Poppie se pa in hof toe stiefpa verskyn

Christo van der Merwe buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Christo van der Merwe buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Kobus Koekemoer het Vrydag weer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Koekemoer het nuwe regsverteenwoordiging en daar is versoek dat die saak tot 28 November uitgestel word, wanneer Koekemoer gereed sal wees om met sy borgtogaansoek te begin. Die versoek is toegestaan en die saak is uitgestel. Koekemoer bly in aanhouding. Koekemoer was Vrydag in ʼn swart pak geklee.

Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, het die hofverrigtinge bygewoon. Hy het soos talle ander mense in die hof ʼn pienk hemp aangehad ter nagedagtenis aan Poppie.

Van der Merwe het buite die hof aan verslaggewers gesê sy hartseer oor die dood van sy dogter is onbeskryflik. “Niemand sal my seer ooit verstaan nie. Die regstelsel het Poppie gefaal.”

Hy het ook die polisie en maatskaplike werkers daarvan beskuldig dat hulle eensydig opgetree het.

Koekemoer Vrydag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Koekemoer Vrydag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

“Hulle het net altyd na Louisa [Poppie se ma] se bewerings geluister en my as pa nooit kans gegee om my kant te stel nie. Die Kinderwet moet hersien word. Baie ouers, pa’s word geraak deur valse bewerings en en word toegang tot hul kinders geweier. Daardie kinders word ook hierdeur te nagekom.”

Van der Merwe het almal bedank vir hul bystand en ondersteuning in die moeilike tyd. “Louisa is net so skuldig soos Kobus Koekemoer. Die waarheid kom altyd uit. Ek is lief vir Poppie. Sy is ʼn heldin en het haar boetie gered.” Hy het aan verslaggewers gesê hy is nou “sterk genoeg” om ʼn verklaring by die polisie te gaan aflê rakende die voorval en hul met die ondersoek by te staan.

Koekemoer is by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal naby Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem ná Poppie se dood. Sy het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Vingerfout

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Piet ·

Ek sien baie kommentators is baie vining wanneer Maroela ‘n tik- of spelfout began. Lees bietjie deur die res van die kommentare en help die kommentators ook reg. Ek moet partymaal dieselfde kommentaar oor en oor lees a.g.v. spel- en taalfoute.

Hersien Kinderwet! ·

ek stem saam jou Christo van der Merwe! die kinderwet moet hersien word!!!!! Daar kan baie kindertjies se lewens gespaan word deur die kinderwet te hersien!

adri jacobsz ·

Die saak met poppie en haar stiefpa het n land geruk en dus ook my en my man agv die feit dat ons met dieselfde probleem sit, maatskaplike werkers wat net n ma se weergawe hoor en die emosionele en fisiese mishandeling wat wel plaasvind in die moederhuis miskyk? Wat staan mens te doen? Die ma pik net n paar trane en lyk mismoedig en almal val vir haar false verklaring en gedrag? Hoe beweg met so iets.

Meraai ·

Julle weet mos nou wat om te doen. Hou aan en aan en aan om die gereg en maatskaplike dienste te kontak oor die geval totdat hulle iets daaromtrent doen. Moenie opgee nie. Dan moet daar na jou geluister word. Gebruik kontakte. Maar moenie opgee nie. Vir Poppie is dit te laat.

gatvol ·

Adri ons sit in dieselfde situasie! ons het vir die eerste keer in 5 jaar ‘n advokaat gekry wat ons moontlik kan help. die maatskaplike werkers warry niks

Nelina ·

Ons moet in miljarde opruk parliment toe en daar plak TOTDAT die kinderwet hersien is. Huidiglik gaan dit vir ñ pot ….. en die CMR is nie bevoeg om ons kinders behoorlik te beskerm nie.

