Poppie-saak: Buurman se getuienis skok

Kobus en Louisa Koekemoer in die Pretoria-hooggeregshof (31 Oktober 2017). Foto: Phillip Bruwer

WAARSKUWING: Die inhoud in die berig mag sensitiewe lesers ontstel en is nie geskik vir kinders nie.

ʼn Voormalige buurman van Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44) het Woensdag in die Pretoria-hooggeregshof getuig hoe Kobus een aand in Orania op Poppie geskree het omdat sy haar bed vuilgemaak het, waarna “sy blou moord geskreeu” het.

Jaco Roux, wat nou in die Oos-Kaap woon, het Dinsdag met ʼn bus uit Port Elizabeth na Pretoria gekom om te getuig.

Kobus en Louisa het op Orania ontmoet, in September 2015 saam ingetrek en is in November dieselfde jaar getroud. Roux het in Februarie 2016 langs die Koekemoer-egpaar ingetrek en daar gebly totdat die egpaar in September dieselfde jaar “oornag” na ʼn kleinhoewe buite Brits verhuis het.

“Toe ek daar intrek, het ek nie dadelik enige ongerymdhede opgemerk nie. Die Koekemoer-egpaar was aanvanklik vriendelik met my en het selfs by tye vir my kos gebring. Ek het wel dadelik besef die kinders is baie teruggetrokke,” het Roux getuig.

Hy het getuig die twee huise is op die naaste punt sowat ʼn meter en ʼn half uit mekaar uit en Kobus het sy motorfiets naby Roux se kamervenster parkeer. Die verhouding het kort daarna begin versuur nadat Kobus hom daarvan beskuldig het dat hy Kobus se motorfiets gekrap het. “As hy my daarna gesien het, het hy kyke gegee wat kan doodmaak.

“Soos die tyd verloop het, kon ek sien hoe die kinders soos bliksoldaatjies geword het as mnr. en me. Koekemoer naby hulle was. Mnr. Koekemoer het gevoel omdat hy die vader in die huis is, moes hy leiding neem en die dissipline toepas. As hy vir hulle take gegee het wat nie volgens hom reg uitgevoer is nie, sou hy hulle afkraak, verkleineer en slegsê.”

Hy het gesê Louisa het nie in daardie stadium “dissipline toegepas” nie en was meer met die daaglikse huistake betrokke.

“Een aand het ek ʼn dowwe geluid gehoor soos iets wat teen die muur gegooi word; kort daarna het ek die kinders hoor huil en skree. Die oggend toe sien ek Poppie loop met haar armpie teen haar bors gevou. Sy het ook mank geloop en het ʼn groot blou kol op haar voorkop gehad. Ek het gevra wat het gebeur, en mev. Koekemoer het gesê Poppie het by die trappe afgeval.”

Hy sê hy het gereeld gehoor hoe die kinders pakslae kry en hoe die kinders in die oggende van die huis op pad na die bakkie toe “rondgepluk” en aangejaag is as hulle te stadig loop.

Roux het getuig toe hy en Kobus nog gepraat het, het hulle eendag gesels terwyl Kobus besig was om tuin nat te spuit. “Die volgende oomblik het hy ʼn tuinslang gevat en hulle sopnat gespuit terwyl hulle buite op die stoepie gespeel het. Dit was winter en baie koud. Ek kon regtig nie glo wat ek gesien het nie. Hy het gesê: ‘Julle wil mos, julle sit en vry daarso, kafoefel met mekaar.’”

Hy het gesê die kinders het omtrent 20 minute in die koue gesit en huil. Louisa het volgens Roux uitgekom en aan die kinders gesê: “Julle wil mos sit en n***, kry maar koud.” Met ander tye sou hy in die vroeë oggendure wakker word as Poppie histeries wakker skrik van nagmerries.

Roux het getuig Kobus het ná die aand wat Poppie haar kop beseer het, onttrek om die kinders te dissiplineer. “Me. Koekemoer het dit toe hanteer, maar sy was moedeloos, want die kinders het konstant bed natgemaak en sy het nie geweet wat om te doen nie.

