Poppie-saak: Ma, stiefpa hoor hul lot

Kobus en Louisa Koekemoer Woensdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Regter Bert Bam het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak gelewer in die opspraakwekkende moordverhoor van die driejarige blondekop dogtertjie, Poppie van der Merwe.

Poppie se ma en stiefpa, Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44), se verhoor het op 30 Oktober in dié hof begin waar hulle tereg gestaan het op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling.

Bam het albei beskuldigdes skuldig bevind op die aanklag van moord en twee aanklagte van kindermishandeling. Die mishandeling strek oor ʼn tydperk van September 2015 tot Oktober 2016 in Orania in die Noord-Kaap en Brits in Noordwes en behels ook ʼn sesjarige seun.

Maroela Media het laat in Oktober verlede jaar die nuus gebreek van Poppie se tragiese dood, wat skokgolwe deur die land gestuur het. Poppie is op 25 Oktober 2016 na die Brits- provinsiale hospitaal gehaas waar sy by aankoms dood verklaar is. Die Koekemoer-egpaar het toe reeds van Orania in die Noord-Kaap na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis.

Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem. Louisa is op 15 Desember in verband met die moord in hegtenis geneem. Die egpaar is sedert hul inhegtenisneming in aanhouding nadat hulle borgtog geweier is.

Die hof het tydens die verhoor gehoor Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop wat erge bloeding en drukking op die brein veroorsaak het. Voor haar dood het sy oor ʼn tydperk veelvuldige beserings opgedoen wat nie die tipiese beserings is wat kinders van haar ouderdom per ongeluk kan opdoen nie.

Die beserings is veroorsaak deur verskeie stomp voorwerpe soos ʼn hand, ʼn vuis of ʼn skoen. Poppie het ook verskeie merke aan haar lyf gehad waar sy vermoedelik gewelddadig geskud is. Die seun is ook telkemale aangerand.

Vonnisverrigtinge sal na verwagting op 28 Februarie 2018 begin.

Lees ookPoppie-saak: Regter ‘nie geraak’ deur ma se trane

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Blackwidow ·

Wonderlike nuus, dat hulle sit , rus nou sag en in vrede poppie

Rencia ·

Daar was meer as een klag teen meer as een kind. Daar was twee ander kinders wat ook aangerand en verwaarloos was. Onder andere die 16 jarige dogter.

Tania Nell ·

Lees die eerste paragraaf waar hulle noem van die drie-jarige dogtertjie.

Gouwsa ·

Die klagte was nie teen die kinders nie Rencia, daar was meer as een klagte teen die twee moordernaars vir meer as een kind.

Zettie ·

Ek is so bly………mag geregtigheid nou geskied vir die kleine pragtige dingetjie……..

Al 3 ·

Mag geregtigheid vir al 3 geskied, dat die 2 wat nog lewe n beter liefdevolle toekoms het.

Kobus ·

Hoop julle kry julle lot sy nou die mooiste engeltjie by God en seker sy kyk vir julle wat haar eina gemaak het

So hartseer ·

Hoe hartseer is dit dat n kleinding se lewe ongevraagd so wreed moes eindig. Sy het nie gevra vir al die pyn, seer en hartseer nie. Hoe plaas jy n “prys” wat betaal moet word op n lewe wat nog nie eers begin het nie? Wat gaan hulle kry? 5 jaar? 15 jaar? Geen straf, hoe lank ookal, sal nie genoeg wees nie. Ek is sommer van vooraf ontsteld

Nicolene ·

Dis iets verskriklik… My hart huil vir Poppie, dis so onnodig gewees, mense is die wreedste legends wese wat ek ken!!
Dit ontstel my nou weer van voor af..

Fritz mulder ·

So snaaks om die man met n klein bybeltjie te sien. Geen genade vir hom nie.

