Poppie-saak: ‘Kinders geslaan tot hulle stilbly en fout erken’

Kobus Koekemoer in die hof (7 November 2017). Foto: Phillip Bruwer

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdagoggend gehoor dat Kobus Koekemoer (44) vir Poppie van der Merwe (3) en ʼn sesjarige seun (toe vyf jaar oud) soms “ernstig pak slae” gegee het “om hulle te leer”.

Kobus staan saam met sy vrou, Louisa (46), tereg op ʼn aanklag van moord op Poppie, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling.

Kobus het tydens kruisondervraging deur die staatsaanklaer, adv. Salomé Scheepers, gesê: “Ek sou die kinders met ʼn paplepel slaan totdat hulle huil en dan verder gaan.”

“Verduidelik wat jy bedoel met verder gaan?” het sy gevra.

“Ek sou uitdeel tot die kind huil en dan verder gaan tot hulle stilbly. Hulle kry pak totdat hulle stilbly en hul fout erken,” het hy geantwoord.

Scheepers het Kobus uitgevra oor wat Poppie se “potty training” behels het. “Ons het haar so oor ʼn jaar lange tydperk aan en af geleer hoe om die badkamer te gebruik. Sy sal dan nie ʼn doek gedra het nie en net onderklere.”

Poppie van der Merwe.

Hy het gesê sy het nie gereeld glipsies gehad nie, maar hulle sou kwaad geword het as sy wel glipsies gekry het, “want dan moet alles skoongemaak word”.

Scheepers het dit gestel dat Poppie die dag van haar dood ʼn doek aangehad het en dus nie haar bed kon vuilmaak nie. “Nee, sy het,” het hy geantwoord. Hy het gesê hy het dit nie self gesien nie, maar Louisa het dit vir hom gesê.

Volgens hom het Poppie sowat vyf keer haar bed vuilgemaak vandat hulle aan die einde van September 2016 na die kleinhoewe buite Brits getrek het.

Scheepers het dit gestel dat Louisa en Kobus die twee kinders in Orania en Brits aangerand het en nie oor die ernstigheid van die aanranding omgegee het nie.

Kobus het voor sy kruisondervraging geëindig het aan sy regverteenwoordiger, adv. Lana Augustyn, gesê hy het nie geweet hy sal ʼn kind kan doodslaan nie en het ook nie bedoel om iemand dood te slaan nie.

Louisa gaan hierna voor regter Bert Bam getuig. Die verhoor duur voort.

Lees die vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

A Mac ·

Arme Poppie en boetie. Ons het ook so as kind pakslae gekry, ses houe, mag nie huil nie, moet jammer sê, moes ook dankie sê. Dis seker hoekom ek as volwassene nie huil nie.

ekke ·

A Mac, snaaks ne, ek het nie so erg pak gekry, maar is emosioneel en geestelik gebreuk, sodat ek op 8 my eerste selfmoordpoging gehad het.
Ek is vandag volwasse vrou, en ek kan ook nie huil nie

Koos1 ·

A Mac, gaan asseblief vir berading. Wat jou oorgekom het is onmenslik. Ek het ‘n familie lid wat dit ook oorgekom het, en vandag is die person oor die 50 en ek sien nou nog die nagevolge. Ook die se kinders het amper die selfde lot getref was die nie vir die huweliksmaat nie.
O ja, hoe minder ek sê oor die twee mense hoe beter. Hulle is beslis nie Poppie se ouers nie. Hulle het daai titel deur hulle misbruik verloor!!!!

MissDemeanor ·

Party mense weet regtig nie hoe om kinders groot te maak nie. Kan gladnie dinge uit ‘n kind se perspektief sien nie. Verstaan gladnie hoe kinders leer en otwikkel nie. Almal wat hul kinders pakslae gee mishandel hul kinders, wel op n mindere mate as die ou.

