Poppie-saak: Emosionele ma se skokgetuienis aangehoor

Louisa Koekemoer nadat sy getuig het (8 November 2017). Foto: Phillip Bruwer

Louisa Koekemoer (47), Poppie van der Merwe (3) se ma, het Woensdag verskeie kere emosioneel geraak terwyl sy in die Pretoria-hooggeregshof getuig het oor die tydperk wat sy met haar medebeskuldigde, Kobus Koekemoer (44), getroud was.

Louisa en Kobus staan tereg op ʼn aanklag van moord op Poppie, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling. Van dié aanklagte hou verband met die beweerde aanranding van ʼn sesjarige seuntjie en ʼn 16-jarige meisie tussen September 2015 en Oktober 2016.

Louisa het Woensdag getuig sy het in 2014 uit Westonaria aan die Wes-Rand na Orania gevlug aangesien haar vorige lewensmaat haar geslaan het.

Louisa het gesê sy het hulp by haar kerk in Westonaria gevra, maar is aanvanklik terug na haar huis gestuur waar sy erger aangerand is. Die polisie wou haar glo ook nie help nie en sy het besluit om na Orania te trek waar haar ma woon.

By Orania het die Orania Maatskaplike Raad (OMR) en die kerk haar gehelp met ʼn huis, geldelike bystand, kos en om ʼn werk by ʼn plaaslike winkel te kry sodat sy weer op haar voete kon kom. In Orania het die OMR ook gehelp om ʼn interdik teen haar destydse lewensmaat te verkry.

“Daardie tyd het ons bietjie gesukkel, maar dinge het mooi reggekom en dit het goed gegaan. Ek het geen probleme met Poppie en die ouer seuntjie gehad nie. Ek het hulle nie pakslae gegee nie. As hulle stout was, het ek met hulle gepraat. Hulle het verstaan, dit was nie nodig om te slaan nie,” het sy gesê.

Sy het vir Kobus by haar werk by die winkel ontmoet en voor hulle in November 2015 getrou het geen “gevaarligte” gesien nie. “Hy het wel met die kinders geraas soos as hulle hul skoene verkeerd om aantrek, maar hy het hulle glad nie geslaan nie. Ek het geen rooi ligte sien flikker nie. Ek het net gedink hy is streng as hy so raas. Hy was streng, maar kon liefdevol ook wees en het met die kinders gespeel,” het sy gesê.

Louisa het getuig sy het ná hul troue vir Kobus bang geraak. “Daar was dae wat hy baie liefdevol was en omgegee het. Op ander dae was hy moeilik, kort van humeur en het hy ons verkleineer. Ek is baie bang vir hom, want mens weet nooit waar jy met hom staan nie. Hy het gedreig as ek enige hulp gaan soek sal hy die een by wie ek hulp vra, en my familie, dood maak. Hy het gesê hy het sy broer se kakebeen afgeslaan en was al in ander gevegte betrokke en dat dit vir hom sal maklik wees om van ʼn lyk ontslae te raak, want hy ken baie mense,” het sy emosioneel gesê.

Louisa het gesê die manier waarop Kobus dissipline toegepas het, het al hoe erger geword totdat die OMR begin ingryp het. Sy het egter nooit amptelik die aanranding by die OMR aangemeld nie omdat sy bang was vir Kobus en hy haar glo gedreig het om met niemand te praat nie. Kobus was ook altyd in die omtrek as die OMR se berader by die huis of werk gaan inloer het, het sy gesê.

Louisa Koekemoer in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Louisa het getuig sy kan nie onthou hoeveel keer Poppie en die seuntjie in die jaar wat hulle getroud was in Orania aangerand is nie. “Dit is te veel, ek kan dit nie opnoem nie.”

Louisa het getuig Kobus sou die kinders sommer lukraak met die houtlepel slaan of met sy hande as die lepel nie byderhand was nie. Hy sou hulle glo enige plek op hulle lywe geslaan het. “Poppie kon dalk net iets van die tafel af gevat het, dan sou hy haar slaan omdat hy nie vir haar gesê het sy mag dit kry nie. Of hy sou hulle slaan as hulle kos gemors het of iets in sy oë verkeerd gedoen het.”

