Poppie-saak: Regter ‘nie geraak’ deur ma se trane

Kobus en Louisa Koekemoer Woensdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Louisa Koekemoer (46) se emosionele getuienis tydens die verhoor wat gevolg het ná die moord op Poppie Van der Merwe (3), was nie genoeg om die hof te oortuig dat sy nie aanspreeklik gehou moet word vir haar dogter se moord nie.

Maroela Media het vroeër berig regter Bert Bam het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria Louisa en Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer (44), skuldig bevind op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van kindermishandeling.

Bam het tydens sy uitspraak gesê haar emosionele reaksie tydens haar getuienis het hom nie geraak nie, want sy kon hom nie oortuig dat sy die nodige stappe gedoen het om te poog om die kinders te beskerm nie.

“Die gemenereg beskerm kinders, en albei ouers het die plig gehad om na die kinders om te sien en hulle te beskerm. Albei beskuldigdes was bewus van wat die ander gedoen het en dat die kinders ernstig aangerand en beseer is, maar het niks gedoen om die kinders teen dié mishandeling te beskerm nie. Daarom is daar met ʼn gemeenskaplike oogmerk opgetree,” het Bam tydens sy byna uur en ʼn half lange uitspraak gesê.

Bam het gesê die staat het veral gesteun op omstandigheidsgetuienis, en in sulke gevalle moet alle getuies se getuienis in geheel oorweeg word. “As dit gedoen word, skets dit ʼn mosaïek dat die kinders oor ʼn tydperk van agt maande onder ʼn patroon van mishandeling gebuk gegaan het. Die beskuldigdes het tydens die verhoor teen mekaar gedraai en die blaam op die ander een begin plaas. Tog het die een geweet wat die ander een doen en was dit albei se plig om die kinders te beskerm en is albei skuldig aan [Poppie se] moord en die mishandeling.”

Kobus Koekemoer Woensdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Hy het gesê Kobus en Louisa moes weens die aard van die kinders se beserings voorsien het dat die aanranding, wat gestrek het oor ʼn tydperk van September 2015 tot Oktober 2016 in Orania in die Noord-Kaap en Brits in Noordwes, hul dood kon veroorsaak.

Bam het tydens die uitspraak sy misnoeë uitgespreek oor hoe die Orania-gemeenskap die situasie hanteer het. “Dit was duidelik dat die kinders mishandel word. Die gemeenskap het vir onbekende redes gefaal om die nodige stappe te doen om die kinders te beskerm. Ek is verbaas dat dokters, onderwysers, ʼn dominee en ʼn berader net die blaam rondgeskuif het. Hierdie mense kon netsowel medepligtiges gewees het,” het hy afgesluit.

Maroela Media het laat in Oktober verlede jaar vir die eerste keer berig oor Poppie se tragiese dood, wat skokgolwe deur die land gestuur het. Poppie is op 25 Oktober 2016 na die Brits- provinsiale hospitaal gehaas waar sy by aankoms dood verklaar is. Die Koekemoer-egpaar het toe reeds van Orania in die Noord-Kaap na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis.

Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem. Louisa is op 15 Desember in verband met die moord in hegtenis geneem.

Kobus het ná die uitspraak emosieloos uit die beskuldigdebank na die aanhoudingselle gestap. Louisa het vlugtig met haar ma, Susan Bothma (70), vanuit die beskuldigdebank gepraat. Louisa se oë was rooi gehuil.

Die egpaar se vonnisoplegging sal na verwagting volgende jaar op 28 Februarie in dieselfde hof begin.

Louisa saam met haar ma, Susan Bothma, en adv. Adrian Nell. Foto: Phillip Bruwer

ʼn Emosionele Bothma het ná afloop van die hofverrigtinge aan die media gesê sy is nie gelukkig dat Kobus en Louisa albei aan moord skuldig bevind is nie.

“Ek glo nie my dogter sou haar kind doodgemaak het nie. Ons gaan maar hoop en bid dat dit vorentoe beter sal gaan. Ons sal maar sien wat gebeur met die res van die hofverrigtinge. Dis al wat ek nou wil sê asseblief, ek voel nie lekker nie,” het sy gesê.

Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa wat sedert die verhoor op 30 Oktober vanjaar begin het in die hof was, wou nie ná die uitspraak kommentaar lewer nie. Hy het gesê hy sal kommentaar lewer sodra die vonnisoplegging afgehandel is.

Lede van die Go Purple Foundation, ʼn organisasie wat slagoffers van geweld en verkragting ondersteun, het die uitspraak verwelkom. Annari du Plessis, die organisasie se stigter, het gesê daar is nog baie kinders soos Poppie daar buite wat deur die maatskaplike stelsel gefaal word. Sien die video onderaan die berig.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Alida ·

Nou huil sy hoekom? Het sy nie Poppie se gehuil gehoor nie?

Raponsie ·

Ek hoop nou net van harte dat Poppie se boetie ‘n goeie ouer huis gaan kry. Wat hom sal verstaan met sy verbreekte hartjie, sy angs en pyn wat sy sussie nie meer met hom is nie….

Ada ·

Kannie wag vir die straf nie.Geen parool ooit nie.Mag ook nie apelleer nie.

Marisa ·

So dankbaar vir regter Bam wat sy werk ernstig opneem en korrek uitvoer. Ons wag om te sien dat die maatskaplikke werkers, onderwysers, dominee en dokter aangekla word. Nie eens te praat van advokate wat die twee verteenwoordig het…hoe kry julle dit reg om duidelikke skuldigges te verteenwoordig…ek staan verstom.
#gopurplefoundation #annariduplessis julle is awesome!!

CG ·

Goeie genade, Marisa. Nou wil jy sommer die verdedigingsadvokate ook aankla! Dit is n baie basiese beginsel in enige regstelsel dat jy die reg het om jou saak te stel en die reg het op verteenwoordiging . Ons is almal emosioneel oor hierdie verkriklike dinge wat gebeur het, maar kom ons behou tog net gesonde oordeel.

GESKOK ·

Ja nee CG ek stem saam met jou, mense se gesonde oordeel het hulle nou heeltemal verlaat. Maak nie saak hoe ek en jy oor die prokureur of advokate voel wat sulke skuim verdedig nie dit is hulle saak, hulle werk, hulle gewete. Het Marisa nou mooi gedink, kan jy jou nou voorstel dat elke regsgeleerde wat n werk doen na n strafsaak nou ook vervolg moet word, siestog dan gaan die regsfakuliteite darem LEEG wees hoor, en die oorvol hofrolle nog voller!!! Ek stem saam die maatskaplike werkgers , dokters en onderwysers het vir Poppie gefaal maar dankie tog Regter Bam weet hoe om sy werk te doen. Laat daai twee vrot in die tronk en hierna brand in die hel!

ORANIA SIES ·

Orania julle behoort julle te skaam. Wat gaan aan daar by julle dat almal van julle net skouertjies kon optrek. Is dit ‘n geval van ons praat nie teen ons “eie” nie want dis “ons mense” . Ons Afrikaners is so gretig om mekaar te beskerm dat ons alles sal oorsien moet tog net noe uitpraat of iets sê oor die “volk” nie. Laat sak julle koppe in skaamte

Eish ·

Ek stem saam. My kommentaar is gesensor.
Ek is hoogs ontsteld oor Orania se mense soos uitgewys deur die regter wat medepligtig is aan die onreg. Ek is geskok dat dokter, onderwyser, berader en dominee die blaam eenvoudig rondskuif.
Totale liefdelose klomp. Sies man!