MissDemeanor ·

Poppie se ouers het sekerlik ook as kinders pak gekry. Dis n siek siklus. Die effek op mense verskil. Party van ons kan nie huil nie, my verhouding met my ouers is oppervlakkig (kon hul nooit vertrou nie, het gevoel ek word altyd veroordeel). Poppie se ouers het nie empatie nie. Om hul te vonnnis los nie die probleem op noe. Die probleem is te veel ouers weet nie hoe om hul kinders met deernis groot te maak nie. Ek is n groot aanhanger van die “Attachment parenting” filiosofie. Wens dat alle ouers, verniet klasse kon bywoon waar hul leer hoe om met deernis kinders groot te maak. En ook waar hul kan leer van maniere om van hul stress ontslae te raak ipv om dit op hul kinders uit te haal.

'n Ma ·

My hart is stukkend, dit is verskriklik om te weet dat twee volwassenes, ouers, wat veronderstel was om hierdie kleine poppie kind te beskerm haar dood veroorsaak het. Ek probeer ook nie die berigte oor die saak te lees nie want dit ontstel my geweldig en ek huil elke keer as ek lees hoe hulle daai mense so seer gemaak het. Wie doen so iets? Dit is nie menslik nie, dis ongediertes, hierdie mense verdien dit nie om in die samelewing te wees nie. Ek wil graag ‘n boodskap by Regter Bert Bam uitkry, ek weet nie hoe nie, nêrens is daar kontakbesonderhede nie, maar ek wil net vra asseblief Regter Bam gee hierdie mense die straf wat hulle toekom, daar word heeltyd gepraat van wie almal vir klein Poppie en haar boetie gefaal het, maar as hulle nie die straf gaan kry wat hulle toekom nie (dit moet eintlik die doodstraf wees maar dit bestaan mos nie meer nie) gaan die regstelsel haar ook faal. Asseblief Regter Bam laat hulle boet vir wat hulle aan haar gedoen het. Daai gesiggie spook by my. Ek weet sy is by ‘n beter plek waar sy nie meer kan seer kry nie – God vou haar in Sy arms toe.

Rian Malan ·

Ek weet ook nie watse ouers doen so iets aan n kind nie,haar gesiggie kry ek ook nie voor my weg nie,daai kind moes deur alle hel gegaan het,my trane loop ook.Asseblief Regter Bam,die swaarste moontlike straf wat jy kan gee,ek smeek u

Alida ·

‘n Ma, moet jou nie bekommer nie. Regter Bamm is baie baie slim hy weet wat om te doen. Ons hoef hom nie te vra nie. Ek glo hy sal altwee hierdie monsters vir minstens 20 jaar tronk toe stuur. Die gemeenskap versoek hom om dit te doen. Daar is GEEN versagtende omstandighede nie. Nie vir een van hulle nie.

dolphin ·

aitsa skaam jong sy is immers so klein dogtertjie dis nie nodig om meer pak slae te gee as terwyl die bed natmaak nie ek dink sy is baie bang wil nie omdat ouers raas onnodig moet mooi verduidelik sodat sy kan beter verstaan raas en skel en pak maak haar bang daarom kry sy nagmerries.ouers se selfstanding is nie goed genoeg nie…..houtlepel is onaanvaarbaar.

Willie ·

Gee die monster vir my in n toe kamer vir so n paar uur…. Die liewe Vader het pertinente reels vir klein kinderstjies!

lynette ·

ek voel skoon siek – al van gister af. kani glo wat ek lees nie en om te dink baie arme kinders gaan deur dieselfde hel……

Cindie ·

Kleine Poppie het haar bed vuilgemaak omdat sy vir hulle bang was.

Irene ·

Wag maar die tronk se deure wag vir hulle as daardie deure toe maak agter hulle gaan die poppe begin dans

CHRISTA ·

Ek dink ook so! As sy mede-loseerders eers uitgevind het WAARVOOR hy daar is, dan is die skoen aan die ander voet!!