Jammer Poppie ·

Meneer, net so jammer soos ek vir jou voel was Poppie skynbaar reeds onder jou toesig verwyder agv sekere bewerings. Sy was skynbaar nie veilig in jou sorg nie. Foeitog arme ou dingetjie en toe gaan sy na nog ‘n erger huis wat haar dood gekos het. Lyk nie asof iemand hulle oor die ou pragtige blou-oog blonde dogtertjie ontferm het nie. Dit wat jy aan ‘n onskuldige kindjie doen sal in drievoud na jou toe terugkom.

Jammer Poppie 2 ·

Jammer Poppie ek stem 100% saam met jou ai my hart gaan uit na daai pragtige mooie kindjie….ek kan nie eers ‘n dier skop hoe in hierdie lewe kan jy so klein mensie skop, meneer daar innie trunk ek hoop jy kry eendag by my Vader jou grootste straf!

Andrea ·

Jammer Poppie, ek stem saam met jou. Daai feit word nou nie deur die pa genoem of verduidelik nie. As Poppie nie uit sy sorg verwyder moes word nie, het sy dalk nooit by haar moordenaar opge-eindig nie….

Wiebo ·

Jammer Poppie, die vrou het moontlik deur false redes verhoed dat die pa die kind mag sien. Kyk net hoe sleg is Poppie se ma wat nie die kinders eers beskerm het nie. Vrouens kry als reg by die gereg deur net te huil en te lieg. Beskermings bevel word te maklik deur die howe uitgereik aan vrouens. Poppie was heel waarskynlik baie meer veilig by haar regte pa……….

PJ ·

Jammer Poppie, dis presies waarvan hy hier prt hoe weet jy wat die waarheid is. Di evrou kom net mooi weg met moord terwyl jou kinders onder n stiefpa moet behandel word soos gemors en as jy jou mond oopmaak dan kry jy nou n interdik teen jou om te versuim om jou kinders te sien…..Maar as die kinders moet terug na vakansie of naweek is dit trane hulle wil nie by die Ma bly nie…..Die wet hierop moet verander kinders moet kan kies by wie hulle wil wees van n ouderdom van 10 af want dan kan hulle al vir jou se wat hulle presies voel…..Ek moet eerlik se as dit my dogterjie was dan kry ek KOEKEMOER JAMMER!!!!!dan was ek die een op die aanklag bank….

Jammer Poppie ·

Hi PJ ek ignoreer maar jou snedige aanmerkings, ek bly by die punt. Net so graag soos ek met jou sou wou saamstem dat ‘n kind self moet kies, is die kindertjies wat so doodgeslaan word gewoonlik onder 10 en ‘n ou 3 jarige dogtertjie nie in staat om te kan kies nie. Jou argument hier dra dus geen water nie, sy was ONDER 10. Jy kan vir haar een pakkie lekkergoed en ‘n mooi pop koop en dan oortuig jy haar om by jou te bly. Waarmee ek wel saamstem is dat daar beter ondersoek ingestel moet word na die omstandighede by BEIDE ouers se huise, en ook hulle ‘partners’ se agtergrond. Onthou selfs met molestering kies die kinders soms om te bly omdat hulle gedreig word, of omdat hulle glo die ouer het hulle lief. Ek gee net ‘n voorbeeld. Dit is baie meer ingewikkeld as dat ‘n kind self moet kies. Ek stem wel saam dat ‘n ouer kind moet kan kies, maar ‘n ou kleine babadingetjie kan nog nie kies nie, die hof sal vir haar moet kies, maar nadat hulle DEEGLIK ondersoek gedoen het na beide partye se omstandighede en haar selfs laat ‘foster’ indien nodig.

Moeg vir useless CMR Brits ·

PJ ek weet presies waarvan jy praat sir met dieselfe probleem, en CMR Brits is useless meer as 2 jaar se op en afgery van Jhb na brits en nog niks het gebeur nie, daar is geweld en drank baie drank in my kind se moederhuis maar geen ondersoek word gehou nie die brits hof is net so blerrie useless

LS ·

Daar is altyd twee kante van ‘n storie en dan die waarheid.
Die Here slaap nie!!!

