Poppie se broer nie by pa oor ‘gesinsgeweld’

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe, die driejarige dogtertjie wat glo deur haar stiefpa vermoor is, se vyfjarige broer is nie in die sorg van sy biologiese pa geplaas nie, aangesien daar tans ʼn beskermingsbevel teen hom is weens beweerde gesinsgeweld in die verlede.

Anja le Cornu, woordvoerder van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) in Brits, het aan Maroela Media gesê bewerings deur Poppie se biologiese pa, Christo van der Merwe, dat die seuntjie in sy sorg geplaas is, is nie waar nie.

“Daar is ʼn bestaande beskermingsbevel teen die biologiese vader van Poppie en haar broer, weens ’n geskiedenis van gesinsgeweld. Dus mag die seun onder geen omstandighede in sy biologiese vader se sorg geplaas word nie. Die seun, asook sy 14-jarige halfsuster, is tans in veilige plasing in neutrale omgewings,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Poppie is verlede week met grusame beserings na ʼn hospitaal gehaas. Sy is daar dood verklaar. Dit is nog nie duidelik presies watter beserings sy gehad het nie, maar sy is na bewering dood geskop. Kobus Koekemoer, Poppie se stiefpa, is kort ná haar dood op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Koekemoer het gister met rooigehuilde oë in die Brits-landdroshof verskyn waar die saak tot 17 November uitgestel is. Hy bly intussen in polisieaanhouding.

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Le Cornu het gesê daar bestaan ʼn wanpersepsie dat bewerings dat Poppie, haar broer en suster mishandel word lank reeds by die CMR Brits aangemeld is, maar dat hulle nie betyds opgetree het om die kinders te beskerm nie. Daar is ná Poppie se dood ʼn verklaring op sosiale media versprei van ʼn buurman waarin beweer word hy het gesien hoe Poppie en haar broer “onnodig gedissiplineer” is en met tye natgespuit is en dan buite in die koue gelaat is. Die buurman het in die verklaring gesê hy het die saak by maatskaplike werkers aangemeld.

“Die familie was ten tyde van daardie aanmelding woonagtig in Orania waar die saak deur die genoemde buurman aan die Orania Maatskaplike Raad (OMR) gerapporteer is,” het Le Cornu gesê. Gawie Snyman, ‘n woordvoerder van Orania, het bevestig dat die saak by die OMR aangemeld is. Hy het gesê dit is daarna aan die betrokke owerhede gerapporteer.

Volgens Le Cornu blyk dit asof die prosesse wat hierna gevolg het, die gesin na die Brits-omgewing laat verhuis het. Die gesin woon nog net ‘n paar weke in Mamogaleskraal. “Die saak is op 31 Oktober 2016 vir die eerste keer by die CMR Brits aangemeld en die CMR Brits het onmiddellik die nodige stappe gedoen om die res van die minderjarige kinders deur middel van kinderhofverrigtinge te beveilig.”

Lede van die gemeenskap betoog buite die hof (3 November 2016). Foto: Maroela Media

Lede van die gemeenskap betoog buite die hof (3 November 2016). Foto: Maroela Media

Sy het gesê die CMR Brits hanteer die saak met die nodige erns om te verseker dat Poppie se broer en suster ʼn kans op ʼn veilige en hoopvolle toekoms kan hê.

Intussen doen bewerings die ronde dat Louisa, Poppie se ma, deur ʼn vrou wat haar as ʼn polisiebeampte voorgedoen het ontvoer en aangerand is. Inwoners van die gemeenskap wat gister na die hof opgeruk het ter ondersteuning van Poppie het aan Maroela Media vertel dat die vrou Louisa glo aangerand het voordat sy haar in Roodepoort afgelaai het. Louisa wou nie op die bewerings kommentaar lewer nie, maar die polisie het bevestig dat sy ʼn klag van ontvoering en aanranding aanhangig gemaak het.

Poppie word vandag uit die Hervormde Kerk Westonaria begrawe.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Aletta ·

So daai ou kindertjies ken hulle julle lewe lank nog net pyn en hartseer,
Ai dit is dit is so sleg!!!
En daar is so baie mense wat so graag ñ ou kindjie wil hê en vir hulle die wereld se liefde sal gee, maar dis nie vir hulle beskore nie. Hoe verstaan mens dit??????

Hannelie ·

Ek stem 100% saam jou Zoom zoom. Dit is ‘n SIEK SIEK SIEK familie. Ma, pa en stiefpa inkluis. Hulle hoort almal agter tralies. Ek sidder om te dink wat die arme kindertjies al moes deurmaak. Maar sy is veilig in Jesus se Arms.

