help, maar sowaar ek sal nie sover gaan om sulke getuienis in te samel. Dit help hul boggerol, want die saak is reeds by ‘n klomp partye aanhangig gemaak, indien die maatskaplike werker nie weet, slaap sy. Daar was ook nie genoeg tyd vir klein Poppie om dit by Polisie aan te meld, sodra dit warm raak om hulle vlug hulle en ja mens moet meer bewus wees van die bure wat aanrand of mense. Mnese wat bewus maak, moet beskerm word en na geluister word. Ek weet daar is ‘n paar gevalle vir eie belang, maar die meeste kan opgevolg word. ‘n Goeie maatskaplike werker sou met die 1ste rokie goeie ondersoek ingestel het.

sonja coetzee ·

Watse Ma is Louisa wat nie terug baklei met Kobus??Is vreeslik om te lees hoe arme Poppie en haar 6 jarige boetie moesdeur maak en Ma Louisa is bang dat hy haar en die familie sal dood maak sy’t gesien hoe dinge vererger sy trek net haar skouers op.Mens mag nie ander mense oordeel nie maar die ouerpaar verdien die doodstraf!!!!Afgesien dat hy hulle gedisplineerd het watse Ma kyk toe dat hulle so getigtig word??Dink wat moes die 2 arme kleintjies deurr maak met so wrede optrede as sy wou kon sy allank al hulp ingekry het.Arme kinders!!!kan my net indink hoe bang hulle vir Kobus was en Louisa kon allank al gevlug het van die monster af.Al 2 is ewe skuldig!!!my hartjie bloei vir daai 6 jarige boetie hopelik kry Kobus en Louisa wat hulle verdien!!!!

Poppie sit nou aan die regter hand van Ons Hemelse Vader waar sy die mooiste engeltjie is!!!!Geen wreede ouers wat jou pimpel en pers slaan nie!!!!

ALin ·

My siening is dat sy nie terug baklei het nie, want sy was deel van dit. Sy het ook daai kinders aangerand. Ek is ‘n ma en ‘n stiefma en as enigeiemand naby my twee kom sal ek hulle verwyder van ‘n situasie wat hul in gevaar stel, maak nie saak wat nie. As sy regtig bekommerd was or haar kinders, sou sy ‘n plan gemaak het om haar kinders te help, maar in my oe wou sy nie want dan sou sy haarself onder die bus gooi.

Sann ·

Om te oordeel, is om te sê of jy glo ‘n persoon gaan hemel toe of hel toe. Ek dink nie jy is verkeerd om te sê dat Louisa haar kinders moes beskerm het eerder as die familie of hulp wat hy, sogenaamd, gedreig het om dood te maak nie. Hulle is albei skuldig aan Poppie se moord. En meer nog so, omdat hulle getrek het toe die OMR “knaend” begin raak het, soos Kobus in sy getuienis erken het. Hulle het hulleself nooit eens bedink om daardie stadium toe hulle kon erken het dat hulle probleem buite hulle beheer is nie. Dan wóú hy so geweldadig wees en sy wóú nie iets daaraan doen nie.

Anoniem ·

En dan lees ons vanoggend van ‘n pasgebore baba se lyfie wat uit die rivier gehaal is. Nou die dag het ‘n verstandelik gedstremde ma haar kind in ‘n puttoilet gegooi. Lyk my sommige mense heg soveel waarde aan ‘n kinderlewe soos aan ‘n gebruikte sneesdoekie.

Ada ·

Wat ‘n hopelose slegte ma en stiefpa. Waar was hulle opgevoeg? Onder ‘n klip? Of ek moet eerder se waar was hulle nie opgevoed nie want hulle was nie opgevoed nie- dis verseker.

oorbeskermde moeder ·

al was my kind nmaand oud of 20jaar oud beskerm sal ek hom beskerm weet nie hoe ouers dit oor hul harte kry om onskuldige kinders leed aan te doen my kind is my lewe sal deur diep waters loop vir my kind

Ouvrou ·

Hoeveel kinderlose pare sou nie graag die pragtige kind ‘n liefdevolle huis wou gee nie.

OumaLien ·

“Ek sou houe uitdeel tot die kind huil en dan verder gaan tot hulle stil bly” Die arme 2 kindertjies het nie ‘n kans gestaan teen so ‘n monster nie. Die letsels van hierdie mishandeling sal nog vir jare ‘n effek op die ou seuntjie ook hê. Ek hoop net die seuntjie sal sielkundige hulp kry om hierdie wandade se uitwerking te bowe kan kom. Ek bid dat die reg sal sy gang sal gaan en dat geregtigheid sal geskied.

Lion ·

Kyk dis so wreed Hy en die ma is gemors! Los die vergelding aan God oor!

Wilma Jacobs ·

Ek wonder hoe slaap die mense wat sulke laakbare gedrag maar net miskyk. Watse ma sal nie haar kind met haar lewe beskerm nie?? Alhoewel duidelik in SA Regstelsel, moet ń kind eers haar lewe verloor voor enige iets gebeur!! SA is siek, so siek soos ons dit toelaat om te wees! Dit is tyd dat ons opstaan teen kindergeweld, mishandeling en misbruik!!! Ek weet van ń dogtertjie wat gemolesteer is en alhoewel daar ń saak aangegee is, loop die oortreder vry want die stelsel is korrup. Mag hierdie 2 mense nie ook wegkom met hul wandade nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.