“Ná ʼn geruime tyd een aand so teen 21:00 het ek net gehoor mnr. Koekemoer skreeu op Poppie: ‘Jy het nou net in die bed geklim, om in die bed te f***** k*k!’ Ek hoor toe ʼn hou, toe het sy geskree. Dit was ʼn blou moord skreeu van ʼn pyn wat jy nie kan beskryf nie.”

Die volgende middag het hy gesien Poppie se been is in gips. Die seuntjie het aan hom gesê Poppie het “weer van die trappe afgeval”.

Hy het albei die gevalle waar hy Poppie met beserings gesien het, by die Orania Maatskaplike Raad (OMR) aangemeld, maar is nie seker wat die OMR daarna gedoen het nie.

“Nadat Poppie gips gekry het, het dinge weer rustig geraak. Maar dit was vir my vreemd dat sy met gips self in en uit die bakkie moes klim, self haar tassie en sak dra en self oor die weg kom.”

Hy het getuig hy was nie bewus daarvan toe die Koekemoers aan die einde van September getrek het nie. Hy is die Vrydagmiddag ná werk na vriende toe. Daar het ʼn vragmotor by ander bure se huis gestaan en toe hy die Saterdagmiddag terugkeer huis toe, is die Koekemoers se laaste vrag glo gelaai sonder om die Orania-raad in kennis te stel.

Staatsaanklaer Salomé Scheepers het aan regter Bert Bam gesê dit is die staat se saak dat die egpaar getrek het terwyl hulle ondersoek is en daarom niemand daarvan gesê het nie.

Adv. Adrian Nell het gesê Louisa sal getuig dat Kobus streng in die huis was, tydens die voorval met die tuinslang vir die kinders handdoeke gebring het en ontken dat sy die uitlating gemaak het. Sy sal ook getuig dat Poppie haar been by trappe buite die winkel gebreek het.

Die Koekemoer-egpaar staan tereg op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling. Van dié aanklagte hou ook verband met die beweerde aanranding van ʼn vyfjarige seuntjie en 16-jarige meisie tussen September 2015 en Oktober 2016. Die egpaar het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hulle.

Die tienermeisie het Woensdag in camera getuig. Die seun sal na verwagting Donderdag in camera getuig. Die kinders is in veilige bewaring.

Die verhoor duur voort.

Lees die vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

C ·

My hart breuk terwyl ek die berig lees. Wens so dit kon anders uitgedraai het vir klein Poppie.

Thinus ·

Ancoise as jy sy verklaring mooi lees sal jy agterkom hy was bang vir Koekemoer en sou dan nie direk inmeng nie, hy het dit immers rapporteer.

Tommy van Zyl ·

Ek stem saam met n vorige kommentaar rakende die buurman, wat my nog erger ontstel is day die mense en raad van Oranie noks gedoen het nie, dit vir n dorp wat n voorbeeld vir ander moet wees, laat mens wonder?

Ida ·

Ek stem absoluut saam. Niemand doen iets aan die saak nie maar daarna wil almal weet hoekom dit so lank geneem het…

honourable member ·

Hierdie artikel het my naar gemaak. Watse monsters is hierdie. Watse hel het hierdie arme kind nie deurgemaak nie. Jy kan nie dink dat sulke mense op hierdie aarde leef nie.

Mariaan ·

Ongelukkig het die buurman geen reg om in te meng nie.
As hy die kinders sou verwyder, sou die ouers ń klag van ontvoering gemaak het en dan sou daar nog groter moeilikheid gewees het. Dieselfde sou geld as hy die stiefpa te lyf sou gaan, hy sou met ń klag van aanranding teen hom gesit het. Uiteinde sou wees dat hy ń kriminele rekord sou hê.
Hy het die regte ding gedoen om dit aan te meld by die welsyn.
Iewers daar het iemand weereens nie genoeg aandag gegee nie en nie hulle wrrk gedoen nie..

Alida ·

Regter Bam sal die regte vonnis ople. Hy is ook n mens met kinders en seker kleinkinders. Dit is afskuwelik.