R ·

Net soos enige ander dorp in die land staan Orania ook onder die land se wette. As julle nie weet wat die Ds en maatskaplike werkers als in plek moes kry om die kinders uit hul omstandighede te verwyder nie, bly eerder stil. Waarom het hul oornag uit Orania verdwyn. Want die stappe on die kinders VOLGENS WET te kon verwyder het in plek begin kom. Het enige van julle ‘n idee wat se wroeging maatskaplike werkers ooral oor die land heen mee sit omdat jy nie ‘n kind “sommer net” uit sy ouerhuis kan vat nie want als moet per prosedure gedoen word…

CG ·

Ek lewer kommentaar op die inhoud van die berig. Mens sal die regter se uitspraak woordeliks moet bestudeer om te bepaal of dit korrek weergegee is. Ek kan nie fout vind indien daar kritiek is op individue wat hulle rolle in diegemeenskap nie toepaslik vervul het nie. Die regter gaan egter heeltemal te ver. Indien die berig korrek is, vind n regter individue en ‘n gemeenskap in sy hof skuldig aan ernstige misdade (medipligtigheid aan moord en aanranding) sonder dat hulle eens aangekla is. Hy veroordeel Orania se gemeenskap, maar het blykbaar geen kritiek op Brits se gemeemskap, waar die moord plaasgevind het nie. Die regter misbruik sy posisie om hom skuldig te maak aan Afrikaner “bashing”. Mede Afrikaners is maar te gretig om hieraan mee te doen.

Eish ·

Orania het 1200 inwoners?
Klein gemeenskappie. Klein gemeenskappe is geneig tot beter kommunikasie wat beteken mense weet van mekaar en hul bagasie. Dan is dit n klomp Afrikaanssprekende blanke Afrikaners bymekaar. Veronderstel om mekaar te ondersteun ter wille van die saak.
Ek bly liewer in die helhool en trotseer die misdaad en diskriminasie as die by dié blaamskuiwende liefdeloseheid.
Sies man!

Anoniem ·

Nee wat, CG, ek stem glad nie met jou saam nie. Die regter ken die hele storie en het na almal se getuienis geluister so hy weet waarvan hy praat. Ek stem saam met Purple Hearts dat die gemeenskap ook verantwoordelik gehou moet word. Die dogtertjie is wreedaardig mishandel oor maande, so dit gaan verseker nie daaroor om Afrikaners af te breek nie.

ORANIA SIES ·

Jip daar is dit nou die alewige kruip weg agter Afrikanerdom. Jy is duidelik een vam daardie wat enige daad sal verskoon in die naam van Afrikanerdom. Dit maak jou blind! Waar was die owerhede wel bewus van die mishandeling? ORANIA. Asb tog dit maak mens sommer net naar dat jy eers probeer om die gespuis en Orania te verontskuldig in die naam van jou o so groot Afrikanerdom. Weet jy dis met die laaste deel vd woord wat van toepassing is op jou argument. Skaam jou! Skaam jou Orania

CG ·

Ek sien die betrokje paragraaf in die berig is gewysig, oa van “Hulle is almal medipligtiges” tot “Hierdie mense kon net sowel medepligtiges gewees het”. Onthou nog die berigte van “generally corrupt relationship” wat toe nooit deur die regter gese is nie?

CG ·

Eish en ORANIA SIES. Uitstekende voorbeelde van Afrikaner “bashing” / vergruising.

Piet ·

Ek neem aan almal wat hier gal braak het al betrokke geraak by hulle gemeenskap en ‘n paar kinders verwyder wat mishandel/misbruik word. Hulle loop seker altyd saam met dokters en sielkudiges rond om kinders wat huil te ondervra en blou kolle te ondersoek. Op ons dorp is kinders wat in haglike omstandighede woon. Mens sien nie aanrandings nie maar jy kan jou self indink. Ek is bly dat daar blykbaar in al die ander dorpe in SA nie sulke goed gebeur nie.

JO1 ·

Mag daai twee blou ogies die res van hulle lewens by hulle spook!!

Ada ·

Kla al die ander aan wat daarvan geweet het en n blinde oog gegooi het. Dit sal n duidelike boodskap vir ander gee om reg op te tree in sulke gevalle.

McK ·

Ek stem – kla hulle ook aan en straf hulle sommer ook.
G’n mens kan toekyk hoe kinders so mishandel word en net anderkant kyk nie.