Christine ·

Dit is baie maklik om ‘n vals gesinsgeweld bevel te laat uitreik as die ouer wat dit doen die kind negatief beinvloed om “saam” te praat en vals inligting aan die polisie en maatskaplike werkers te gee. Veral as die ouer wat dit doen ‘n wrok koester teenoor die ander ouer. Die feit dat die biologiese pa nie baie toegang tot sy kinders gehad het die afgelope twee jaar nie is ‘n lig wat rooi flikker. … Dit gebeur baie in Suid-Afrika vra maar ‘n ervare maatskaplike werker, ‘n wakker gesinsprokureur, ‘n onpartydige prokureur wat ‘n kind verteenwoordig in opdrag van die kinderhof. Moenie vergeet van die skade wat swak mediasie veroorsaak nie en ‘n prokureur wat ‘n vals gesinsgeweld klag aanvuur net omdat hy geld wil maak. In ons regstelsel en vreeslike ondersteunende maatskaplike instansies met maatskaplike werkers en mediators is daar baie slaggate en jy as ouer is absoluut weerloos as ‘n vals gesinsgeweld klag teen jou gemaak word. Jy is skuldig en word skuldig gesien al is jy ook hoe onskuldig. So Maroela lesers laat Poppie se biologiese pa ook sy kant stel voordat julle hom ook oordeel. Buiten die feit dat sy dogter dood is moes hy nog saamleef met die beginsel van doelbewuste kindervervreemding van die ma se kant af.

Arséne Lupin ·

Gee daai “polisievrou” ‘n Bells!!! Dink die ma dat ander nou gaan jammer voel vir haar – wat het sy gedoen om haar kind te beskerm? Nee wat, laat sy vir haar kry. Hart gaan uit vir die boetie – kan myself net indink watse verskriklike dinge hy ook al moes deurmaak – van een slegte situasie na ‘n ander!

sharon ·

indien maatskaplike werke wel in die betrokke dorpe in kennis gestel is en daar nie regtig aandag aan gegee was nie… of uitgerek was… hoop ek sommer daardie beamptes word ook gevonnis. dis hoekom ons land in die hopelose chaos dit….. almal gooi blinde oog.

Lizelle ·

Sharon soos ek verstaan het hulle die pad gevat nadat die CMR in Orania in kennis gestel is van die mishandeling.

Piet Snot ·

Sharon, hulle het die pad gevat juis omdat die Orania maatskaplike werker haar werk behoorlik gedoen het.

A Earle ·

Dit is skokkend om die minste te sê. Mens kan nie dink waste vrees en pyn dsaardie mooie klein poppie moes deurmaak nie. Mag reg & geregtigheid geskied!

Bertie ·

Reg en geregtigheid bestaan nie meer in Suid Afrika nie, maar ons Hemelse Vader wag vir hom/hulle, eerder hy/hulle as ek. God slaap nie.

Zarika1770 ·

Defnitief…Ons Vader in die Hemel kyk na wat gebeur en hy slaap nie…Ons kan maar met bid en hoop vir alle goed en genade

mel ·

Al wat ek Kan sê is RIV Pragtige prinsessie, gaan di siek dinge van ons land ooit ophou

Jolanda Postmus ·

Ons almal kan praat, verduidelik , verontskuldig ens net soveel en lank soos ons wil, maar weereens het ons hele sosiale versorgings en regstelsel weereens ‘n kind gefaal!

Koos1 ·

Sy word deur die wet beskerm en van haar pa weer hou vanweë geweld en dat skop haar stief pa haar dood??????????????????? Iewers is ‘n baie groot skroef los, en ek dink dit sleutel tot die tragedie lê by die ma.

Rus in vrede Poppie. ek huil vir jou.

Stephanie ·

Ek stem hoor! Miskien n “spiteful” ma??? Ons weet mos almal nou al hoe dinge gedoen word…..

Klaar Te Laat ·

Ongelukkig is dit nou klaar te laat vir Poppie om met julle verskoninkies te kom….

Mandy ·

My hart is so seer vir die klein mensie. Ek stem saam Aletta, mens bevraagteken gereeld hoekom so iets gebeur en dan is daar mense daar buite wat nie kindertjies kan hê nie. Ek is 1 van hulle. Maar Poppie is nou een van Jesus se mooistel engeltjies. Mag sy elke dag net vrede en liefde ervaar in die huis van die Here.

Johanna ·

Kom ons hoop net dat hierdie 2 kinnertjies wat al hierdie trauma moes deurmaak en oorleef het nou sal veilig wees. Hopelik kry die biologies ouers hulle nooit weer te siene nie. en ons hoop en bid dat hierdie mense nie meer kinders in die wereld bring nie. !!!! dis afgryslik!! en ons maatskaplike werkers het seker so baie van hierdie sake om te hanteer dat hulle nie by alles kan uitkom nie. want die regering maak nie voorsiening hiervoor nie. dis n feit. !!