Sy het getuig dat Kobus die kinders ook geskop het, veral in hulle mae. Hy sou hulle ook aan hulle arms rondpluk en teen ʼn bank of tafel gooi, het sy gesê.

Sy het verduidelik dat die seuntjie in Orania soms glipsies in sy bed gehad het en dat Poppie doek gedra het. Die beddegoed sou soms nat word as die doek te nat was. “Dan het ek dit van Kobus weggehou sodat hy nie met hulle moet raas nie en mooi met hulle gepraat dat hulle my moet roep dat ek hulle toilet toe kan vat as hulle ʼn nood het.”

Sy het gesê vandat die OMR ingegryp het, het die aanranding beter geraak. Hulle het einde September 2015 na ʼn kleinhoewe buite Brits verhuis. Sy het nie geweet waarheen hulle trek nie. Kobus het slegs aan haar gesê hy het ʼn huis by sy ma geërf en hulle verhuis soontoe sodat hulle nie huur hoef te betaal nie.

Louisa het tydens haar getuienis volgehou dat Poppie haar been op ʼn trappie by hul winkel gebreek het en ʼn groot knop aan haar voorkop opgedoen het toe sy uit die bakkie getel is en haar kop gestamp het. Sy beweer egter die res van die beserings wat in die hof uitgewys is, is deur Kobus toegedien.

Kobus het Louisa gedwing om vir die mense in Orania oor die kneusplekke te jok, beweer Louisa. “Kobus het gesê ek mag nie vertel wat met die kinders gebeur nie, anders gaan hulle die kinders van my wegvat of hy sou hulle meer slaan,” het sy weereens emosioneel gesê. “Ek het nie in Orania hulp gevra nie, want dan was my familie en mense dood.”

Die hof moes in ʼn stadium verdaag sodat Louisa haar emosies onder bedwang kon bring.

Poppie van der Merwe. Foto: Verskaf

Aanranding ‘word net erger’

Louisa het getuig in Brits het dinge net erger geword. “[Kobus] sou Poppie sommer optel en haar kop teen die kombuiskas stamp. Dit het meer as een keer gebeur. Die aand voor haar dood het hy dit gedoen omdat sy nie al haar kossies wou opeet nie.”

Sy het ook gesê hy sou gereeld Poppie en die seun se kop in die toilet druk en die water laat loop sodat hulle kon “dissipline leer”. Sy wou nie inmeng nie en het die kinders skelmpies getroos sodat hulle nie verder moet huil en Kobus hulle dan weer aanrand nie.

Louisa het getuig die oggend van 25 Oktober 2016, die dag wat Poppie by ʼn hospitaal in Brits dood verklaar is, was Poppie moeg, deurmekaar en “onvas op haar voete” nadat haar kop die vorige aand teen die kombuiskas gestamp is.

“Sy wou nie al haar pap opeet nie en Kobus het met haar geraas. Ek het maar net gedink sy eet nie alles nie omdat sy nie lekker voel nie en van balans af was. Sy het bitter min met my gepraat, asof sy nie kon of wou nie. Ek het gedink dit is omdat sy bang was. Ek het glad nie geweet wat om te doen nie. Sy het voor die televisie op die mat gelê toe Kobus die dag van die dorp af gekom en haar weer geskop het. Ek het vir hom gesê hy kan haar nie skop nie, sy voel nie lekker nie en wil net ʼn bietjie lê, maar hy het hom nie aan my gesteur nie.”

Poppie het kort daarna ophou asemhaal. Louisa beweer sy het haar liggaampie op die badkamermatjie gekry. Haar mond was blou en Louisa beweer sy het mond-tot-mond-asemhaling toegepas, maar dit was tevergeefs.

Poppie is daarna na ʼn hospitaal gehaas waar sy dood verklaar is.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Alta Forster ·

Dis seker ‘n bedekte seen dat Poppie oorlede is want hoeveel meer pyn sou daai arme dogtertjie moes verduur. Mens mag nie haat nie maar !!!