Middie ·

Vandat ek Poppie se gesiggie die eerste keer gesien het, spook daardie betraande ogies dag en nag by my. Vir soveel onreg aan ‘n kind moet hulle albei ordentlik bestraf word.

Candice ·

Ja sy was ‘n pragtige kind met die gesiggie van ‘n engel. So sal sy onthou word.

Dee ·

Kinders groot maak vat tyd en geduld, ons almal weet dit vat tyd voordat kinders heeltemal gepotty train is. Aan moediging en hulle prys as hul dit reg kry is hoe kinders geleer word. Hierdie twee het geen geduld en geen liefde in hul harte gehad om hul kinders deur groot word te vat. En as hul dalk hul oudag sien, en doek moet dra, moet hulle ook aangerand word omdat hulle nie hul self kon inhou? Alles kom nou uit, maar ai dit kon so verhoed word… laat mens wonder of hul so behandel was as kinders?

Anoniem ·

Ek ken die ander grooter kinders van Louisa wat sy by haar eerste man gehad het…hulle is net sulke geknakte riete en eksperimenteer met tik..dagga…skool opvoeding was gestaak toe hulle graad 8 bereik het…die Pa het net een reel vir hulle gehad…hulle moet terug wees in die huis voor die son opkom..ek het al paar keer die dogter bv 02:00 die oggend im die straat gekry oppad van die pubs af en huis toe geneem om seker te maak sy is darem veilig…hulle het telkemale by ons gekuier waar ons dan probeer om hulle aan Jesus voor te stel en dat hulle probeer om die Regte pad te stap…maar dis baie moeilik want so baie volwassenes het hulle teleurgestel…ons sien hulle nog gereeld en hulle sal altyd welkom wees by ons..maar n Ouer se liefde is iets wat niemand kan vervang nie…die kinders smag so na daai liefde dat dit al lelike letsels op hulle siel gemaak het…ons bid elke dag dat die Liefde van ons Hemelse Vader hulle sal oorweldig dat hulle tot getuienis kan wees vir baie ander…hulle is maar net kinders met n groot leemte.

AP ·

My dogter sou wat wou gee om so ‘n pragtige klein engelgesiggie kon gehad het, ai dit is so hartverskeurend wat hulle met die kindertjies aangevang het.

$ ·

Hoe moet ‘n klein kindjie nou ophou huil terwyl hy/sy ongenadiglik geslaan word… slaan totdat hulle huil, en slaan dan verder totdat hulle ophou huil? Watse soort redenasie is dit? Die kinders was 3 jaar en 5 jaar oud, hoe moes hulle nou weet om op te hou huil terwyl die lyfies so seerkry????!

En nou draai die twee “duifies” teen mekaar – elkeen vir homself. Hulle wreedheid en gebrek aan gevoel vir ‘n ander ken geen perke nie.

Dankie tog die kinders is van hulle verlos … net so hartseer dat Poppie se verlossing deur die dood moes kom.

Albatros ·

Ek verstaan hierdie saak is erg, maar kan iemand asb vir my verduidelik hoekom die Poppie en Van Breda sake al is wat ons van hoor?

'n Ma ·

Albatros niemand hoef niks aan jou te verduidelik nie, as jy nie belangstel in hierdie storie (die Van Breda saak het niks hiermee uit te waai nie) hoekom is jy hier? Gaan soek dan na iets wat jou wel intresseer en maak ‘n waardevolle bydrae daar. Die mense wat hier boodskappe los is hartsmense met ‘n passie vir kinders en spesifiek vir Poppie. Dis jammer dat hierdie spesifieke saak jou nie raak nie maar dit raak ieder en elk wat hier kommentaar lewer.

Amanda ·

En dit is hoekom pakslae nou teen die wet is!!! Want sommige mense weet nie wanneer om op te hou nie. Hoe kan n mens n kind slaan en nie verwag dat die kind gaan huil nie? Maar in die ou dae het die mense dit mos geglo. Kinders moet gesien word, en nie gehoor word nie. Ouers moet hulle kinders dissipline leer met liefde, geduld en respek. En NIE hulle slaan sodat hulle jou moet vrees nie.