Lizelle ·

Hoe beweeg ‘n vrou so vinnig aan van een geweldenaar na die volgende een? Dis iets wat ek glad nie verstaan nie! Kan hulle nie sonder ‘n man funksioneer nie, pla hulle hormone hulle of WAT??????

sus ·

Hoogs waarskynlik was haar pa so. Die goed gaan gewoonlik deur n paar generasies tot iemand dit stop. Vra my, ek weet. Ek was eens self n Poppie. Dis baie algemeen onder n sekere groep Afrikaners

Columbiana ·

Sus ek is so jammer om te hoor jy was ook ‘n Poppie. Ek is altyd verstom oor ouers wat self mishandel is en dan die siklus met hulle eie kinders voortsit. Hoekom hulle weet dan self die pyn en verwoesting wat dit veroorsaak. Ja ongelukkig in Afrikaner kultuur word daar mos geglo on daai snert van buig doe boompie terwyl dit jonk is. Eintlim net verskoning vir kinder mishandeling

Sue ·

Geweld teen kinders loop van generasie na generasie. My ma was so verniel deur haar ouers en toe verniel sy ons ook so. Want dit is al wat sy geken het. Die siklus kan net gebreek word indien jy self nie meer kans sien vir die vernedering en geweld nie. My kind weet nie eens hoe ‘n pakslae voel nie. Vir jare het my ma my laat voel dat ek ‘n slegte ma is omdat ek my kind nie pak gee nie. Vandag is sy ‘n pragtige 20 jarige vrou met geen emosionele of fisiese letsels. Miskien sou Poppie haar kinders ook met respek en deurnis groot gemaak het. Rus in vrede mooistse kind. ?

m ·

Vra ek ook Lizelle? Hoe is dit dat altwee mans wat sy gekies het n probleem het met geweld? Party vrouers is so verlsaaf aan mans dat hulle maar sal sit met hulle nonsens net om hulle nie te verloor nie…… Wonder net of die arme boetie nie ook aangerand is deur hierdie monster nie…….. Hierdie is ma n baie siek storie en ook hoop geregtigheid seevier…..

Vrou ·

Stem hier saam. Van die een siek verhouding tot die volgende. Maar man wil hulle vat. My man was teenoir my geweldadig gelukkig vir hom nie teenoor my kinders nie. Ek het my kinders gevat en hom verlaat. Die is toe dood. Ek het my kinders self groot gemaak. Nou al volwasse. Het nie weer getrou nie. Was te bang dat n man my kinders sou mishandel.

Groot asb ·

Sad,sad. Groot asb Sosiale werkers en dienste baklei vir n nuwe wet wat bepaal dat as jy enigsins betrokke by kinder mishandeling of gesinsgeweld is dat jy onmiddelik gesteriliseer word, dit is duidelik dat die mense nooit opgewasse vir ouerskap sal wees nie! Verder is daar regtig baie baie goeie ouers wat enige tyd dag of nag hierdie kindertjies sal inneem en mooi grootmaak! Dit sal boosheid en kriminaliteit skerp laat afneem!

JM ·

Oh my goodness, waar was die CMR toe die stiefpa die kind doodgeskop het? Hulle “beskerm’ kamstig die seuntjie van sy biologiese pa maar laat skop die dogtertjie deur haar stiefpa dood nadat die buurman verskeie kere by die maatskaplike raad en polisie gaan kla het? Neewat ek dink niks van julle nie.

Lees die feite ·

JM Lees asb die berig dan antwoord jy jouself. Cmr Brits is eers 31 Okt van die saak ingelig want niemand het die gesin aangemeld by hulle nie. Koekemoers het maar n paar weke nog in Brits gebly. Voor dit in Orania. Waar daar nie n Cmr is nie-daar is n Omr (Orania maatskaplike raad). Hulle het wel stappe begin neem vir kinderbeskerming -toe vlug die gesin van Orania af. Al hoe Cmr Brits vroeer te hore sou kom van die mishandeling was via die gemeenskap-onderwysers,bure, familie. Kinders was nie in skool, naaste bure was seker te ver, familie het nie gepraat nie….

Anoniem ·

Nie seker wat die waarheid is hier nie, maar het julle enige idee hoe maklik dit is om iemand vals te beskuldig? Tans is n familie lid besig om van sy vrou te skei. Na jaaaaare wat sy vir hom gese het , as jy my skei sal jy nooit weer jou kinders sien nie. Tans is daar n protection order en hy mag nie sy kinders sien nie want sy se hy slaan hulle, tog is hy die een met fotos oor hoe sy hom aanrand. Ek se maar net dis baie maklik om iemand vals te beskuldig

Ek kan daarvan getuig ·

Anoniem ons het dieselfde geval van valse beskuldigings. Maar God slaap nie. Hoop net nie ons dogtertjie loop eendag deur die mishandeling van ‘n stiefpa nie. En ja, sy hande is ook “afgekap” agv ‘n onstabiele ma en haat teenoor die kleinding se biologiese pa. Onnodig om kindjies te straf.

