Poppie se ma hoor oor borgtog

Louisa Koekemoer in die hof

Louisa Koekemoer in die hof

Louisa Koekemoer, die ma van die driejarige Poppie van der Merwe, is Maandag in die Brits-landdroshof borgtog geweier.

Landdros Jethro Mosime het in sy uitspraak gesê die staat maak op omstandigheidsgetuienis staat om Koekemoer by die moord te betrek. Volgens Mosime word Koekemoer egter by die moord betrek aangesien sy bewus was van die beserings. Sy is daarna borgtog geweier.

Die staat het aangevoer daar is geen bewyse voor die hof om aan te dui dat dit in belang van geregtigheid sal wees om Koekemoer op borgtog vry te laat nie. Die staat het die hof gevra om die erns van die aanklag en die woede van die publiek ook in ag te neem. Daar is ook aangevoer dat niemand haar sal kan leed aandoen indien sy in aanhouding bly nie.

Adv. Adrian Nel, Koekemoer se regsverteenwoordiger, het aangevoer sy is nie ʼn vlugrisiko nie en dat sy ʼn vaste adres het. Nel het gesê daar is geen bewyse dat iemand haar wil doodmaak nie en dat die hof nie deur die publiek voorgeskryf kan word nie.

Koekemoer het Maandag verskeie kere in trane uitgebars. Sy het aangedui sy sal skuld ontken op die aanklagte teen haar. Sy beweer in die verklaring dat sy nooit haar hand teen Poppie gelig het nie.

Sers. Gift Matome, die ondersoekbeampte in die saak, het in die hof getuig dat foto’s wat in die hospitaal geneem is nadat Poppie dood verklaar is, daarop dui dat Poppie baie erger beserings as ʼn kopbesering of skop teen haar maag opgedoen het. “Om eerlik te wees, toe ek die eerste keer daardie foto’s gesien het, het ek in trane uitgebars. Daardie klein Poppie het kneusplekke oor haar hele lyf gehad, van haar kop tot die onderkant van haar voete,” het Matome getuig. Koekemoer het met haar kop geboë gesit terwyl trane oor haar wange gerol het.

Koekemoer is Donderdag omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal naby Brits in hegtenis geneem. Sy moet weer op 25 Januarie in die hof verskyn
saam met Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer (43). Hy is ook vroeër borgtog geweier.

Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

alicia ·

Ek sal graag wil weet hoe sy in haar vorige huwelik was met haar kinders ? Sal interesant wees as julle so n berig kan plaas.

riaan ·

Hoop sy word aangekla vir aandadigheid aan moord en versaking van haar kinders terwyl sy die geld gehad het om ‘n plan te maak.
Sy kon ook met die welsyn ‘n plan gemaak het. Ook met die polisie om te se haar gemors van ‘n man wil haar doodmaak. Of sy is ontsettend dom – om nie te praat van kommin nie- of sy het net nie omgegee vir haar kinders nie – wat baie baie duidelik is.

Vytjie Molefe ·

Hierdie 2 mense ontketen ‘n blinde woede in my wat ek amper nie in skoon woorde kan omsit nie. Na aanleiding van Ramey Short se lewensverhaal in Rapport deur Hanlie Retief, wonder ek op nuut of mens nie tòg soms beter af is in ‘n kinderhuis nie. Dit maak my bitter tot in my wese is dat dit vir die verkeerde mense so maklik is, om voort te plant. Hoeveel mense begeer ‘n kind en kan nie hê nie en hoeveel Poppies is daar nog, waarvan ons nie weet nie. Ek vir een blameer NIE maatskaplike werkers nie, hulle kan nie ingeligte besluite maak met hulle werkslas nie, maar IEMAND moet Pa staan vir hierdie gemors in my land! Dit raak by die dag erger…in hierdie geval blameer ek Poppie se ma 100% – mens LOOP of jy gooi hom met iets, slaan hom oor sy kop met ‘n pot, maar jy bad nie jou driejarige dogtertjie, sien die merke en doen NIKS nie…as volwassene doen jy IETS , ENIGEIETS maar jy stop dit!

sus ·

Ek was ook n Poppie. My pa se sussie het ingegryp. Dit was wonderlik in die kinderhuis

Wieookal ·

Stem 100% saam met jou Vytjie, baie mooi gese. Dit is tyd dat vrouens opstaan teen mishandeling. n Vrou is baie sterk sy’s nie altyd daarvan bewus nie. Tog waneer dit kom by n vrou se kinders, behoort die vrou soos n leeu haar kinders te beskerm…..dis tog voor die handliggend.

Gerber ·

Ek dink nie sy moet borgtog kry nie omdat sy duidelik onstabiel is. Sy sal haarself iets aandoen. Dit moet vreeslik wees om daar te sit.

wonder maar net ·

Ek kan nie help om te wonder of die vrou dalk vas gevang was in n greep van geweld. Die tyd sal seker meer duidelikheid bring. Dit laat mense egter bekommer dat n persoon se borg nie toegestaan word voor uitspraak van n saak. Indien sy n gevaar vir ander kinders inhou stem ek saam maar indien hierdie persoon nie skuldig bevind word nie sou daar n moetlikheid wees vir n eis teen die staat? Sal graag wil hoor wat se die manne wat weet.

Chantel ·

As sy onskuldig was het sy lankal aan die polisie vertel wat presies daai dag gebeur het. Maar haar storie verander en sy antwoord nie reguit nie. Sy vertel niks, hoekom nie??

mia ·

Sus ek kan sommer agterkom jy is n wonderlike mens. xxxDankie vir jou kommentaar.

Ouman ·

Sluit haar toe vir die res van haar lewe. Net jammer prisoniers kry nie meer hardepad nie Klippe kap sal haar net goed doen. Geen mens net toekyk as sulke onmenslike wreedhede plaasvind nie. Ek betaal met graagte die belasting om die vrou en haar nikswerd man vir die res van hulle nuttelose lewens agter tralies te hou.

Liendempers ·

Ek stem 100%. Laat die gewete hulle ry….lekker lang tyd om hul dade te oordink…….sou hulle so graag nou voor die hofsaak saam in een sel wou sien. Reken dit kan net interesant raak.

Johan ·

Die feit dat sy uiteindelik ook agter tralies sit is wat die meeste van ons wou hê. Al die inligting tot ons beskikking moes dit baie vroêr gebeur het. Ja nee wragtig. As sy enigsins ‘n ma in die sin van die woord was, kon sy lankal plan gemaak het as haar bewerings waar is. My vraag is hoekom nie.. Wel dit is omdat ek glo dat sy die groot vlieg in die apteker se salf is, anders sou sy lankal plan gemaak het. Verder het sy haar vorige man erg bevoeter met al die skeidingsgeld wat sy uit hom gekry het. Terwyl syal lankal van hom af weg was en aange…. het. Gelukkig het die ondersoekspan deur haar leuns gesyfer. Sy het mos “jammer poplap” probeer speel en die skuld slegs op Kobus probeer plaas.. Suffer sussie suffer. Hopelik word jul saam gevonnis…. eendag. Die feite en getuinise sal dit bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.