As dit is soos wat die biologiese pa beweer dat niemand na sy kant luister nie, STERKTE vir jou, ek hoop die VOLLE WAARHEID sal uitkom.

Wat hy wel sê, die ma is net so skuldig, DAARMEE STEM EK VOLKOM SAAM VAN DAG EEN AF AL !!! Ek hoop regtig geregtigheid sal geskied hierso sodat dit kan dien as ‘n voorbeeld vir ouers en stief ouers en wie ookal wat kinders so behandel. Dit is regtig SIEK verby, ek het geen ander beskrywing behalwe dit nie, as ek sê hoe ek regtig voel sal MAROELA dit nie plaas nie.

PJ ·

JUlle hoef nie my kommentaar te plaas nie, al wat ek vir Jammer Poppie kan se, as jy nie die Pa se kan uit sy mond gehoor het nie, los dit eerder……N kind moet kan kies waar hy wil bly en nie n regter moet kan voor se op hy of sy gevoel oor die situasie nie.

Pa se kant ·

hoekom skryf maroela media nie ‘n berig oor die biologiese pa hoe hy sy kant stel nie? almal weet hoe ma’s kan wees en ook maar nie die waarheid vertel nie.

Johan ·

Wonder of Kobus Koekemoer die swart pak aangeskaf het vir sy ter aarde bestelling?? Hopelik het die biologiese pa ‘n verklaring gaan aflê, asook saak gemaak teen die “ma” . Iemand naby moet so ‘n saak maak, sodat die ma vervolg kan word. Die regstelsel is vrot! Dit gan my verstand te bowe waarom die “ma” nog iewers buite rond loop.

Almarie ·

Vra eerder WIE het vir Koekemoer die swartpak klere gebring en hom besoek gister. Kan nie sy suster wees nie sy bly langs my. So dit moet Louisa wees wat hom besoek in die tronk of sy broers Pieter.

Chri ·

My hart gaan uit na Poppie se pa. Almal wat so kritiek lewer moet onthou ‘n mes het twee kante en ‘n storie ook. Meeste ma’s gaan kinderhof toe en vertel ‘n lang, tranerige, sappige leeuen en hulle word geglo. Ek en my aanstaande man sit met dieselfde probleem sodra ons seuntjie moet huis toe vat is dit ‘n tranedal. Hy verwys na ma en stiefpa as monsters. Hy word verwaarloos, vuil naels, vuil ore en hy moet homself bad. Maar ons hande is vasgemaak want sy pik ‘n traan en die hof glo. DIE KINDERWET MOET HERSIEN WORD EN KINDERS MOET KAN KIES BY WIE HULLE WIL GROOT WORD.

Cacophony ·

Hoe kan julle verwag die kind moet kies by wie hulle wil.gaan woon? Bv Poppie was maar 3 hoe sou daar van haar verwag kon word om te kies. Nee die kinders moenie so gestraf word nie die ouers moet net flippen groot word en ophou kinders gebruik as speelgoed in hulle oorlog.

johann ·

Die voorval is skokkend. Ek glo ook dat die wet drasties moet hersien word. Die ma word altyd aangeneem is die regte ouer. En dit is vals. Vrouens kan ook net sulke monsters wees.
Ek hoop regtig dat die ma ook aangekla word.

PJ ·

CHri. Ek verstaan presies. Ons was deur groot hofsake en kinder wet en dinge gewees en baie geld gekos wat op die ou einde die moeite werd was…Al wat ek kan se nader die hof en kla, moenie eers met die Ma prt nie, kinder wet en sielkundiges benader die ding baie beter….Probleem is net dit kos baie geld maar wat sal y nie doen vir n smaile op n kind se gesig nie. Al drie kinders is by my…

Heila Fourie ·

My kommentaar? aldrie ewe skuldig . Gaan die ma en pa ook getuig?
Skrikwekkend arme kind dat ‘n kind van 3 in ‘n gat begrawe is en almal huil met sakdoeke gedoop in uie sap!
Heila Fouire

Michelle ·

Ek stem saam met jou, Heila. Al drie ewe skuldig. En ons SA-regstelsel faal ons steeds. Uitstel, uitstel, uitstel!! Die beskuldigdes het weereens meer regte as die onskuldiges.