Arizona ·

Gee die seuntjie vir my. Ek sal hom groot maak soos my eie. My seuns is groot. Ek het soveel liefde om te gee. Die seuntjie sal nooit weer seer kry of weet wat dit is om seer te kry nie

Sussie ·

Ja Arizona ek se ook gee daai engel seuntjie vir my ek sal hom groot maak soos my eie ek het myne jare terug verloor.en hy sal soos n engeltjie behandel word.

Ann ·

Ons praat hier van n poppie wat geen kans gehad het teen wrede ouers wat veronderstel was om haar te beskerm nie. Will nie eers dink aan die pyn wat sy moes verduur het nie. En by wie moes sy gaan huil???

Rupert Ashford ·

Justice vir die kindertjies. Oor die pers lot wil ek net die volgende se: Daar is te veel van hierdie organisasies wat op die “bandwagon” spring en kastig vreeslik gebelgd raak oor hierdie goed maar eintlik ook maar deel is van die probleem. Hulle het ‘n sterk moderne feministiese ondertoon wat hulle eintlik maar beywer daarvoor om die tradisionele gesin af te breek dmv ‘n manshaat mentaliteit wat hulle voortdryf (en met meer sinistere ondertone). Die enigste oplossing vir hierdie probleme wat soos ‘n kanker in die samelewing is en al hoe erger raak is om terug te gaan na God, te kyk wat se Hy in Sy Woord oor hoe die gesin moet lyk en wat Pa en Ma se rolle moet wees en daarvolgens te leef, maar o wee nou het ek 90% van julle se steun verloor want moet tog net nie daai oudmodiese gemors op ons probeer afdwing nie. Die Woord se ook God sal die mensdom oorgee aan hulle luste sodat hulle hulleself vernietig en dit is wat ons elke dag in die howe sien uitspeel. Let ook daarop dat Die Woord net so baie te se het oor en verwag van die Pa se rol soos die Ma sin so niemand kry ‘n vrypas nie.

Leeutjie ·

Jy is in die kol Rupert! Gaan terug na die basiese beginsels en hou by God en sy gebod! As jy toelaat dat Sy gees jou lei sal jy nie verval as mens en hierdie dinge nie oor jou kom nie.

Amanda ·

Elke mens het uit hierdie saak ‘n les geleer, naamlik, om betrokke te raak. Ons hoor en sê so dikwels dat mens nie “betrokke” wil raak deur ‘n saak van geweld in huise te rapporteer nie. Mense is bang dat hulle in ‘n hof moet getuig of dalk dat dit “nie so erg” is nie. Elke liewe geluid wat klink soos ‘n vuishou, ‘n blou oog of letsel en gepaardgaande verskoning van in “kaste vasgeloop” of “van trappe afgeval” moet gerapporteer word. Daar is soveel organisasies waar enige persoon beweerde mishandeling naamloos kan rapporteer. Dit sal opgevolg word. As dit nie gou genoeg opgevolg word nie, rapporteer dit weer.
Raak net betrokke.

Dee ·

Hartseer, die Oriana is defnetief nie die veilige plek wat hulle self voordoen. Ek is bly dit het uitgekom, vir wat daar gaan weg kruip en dan jou “man” te ontmud, watse mense bly daar?
Mag die boetie en sussie vrede kry en besef daar is nog ‘n gereg

Pretorius ·

Waarom Orania aanval????

“Die liggaam van ‘n pasgebore baba is Maandag deur nooddienste en die polisie se soek-en-reddingspanne uit ‘n rivier in Marlboro in Gauteng gehaal.” – Maroela Media 5 Des 2017

“‘n Fetus is Woensdagmiddag laat op ‘n ashoop in Klerksdorp gevind” – Maroela Media 7 Des 2017

Is daardie dorpe en inwoners van die dorpe ook nou sleg? Waar was die bure, gemeenskap en maatskaplike rade van dié gebiede????

Daar bly sekerlik ook Afrikaners in Klerksdorp – is die Afrikaners in Klerksdorp ook nou sleg omdat daar so iets in hul dorp gebeur het?? Of geld dié argument slegs as dit Orania is?