Piet Pompies ·

Dit is met afsku wat ek die berig lees, die arme kinders is deur grootmense mishandel en dit wil voorkom of die wat dit gesien gebeur het net bloot weg gekyk het en niks gedoen het. Kobus verdien die swaarste straf en die ma dieselfde, sy was bewus van die mishandeling en het niks omtrent dit gedoen. Op die einde was die kind in die sitkamer en later dood in die badkamer op die mat gevind, waar was die ma gedurende die tyd. Ons is baie lief vir ons eie kinders wat nou al groot is en die kleinkinders is baie spesiaal (bederf). Ek kan dit net nie verstaan dat ‘n man en ‘n vrou kinders so mishandel dat een sterf.

Sê maar net1 ·

Ek sal hand en tand vur my kinders baklei – al is dit teen my man/ 10 aanvallers / gewetenlose psycho / trop wilde diere. Kon sy nue die hartseer in haar kinders se oë sien nie. Die ma is die laaste een wat die kinders moes faal. Ek het GEEN simpatie met haar nie. Gelukkig dien ons ‘n regverdige God.

Soekie ·

Hierdie storie met Poppie breuk my hart in stukke. Ek kan nie glo n ma kan dit toelaat nie (alhoewel ek voel sy dra net soveel skuld daarin). Ek is emosioneel, want ek sal als in my vermoe doen om my kinders te beskerm (hul is immers vir my gegee)…Ek is onvoorwaarlik lief vir hul. Mense wat bewus was van Poppie en haar boetie se omstandighede het haar gevaal. Poppie se gesiggie spook by my! So mooi klein engeltjie….

Sharon ·

Ek sou haar so graag wou hê as my kind. Sy is so pragtig en het nie verdien wat met haar gebeur het nie. ‘n Pragtige, onskuldige Engel.

Se.maar.net. ·

Mens skop nie eens n hond nie wat nog te se n kind!

Jul gaan eendag moet rekenskap gee.

Gelukkig is poppie veilig by Jesus se voete!!!!

Elaine ·

Ek verstaan regtig nie hoe kan n ma dit toelaat nie, jy as vrou het jou vorige lewens maat verlaat omdat hy jou mishandel het, maar toe iemand anders dit aan jou kinders doen was dit maar oraait toe het jy niks daar aan gedoen nie. Jy is sowaar die naam ma nie werd nie. My hart is so seer vir daai mooi klein dogtertjie.

Andrea ·

Liewe Poppie,
Die Tannie is so jammer dat jy so in die steek gelaat is deur sulke monsters van grootmense.
Grootmense wat vir jou moes baklei het.
Wat vir jou, jou boetie en sussie moet lief gewees.
Die Tannie se hart pyn verskriklik, want ek kan nie dink dat enige Mamma/Pappie/of wie ook al dit aan hulle dogtertjie kan doen en kan toe laat nie.
Poppie die Tannie weet sommer jy is nou baie gelukkig by Liewe Jesus waar niemand jou meer kan seermaak nie.
Liefde

Tannie Andrea

E.K. die eerste ·

Sien nou iemand anders gebruik selfde naam as ek. Sug… Kan nie verstaan dat mens so bang is en tog nooit vir hulp gaan nie. Nee wat, sy probeer nou losom…

Jackie Collins ·

Jy wat jouself ‘n Ma noem en jouself verontskuldig jy is net so skuldig. JY moes daai pragtige dogtertjie beskerm het al was jy hoe vang. Hoop jy kry die swaarste vonnis wat daar is

Anoniem ·

Ai Poppie kind my hart breek as ek lees wat jy moes deurmaak. Jammer dat jou stiefma nie sterk genoeg was om weg te breek nie en dat jou stiefpa nie van beter geweet het nie.

Mariaan ·

Slegte ma!
As jy wat grootmens is so bang was, hoe bang moes jou kind nie gewees het nie?
Nou skuil jy agter joú vrese! Vat jou straf soos jou weerlose kindjie nie ń kans gehad het teen julle onmenslikheid nie.

