Poppie-saak: ‘Daar moet nie net twee beskuldigdes voor hof wees’

Lulu en Christo van der Merwe. Foto: Phillip Bruwer

Christo van der Merwe, die biologiese pa van Poppie van der Merwe (3), het Dinsdag gesê hy soek geregtigheid vir die dood van sy dogter.

Van der Merwe het buite die hooggeregshof in Pretoria gepraat waar Poppie se  ma en stiefpa, Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44), tereg staan vir die moord op die kleuter. Van der Merwe het aan die media gesê hy, sy vrou, Lulu, en hul ouers woon die hofverrigtinge by om geregtigheid te soek vir sy “blouoog-dogtertjie wat deur die wêreld in steek gelaat is”.

“Ons wil berusting kry dat die skuldiges aan die pen sal ry. Maar ons is ook hier vir al die Poppies daar buite wat nog lewe, en as ons kyk na gister [Maandag] se staatsgetuies is dit baie duidelik dat daar nie net twee beskuldigdes voor die hof moet wees nie. Wie weet hoeveel ander mense het versuim om ʼn helpende hand uit te steek.”

Hy het gesê as net een van die mense wat Maandag getuig het die regte stappe gevolg het, kon Poppie vandag nog geleef het.

Van der Merwe het verwys na drie vroue in Orania wat sedert April 2016 mishandeling in die Koekemoer-huishouding vermoed het, maar dit net gemonitor het en glo nooit self by die polisie aangemeld het nie.

Maroela Media het vroeër berig nadat die Orania Maatskaplike Raad (OMR) in April die kinders begin monitor het, het die OMR se berader glo gereeld ʼn maatskaplike organisasie buite Orania en die streek se maatskaplike werker in Hopetown van die situasie ingelig, aangesien Orania nie ʼn polisiestasie of die nodige regte het om kinders uit sorg te verwyder nie.

Volgens die berader het die plaaslike departement van maatskaplike ontwikkeling, in Hopetown, nooit by hulle uitgekom voordat die Koekemoer-egpaar uiteindelik aan die einde van September “oornag” uit Orania na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis het nie.

Kobus en Louisa Koekemoer in die Pretoria-hooggeregshof (31 Oktober 2017). Foto: Phillip Bruwer

Adv. Adrian Nell, Louisa se regsverteenwoordiger, het Maandag tydens kruisondervraging dit gestel dat daar nêrens in die hele Noord-Kaap ʼn klag oor die mishandeling by die polisie ingedien is nie. Hy het gesê die streek se maatskaplike werker sal ook getuig dat sy nie van die beweerde mishandeling ingelig is nie en eers daarvan in die media gelees het.

“Ons wil hê dat elke persoon wat bewus is van hierdie tipe situasies moet opstaan en daadwerklik as mens iets daaraan doen,” het Van der Merwe gesê. “As mense het ons ʼn verpligting om op te staan vir dié wat nie vir hulself kan [opstaan] nie.”

Louisa en Kobus staan tereg op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling. Van dié aanklagte hou ook verband met die beweerde aanranding van ʼn vyfjarige seuntjie en 15-jarige meisie tussen September 2015 en Oktober 2016. Die egpaar het skuld op al die aanklagte teen hulle ontken.

Die saak duur voort.

Lees die vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

maria ·

Pappa, waar was jy? Het jy nie ook vir Poppie in die steek gelaat nie?

Seeklong ·

Dankie Maria, dit was die eerste gedagte wat by my opgekom het.

Marianne ·

Daai vrou het die kinders van him weerhou. Lees eers die hele storie voor jy die man oordeel

Prinses van Pta ·

Ek wou nou net self dieselfde ding se! Waar was hierdie Pappa al die tyd, het hy nooit haar gesien nie, nooit fout opgemerk as hy haar wel gesien het nie? Dan het hy haar ook net so in die steek gelaat as al die res

Ada ·

Kry die hele lot agter tralies – ook die maatksaplike werkers wat duidelik nie hulle werk gdoen het nie.

Olga ·

Die welsyne doen net so min soos die polisie. Ek het mense 4 keer al aangemeld wat soortgelyk dieselfde aan hulle 3 kinders doen soos springs se gruwel huis (Het bewyse v fotos ens) …… en? niks….. almal los hulle. Mens se hande voel af gekap…. gaan ek en verwyder die kinders myself, dan sluit hulle my toe.

My bloed kook ·

My bloed kook as ek sulke goed lees. Moet asb nie opgee op die kids, bel n ander dorp of stad se welsynwerkers, daar is regtig baie wat hul werk doen, moenie opgee, geen kind verdien dit.

H ·

Waar was jy dan gewees mnr Van der Merwe. Hoekom het jy nie jou dogtertjie gehelp nie. Jy is net so skuldig soos haar ma en stiefpa. Help nie jy wys nou vinger na ander nie

Absolutely ·

Ek stem 100% saam, hoekom is hul in die 1ste plek weg van jou af, oor aanranding en mishandeling. Hul is weens omstandighede gedwing na die sleg man. Ek sal nog steeds hierdie slegte Ma die doodstraf wou gee, as hul jou irriteer of jy sukkel en hou hul verantwoordelik, gee hul weg, daar is duisende op waglyste wat hul met liefde sal grootmaak, sonder vrees, hongerky of wreedaardige aanrandings.