Theresa ·

Aan ‘n paar mense wat negatiewe kommentaar hierbo gelewer het oor Orania: Vreemd dat jul so uitvaar oor Orania assulks. Dis (as ek reg gelees het) 4 mense wat moontlik die “dowe oor” en “blinde oog” gedraai het oor die situasie van ‘n huisgesin wat daar gewoon het vir ‘n rukkie. A nee a. Jul is erg krities en weet sekerlik niks van die plek af nie! Om nou te sê Pretoria is ‘n nes of almal moet gestraf word (dame wat pas gevind is wat wreed vermoor is, ensvoorts, ensovoorts) is mos banaal. Soos enige plek, deurkruis mense van alle denkrigtings ook seker Orania. Waarom so drasties reageer oor die plek? Is Brits ook deel van jul vreeslike renons?? Wie het daar geweet van die voorvalle wat jul graag wil kruisig.
Nee wat. Orania makeer niks nie. Oortuig daarvan dat meerderheid inwoners daar gelukkige, suksesvolle mense is.

Jordaan ·

Pretorius, Oranje word nie so seer aangeval nie, dis al die mense wat bewus was van die mishandeling en niks daaraan gedoen het nie. Ek is seker ‘n dominee, maatskaplike werkers, onderwysers en dokters het nie almal geweet van die fetus in Klerksdorp of die baba in Marlboro nie. Die argument is dat soveel mense in Oranje daarvan geweet het, en dit nie gekeer het nie – ‘everybody thought somebody would do it, then nobody did’

HPV ·

Ek hoop die bestuur en gemeenskap van Orania leer iets hieruit. So iets mag nooit weer in hul gemeenskap gebeur nie. Dit kon so anders gewees het as net een buitstander daadwerklik ingegryp het. Laat dit vir ons almal ‘n les wees, raak betrokke in sulke gevalle, al is dit net om ‘n klag te lê en op te volg.

Minx ·

Julle wat Orania so uitskel nou is on ingelig dit gebeur daagliks en om ‘n dorp te beskuldig is nou rerig nie nodig nie almal probeer ‘n lewe maak en ongelukkig kom die tipe ding oral voor!!!!!!!!!!!!julle blameer nou ‘n dorp om versagting te gee aan die skuldiges dis nie die dorp wat vir Poppie mishandel en dood gemaak nie dis haar eie ma en stiefpa as jy mooi lees het dit te warm geword vir die skuldiges…….en ja jy kan nie net sommer ‘n kind weg vat van die ouers af nie daar moet hartseer soos dit is ‘n protokol gevolg word en dis waar die probleem is. Ek weet my buurman slaan sy vrou elke Vrydag en hoor hoe sy skreeu ek het al die polisie gebel maar daar het niks van gekom nie. Sy bly nog steeds ten aanskoue van haar kinders by die drek!!!!!!Dis nie lekker om te sien hoe ver die kinders gaan om net in of uit die pa se pad te bly nie. Ek bly in Gauteng en die kinders is in die skool omgewing moet ek nou na die skool gaan en vir hulle vertel van die geval? Of na die welsyn? as die ma in die omstandighede wil of nie ‘n ander uitweg het nie? Sondag sit daai man in die Kerk en lyk soos ‘n liefdevolle gesins man…………..

Pers Heks ·

Ek wil ook my stuiwer in die beurs gooi!

God het ‘n ma 2 pligte opgelê!!!!
1. Jy moet jou kind onvoorwaardelik liefhê.
2. Jy moet jou kind ten alle koste beskerm.

