Poppie-saak dán aangehoor

Kobus en Louisa Koekemoer in die hof (28 Maart 2017). Foto: Verskaf

Nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word teen Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, wanneer die verhoor in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Die Koekemoer-egpaar het Dinsdag weer in die Brits-landdroshof verskyn. Adrian Nel, Louisa se regverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê daar is sprake dat nog aanklagte teen die egpaar aanhangig gemaak kan word wat glo verband hou met die tyd toe hulle in Orania gewoon het. Die egpaar staan tans op ʼn aanklag van moord tereg.

Die hof het Dinsdag gehoor dat die verhoor van 30 Oktober tot 10 November in die hooggeregshof aangehoor sal word.

Johan en Carla van der Merwe, Poppie se biologiese ouma en oupa, in die hof. Foto: Verskaf

Poppie is op 25 Oktober verlede jaar na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat Kobus, haar stiefpa, haar vermoedelik aangerand het. Die Koekemoer-egpaar het toe reeds vanuit Orania na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits verhuis. Poppie is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem. Louisa is op 15 Desember in verband met die moord in hegtenis geneem.

Cobus Ludick, stigter van die ondersteuningsgroep Justice for Poppie, het gesê Johan en Carla van der Merwe, Poppie se biologiese ouma en oupa, was Dinsdag vir die eerste keer in die hof. Volgens Ludick sien die Van der Merwe-egpaar steeds elke twee weke vir Poppie se boetie wat tans in ʼn plek van veiligheid geplaas is.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Penelope ·

Mag reg en geregtigheid geskied. Ek verstaan nie waarom hul toegelaat word om Poppie se boetie nog te sien nie. Hul het dan vir Poppie vermoor? Mag die boetie ‘n goeie familie kry wat mooi na hom sal omsien.

Shaan ·

Die oupa en ouma sien die boetie, nie die ma en pa wat vir Poppie vermoor het nie.

Uvonka ·

Nou wonder ek na watter Van Der Merwe egpaar verwys hulle wat nog toegang tot die boetie het, die moordenaars of biologiese Ouma en Oupa. Die saak is in elk geval ‘n mors van tyd en belastingbetalers se geld, sloer noual solank maar o ja ek het vergeet, moordenaars moet ook regverdige kanse gegun word! TSK!

Juliana ·

Die VAN DER MERWE egpaar waarna verwys word is tog dis biologiese ouma en oupa. Die twee wat verhoor word is Koekemoer.

Maya Roon Joubert ·

Die wiel draai en God sal wel straf toedien! Poppie is vry van die geweld in hierdie lewe!

Uvonka ·

Ai julle dankie vir die reghelp, dalk moet ek in die toekoms ordentlik lees.

Penelope ·

Dankie julle. Jammer ek het ook nie mooi gelees nie. Dan is ek bly dat die ouma en oupa die boetie darem sien.

Irene ·

Hoekon a saak solank sloer weet ek nie daar is genoeg ander sake ook

Luzan ·

Ek wens net daai ouma en oupa en Poppies se pa kon after gekom het sy word so mishandel geword het. Hoop hul gewete vreet hul van binne af op, sodat ons kan weet wat regtig gebeur het. Teen November. Laat hul maar sit en wag vir daai saak, gee hul tyd om n gewete the kry!

Luzan ·

Ek wens net daai ouma en oupa en Poppies se pa kon agter gekom het dat sy so mishandel word. Hoop hul gewete vreet hul van binne af op, sodat ons kan weet wat regtig gebeur het ,teen November. Laat hul maar sit en wag vir daai saak, gee hul tyd om n gewete te kry!

rafel ·

Sulke mense het nie ‘n gewete. Wens daar was n wet dat alle kindermishandelaars gesteriliseer word. Uitvaagsels.

Jone ·

Ek is bly die saak word so uit gerek. Dit gee die koekemoers tyd van hel om te worry oor die uiteinde.

Sarel ·

Is dit net ek wat so dink of lyk dit of ou Louisa oud geword het en erg verwaarloos is? As sy nou swaarkry is dit net haar verdiende loon en is hierdie maar vir haar nog net die begin. Sy gaan nog baie swaarder kry in die hel! Nie ‘n ma se agterend nie

Albert ·

Ag asb kan mense nie die berig lees voor hul kommentaar lewer. Hoe moeilik is dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.