Ronelle Jordaan ·

Kinders is nog altyd in die steek gelaat deur die romp slomp van die stelsel. Kinders word nie geglo as hulle vertel wat by die huise aangaan nie. Daar gaan nog baie “Poppies” wees !!!!.

Sandra Naude ·

Ja Pappa, waar was jy ? Die wêreld moet nie na jou kind kyk nie ! Hoekom was Pappa nie meer betrokke nie ?

Lizbe ·

En meneer die boilogiese pa waar was jy dat jy dit nie agter gekom het nie??

Wonder sommer ·

Al die sg. “wyse leiers” van Orania, die OMR, Poppie se onderwyseres – elke keer as ek iets oor hierdie walglike en skandelike saak lees, wonder ek hoekom julle dit nooit aan die groot klok gehang het nie? Was julle bang Orania se smerighede word algemene kennis? Want nou het julle darem maar ‘n vreeslike klomp vingers om na die “buitewereld” te wys? Pippie se dood is nou skielik almal anders se skuld (Hopetown se maatskaplike werkers en SAPS-tak, om 2 van julle gerieflike sondebokke te noem), terwyl julle self moes optree, en ek glo julle weet dit goed. Die absolute swye uit die rigting van die “bastion van Afrikanerskap” wat Orania verkondig om te wees, laat my my kop in skaamte hang. As julle wou help, sou julle gehelp het – maak nie saak hoe nie.

*Opgeruk* ·

Dan sal ek nie ook vra:”Dierbare liefdevolle Pappa, waar was jy?” Waar bly jy? Jy bly stil!

Marianne ·

Julle Daai man is deur hel. Louisa het die kinders van hom weerhou. So los him unit en lees die hele storie oor hou Daai vrou him van sy kinders vervreem het

Marianne ·

Julle Daai man is deur hel. Louisa het die kinders van hom weerhou. So los hom uit en lees die hele storie oor hou Daai vrou him van sy kinders vervreem het

Dina ·

‘n Kind se eie pa is die heel eerste persoon wat die kind kan en moet beskerm. Dit is sy lewenslange verantwoordelikheid.

FJ ·

As jy kommentaar wil lewer, moet jy die storie van die begin af volg. Dit is al berig dat die kind weggehou is van die biologiese pa.
Hierdie mense doen dit baie goed en selfs onder die gegoede mense sukkel die pa om sy kinders te sien selfs al is die afspraak vooraf gereel en goedgekeur.
Hy het die polisie ingeroep en aangedring op ontvoering maar die polisie se hulle kan niks doen want dit is die kinders se biologiese ma.

johan II ·

Wat gaan met die mense aan! My vroukie sê altyd ” Die lewe is hard genoeg…wees sag met jul kinders”…wie is die ou met die ANC hemp in die fotos?

Vryheid ·

Siek spul verwronge mense. Sluit die hele spul op! Jy is die naam pa nie werd nie, na al die beserings wat Poppie opgedoen het oor die tyd en jy het niks gedoen nie! Gelukkig kan julle Poppie nie meer seer maak nie.

Lientjie ·

Dit gaan julle al,al dalk nou kwaad maak. Maar as julle die hele storie gevolg het sou julle geweet het dat Louisa weggeloop[ het van Christo af en n interdik gekry het teen hom sodat hy nie naby haar mag gekom het nie. Sy het hom ook nie toegelaat om sy kinders gereeld te sien nie, Hy kon wel met hulle oor die foon praat maar mens kan nie oor die foon sien hoe jou kind lyk nie kan n mens. Kry asb eers al julle feite agter mekaar voordat julle begin vra waar die pappa was. As dit nie vir die leuens was wat Louisa vertel het nie sou “Poppie” nog gelewe het want sy sou by haar pa gewees het. Feit van die saak is Poppie is vermoor en die skuldiges probeer loskom. Kyk na die feite en nie na wat julle dink wie die skuld moet kry nie, maar ja die Wereld het vir Poppie in die dteek gelaat. Sy het geboet met haar onskuldige lewe. R.I.V Poppie meisiekind

maria baling ·

As die ma n interdik teen die pa (Mnr Van der Merwe) moes kry dan was daar al klaar fout in daai kamp. N interdik sal nie sommer so verniet uitgereik word nie. So my vraag is dit as jy regtig n poging aangewend het mnr sou jy gesien het daars fout met Poppie en haar boetie. N goeie prokureur wat sy sout werd is, en daars baie van hulle sou jou gehelp het tot toegang tot jou kinders, jy het nie hard genoeg probeer nie

RH ·

Daar is so baie mense wat eendag daar bo gaan betaal vir wat hulle op hierdie aarde aan weerlose kinders gedoen het. Die Pa is net so skuldig soos die ander

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.