Almarie ·

Heila ja al drie is skuldig. In Huisgenoot 17 November erken Christo dat hy Louisa en die ouer dogter geslaan en dinge aangedoen het waarop hy nie trots is nie en dat hy Poppie en die boetie ook “pakslae” gegee het. Ek wil ook weet die ouma wat in Orania was waar hulle gewoon het hoekom het sy nooit iets gese. En Louisa se ouer seun Jaco Els was ook bewus van wat sy ma en Koekemoer aanvang

snoefie ·

dis so maklik om te oordeel. daar is oor die algemeen soveel VRYWILLIGERS by welsyn en kerke betrokke. span die mense in om gereeld by gesinne waar daar klagtes of net vermoedens van mishandling, “stout kinders”, maer kinders of kinders of oumense wat heeltyd sien of beseer is, in te lower. dit kan dalk die mishandling stop voordat dit n tragedie word.

Elsie ·

Stem volkome saam dat almal altyd dink die ma sal beter na die kinders kan kyk as die pa. Ek ken ook ń soortgelyke storie. Een groot probleem is dat pa nie die geld het om te baklei nie. Dis ń lang uitgerekte saak en met elke verrigting staan die prokureur bakhand en verder word niks uitgerig nie! Als net ń geldmaak storie. Die wet moet beslis hersien word!!!!

VelvetBlu ·

Christo, dit is so waar. So baie ma’s maak vals aantuigings en die howe en welsyn werkers vat haar woord as wet. Die pa’s word verkleineer en van hulle kinders weer hou. Ma’s wat hierdie metode gebruik om pa’s van hulle kinders te weerhou moet bietjie aan die ontvang kant staan. Hulle dink hulle wen die geveg as hulle daar uit stap as hulle die pa kan weerhou van hulle kinders. Ek persoonlik (Ek is ‘n ma en getroud met ‘n man wat deur hierdie meule is) wens elke ma wat die stelsel misbruik… ‘n helse pyn waar die son nie skyn nie, toe.

Anoniem ·

Wat van stiefma as sy nie van die kinders hou nie – kom sy ook weg daarmee want sy is ‘n vrou?

thea ·

ons kan bespiegel soos ons wil vir en na alle kante maar glo my hier gaan n blik wurms oop gemaak word wat ons hare nog meer gaan laat rys. ek wag vir autopsie uitslae dan gaan dinge ons eers skok. RIV poppie

Ouma ·

Die regte pa moet n saak gaan maak teen die ma, eks n ouma wat baklei het in die hof vir my kleinkind. My dogter net so gehuil voor die welsyn en hulle het haar geglo. maar ek het nie opgehou tot ek die teendeel bewys het. Aan poppie se pa gaan baklei vir jou reg tot die waarheid uitkom.

lynette ·

Van die begin het ek gese sy is nie n ma se agterent nie want n goeie ma sal nie dat enige man haar kind leed aandoen nie. Haar vertelling oor wat op daardie dag gebeur het is net so vol gate. Ek sal haar bitter graag wou uitvra!!!!

PJ ·

Anoniem, ek dink in die geval van n stiefma is dit anders. Die gronslag van n gesin le by die Vader van die huis so ek dink alles gebeur met hom en om hom. As hy dinge toelaat sal dinge sy goed of slegte gaan gaan. Jammer om te se maar die problem kom in by Jesus….As Jesus nie in jou huis en gesin is nie, dan bly drank en drugs en man slaan vir vrou en anders om oor, dinge wat nie een kind verdien nie, dan kry die kind die swaarste. Wat mense nie besef nie die heeltydse oor en weer bakleiery tref die kinders so erg…Nagte om se huil…….