Ada ·

Is daar iemand wat die arme boetie kan neem vir brein skandeerings? Ek is seker daar moet skade wees en dalk kan dit herstel met die regte medikasie en liefde? Is daar iemand gepas wat na die boetie omsien?

Maryke ·

Maroela, baie baie dankie vir jul deeglike geballanseerde en gratis dekking van die saak. Dit gee ons wat nie die saak kan bywoon nie n behoorlik kykie agter die skerm. Al is dit nie mooi nie. Die joernalis, Phillip, is sy sout werd. Ek hoef nie ander berigte le lees om uit te vind wat aangaan nie. Doe so voort en sterkte met die emosionele uitdagings wat die saak bied. Hopeloos gaan mense se oe oop en gebeur so ding nooit weer nie! Respek

BOLANDER ·

Daar is altyd ‘n uitweg!!!!!!!!!!!!!! My Moeder het met ons gevlug toe ons hardhandig deur hom gehanteer is. Ons het gelukkig en ongedeerd by haar groot geword. Sy is nie meer vandag met ons nie, maar dankie MOEDER vir dit wat MOEDER vir ons gedoen het. Woorde kan dit nie beskryf nie.

'n Pappa ·

Poppie, ons liefste Poppie… Jou seer lyfie en angstige wag vir nog meer pyn van hulle wat jou lief moes hê en versorg is nou oor! Rus sag ons liefste Poppie… Ons harte bloei vir jou my kind…

C ·

Sy kon plan gemaak het om weg te kom van hom af maar dink eerder sy wou nie! Ek sou enige iets gedoen het om my kinders te beskerm as dit met hulle moes gebeur het.

Lilo ·

Sy is die naam “Ma” nie werd nie. Geen mens sal my kinders aanrand terwyl ek stil bly en niks doen.

Antoinette ·

Ek het nog nooit ‘n kind gesien wat se ogies en gesiggie so baie vertel nie. Ai my hartjie ek glo jy speel saam met God se engele daarbo!!

Johanné ·

As sy as grootmens so bang was vir hom, moes sy mos geweet het dat haar kinders nog banger is en hulle het geen verweer soos sy nie, hulle is net 3 en 6. Nee, haar storie suck! Ek dink sy het haar dood veroorsaak. Toets haar en hom vir dwelms

Nonnie ·

Dis verskriklik om te dink dat daardie klein kindertjies hulleself nie kon beskerm teen sulke monsters nie. Ek kan nie dink dat die man 24/7 by die huis was nie. Daar moes tog op ‘n stadium ‘n tyd gewees yet wat sy allees was met die kinders en net die pad kon vat. Hulle wegneem uit daardie omstandighede……. dan liewers die besluit neem wat ek geneem het en dis om geen kinders in hierdie wrede wereld te he nie.

Joey ·

Ek mis iewers iets. Die seuntjie. Sy praat heeltyd van DIÉ seuntjie. DÍE kind. So half onpersoonlik. Is dit nie háár seuntjie nie? Nooit se sy my seuntjie nie???

Cherokee ·

Poppie se werklike pa moet ook verhoor word. Hy is aandadig want dit is volgens die getuienis oorspronklik deur hom veroorsaak. Laat hom in ‘n hof verduidelik of hy ooit sy kind(ers) besoek het en opgevolg het, hoe dit met hulle gaan en hoe sy (of hulle) behandel word.

Blommie ·

Ek wonder net. Sy sê sy het na haar ma in Orania toe gevlug om weg te kom van haar vorige maat. Was die groot ouer/s bewus van die omstandighede en/ of kon hulle nie help nie. Veral na die OMR daar betrokke was. Dit moet die ouma /oupa breek om nou als te moet hoor.

Nella ·

Ek wens sy was liewer my klein dogtertjie. Dis n voorreg om kinders te he. Dis nie n reg nie.