Alida ·

Almal wat niks gedoen het is skuldig. ALMAL. Hoe leef julle met julle gewete saam. Arme kindjie. Hoop daai twee sit vir baie jare.

Miekie ·

Soortgelyke ding het jare terug op ‘n plattelandse dorpie gebeur. Die ma vd seuntjie en predikant het gesmeek dat die maatskaplike werster ni die kind na die pa stuur vir die vakansie nie. Die seuntjie is na die pa en na ‘n week met ‘n seekoeisambok doodgeslaan. Ek het geweer ek moes ni verder lees maar het ongelukkig. Hierdie mense is nie diere nie want diere beskerm hulle kleintjies met hulle lewe. Hulle is demone van satan. Mag hulle die regte straf kry wat hulle toekom

Siek ·

Hierdie hele storie maak my fisies siek. Daai arme, arme kinders. En die OMR wys net vingers links en regs. Iemand gaan moet verantwoordelikheid neem vir hierdie siekspul.

Yvette ·

Poppie is nou veilig en gelukkig in Jesus se arms. Haar lewe kon soveel anders gewees het. Vir die beskuldigdes: God slaap nie. Vir die buurman voel ek ook jammer, want hy voel ook seker sleg en wonder wat meer kon hy doen, inmening sou dalk na meer trauma en beseerings gelei het. Als te vergeefs… so onnodig, so wreed.

Oom Doug ·

Jy is reg. Poppie sal nou al die liefde kry wat die hemel kan gee. Ek voel so jammer vir die klein onskuldige dogtertjie.

Se maar net ·

Hoe kan jy sulke mense in die Hof verdedig en vir hulle optree. Sekerlik moet dit ook nie net altyd oor geld gaan nie. Ek werk self vir ñ Prokureursfirma en nie 1 van ons Prokureurs sal so saak hanteer nie …. baie sleg. My hart gaan uit na die kinders.

Stephanie ·

Dit is nie so maklik om ander mense se kinders net te vat nie, Ancoise. Selfs die welsyn het prosedures wat hulle moet volg. Dat baie mense Poppie gefaal het, is egter nie te betwyfel nie!

Skokkie ·

Julle twee skuimbolle! Dis sou vir julle beter gewees het om met meulstene om julle nekke te vedrink het voor julle die kinders leed aangedoen het. Nou wag die oordeel. Dit is hoekom daar ‘n hel is. Ou Kobus kan seker nie sy eie petuur rondruk nie. Wens ek kon my hande op so boef en sy lewensmaaitjie kry. Jy sou in JOU broek k….. Gemors!

Anoniem ·

Nee wat mense as ek julle is bly ek eerder stil oor wat alles gebeur het, want toe jul moes praat en iets daaromtrent moes gedoen het toe sit jul met jul hande gevou en kyk toe hoe dit gebeur….so julle is net so skuldig aan daardie pragtige kind se dood. Julle is aandadig daaraan. Julle het deelgeneem omdat jul stilgebly het!!!!!!!Elkeen van julle verdien om gestraf te word!!!!!Die Welsyn inkluis!!!!!

G ·

Anoniem, ALMAL het nie niks gedoen nie, hulle het dit gerapporteer. Die wat hul werk moes doen, het versuim om dit te doen. So blameer die regte mense.

Anna ·

Die pragtige kind, wat selfs soos my eie meisiekind lyk is beter af. Katte kry ook kinders en selfs hulle kyk beter na hulle eie soort. Die vroumens klou aan n man vas en laat haar kinders vergaan, geen gepasde woorde of gedagtes nie ……………..

Sonja ·

Ek is ook ‘n mamma en die Here hoor my vandag. Ek sal moord pleeg om my seuntjie te beskerm. Ek is so ontsteld oor die hele Poppie saak. Geen kind in die lewe verdien die pyn waardeur daai klein poppie moes gaan nie. My hart is baie seer vir haar!