Carpe Diem ·

PJ jy maak wilde stellings. So slegs mense wat “jesus” ken is goeie ouers…shaime!!

PJ ·

Carpe, maak met daai stelling net wat U wil….Die feit van die saak bly, n gesin wat in geloof en verhouding met die Here is weet wat is reg en verkeerd is. Ongelukkig is dit nou maar so. Geen mens het so haat in hom vir die medemens en geen rede om veral n kind so te verniel nie…..Leet Matt.

Janlie ·

Net vir interressantheids onthalwe. Die biologiese pa het in ‘n vorige artikel self bevestig dat hy sy vrou en kinders geslaan en ‘n fout begaan het daardeur. So hy het self gese dat hy skuldig was aan dieselfde aksies

Dankie ·

Presies, en dit het uit sy mond gekom, maar nou verdedig almal hom, baie dankie vir die logiese en onpartydige bydrae. Mense baklei nou hulle eie stryd met ‘n ex vrou op die blad in plaas van om na die feite van Poppie se saak te kyk.

an ·

Ek voel jammer vir Poppie so onnodig,maar tog is die ma net so skuldig sy moet ook gevonnis word.

heleen ·

Almal kry vir Poppie jammer! Alhoewel uit aaklige omstandighede is sy soveel beter af! Dink julle regtig dit sou beter word? Daardie man wat haar geskop het sou tien teen een haar aanhou mishandel het! Sy kon ni kies waar sy wou bly ni! Sy is eenvoudig te jonk gewees! Watse beeld het sy van di lewe gehad? Sy het opgekyk na hierdie groot oom wat haar moes beskerm het! Di oom wat op di ou einde haar dood veroorsaak het! Ek ken hom ni maar ek voel vir hom minder as niks! ek kyk na sy gesig en ek sien niks! ‘N lee dop sonder siel! Maw di Here is nerens in sy lewe ni!

charmaine ·

Die ma’s gebruik die kinders om hulle te behou want hulle gebruik die kinders se onderhoud geld vir hulle self. Dis al waaroor dit gaan oor die onderhoud geld.

Sandra ·

Mev as jy een kind het en jou man verniel julle, gebruik die voorbehoedpil. As jy n tweede keer n kans in n huwelik maak en jou man verniel jou kinders, gee hom by die gereg aan. As hy nog steeds voort foeter skei van hom. Liewer alleen op jou eie as in een huis met die duiwel.

Alida ·

Die volle waarheid sal in die hof uitkom. Al drie hierdie mense sal moet getuig. Die ma is die skuldigste want sy het dit toegelaat.

PC ·

Jy kan die kinderwet wysig net soos jy wil. Solank daar getuies is wat leuns vertel. Sal die pap op die grond val.

Ouvrou ·

Ek het jare terug baie in hlwe vewerk met kinders uit sulke buise. En glo maar vandag vir my. Ma’s vertel die aakligste leuens oor pa’s om die kinders te kry. Selfd dat kinders gemollesteer word. As mens baie ure met so kind spandeer en hulle vertroue wen kom jy gou agter die kap van die byl. Goed soos ” mamma het gese ek moet so en so sê”. As jy lank genoeg vir n klein kind n ding vertel glo hy dit ook naderhand

Heidi ·

Presies wat ek ook se. Miskien sal moeders minder lieg in die Hof as daar werklike tronkstraf op gele word vir die leuens onder eed.

Ouvrou ·

Ai my ou vingers kan nie so lekker tik op die klein toetsbord nie. Dit moet howe gewerk wees en kinders.?