Minx ·

Julle wat Orania so uitskel nou is on ingelig dit gebeur daagliks en om ‘n dorp te beskuldig is nou rerig nie nodig nie almal probeer ‘n lewe maak en ongelukkig kom die tipe ding oral voor!!!!!!!!!!!!julle blameer nou ‘n dorp om versagting te gee aan die skuldiges dis nie die dorp wat vir Poppie mishandel en dood gemaak nie dis haar eie ma en stiefpa as jy mooi lees het dit te warm geword vir die skuldiges…….en ja jy kan nie net sommer ‘n kind weg vat van die ouers af nie daar moet hartseer soos dit is ‘n protokol gevolg word en dis waar die probleem is. Ek weet my buurman slaan sy vrou elke Vrydag en hoor hoe sy skreeu ek het al die polisie gebel maar daar het niks van gekom nie. Sy bly nog steeds ten aanskoue van haar kinders by die drek!!!!!!Dis nie lekker om te sien hoe ver die kinders gaan om net in of uit die pa se pad te bly nie. Ek bly in Gauteng en die kinders is in die skool omgewing moet ek nou na die skool gaan en vir hulle vertel van die geval? Of na die welsyn? as die ma in die omstandighede wil of nie ‘n ander uitweg het nie? Sondag sit daai man in die Kerk en lyk soos ‘n liefdevolle gesins man…………..

Aan Minx ·

Ja Minx – jy bel ELKE week die polisie, Childline, die Kerk se maatskaplike afdeling, enige en elke NGO in jou omgewing, die skool, wie ook al, ter wille van daai kinders. Elke week.

Sebastiaan ·

Julle wat so klippe na Orania se gemeenskap gooi: dan is julle ook skuldig aan al die verskriklike goed wat in julle dorpe gebeur. En hoekom het regter Bam dan nie Brits se mense so gekritiseer, waar die moord plaasgevind het? Of die dorp waar hulle voor Orania gebly het?

Alida ·

Sebastiaan, soos ek verstaan was hulle nie lank op Brits nie. Hulle het op ‘n plot gewoon en die gemeenskap was duidelik nie bewus gewees van die gruweldade nie. Wat ek wel nie verstaan nie is hoekom het die 16 jarige kind nie by iemand, enigiemand die geweld aangemeld nie.

fm ·

Mag jy in Vrede sonder enige enige vrees en angs Rus klein dogertjie. Mag die ander kleintjies daar buite wat daagliks aan dieselfde tipe mishandeling onderwerp word gehelp word. Want hulle kan nie hulself teen die klappe, skoppe en slae van groot mense verdedig nie.

magda de man ·

En Anneri kry dit weer reg om die Maatskaplike werker aan te vat………….ek lees nie een keer dat daar ‘n maatskaplike werker betrokke was nie, maar n berader ……………. Kom ons baklei die regte “oorlof”…………..

Sandy ·

Maatskaplike werkers moet hulle werk begin doen, ek praat nie van almal nie, maar meeste dink hulle doen jou ‘n groot guns om jou te help, ipv om te lewe vir die werk wat hul doen. Hulle sal ‘n kind plaas en dan nooit weer besoek doen om te sien dat daar wel omgesien word na die kind nie, ek praat uit ondervinding.

WILLIE* ·

EK STEM WELSYN VERTEENWOORDIGER,DR EN PREDIKANT TEN MINSTE 30 DAE AGTER TRALIES HUL KOM ALTYD SO MAKLIK WEG

Sebastiaan ·

Amptelike verklaring van Orania oor die saak:

Beste vriende van Orania
Met die skuldigbevinding van twee beskuldigdes gister in die hofsaak oor klein Poppie van der Merwe se moord, wil ons as instellings in Orania graag die geleentheid gebruik om die volgende agt punte met ons ondersteuners en vriende te deel:
1. Ons vertrou dat die reg verder sy gang sal gaan en geregtigheid sal seëvier wanneer ‘n paslike vonnisoplegging na gister se skuldigbevinding van die twee beskuldigdes sal volg.
2. Dit is vir ons een van die grootste persoonlike tragedies dat hierdie pragtige kind so brutaal vermoor is.
3. Ons is uiters dankbaar vir ons getroue vriende en ondersteuners se bystand, gebede en vertroue deur hierdie moeilike tye. Kinders is vir Orania baie kosbaar en ons instellings doen alles in hulle vermoë om ’n veilige omgewing vir kinders in Orania te skep.
4. Hoewel Poppie naby Brits vermoor is, het die gesin tot ‘n maand voor die moord in Orania gewoon. Omvattende berading en moniteringsprosesse het oor ‘n periode van maande in Orania plaasgevind en daar is na buite instansies vir bystand uitgereik. Dringende versoeke is gerig aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om Poppie van haar ouers te verwyder, ongelukkig sonder die nodige voorkomende effek.