Ken die gevoel ·

Ek ken ook ‘n ma wat ‘n vriendin bel en se sy moet vinnig kom sy vrees vir haar en haar dogtertjie se lewe. Leuens en nogmaal leuens. Sy staan voor hom se hom en sy familie sleg, spoeg amper in sy gesig en skree “slaan my toe slaan my dat ek ‘n saak kan maak” net omdat hy net ‘n paar uur wou slaap nadat hy die hele nag pajama drill gedoen het en amper moes opstaan om te gaan werk. Sy daarenteen is ‘n tuisbly ma. Hy het niks verder gedoen nie. Nodeloos om te se die vriendin baba (sonder dat hy haar kon groet) kom haal het en sy wat baie ver bly. Amper ‘n jaar later en nogsteeds nie sy kind gesien nie en so baie verskonings. Ek belowe die vriendin gaan, ten spyte daarvan dat sy net haar kant gehoor het, teen hom getuig. “Restraining order” gaan sy voorland wees. Ten spyte daarvan dat daar getuies teenwoordig was. Nou, ja my storie sommige ma’s gebruik dit om die pa’s te straf dat die verhoudings nie gewerk het nie.

Natasha ·

Jong,soos met enige storie kry dit mos stertjies. Ek sien net”dis gerapporteer aan die betrokke owerhede ” Wat het gebeur na dit gerapporteer is? Daai dogtertjie is dood. Punt. Hoekom is hulle nie vervolg nadat hulle by die CMR aangegee is nie? Word mense goed as hulle in n ander provinsie gaan bly? Of is dit n kwessie van “not our problem”
?

Engela de Klerk ·

As die seuntjie nou nie in die biologiese pa se sorg is agv ‘n geskiedenis van gesinsgeweld, dan is ek dankbaar. Gee seblief aan hierdie kosbare kind die toekoms wat hy verdien en plaas hom in veilige arms, van ‘n Pa en Ma, wat hom sal liefhê en hom veilig sal grootmaak. Dit, wat sy pragtige Poplap-sussie NIE beskore was nie. Wat ‘n tragiese storie, wat ons almal se harte geruk het.

joe ·

Daar is n beskermings bevel teen pa….. Gesinsgeweld maar inderwaarhuid is dit die ma wat di pa aanrand en word dit dan agterna beweer hy slaan haar en die kinders…. wonder maar net wat nog alles voorendag gaan kom! Ai my hart bloei vir poppie en haar boetie en sussie. Wat daardie arme kinders nie al alles moes deurmaak, en sien nie????? Hoop van Harte die skuldiges boet vir wat hulle aan poppie gedoen het. In my opinie is jy net so skuldig as jy dit sien gebeur en weet wat aan gaan en niks doen nie!!!!!

Gatvol vir slegte ma's ·

Mense ek weet nie die vrou wil ha verontskuldig my dogter is n tiener mamma wat voltyds skoolgaan en dan namiddag self na ha baba kyk sy het hard probeer om dinge tussen ha en die pappa te laat werk nodeloos om te se het dit misluk sy ouers ontken ons kleinkind en sy vorige kinders hy het saam getrek vol beloftes van help en daar wees net om op die einde die baba af te knou hy het hom gebyt en knyp toe jaag my dogter hom soos n sleghond weg nou vra ek as sy wat n kind is kan opstaan vir ha liefie kind wat makeer die ma dat sy sulke goed geduld het !!!

Engela de Klerk ·

Mariaan, moet NIE daardie kinders se biologiese Ma so vereer deur haar mamma te noem nie. Sy is die woord Ma nie eens waardig nie. Sy het haar kinders NIE beskerm nie. Selfs ‘n dier sou haar kleintjies ten ALLE koste beskerm het. Ek wonder of hierdie mense nie dwelms gebruik het nie – dit sal aan my verduidelik hoekom die Ma nie na haar kinders gekyk het nie. Hoe ookal, dis nou water onderdeur die brug. ‘N kind is dood.

HCG ·

Stadig met die oordeel ….. daar is altyd 3 kante aan n storie.
Sou dit wees dat die “re-straining order” ge-open is net vir oeeblindery dan kry ek die pa saam met sy kinders bitter jammer want ek weet sulke goed kan gebeur.
Maar as hy wel ook aangejaag het sien ek n swaar pad vir beide partye, pa en kind.

Feit bly staan … geen kind MAG OOIT so behandel word nie , kom ons wag vir verdere ondersoeke voor ons verder veroordeel en dalk meer skade as goed aanrig.

thea ·

op sy fb blad poseer hy saam met sy seuntjie n paar ure gelede! hoe is die kind dan by hom as die CMR nou anders se. Die feite is nou rerig deurmekaar!