Landi ·

Dankie tog vir Regter Bam….baie dankie dat jy albei skuldig bevind het en ek hoop jy maak seker dat hulle lewenslank sit en vrot in die tronk want sulke mense hoort nie in die samelewing nie. Die advokate wat nog hierdie 2 sotte probeer verdedig het, ek hoop julle slaap rustig elke aand en sien daardie klein pragtige blondekop dogtertjie voor julle, julle oë toemaak. Ja julle mag kies watter sake om aan te vat en watter om te weier. Baie dankie vir Adv Salome Scheepers wat n uitmuntende saak voorgelê het en seker gemaak het sy staan op vir Poppie, Adv Scheepers mag jy baie geseen word.

snoefie ·

geen straf sal haar terug bring nie. geen straf sal die wreedheid wat teenoor haar en ander kindertjies gepleeg eord, ongedaan maak nie. mense neld gevalke aan by die welsyn. word dan van Pontius na Pilates gestuur en aan die einde van die dag….
1. gebeur niks. dis in meeste gevalle.
2. die kinders word in n plek van veiligheid geplaas. waar hulle deur die ander kinders en erger nou die personeel, die VERSORGERS verkrag, aangerand en afgeknou. maar ons hooggeleerde en seergeagte OB ondersoek mandela se begrafnis.

Johan ·

Niemand probeer haar terugbring nie snoefie. As hulle straf net een ander kind se lewe red deurdat ‘n mens tweekeer dink voor hy aanranding pleeg dan het dit al ‘n doel gedien.

Vroutjie ·

Nee die 16 jarige dogter is louisa se dogter uit haar eerste huwelik. Kobus het ‘n seun wat hy glad nie sien nie

Denise ·

Net jammer die Staat kla nie die Welsyn en die bure van medepligtigheid aan. Hulle het niks gedoen om die kleintjie se lewe te red nie!

snoefie ·

daar behoort n ondersoek te wees teen die welsynsorganisasies, cmr inkluis wie skouers optrek en sê “dis niecmy wyk/gemeente/afdeling nie. hulle weet mos presies waar im n geval wat onder hulle aandag kom, aan te meld. as die ob haar sout werd is sal sy uitvind hoekom klaers aktyd iuewers anders heen gestuur word.

Mooie Poppie Kind ·

Lewenslank en sonder parool en hopenlik ‘n hengse gewete en dat hulle elke dag moet gek raak as hulle dink aan wat hulle aan Poppie en die ander twee kinders gedoen het.

BOLANDER ·

Net vanoggend gehoor. Die mense in Zimbabwe was en is nie so wreed en pleeg nie moord of maak net seer vir die lekkerte nie. Na alles wat hulle deur gemaak het!! En kyk wat gaan in SA aan!! Geen liefde of omgee vir mekaar nie!! Nou praat ek van alle kleure. Maar nou ja, wie kan vir wie blameer as jy sit met ‘n lafaard en veraaier in die stoel wat een van die grootste krimenele in ons land is?? Maroela, julle gaan dit nou seker nie publiseer nie, want dit is die waarheid!!

Piet Pompies ·

Dit is baie jammer dat die kinders die prys van hul ouers se slegte optrede moes betaal. Party mense sal geleenthede aangryp om hul lewens te verbeter en ‘n verskil te maak. Anders sal eerder die “blame game” speel en almal blameer vir die slegte toestande. Hierdie soort persoon sal nooit die verantwoordelikheid van sy optrede aanvaar en altyd afhandlik wees van “hand outs”

Braam ·

Puik verslaggewing deur die loop van die saak Phillip…wel gedaan,

Des ·

Ek stem saam met Linda . Lewenslank is ‘n MOET, want dood straf is mos uit. Ek hoop dat daar ‘n paar “verrassings” in die tronk vir hulle wag.
Poppie jy is op die beste Plek. Daardie Pappa sal jou altyd beskerm my lief.

Voorstel. ·

Daar behoort foto’s by so ‘n sel opgehang te word van die een wat vermoor is. Elke liewe dag en oomblik moet daar teen daardie persoon vasgekyk word.

Hartseer ·

Kannie glo dat daai onskuldige kleine lyfie sooo seer gekry het nie .. en dan is daar nog ander wat ook so seerkry ..Ek bid vir elke kindjie en mag Die Here se Hand oor al kinderstjies wees ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.