Kobus Koekemoer het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.
Die staatsaanklaer, adv. Hanna Conradie, het namens Koekemoer versoek dat die saak uitgestel word aangesien sy regsverteenwoordiger nie vandag beskikbaar is nie. Die aansoek is toegestaan en die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer Koekemoer se borgtogaansoek na verwagting sal begin.
Die hof was soos met Koekemoer se vorige hofverskyning weer stampvol met mense wat pienk hemde aangehad het ter ondersteuning van Poppie. Koekemoer het emosieloos in die hof gestaan. ʼn Groep mense het ook weer buite die hof betoog.
Koekemoer het tydens sy vorige hofverskyning op 3 November aangevoer dat hy regsverteenwoordiging het, maar nog nie tyd gehad het om sy regsverteenwoordiger te spreek nie.
Die saak is hierna tot 18 November uitgestel.
Koekemoer is by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal naby Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem ná Poppie se dood. Sy het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.
Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
32 Kommentare
Hierdie man verdien eenvoudig NIE borg nie!!!!!!!
BEATRIX EK STEM 100% SAAM!!!!
Elke keer as ek van Poppie lees maak dit my so verskriklik hartseer. Net wat deur haar gedagtes moes gaan toe daai monster besig was om haar dood te skop. Mag hy die swaartse straf moontlik kry en ook GEEN borg kry nie – NOOIT nie
Kobus Koekemoer is ‘n VERSKONING van ‘n man!
Net om sy gesig op die foto’s te sien is om van te BRAAK!
Ek dink nie hy het ‘n regsverteenwoordiger nie. Die ou wat hom wil verdedig sal uiters laag daal