Loriaan ·

Maak nie saak hoe die ou my sou dreig ek sal hom iets aangexoen het as hy slaap al moet ek in die tronk gaan sit het tenminste sou ek weet my kinders is veilig…..hul sou kon se my ma het opgestaan vir mt en nie my ma heg my sussie laat dood gaan

Ook n poppie ·

Hierdie saak kry aandag omdat die dogtertjie dood is. Daar is duisende Poppies wat nog steeds lewe en niemand doen iets nie. Ek was ook n Poppie – ons is pimpel en pers geslaan met leerbande, paplepels, stukke tuinslang, besemstokke – elke dag. Beide ouers (nie stiefouers nie). Ons ouers het nie eers gedrink of dwelms gebruik nie. Maar ons het grootgeword en na baie, baie jare emosioneel herstel.

So dankbaar ·

So dankbaar jy kon uit dit stap, ek kan nie glo wat ek lees, maar ek weet dit gebeur en ja ek stem daar is nog baie Poppies, maar hierdie klein Poppie se dood en aandag vir die saak help mense wat dit sien of hoor om die saak aan te meld en op te volg, dit is belangrik, dit gaan ook baie Poppies en hul boeties red. So jammer jy het sulke wrede ouers gehad, dit laat pyn my Moederhart in sy diepste wese, so jammer niemand kon julle red, dit is soooo absoluut ondenkbaar.

Zelda ·

So bly liewe Jesus het jou kom haal my liefie, seker Hy het al jou seer ook gevoel. Sy was nie n mamma werd vir jou nie.

Antoinette ·

Sys n slegte ma…..maak nie saak hou bang ek vir n man is nie hy sal dit nie aan my kind doen nie,my kind kom eerste,die hartseer wat ek vir Poppie voel kan woorde nie beskryf nie

blondi ·

as dit my kind was het ek die eerste x al wat dai man my kind so aangerand het al mooi laat verstaan wat ek met hom sal maak…. ek sal weier om my kind in vrees groot te maak.

Ankie ·

Ek weet hoe dit voel. Ek was ook daar. Dankie God dat ek uit die geweldsiklus kon wegbreek en ‘n nuwe lewe met my kinders begin. Geen straf wat hul kry kan daardie mensie terugbring nie. Ek bid dat geregtigheid geskied.

Adele ·

Die dag wat ek die berig gelees het het my hart uit my bors geruk en ek het begin huil. Ek kon nie glo wat ek lees of verstaan hoe gebeur so iets nie hoe kan iemand so wreed en gevoelloos wees. Hoe skop slaan of gooi jy n kindet koue water in die winter nat en laat hulle buite staan. En nou lees ons hoe hulle koppe in dir toilet gedruk was en hulle koppe sommer teen die kas te kap. My hart is bitter seer en tot vandag toe kan ek nie daai hartseer gesiggie blou hartseer oggies en skaam laggie vergeet nie. Ek het geen simpatie met haar ma nie sy was veronderstel om haar kind se Savehaven te wees. En sy het geweet van alles en sy het haar gevaal en haar vir die wolwe gegooi.. Sy moet kry wat na haar toekom. En sy kon Poppie se lewe red maar het verkies om eerder stil te bly. En om nou die waarheid te wil praat gaan nie vir Poppie terug bring nie

Rika ·

Ek sal my kinders gevat het en gegaan het, sy het met haar vorige verhouding reeds geweet in sulke omstandighede is daar hulp soos n hof interdik ens. Syt geweet die Kerk was bereid om haar te help, hul het immers reeds haar gehelp, syt geweet wat hy doen aan die kinders en syt nogsteeds agter sy gat aangetrek, by Oranje was daar genoeg mense om haar en die kinders te beskerm, toe sy saam met hom trek moes sy geweet het dit gaan erger word want daar het hy nie mense gehad wat hom dop hou nie. Sys net so skuldig soos hy. Ek sal alles in my vermoe doen om my kinders te beskerm, al kos dit my eie lewe. N man/ vrou is vervangbaar maar nie jou kinders nie.

Anria ·

Ek sit vanaand by my dogtertjie van amper 2 in haar kamer terwyl sy aan die slaap raak, met oe vol trane soos ek die storie lees. Ek word so weggevoer ek besef nie my dogtertjie staan regop langs my nie tot sy se: toema mamma. Mamma huil. Hoe doen n ma dit? Hoe kry sy dit oor haar hart? Hoe lewe sy met haarself? Vanaand hou ek my dogtertjie net nog 5min vas. Gee nog n soentjie. Lees nog n storie. Ag, ek tel haar sommer by my in die bed. Net om te weet ekt alles gedoen om seker te maak sy weet ekt haar lief en dat sy my wereld is. Rus sag by Liewe Jesus klein poppie. Dans by sy voete, giggel en speel soos net n klein dogtertjie kan, met die wete dat jy nou veilig en geliefd is.