Belinda ·

My hart is so seer oor die storie, dis iets verskrikliks maar ek kan nou ook nie vertsaan hoe het die welsyn se een tak geen kontak met die ander een nie. Nog iets wat nie sin maak nie sy vlug van een man wat haar flenters slaan na n ander wat presies dieselfde doen en nog erger aan haar klein kinders………nee sy is 100% ook skuldig aan alles……

Rina ·

Hierdie arme kindjie is deur die hele stelsel/gemeenskap/betrokkenes gefaal! Hoe kyk mens bloukolle net mis? Hoe verduidelik jy aan dr of wie ookal waar dit vandaan kom? Ek vra my kleinkinders aldag en elke dag (as daar bloukol is) waar het jy so seergekry – dis mos normaal. Ek weet kinders val en kry seer dog daar is mos perke. Ek kan nie verstaan dat dit tot hierdie uiterste moes gaan – arme arme kind! Ek hoop van harte dat die ma haar dag in die hof gaan kry! Sy kon dit gekeer het as sy werklik wou!

Jennifer ·

Die sleg ma het nie gevra waar kom die blou kolle vandaan nie want sy het PRESIES geweet waar dit vandaan kom! Ek wil ñ aar in my kop bars van woede as ek aan daai vrou dink! Van almal in hierdie hele storie blameer ek haar die meeste!!! Sy moes haar kinders beskerm

Helen Mulder ·

Hoekom is die ma nie ook toegesluit nie! Sy moes geweet het wat die speknek aan haar kinders doen! Sluit haar toe!

Marina ·

Jy kan sommer aan die gesiggie sy dat sy gehuil het, ai weet jy, wat besiel enige een om dit aan ‘n onskuldige kind te doen.

Anell ·

Wees versigtig met aanvaar hy was skuldige. Baie Vrouens is die mishandelaars maar hardloop met vals getuienis oor die mans wat hul mishandel!

marius ·

As ek so iets lees voel ek skaam om ‘n man genoem te word. As dit nie verkragting is nie, is dit aanranding. Hoeveel gemors loop nog daar buite rond met hulle menseregte. Verdomp man, As jy nie mans genoeg is om die naam MAN waardig te wees nie, doen iets daaromtrent. Die lewe skuld jou niks. Hoera vir die mans in ons land wat vrouens en kinders respekteer en versorg.

Jennifer ·

Marius moenie skaam wees om ñ man te wees nie! Daar is baie baie baie goeie mans en pa’s daar buite! Die goed wat hul hande so lig vir onskuldige kinders is nie mans nie, dis gemors.

foxi ·

Ek wil net vir poppie se ma sê……die gras sal nooit groener wees aan die ander kant nie…jy weet wat jy het, jy weet nie wat jy gaan kry nie. Ek gaan jou nie veroordeel nie, want ek weet nie wat jou omstandighede was nie. Maar…..maar……jou eie vlees en bloed moes jy as moeder eerste gestel het! Kinders het nie gevra om daar te wees nie! Maar dit bleik dat jy…..liewe moeder…jouself eerste gestel het. As jy n gewete het liewe moeder, voel ek jammer vir jou, want dit sal jy saam met jou dra vir die res van jou lewe!

Miemie ·

“Koekemoer het gister met rooigehuilde oë in die Brits-landdroshof verskyn waar die saak tot 17 November uitgestel is. Hy bly intussen in polisieaanhouding.”

Toe ek die lees het ek sommer ROOI gesien! ARME hy (sarkasties). My ma het ons altyd geleer dat SPYT ‘n baie goeie ding is, maar SPYT kom soms te laat. Meneer jy kan maar huil tot jou ogies nog rooier is as wat dit nou is, maar jy het as GROOTMENS geweet wat jy doen is nie reg teen oor haar nie. Gaan seker ook nou sê dat hy is kind mishandel is of afgeknou is. SIEK SIEK SIEK SOT…… lekker huil tot jou volgende verskuining!

oumie ·

So 3 maande terug reg voor my huis stop n kar welsyn mamma en 3 kinders saam haar sy begin skree maar met geweld word kids ouderdome 6,3 en 3maande van haar weggeskeur maar ons hele str en gemeenskap het van haar en Pappa se dinge geweet ,drugs, en kids verwaardeloos maar wat ek eintlik wou sê elke dag loop sy verby my huis en wragtag sy is weer swanger nou wat nou het sulke ouers regtig nie verstand nie

E.K. ·

Nou wonder ek ook naturlik oor die “ontvoering” van die ma…is dit nou sommer ‘n storie? Soek sy simpatie nou dat alles op die lappe kom en vrae rondom haar is? Ek wonde rof dit regtig so is, ek glo niks meer SOMMER nie. En ja, ek stem met ander hier weereens is ‘n kind gefaal deur die sg “betrokke owerhede”.