Sebastiaan ·

5. Talle individue en instellings was aktief by die maatskaplike probleme van die gesin betrokke en ons is op ’n diep persoonlike vlak deur haar moord geraak.
6. Dit het uit die hofverrigtinge geblyk dat gemeenskapsbetrokkendheid en -inmenging in Orania daartoe gelei het dat die beskuldigdes met hulle kinders Orania oornag sonder waarskuwing of kennis verlaat het, waarna die moord ‘n maand later in die Brits-omgewing plaasgevind het.
7. Ons is besorg oor Sy Edele regter Bam se sydelingse opmerkings dat Orania meer kon gedoen het om Poppie te beskerm. Die Orania Maatskaplike Raad het onder andere reeds na die voorval met die Landdros van Hopetown geskakel om alternatiewe en effektiewe prosesse en kanale in plek te stel ten einde enige moontlike toekomstige soortgelyke gevalle te voorkom.
8. Weereens baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning, vertroue en ook geduld tydens die verloop van hierdie saak. Instellings in Orania wat op maatskaplike terrein funksioneer verdien ons dank en komplimente vir hul goeie werk. Ons bevestig weereens ons oorgawe en arbeid vir die daarstel van ‘n volhoubare toekoms vir ons mense, ook rondom die maatskaplike uitdagings wat ons volk tans beleef.

JH ·

Ai Rupert is dit nie ook maar kerk mense wat anderpad gekyk het nie. Wees eerstens ‘n goeie mens maak nie saak wat jou geloof is nie.

Santie ·

Dan sal die wet eenvoudig verander moet word om kinders te verwyder so gou moontlik indien dit sò duidelik sigbaar was soos met Poppie en haar boetie. En tot die teendeel bewys word, moet hulle in veilige bewaring bly. Ongelukkig hoor mens ook nou van grootmense wat uitkom oor hoe hulle as kinders in pleegsorg seksueel misbruik word. Ek word skoon depressief as ek daaraan dink.

ORANIA SIES ·

Lekker verwyder maar kommentaar oor Orania maar dit sal nie opinie verander nie. Ek sê weereens in julle drome ondersteun ons julle. It’s the stuff our nightmares are made of. Hoeveel ander Poppies is daar nig in Orania wat gebuk gaan onder die juk van “moenie uitpraat teen die volk nie”. Walglik

Sebco ·

Dit gaan nie oor “moenie uitpraat teen die volk nie”. Soos herhaldelik gesê is daar opgetree, maar daar is prosesse wat ongelukkig baie stadig werk. Neem jy die reg in eie hande, is jy eers in die moeilikheid. En, bygesê, die mense is gemonitor en daar was selfs aanduidings dat dinge verbeter. Onthou, dit is nie net van “wegvat” van die ouers nie. Wat dan? Sit jy hulle in ‘n kinderhuis waar hulle dalk eers mishandel word en tussen vreemdelinge is? Voor jy klippe gooi, raak eerder betrokke by maatskaplike probleme in jou gemeenskap, daar is baie.

ORANIA SIES ·

Tussen vreemdelinge sê jy Sebco. Maw mense wat nie van die volk is nie? Die gespuis het vir hoe lank in Orania gebly. In daardie tyd het almal gehoor gesien em geweet wat aangaan. Maar nooit na die polisie gegaan hoekom nie? Moenie wegkruip agter snert om hierdie te regverdig nie! As ek my buurman sien sy kind skop gaan ek dadelik polisie toe! Die juff die dr die dominee het ‘n morele plig gehad om die saak by die polisie aan te meld. Laat ek raai hulle was seker behep met die feit dat die polisie ook “vreemdelinge” is. O nee ons kan nie vreemdelinge inbring om ons volk aan te spreek nie. Ons moet dit binne hou onder die laken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.