Antoinette ·

Ek kan net nie my trane inhou vir Poppie nie…elke berig breek my hart meer…ek sou als gee om so mooi dogtertjie te kon kry..my droom om n dogtertjie te he..dan kry jy sulke mense……rus sag poplap,jys nou sonder pyn

se net ·

Sy kon vlug toe SY aangerand word maar nie toe die kinders aangerand word nie,

Mamma van 3 ·

Ek is self ‘n ma. En in my oë moes sy lankal plan maak om haar kind/ers te beskerm. Nie eers na een dood is nie. As my man net te kwaai kyk dan praat ek hard met hom eenkant. Jy as ouer MOET jou kind liefhê en beskerm

Werner ·

Ek man van 34 en pa van 2 pragtige dogters sit hier en lees die berig. Die trane stroom by my wange af om te dink wat die prinses moes beleef. Dit maak my binne seer en ek is soo ontsaglik kwaad, woedend. Poppie mag jy die mooiste plek by Jesus hê. Ek is so jammer meisiekind.

Edna ·

Poppie! Ek salueer jou klein emgelkind. Jou trane en seerlyfie sal deur God vertroosword. Daar waar jy op sy skòot sit en afkyk na jou martelaars wret ek staan jy in vir hulle! Want jy is onskuldig kind n Godelikke rein kind mey geen haat of verwyt. Jy is in d Hemel tevrede warm en in liefde omvou en versorg!!RIV!!

Mariet ·

Gèèn man, ek herhaal gèén man sal tussen my en my kinders kom nie! n Ma bakléi vir haar kinders! Laat die man mý liewer skop en slaan ek sal dit kan vat en weet wat om te doen! Daardie arme klein bloedjie moes sò verward en bang gewees het….

Nicoline ·

Elke volwassene,ongeag jou verlede,màg nie so optree teenoor ‘n kind(og ‘n diertjie)nie.Jy weet goed jy mishandel iemand en dit maak seer.Dis eerder ‘n lafaard as ‘n ‘probleem’….ongeag wat….mag albei baie swaar gestraf word…hy nog meer as sy.Asvhy los loop…sal hy dit weer met ander klein kinders(of troeteldiere)doen.Ek glo ons Vader i.d. hemel,verwag van ons om hom weg te sluit.

Alida ·

Dit kom baie voor onder die Afrikaners en DIT IS ‘N FEIT. Ek stem saam met anoniem. Dit is nie ongekend onder ander kulture nie, ek gee dit toe, maar hierdie gedrag kom baie voor by ons eie mense.

'n Ma ·

Anoniem en Alida, dit is hartseer om te sien dat julle dit duidelik maak dat julle nie van die “Afrikaners” is wat kan saamstaan nie. Is vining om jou eie mense af te kraak – dis te sê as julle regte “Afrikaners” is. Mishandeling van kinders is ongelukkig wêreldwyd, ons weet net nie van alles nie. Daar moes ‘n klein mensie sterf voor dit aan die lig gekom het waardeur sy moes gaan. Maar om ‘n kleur en ‘n naam daaraan te koppel is ontstellend en teleurstellend.

Ada ·

Anoniem wat probeer jy se? Moet ek nou antwoord met Engelse!! Of Grieke! Of Amerikaners!
Wat probeer jy se? Verduidelik vir ons asb?

Smit ·

Mag al2 daai volwassenes kry wat hulle toekom Die blinde sambok slaan hard. Wie is die seuntjie waaroor daar gepraat word? Dit is duidelik nie poppie se boetie nie En die ander 16 jarige kind?

Marlien ·

Hierdie mense verdien nie om te lewe nie!
My hart breek as ek.aan die arme kindertjies dink!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.