Poppie-saak: Borgtogaansoek begin moontlik dán

Koekemoer tydens Donderdag se hofverskyning. Foto: Mariné Lourens

Koekemoer tydens Donderdag se hofverskyning. Foto: Mariné Lourens

Kobus Koekemoer het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Die staatsaanklaer, adv. Hanna Conradie, het namens Koekemoer versoek dat die saak uitgestel word aangesien sy regsverteenwoordiger nie vandag beskikbaar is nie. Die aansoek is toegestaan en die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer Koekemoer se borgtogaansoek na verwagting sal begin.

Die hof was soos met Koekemoer se vorige hofverskyning weer stampvol met mense wat pienk hemde aangehad het ter ondersteuning van Poppie. Koekemoer het emosieloos in die hof gestaan. ʼn Groep mense het ook weer buite die hof betoog.

Koekemoer het tydens sy vorige hofverskyning op 3 November aangevoer dat hy regsverteenwoordiging het, maar nog nie tyd gehad het om sy regsverteenwoordiger te spreek nie.

'n Klein groep mense het buite die hof saamgedrom. Foto: Mariné Jacobs

‘n Klein groep mense het buite die hof saamgedrom. Foto: Mariné Jacobs

Die saak is hierna tot 18 November uitgestel.

Koekemoer is by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal naby Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem ná Poppie se dood. Sy het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Cindy ·

Elke keer as ek van Poppie lees maak dit my so verskriklik hartseer. Net wat deur haar gedagtes moes gaan toe daai monster besig was om haar dood te skop. Mag hy die swaartse straf moontlik kry en ook GEEN borg kry nie – NOOIT nie

Andrea ·

Kobus Koekemoer is ‘n VERSKONING van ‘n man!
Net om sy gesig op die foto’s te sien is om van te BRAAK!

Dawie ·

Ek dink nie hy het ‘n regsverteenwoordiger nie. Die ou wat hom wil verdedig sal uiters laag daal

Mossie ·

Ek stem saam met jou, Dawie. ek KAN dit absoluut nie GLO dat hy ‘n driejarige dogtertjie doodskop nie? Dit is die wreedste ooit. My hart skreeu uit vir haar, ek sou haar vat, enige, enige tyd en haar net wou vasdruk en al die liefde in die wêreld gee. Ek voel net so wrewel in my hart teenoor haar ma. Sy skryf aan Huisgesnoot dat hy streng was en dat hulle ‘n ‘hegte’ gesin was? Jammer, ek sluk dit nie. SY is net so skuldig want sy MOES geweet het wat hy aan haar kinders doen. EK het geen, geen gevoel in my hart teenoor een van hulle nie. Mag God my vergewe. Ek kannie glo ek het so lelike gevoel in my hart teenoor hulle nie. Kobus en Louise moet weet dat hulle hul straf gaan kry en dit maar moet vat.

Is dit die nuwe SA? ·

‘n Klein groepie het buite die hof saamgedrom. Tog so tragies dat die dood van ‘n wit 3 jarige poppie nie so baie sensasie ontlok en so baie mediadekking kry en verteenwoordiging van al wat ‘n politieke party is nie. Die lewe van ‘n onskuldige dogtertjie is baie minder werd as ‘n doodskis video. In watter samelewing bly ons?

Sam ·

Ek was deel van daai klein groepie.. Was jy en Ronel daar? indien nie bly eerder stil, want jy is deel van daai samelewing wat nie opdaag om jou ondersteuning te bied nie, maar sit veel eerder doodstil en los kommentaar oor die ‘slegte’ samelewing. Staan op van jou stoel af EN DOEN IETS!

Suki ·

Los hom in die tronk. Stel sy saak uit na Jan ’17. Geen medelye met die boef. Spandeer kersfees in die tronk. Hoekom moet hy vrygelaat word. Gaan buitendien hom misgedra. Smeerlap

Maria Van Dieweeck ·

Ek stem saam met almal hierbo. Hoekom het jy dit gedoen?! Rus sag klein pienk prinses Poppie.

m ·

Monsters soos die moet GEEN borg kry nie…… Sal baie graag wil weet hoekom hy dit gedoen het aan n weerlose 3 jarige…

charmaine ·

Hoekom kan die advokaat nie net vir hom iemand laat kry nie, hy rek die saak uit, hy het seker nie n regsverteenwoordiger, sy stel die saak uit en uit en tussens kry sy geld vir elke sitting. Hoekom moet hy in elkgeval verteenwoordig word vir n kind se dood. Stuur hom direk tronk toe.

Ina ·

Ek kan nie glo dat hy gaan aansoek doen vir borg nie,hy moenie net hierdie kersfees in die tronk wees nie,maar vir die res van sy misrabele lewe. As mens die ma se storie moet glo,het hierdie kindjie op die mat gele en slaap,en daarom het hy haar dood geskop.