Ashley ·

Ek is stom!! Jou pragtige kleine kindjie. Rus nou in vrede sonder enige pyn. Maar dan nog steeds. 92% van ons blanke mans regverdig lyfstraf vir hul kinders!!!

Hermien Pargiter ·

Die hele gemeenskap van Orania, hul buurman daar en waar hierdie mense ookal gebly het, het hierdie kinders gefaal!

HD ·

Dit alles is hartverskeurend en ironies, hoe mense wat nie verdien om kinders te hê nie die tipe goed aanvang, waar ander se harte smag na ‘n kindjie om lief te hê.

Pop ·

My hart is so so seer vir al die seer in mense. En kindertjies. ?????

Petro ·

Ek volg Poppie se saak nou al van die begin af. Elke keer as ek dit lees, word ek bitter hartseer. Die HEL waardeur hulle Poppie en haar boetie gesit het. Onmenslik. My eie dogtertjie is nou 3, en sy is ook nog nie heeltemal van die doeke af nie. As my dogtertjie n harde dag by die kleuterskool gehad het, of “bang” is vir iemand dan is die glipsie baie meer daardie aand. Arm Poppie. Geen kind verdien dit nie.

G ·

Petro, as ek jy was, het ek ‘n ‘spy’ kamera saamgestuur skooltoe. Jou kind behoort nie ”n harde dag’ by die skool te hê op haar jong ouderdom nie.

Tamrin ·

Dit is so onnodig….. Dit breek my hart om die berigte te lees! My vraag is aan die ouers, is dit regtig sooveel moeite om die die vuil wasgoed elke dag te was, dis jou kind verdomp. Was daar nie dalk n probleem gewees dat sy gereeld gaar bed bemors het nie?
Ek as n ouer sal my hande af baklei vir my kinders, as daar n probleem met hulle is sal ek tot die laaste gange, draaie en hoeke van die wereld soek na n oplosing of vir hulp. Hoop en Bid dat hulle n swaar straf sal kry.
#justiceforpoppie

Bosbok ·

Dit was die laaste artikel wat ek oor Poppie gelees het. Ek self het 2 dogtertjies om en by haar ouderdom en die artikels maak my naar tot in my diepste binneste. Die flip side is dat as ek in die middae by die huis kom, ek my kinders 3 keer stywer vas druk, 10 keer dink voor ek reageer op iets wat hulle “verkeerd” doen en hulle sal laat verstaan ek het hulle oneindig lief. Daarmee sal ek wel voortgaan

Oom Doug ·

Liewe Poppie. Jy is nou in die hemel. Ek glo jy sal al die liefde kry wat die hemel kan gee.
Die bybel leer ons om te vergewe. Maar ek vind dit mooilik om haar ouers the vergewe. Ek laat dit oor an liewe Jesus.

Hendrik ·

Ek is skaam om myself ‘n mens te noem as ek hierdie berigte lees.

Rina ·

Hierdie twee mense is monsters – wrede monsters en moet as sulks gestraf word. Bygese die biologiese pa wat hom nou so verontskuldig van alles, hy het ‘n gewete om lewenslank mee saam te leef. Hoekom het die ma en kinders aanvanklik van hom af Orania toe gevlug? Baie dankbaar dat die seuntjie in liefdevolle ouerhuis nou is en dat sy lewe heelwaarskynlik anders sal opeindig!