Stephanie ·

Snaaks dat die moeder ‘n klag van aanranding aanhangig gemaak het toe dit met haar gebeur maar geen klag gemaak het toe haar 3 jarige dogtertjie aangerand is deur haar eie man nie……

Columbiana ·

Die Christelike Maatskaplike Raad. Waar was julle toe Poppie vermorsel was. Hoekom.het julle nie toegetree nie maar noudat die saak on die media verskyn is julle ewe skielik daar om die welsyn van die kind te beskerm. Jammer hierdie kind is lelik on die steek gelaat deur welsyn.

Ragel ·

ja my kinders 4 was weggevat van my af onnodig hulle het nooit pak gekry nie was nog nooit mishandel nie maar na 5 jaar weer terug in my sorg hoekom vat die _(CMR,) nooit die kinders wat regtig mishandel is nie eerder weg en los die ander nie poppie jys nou veilig daar by Liewe Jesus my hard huil vir jou

Christa Rootman ·

Sooo hartseer hoeveel kinders verwoes word deur mense wat nooit kinders moes he nie. Ons sisteem laat wel die kinders in die steek…ek wag al 7maande vir ingryping!

Cherokee ·

‘n Vergrote weergawe van dieselfde foto van die pragtige kind wat ons elke dag in die berigte sien, die een heel-bo aan hierdie berig, moet geraam in sy sel gehang word. Nie dat ek regtig wil hê dat ‘n foto van Poppie in ‘n sel moet wees maar vele van haar fotos is buite. Dit mag dalk ‘n groter straf as enige ander wees as hy in ‘n beknopte sel sit met Poppie wat vir hom kyk. Of miskien ‘n foto van waar sy vir hom lag. Op ‘n plek waar hy dit nie kan omdraai.

Cherokee ·

Na aanleiding van die nuutste vertelling, dat daar ‘n beskermingsbevel is teen Van Der Merwe wat Poppie se biologiese pa is, kan geredeneer word dat hy ook aandadig is aan haar dood want as hy sy vrou en kinders soos juwele opgepas het soos hy veronderstel was om te doen, sou hulle steeds onder sý sorg gewees het en sý nie, miskien desperaat, swak smaak toegepas het met ‘n nuwe keuse nie. Maar terwyl ek dit skryf besef ek dat ek nie weet of hulle ooit getroud was nie. Dit maak egter nie verskil nie. Van Der Merwe is net so skuldig. So, moet nie net Poppie se ma aanval en haar pa skotvry laat nie. Pragtige Prinsessie!

Hartseer ·

Ek het in een van die berigte gelees dat daar was ‘n hofgeding tussen die ouers vir toesig. Ek wonder maar net of hierdie interdik nie bekom is om die pa in slegte lig te stel sodat hy nie sy kinders kon kry nie. Ek wonder hoe kon hy aansoek doen vir toesig as daar dan ‘n bevel teen hom was. Sover ek sien was die ouers nie getroud nie, en ek sal nie verbaas wees as sy die pa gelos het vir die ander man en so gou met hom getrou het om die kinders te kan kry sonder om hierdie man te leer ken. Was daar ook nie vorige gevalle waar die stiefpa, kêrel die kinders aanrand en dat die ma bewus was van dit en was ook gearresteer. Ek wonder of dit nie die man was wat haar so aangerand het nie en nou moes sy ‘n storie opmaak.

MM ·

My mening (veral van CMR Brits) is nie baie gunstig nie. Ek persoonlik dink nie hulle gaan veel beter doen nie en ek praat uit ondervinding. Ek bid dat daai arme kind deur die Here se genade by liefdevolle ouers sal op eindig. Miskien kan ons ‘n gebeds ketting begin vir die arme kind se toekoms en dat die Here hom sal beskerm teen al die mense wat moet besluit oor sy toekoms. Soms is besluite wat geneem word nie altyd die beste besluite nie.

Dawie ·

Die biologiese pa get NOOIT die kinders aan gerand nie. Hy het wel die ma net een keer rond gestamp, met goeie rede. Die boetie is in sorg geplaas by mense waar die biologiese pa volle toegang tot sy kind het. Die ma sal egter nooit weer die kind sien nie. Die ma het gelieg om die beskermingsbevel te bekom. Die enigste getuie is die klein boetie. die oudste meisiekind het in Orania se tyd al besluit in ander heen kome te kry. My vraag is net- hkm het die ma die beweerde aanranding op haar gaan aanmeld maar sy het nooit die aanrandings van ha kinders aangemeld nie. Die ma vrees kamma vir ha lewe, maar sy dink nie hoe die kinders elke dag vir meer ad ‘n jaar vir hul lewens gevrees het nie. Sy probeer die media mislei met haar trane. Sy huil oordat sy nie meer geld het nie.

