Die veteraanaktrise Nomhle Nkonyeni is Woensdag in die ouderdom van 77 dood.
Nkonyeni was veral bekend vir haar rol as Poppie in Kruik se verhoogproduksie van Die swerfjare van Poppie Nongena van Elsa Joubert.
Die Suid-Afrikaanse regering het sy medelye met Nkonyeni se familie betuig. “Sy sal onthou word vir haar uitstekende bydrae tot die uitvoerende kunste.”
Die Nelson Mandelabaai-metro het ook sy medelye betuig. Nkonyeni is in New Brighton in Port Elizabeth gebore en ʼn straat in die township is na haar vernoem.
Volgens die metro het Nkonyeni haar talent gebruik om tot Suid-Afrika se stryd vir vryheid by te dra. “Sy het haar kuns steeds aktief beoefen en het haar ryke ondervinding gebruik om jong akteurs te bemagtig en hulle aan te moedig om betrokke te raak by kuns en kultuur in die stad,” het die metro in ʼn verklaringe gesê.
Nkonyeni se mees onlangse rol was dié van Lulama Langa in die eTV-sepie Scandal!. Sy was ook onlangs te sien in die rolprent Sew the Winter to My Skin. Haar ander onvergeetlike rolle was in Tsha-Tsha, Red Dust, Catch a Fire, Igazi, Gaz’lam, Zero Tolerance en Home Affairs.
Pres. Cyril Ramaphosa het in April die Orde van Ikhamanga (silwer) aan Nkonyeni toegeken vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste. Sy is in 2016 ook met ʼn Safta (Suid-Afrikaanse rolprent- en TV-pryse) vereer vir haar lewenslange bydrae tot die uitvoerende kunste.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
And also sympathy with Paul Eihlers’ family please.
Ditto, Anne!!!
Waar is die???????? knoppie
Ons mis haar klaar.