Louise ·

Dit skeur my hart in twee. Ek voel baie jammer vir die kinders en ook vir die ma!!! Deur die storie te lees beleef ek my hell wat ek gehad het met n monster man soos hy. My gedreig met die dood, gaan mense kry om my te verkrag en dood te maak as ek hom sou los… mense weet nie watse hell is dit nie…jy is so bang want jy weet nie wat se kant toe nie jy weet nie as jy polisie toe gaan en dit werk nie hy kry wel mense om jou dood te maak en te verkrag. En die dinge wat hy jou al vertel van sy verlede vrees jou nog meer. Jou hande is afgekap. En manipuleer jou so en ook almal. Mense dink hy is die wonderlike man as hulle net kon weet watse vrees het ek in my gehad. Ek het my kinders beskerm met my lewe! Tot op n dag het ek besluit hy moet my nou dood maak en klaar kry my kinders sal versorg word maar teen die vark van n man staan ek op teen hy wou my weer aanval met n mes vir ure lank toe gryp ek vir my mes en sê vanaand dooi ek en jy maar genoeg is genoeg!!! Ek dank God vir die krag en bystand en om te kon opstaan teen die monster. Mense weet nie watse hell dit is nie en dis nie so maklik om uit te kom.

Santa ·

Ek kan net nie verstaan hoe niemand van dié abuse geweet het nie. Bure of vriende en familie. n Wonderlike geskenk van God wat so verniel is! Hoe laat ‘n moeder sulke goed gebeur en doen niks?

heila ·

as kind is ek ook so mishandle. het hulle my maar net dood geslaan want deur hul mishandeling is ek kruppel en het dagliks pyn. hul het my nek gekraak en ek ly aan fibromialgie. as ek na daardie gesiggie kyk sien ek myself.
Heila

FM ·

Hartverskeurend. Jy kry liefdevolle stiefpa s. Maar hierdie stiefpa was n monster. Ek wonder hoe het sy kinderlewe gelyk. So mooi, pragtige dogtertjie wat haar nie kon verdedig nie. Ek het ook redelik streng groot geword, maar my ouers, veral my ma het altyd vir ons in die bresse getree. Ons is ook getugtig, maar met die ander arm is ons nader getrek. Dis mos nou nie n kuns om so klein dogtertjie aan te rand nie. So n aanrander is n gevaar vir die samelewing. Hy gaan nog moeilikheid maak. Ek weet nie wat om te sê oor die ma nie. Ek is stomgeslaan.

Tracy ·

Soos wat ek die hof verrigtinge volg loop my trane. Ek was ook met so monster getroud. My hart is so seer as ek dink dat hierdie mamma wat daai poppie in haar liggaam gedra het, haar moes beskerm met alles in haar. RIP liefste prinses poppie, jy was so mooi mensie en glo jys die mooiste engel kind by Jesus.

Hartseer ·

My hart breek in duisend stukke vir die lyfies en al die ander waarvan ons nie eers weet nie. Ek het 2 kinders 4 en 1. En ek sal alles doen om hulle veilig te hou. Ek sal my kinders ten alle koste beskerm.

Verstaan ietsie hiervan ·

Ons is besig om seuntjie aan te neem wat ook deur erge mishandeling is. Hy het ook baie seer gekry. As ek so oor Poppie lees, breek my hart. Hierdie kindertjies ervaar soveel seer.
My belofte aan jou, ons liefie-kind, ons sal jou met alles in ons beskerm sodat niemand jou weer so seer kan maak nie, ons sal vir jou al die hulp moontlik kry sodat jy ‘n pad van genesing kan stap, ons sal jou traantjies af vee wanneer jy huil, oneindig baie drukkies gee, ons sal luister, ons sal baklei vir jou… ❤️❤️❤️

SE MAAR NET ·

Ek het ook as kind pak gekry. Voor ek pak gekry het, het my ma vir my gevra of ek weet hoekom ek pak kry. Dan het ek pak gekry en dan het my ma my getroos en gese dat sy nog baie life is vir my. Vandag het ek en my ma ‘n baie sterk bond, sy is nie net my ma nie, maar my beste hardklop vriendin. En ek as ‘n volwasse person respekteer ander mense om my. Ek glo ‘n pak slae op die regte tyd is nodig , maar moenie oorboord gaan en al jou furstrasies op die areme kind uit haal nie. Poppie jy was nie gediseplineerd nie, jy was mishandle… My hart breek vir jou…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.