Poppie se ma vas

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Louisa Koekemoer, die ma van die driejarige Poppie van der Merwe, is in hegtenis geneem in verband met haar dogter se moord.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Koekemoer omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal naby Brits in hegtenis geneem is. “Sy sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het Talane gesê.

Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer, is reeds in aanhouding vir die kleuter se moord. Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort na haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem. Die staat beweer hy het Poppie se kop teen ʼn kas geslaan wat bloeding op haar brein veroorsaak het en uiteindelik die oorsaak van haar dood was.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Wat reg is is reg ·

Sy moes lankal in hegtenis geneem geword het. Sy het toegekyk hoe die mooi blou ogies verniel word keer op keer. Dit maak haar aandadig. Mens beskerm jou bloed met als wat jy in jou het. Ek weet nie hoe slaap hulle in die nag nie? So baie begeer ‘n kindjie van hulle eie en sy het haar kinders se lewe verwoes met die keuses wat sy gemaak het en haar handelinge. Ek hoop sy besef nou wat sy gedoen het.

MC VAN ZYL ·

So ‘n vrou MOET gesteriliseer word deel van haar straf dat sy nooit ooit weer ‘n vooreg van ouerskap mag ervaar nie.

E.K. - ek sê net! ·

MC – stem 100% maar voeg by die man OOK. Mag ook nooit weer kinders kan verwek.

Kobus ·

Ek was baie bedrywig vandag…kon nie by nuuslees uitkom….maar toe ek hierdie berig lees….is my moegheid vergete….UITEINDELIK SAL ALBEI IN DIE HOF STAAN EN VERANTWOORDING DOEN VIR HUL ONMENSLIKHEID TEENOOR N ONSKULDIGE DOGTERTJIE…MAG JUL GEWETE JUL TOT RASENY DRYF TERWYL JUL DAAR IN DIE TRONK KRIPEER

mari buitendag ·

Voor die hof staan is 1 ding! Voor die Groot Man gaan staan!!

Simon ·

So veel onbeheersde emosionele uitbarstings en veroordelings alleen op grond daarvan dat die vrou gearresteer is.
Waar is beheerste objektiewe be oordeling van die saak?

Cherokee ·

Ek soort van verstaan die kommentare. Kyk na daardie pragtige ogies.. die teruggetrokke uitdrukking op haar gesig. Sy is geen objek nie maar ‘n kindjie… ‘n kindjie van wie Jesus gesê het ‘Laat die kindertjies na my kom.” As jy objektief daarteenoor kan wees, die mense wie jy hier lees redeneer anders want hulle het emosies. Hulle reageer op wat hulle gelees het.

ansie cloete ·

Ek glo regtig ons lewer beheerste objektiewe beoordeling in ons kommentaar. Geen vrou wat haarself die reg toeëien om ‘n ma genoem te word, sal toelaat dat haar kind so mishandel word nie. Al was ek bevrees dat my lewensmaat my sou aanrand of selfs doodmaak, sou ek soos ‘n tierkat vir my kind baklei het. Die polisie moes haar in hegtenis geneem het toe hulle hom arresteer het

Regtig ·

Regtig Simon, haar dogtertjie is DOOD en voor dit was sy verskeie kere teen mure en goed geslaan, As Mamma onskuldig is, sou sy getrek het, sy sou NIE saam getrek het, dink jy regtig almal is verkeerd en sy en die man is reg, indien dit so was, sou Poppie nog gelewe het!

Herman ·

Simon, die aanrandings het oor n lang tydperk plaas gevind. Dit is ontmoontlik dat die ma nie bewus kon gewees het daarvan nie. Sy het tog steeds verkies om nie te reageer nie. Sy gaan nou huil en jammer wees, tog is hulle net jammer hulle is gevang.

Cacophony ·

Die beheerste beoordeling is begrawe saam met Poppie. Die enigste onskukdige een in die saak. As jy sê jy het beheersd oor hierdie saak gedink dan jok jy blatant. Wie kan beheersing hê in die geval

Esther ·

Wat jy nou Eintlik se Simon???

Dis die EEN ding waaroor ek en 10000de ander BAIE emosioneel raak: kinder en dieremishandeling.

skuilnaam ·

asb hou nou op om oor poppie te prt en haar foto op te sit dis net te erg

Spikkel ·

Mag haar foto elke dag iewers opkom sodat niemand dit ooit sal vergeet nie. Hierdie kan maar groter wees as die Oscar saak. Hierdie tipe misdade moet behoorlike media kry.

Adam ·

Hierdie kind het n marteling en uiteindelik haar dood tegemoed gekom deur wrede moordenaars. Hoekom mag die hele wereld nie weet wie hierdie twee mense is en wat hulle gedoen het nie. Die berigte, fotos en kommentaar sal nie ophou tot die twee baie verweg gebere is vir baie jare nie. (Hoekom lees jy die gebeure as dit jou so pla)

Elona Potgieter ·

Kan nie glo dat ‘n ma toelaat wat met die pragtigste en kosbare geskenk van God aan haar geleen is nie. Ek sou wat wou gee om swanger te raak asook ‘n ander egpaar…… maar soos Mari sê sy moet nog voor God ook gaan staan. Kinders wat mishandel word ruk hand uit en die regstelsel moet strawwer vonnis.