Heng ·

Ek stem saam Skokkie (my instink wil ook) en Liamari…as jy vir ‘n kleintjie kan gil dat hulle “kafoefel” en selfs ‘n leliker woord as dit…hul se mos: wat die hart van vol is, loop die mond van oor….

Kwaad ·

Die staat moenie verder peuter met die saak en nog geld mors nie. Laat hulle uit die tronk. Dit sal nie ‘n dag wees nie dan sal hulle voel hoe Poppie mishandel was.

Michelle ·

Sy was ‘n pragtige kind, mag God gee dat die 2 wat nie die woord ouers werd is nie vir die res van hul lewe in ‘n gevangenis sit, en mag hul saam met ander wees in die gevangenis wat haat as jy onskuldige kinders leed aandoen, wie weet dalk sal hul voel wat die kindertjies moes deurmaak. Dis my grootste wens hul moet hul lewens verloor, hul verdien niks.

G ·

Jy hoop hul kry die straf wat hul verdien? Geen straf sal goed genoeg kan wees wat die howe aanbeveel nie. ‘Mob justice’, sou ek sê, met iemand byderhand wat hul net-net aan die lewe hou. Hul moet die vrees ervaar wat daai arme kinders moes deurmaak.

Jones ·

Ek wens hulle wil vrygelaat word
Sodat ons hulle hier buite n les kan leer
Hulle laat voel wat daai arme kinders gevoel het.

Astrid ·

@Ancoise, ek verstaan die frustrasie en in prinsiep stem ek met jou saam maar verstaan ook net dat as ouer, meng ek nie sommer in ander mammas en pappas se besigheid in nie omdat dit nie my plek is nie. Wat ek wel vir jou kan sê is dat, net soos voorheen, sal ek nie huiwer om die welsyn, polisie of die GPF te betrek nie – maak nie saak hoe simpel of eenvoudig die omstandighede nie. Ongelukkig kan mens nie net ingryp nie, jy weet nie tot wat die ander persoon in staat is nie en jy wil ook nie hê dat jou aksie of ingrype die rede is dat die ma of pa verder die klein lyfie moet intimideer of seermaak nie want dit gebeur ook. Jou goeie bedoelings mag dalk net die ouer se woede verder vlam en omdat jy nou die ma of pa ‘verneder’ het gee dit hulle nog ‘n verskoning om die kindjie verder af te takel of aan te rand.

Oom Doug ·

Jy is reg. Poppie sal nou al die liefde kry wat die hemel kan gee. Ek voel so jammer vir die klein onskuldige dogtertjie.

Antjie ·

Ek wil graag weet waar is die eienaar vd winkel op wie se trap Poppie haar beentjie konsuis gebreek het. Die getuienis sal hulle saak breek en vonnis verbeter. Ek twyfel egter of die DOV of SAPS soveel moeite sou doen. Ai!

Namgrl ·

My hart pyn vir arme Poppie se part, vir haar Boetie se part, en die 16 jarige. My hart is die seerste oor Poppie, daardie ou hartseer blou ogies wat openlik vra vir hulp. Ek hoop geregtigheid gaan seevier!!! Iemand het gepraat van Mob Justice…goeie idee…maar te maklik vir DIE twee…. Rus sag kleintjie….

Elizabeth ·

As huil sou help, sou ek nooit weer ophou huil nie. Daar is GEEN woorde nie!!! Maar wat wel vir my baie interessant is, is dat Orania se maatskaplike werker nie gereageer het nie en dat die res van Orania se gemeenskap ook niks konstruktiefs gedoen het nie, alhoewel baie van hulle bewus was van die kindermishandeling. Watter tipe gemeenskap is dit dan???

Sê Maar Net ·

Ek hoop hulle verduur dieselfde pyn en nog meer in die tronk, as wat die arme kinders moes deurmaak.

BEKKELS ·

Hoe hartseer is dit nie om te dink hoeveel pyn en lyding hierdie klein dogtertjie in haar kort lewe moes deurmaak nie! Bid regtig vir die boetie om emosioneel hiervan te herstel en geen letsels oor te hou nie! Ai dis sooooo hartseer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.