Tannie ·

Baie dankie vir jou inligting, Dawie. Daar pla iets my egter – hy het haar rondgestamp met goeie rede? Is daar ooit ‘n rede om ‘n vrou rond te stamp, maak nie saak hoe sleg sy is nie?

Ai tog!! ·

Ja TANNIE, as die “ma” dalk besig was om die kinders aan te rand?

Alida ·

Hierdie is my laaste kommentaar met n skrywe aan Koekemoer. Sy familie sal dit seker vir hom lees ek hoop so. Mnr Koekemoer Poppie le stil en koud in haar graffie maar een ding moet jy weet as jy borg kry moet jy lig trap want SA se manne en vroue pa’s en stiefpa’s is baie kwaad en sal nie 2x dink om van jou op dieselfde wyse ontslae te raak nie. Jy beindruk NIEMAND met rooigehuilde oe nie. Allermins die Hof. Die Hooggeregshof regters is natuurlik n ander saak. Hoor jy nie Poppie se gehuil nie? Nou huil jy! Sy sal jou nooit weer pla nie. Daar is seker net een mens wat jammer is vir jou, jou ma. Want n ma beskerm en is lief vir haar kinders dit is hoekom jy so oud geword het. Jy moet daardie skoene met klein Poppie se bloed op saam met jou in die tro nk hou en n foto van haar verminkte lyfie voor jou bed hou. Onthou jy hoe sy gelyk het nadat jy haar geskop het? Dink bietjie dan onthou jy daardie gesiggie vir die res van jou lewe. Onthou net as jy borg kry kan jy nie vlug nie die hele SA weet hoe lyk jy. Jy het Brits se naam oneer aangedoen en die goeie mense daar sal jou nie los nie. Beste van alles jy kan nerens heen vlug nie. Kry vir jou.

Mari ·

Poppie was so oud soos my seuntjie nou is. Hulle is super ingesteld op ‘n toon wat gestamp word of iets soortgelyks. Was daar niemand anders wat die kind se skree kon hoor by die nuwe huis nie? Magtag man! Kom na vore en laat hierdie mense aan die pen ry!

Cherokee ·

Daar is in die kabinet ook mense met vermoëns bo hul regte, Alida.

VvDm ·

Dis siek. CMR is net goed om ouers te vervreem van hul biologiese families,CMR is net so siek soos daai familie draai altyd n oog weg tot die popo die fan stike dan kom hulle met hulle vroom gesigies soos hulle geprogrqmeer was en maak of alles onder beheer was. CMR waar was julle in daai tyd van Nood toen onskuldige dogtertjie julle nodig gehad het?? Julle het geweet en net terug gesit Sies man

Kan mense nog lees ·

VvDm -het jy die berig enigsins gelees? Het jy gemis dat die gesin nog net 2 weke in Brits gebly het en die gesin en saak eers 6 dae NA Poppie oorlede is, op 31 Okt by Cmr Brits aangemeld is? Motiveer en bewys jou bewering dat Cmr geweet het van hierdie dogtertjie se mishandeling en niks daaraan gedoen het nie?

Vrou ·

Al wat ek te sê het is dat die maatskaplike rade van SA ons Suid Afrikaanse gemeenskappe gruwelik faal. Op rare uitsondering is daar een wat iets vermag maat die is n absolute uitsondering. As gevolg v my werk sien ek hierdie dinge daagliks. Daar moet n streng keurings proses wees vir diegene wat hulself as maatskaplike werker wil bekwaam. Meeste van hulle is te pap innie broek en oor die algemeen afwesig. Jammer maar dit is hoe dit is.

Siele vir Christus ·

Die man is die hoof van die huis en Die Drie Enige God is hoof bo die man. Dis feit nr 1. Dan moet alle mans net besef dat die lewe gaan oor om te dien, God het vir ons talente, voorkoms en gawes gegee om ander te dien sodat Sy wil geskied. Ons moet versoen en die Evangelie verkondig. Doen dit vir jou vrou en kinders! Dien hulle! Bekeer julle en laat julle doop, opdrag van Jesus. Doop soos Johannes gedoop het. Daarna maak alle mans seker dat hul volgens die 10 gebooie leef sodat die vrug van die Gees duidelik sigbaar is in jou lewe! Bid gereeld vir die Wapenrusting en Heilig God se naam pal. Mans wat dit doen se huise ruik na die hemel, ruik soet en ongelooflik, want Die Heilige Gees is sterk teenwoordig met engele. Ons kort sulke mans en hulle is waarlik mans.

Columbiana ·

Dis hierdie “die man is die hoof van die huishouding” twak wat toelaat dat daar mans is wat hulle vrouens en kinders verineweer.