Denise ·

Hoekom wil jy weet ??? So iemand is hartloos, gewetenloos en het geen selfrespek nie hy is n MONSTER wat n klein onskuldige dogtertjie van haar lewe ontneem het net omdat hy nie n opgevoede lewe het nie . Hy verdien nie borg nie

Koos ·

‘n Uitvaagsel soos hierdie behoort lewenslank in die tronk te sit, sonder parool.

vytjie ·

En die ma, wat dit toegelaat het? Is sy so onskuldig of eintlik die een wat toegekyk het en niks al die tyd saam met haar saamwoon man gedoen het nie…. Hy verander heeltyd van werk ens. En sy, waarom haar vaste werk gelos?… en nie kans gevat, toe hulle in Orania verkla is weens sy gedrag, om hom te los nie…. En almal is sleg, van haar 1ste man tot die bewerings van haar beweerde ontvoering en aanranding… Iets nie pluis nie…

vytjie ·

Ek voel soms mense moet nie so vinnig oordeel nie… Ek die huisgenoot artikel gelees en begin wonder wat presies gebeur het… Dit is wat ek lees en wat ek nie lees nie wat my pla… Ek sê nie die huisgenoot is volledig en regter nie.. voel net mense moet spasie los vir ander moontlikhede..

Andrea ·

Soos wat, Vytjie?
Soos dat hy n bitter swaar kinderlewe gehad het, gemolesteer is, ens?
n Mens kan mos gladnie n regverdiging vir sy optrede kry nie? Wat sal die doodskop van n weerlose kind of dier regverdig?

Ek stem saam Vytjie ·

Ek stem saam Vytjie, mens moenie vinnig oordeel, maar as daar ‘n 3 jarige lykie lê oordeel ek nie, dan word ek ‘n moordenaar, want ek kry moord gedagtes (wrede gedagtes), dit alles lê ek aan die voete van die man, die sleg Ma, die sleg Pa en die oumas en oupas. Kyk ek laat my nie vertel hul het nie geweet. As jy weet en jy doen niks, dan is jy net so skuldig, jy keur dit goed of is jy bang jy verloor popularity. Daai klein seuntjie hoort nie by sy ouma hulle nie, hy hoort in veilige sorg, die welsyn behoort hom na ‘n ander huis te neem, as daardie huis veilig was, sou dit lankal vir die 2 kindertjies wat hulself nie kan verdedig of regverdig het nie ‘n plan gemaak het! Nee wat jul het almal anderkant toe gekyk, as jy wil stry reverse daai lykie eers!!!!!!! Maak nie saak hoe jou kinder lewe was, jy het ‘n keuse hoe jou lewe en jou kinders se lewe gaan wees en as jy ‘n maat vat en die maat het kinders moet jy die verantwoordelikheid vat daarvan, maar nee alles gaan mos net oor hulself, ek stop liewer voor ek ‘n lifetime ban hier kry………………………………………………….

Yolandi ·

Ag vytjie… bedoel jy sy kon dalk haarself doodgeskop het? Daar is NIKS maar NIKS en GEEN waarheid wat kan regverdig wat hier gebeur het nie. Daar is siek mense daar buite. Moordenaars. Mense moet ‘n slag begin optree teen VERAL kinder en diere en vroue verkragters, mishandelaars en moordenaars, want vroue, kinders en diere kan hulself nie teen sulke wrede gevoellose geweldadige moordenaars soos Koekermoer beskerm nie – net die hof kan dit doen – die doodstraf sal ons mense beskerm.

CAROL ·

HEKSIE WAAR IS DAAI TOWERSTAFIE VAN JOU HAHAHAHA. EK STEM SAAM GAAN HY TRONK TOE DAN KOM HY UIT OOR N PAAR JAAR OP GOOD BEHAVIOUR!!!!

Sam ·

Ek is net so hartseer oor die onnodige dood van ‘n kind. Maar wat my bekommer is die kommentaar hierbo oor die samelewing ens. Waar is die ondersteuning? Hoekom kan die EFF opdaag vir die doodskis video? Want dit is makliker vir jou om op jou stoel te sit en NIKS te doen nie, en almal daar buite te wil blameer. Jy wil die kom maak oor ras, dalk moet ONS wit mense begin besef dat van stoel-sit kom niks en soos die swart mense BEGIN opstaan! Hou op moun as jy niks doen nie! Jy beteken NIKS as jy net eiers le op nuus blaaie nie! Doen iets!!!

andrea van vuren ·

Stem saam met Hans. As die skopper-moordenaar agter traliehekke beland gaan sy mede tronkbewoners hom bykom. Kyk wat het met Sheldeen Human se moordenaar gebeur…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.