Cacophony ·

Dis wonderlike nuus. Hoop net die vroumens kry nie borg nie. Sy gaan nou seker soos Advokaat Barbie beweer hy het haar beheer. Sy is die naam ma nie werd nie

Johann ·

Weet jy my keel trek sommer toe as ek hieroor dink, hang die skuldiges by skuldig bevinding en toon asb geen genade

Helene ·

Dis verskriklik! Ek vermoed daar is nog n boetie ook.
Kan nie meer in hierdie dogtertjie se ogies kyk nie> ouers is veronderstel om n veilige hawe vir hul kinders te wees. Wees hulle genadig Liewe Heer – al die onskuldige kindertjies.

Koos1 ·

En sy verkoop haar storie aan Huisgenoot, skaars 2 weke na haar kind se dood. Die vrou is duidelik nie lekker nie, en gaan dit heel moontlik in die hof gebruik as verskoning. Aai, ek is seker daar is ‘ n mamma wat vir haar was in die selle.

E.K. (vra net) ·

Koos1 – is dit regtig so? Ek lees glad nie daai tydskrif maar kan nie glo hul daal so laag om enigsins haar “storie” te publiseer nie. Swak verby. Maar wat hul altyd oor almal publiseer is presies waarom ek dit NIE koop

Herman ·

Daar is nogsteeds so baie Poppies daar buite wat daagliks erg aangerand word en wie se ouers nooit verantwoording voor die howe sal doen nie want iemand kyk die ander pad. Jy is net so skuldig as jy weet van iemand wat kinders mishandel en NIKS daar omtrent doen nie

Sus ·

Ek is ‘n voorstander van verpligte sterilisasie by beide mans en vroue wat skuldig bevind word aan kindermishaneling. Maak ‘n einde aan hierdie kanker!

saartjie ·

Sekere mense moet net NOOIT kinders hê nie, soos van NOOIT!! Ek hoop die seuntjie kom ‘n heel mens uit hierdie ongelooflike tragedie.

Piet ·

Hulle moet eendag voor God Almagtig gaan rekenskap gee en niks wat hulle sal antwoord regverdig die veragtelike onmenslike daad nie by God kan hulle nie lieg nie ek is bly ek is nie hulle nie rus in vrede my klein engeltjie nou het jy baie liefde en aandag by Jesus se voete en lekker sorgvry saam met jou Hemelse maatjies

esther ·

Om hulle te hang is té genadig. Hulle moet flippen verrot in die tronk en ELKE dag daaraan herinner word.
Medegevangenisse is ook gladnie mal oor kindermishandelaars nie… selfs die gehardste krimineel haat sulke goed… en gaan hulle defnitief nié daarvan laat vergeet nie!!!

Dan ·

Tronkstraf is heeltemal te genadig vir hierdie ma en Koekemoer. Amper net so erg is die talle gevalle deesdae van “slim” jong mense wat saambly of trou en kinders kry, en dan nie kans sien vir die verantwoordelikhede wat met ouerskap gepaard gaan nie. Die kinders word doodeenvoudig weg gegooi en ander mense moet dan kyk dat die kinders opgevoed en grootgemaak word. Die slegte ouers dien eerder hul eie belange. Simptome van ‘n uiters siek samelewing.

Sus ·

Ek is ‘n voorstander van verpligte sterilisasie by beide mans en vroue wat skuldig bevind word aan kindermishaneling. Maak ‘n einde aan hierdie kanker!

mariaan ·

Ag ou Simon, waar val jy nou uit?
Gaan lees al die koerante met berigte oor Poppie asook die buurman se verklaring dan kan jy saampraat.

Lorein ·

Dit moes al lankal gebeer het….sy as ma kon n beskermingsbevel of lets gekry het…of sy kon biologiese pa vertel het dat hy na kinders omgesien het tot sy op haar voete kon staan… ek as ma Sal liewer dag en nag werk om alleen vir my kinders te sorg voor hul verniel word deer n monster…

annetjie ·

Ek se altwee is skuldig n man sal my kind so behandel ni n mens moet vandag jou kinders so oppas ek het nie kinders nie maar ek het n dier en sy is my als ek voel hul moet gestraf word as n man my kind so moet behandel sal ek my hande afbeklei en hom los mag die gereg geskied en jy vat nie aan jesus se kleintjies nie

Venessa Botha ·

Simon, as dit my ou dogtertjie was sou ek ook nou tereg gestaan het op moord,maar op my boyfriend wat nie sy hande van my kind kon afhou nie. Hoe klink dit vir jou?

Lizelda ·

MC van Zyl. Ek stem 100% saam. Dalk nie net as straf nie maar werklik om te keer dat so iets weer gebeur. Ek verstaan nie waarom vroue by mans bly wat hulle kinders so verniel nie. En hulle bly net stil.

Erika ·

Honestly dink ek di ma sit moontlik agter als mishandelings etc., jul gan nog hoor, want ekt nogi n ma teegekom wa dit gedwee sal aanvaar ni, ons sa vermoor om ons kids te beskerm, dis natuurlike instink

annoniem ·

Die hartseer is dat elke dorp in ons land n Poppie of twee of drie het, hulle haal netnie die koerante nie …… vandag weer met n 7 en 8 jarige gewerk wat wreed verkrag is….. iewers is iets groot fout…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.