CQ ·

Nee Columbiana, dis waar jy die fout maak. Die MAN is die Hoof en Priester van die huis. Die MAN moet sy vrou liefhê, SOOS JESUS ONS LIEFHET.
1. ek sit MAN in hoofletters, want n WARE MAN sal nooit sy vrou of kinders sleg behandel nie.
2. Soos Jesus ons liefhet, want Jesus wil NET die beste vir ons hê. Hy hrt sy lewe vir ons gegee…..
Enige MAN wat sy sout werd is, is ook werd om die hoof vd huis te wees.

Ryno van der Zandt ·

dit maak my naar om te dink aan die mishandeling van onskuldige kinders, hulpeloos en kanie terug baklei nie, daai man sal vir die res van sy lewe moet sit met daai gedagte, arme Popie, laat haar gees vir ewig saam met God wandel in die paradys, sy is verlos van die aarde se gif en seer. daai bul moet maar vat wat na hom toe kom in die selle, hy sal sy beurt kry, swak mens..

Lida ·

Ek hoop Gerrie Nel is die aanklaer. Hy het ook kinders. Vra vir lewenslank. Wie beindruk daardie man met sy getjank in die hof. Het hy vergeet hoe arme klein Poppie gehuil het?

ADK ·

Hierdie mishandeling het nie eweskielik gebeur nie, maar kom al ‘n lang pad en die ma het daarvan geweet. Sy is net so skuldig, SLUIT HAAR OOK TOE!!!!!

Nita ·

Ek stem saam Cherokee, maar ek wil dit uitbrei. Ouers moet hul huwelik en hul kinders soos kosbare juwele oppas. Maar ek is bevrees drank en dwelms en n kultuur van smyt weg wat jy nie meer wil he nie, lei tot hierdie chaotiese toestand in Suid-Afrikaners se gesinslewens.

Juan ·

Al wat ek weet is my hart is onsettend seer ek sou haar met die grootste liefde in geneem het en al ons liefde gee ek wens ek kan so man in die hande kry.

Johan ·

Daar is volgens my net 3 mense wat weet wat regtig daardie dag gebeur het. Die stiefpa, die”ma”, en die klein seuntjie. Ek weet deur die regte benadering sal die volle waarheid uitkom. “uit die mond van die suigeling kom die waarheid” Ek glo dit sal almal se monde wat so baie praat en bespiegel stil maak en reg laat geskied. Ek geen kenner nie, maar ek seker daar is kenners wat weet hoe om dit reg te laat gebeur, sodat dit sterk staan in die hof. Mag die stiefpa en ma vir ewig van die samelewing verwyder word!!!

FM ·

As ek reg lees dan het die stiefpa na bewering vir klein Poppie geskop!!!!! Hoe laag kan n mens daal om so klein mensie te skop. My bloed kook as ek in my geestesoog sien hoe SKOP hy haar!!!!!Ek kan hom net met een woord beskryf: VUILGOED!!!!!!! Ek wonder maar net of hier nie dalk drugs en drank betrokke was nie. Om so n pragtige klein mense dood te maak, maak my hartseer en my terselftertyd rooi woede te laat sien. Rus in vrede kleine Poppie.

Annelize Swart ·

ek het gister uit gevind van nog so geval, my suster het tot fotos geneem van die 2 jarige seuntjie wat 6uur die oggend deur sy 18jarige ma, aan die armpie die huis uit gesleep is en in die middel van die kompleks straat gelos is. die kindjie het doodstil daar gestaan, koppie op die borsie, dit was nog koud daai tyd. Wat kon n 2 jarige seuntjie so erg sondig om in die pad gelos te word 6 uur in die oggend? Blykbaar was die polisie al daar ivm huismoles en drama, maar het nie eens uit hulle voertuig geklim nie. dis in Pretoria Wilgers, wat staan my te doen?

elma ·

My kleinkind van 7 maande is so 2 maande terug by sy creche mishandel/aangerand. Ons het die saak by die SAPS en Maatskaplike Dienste(CMR) raporteer. Die CMR kan blykbaar niks doen nie, want ons het n kriminele saak geopen. Al wat ons wil he is dat die crèche ondersoek moet word, toegemaak word( indien nodig) en dat die crèche eienaar geregistreer word dat sy nie weer met kinders mag werk nie.. Dit sal seker eers gebeur as daar n ou kleintjiie so seerkry dat sy of haar lewentjie in gevaar is. Ek kan net bid dat dit nie gebeur nie. Ons kinders/kleinkinders verdien net hope en hope liefde. Hulle is nie aan ons gegee om seergemaak te word nie.

OB ·

My hart gaan uit na die kinders wat agter bly en die toekoms wat vir hulle oorbly.
Die feit is die saak is aangemeld, en hulle het getrek, glo my daar is maniere om mense op te spoor. En as hulle, hulle werk ernstig op neem sou hulle, hulle opgespoor het. Ons praat van kindertjies wat nie vir hulself kan baklei of opstaan nie! Hemel weet dit grief my dat ‘n ma dit kan toelaat, hoe slaap jy in die aande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.