Heidi ·

Dis die waarheid dat die regstelsel die kinders in die steek laat en die polisie eensydig is in hierdie sake, ek weet uit ondervinding. Daar is menig Vaders wat vrees en magteloos is teen die stelsel. My Ouma hart gaan uit na Christo en huil saam met hom in my gebede.

franje van spanje ·

n Slegte ma is die slegste ding op aarde!!!!! Ek stres as my kinders koors het. Kan myself nie indink dat hulle aangerand moet word nie…

Karin ·

Vir my gaan dit oor die feit dat Poppie dood is en niemand het haar in haar kort lewetjie beskerm nie
Elkeen wat van die saak geweet het is ewe skuldig .
Polisie, maatskaplike werkers , ouma , ma, bure , hulle het haar gefaal … die pa is nou baie hartseer maar hy het ook aangejaag … en al het die ma gelieg … ek sal nie dat iemand lieg en daarmee wegkom nie … almal wil lang trane huil nou maar waar was hulle toe die kindjie mishandel is en in haar laaste uur van haar lewe was sy alleen met ‘n wreedaard en ‘ n ma wat niks omgee nie … waar is daar n plek op daai klein lyfie wat mens slaan en skop.. Maak n voorbeeld van die mense en dat ander kan sien dit gaan nie geduld word nie , maatskaplike werk is nie meer wat dit was nie … hulle DOEN NIE HULLE WERK NIE , maak ‘n voorbeeld van die maatskaplike werker wat bewus was van die geval …Dis growwe nalatigheid en strafbaar. Elkeen wat kennis gedra het van die geval moet gestraf word. Tyd van Trane is verby ons moes gehuil het terwyl die kindjie aangerand was en verniel is deur Mense wat lief vir haar moes wees en haar versorg het …

Inez ·

Dit is so hartseer om te lees van Poppie. Daar is mense wat maar liewer nie moet kinders hê nie. Die CMR doen wel goeie werk, maar te min, te laat – en het ons 8 kosbare maande gekos aan tyd, regskostes en hartseer om my kleinseun van 2 jaar, terug te kry na valse beskuldigings. Ek het hom ‘n maand later moes begrawe na ‘n mislukte hartoperasie – en huil nog steeds elke dag daaroor, want ek mis my ou rooikoppie verskriklik baie!
Dan moet jy lees van sulke monsters wat gelos was om ‘n kleinding so wreed te mishandel! Dit breek mens se hart, want hulle kon al lankal iets daaromtrent gedoen het!
Ons as ‘n samelewing faal ons kinders as sulke dinge toegelaat word om te gebeur. Ek neem die hele familie kwalik wat nou so ewe in pienk rondloop – waar was JULLE gewees?

Libby ·

Ek kom uit so ‘n huis uit en dank die Here elke dag dat ek nie soos Poppie in ‘n kinder graf beland het nie, ek het dit oorleef. Dit gee mens ‘n ander siening. Wat ek wonder is hoeveel van die wat nou so vinnig is om te oordeel en sleg te sê sal bereid wees om hulle huise en harte oop te stel om die kinders wat wel gered word uit sulke huise ‘n veilige hawe te gee en hulle te help om te herstel en deel te word van die samelewing. Dit is maklik om vinger te wys en te sê die staatsdiens en die welsyn en die sapd en almal anders het Poppie gevaal maar antwoord vir jouself sou jy vir Poppie en haar boet ingevat het? Weet meeste van julle ooit waardeur die kind gaan in ‘n kinderhuis? Dit is ook nie maklik nie (ek weet dit is beter as mishandeling) maar daar is net te veel vir al die welsyns en staats organisasies om te dra. As ons dood eerlik wil wees sal ons almal erken dat ons besig is om met ons toekoms te dobbel want daardie kinders wat “weggegooi” word in die kinderhuise is deel van ons toekoms in S.A. Dit is ‘n jammerte dat mense oor ‘n maand of wat net iets of iemand anders gaan kry om sleg te sê en om oor te kla en Poppie gaan vergeet word saam met al die ander gesiggies.

Karin ·

Libby . ek het niemand sleg gese nie dis feite wat ek genoem het ek het in die laat 1989 by ‘n kinderhuis gewerk en werk daagliks met arm mense en kinders so my bek is nie net groot nie … ek weet presies wat aangaan en waar die probleme inkom … ongelukkig moet kinders na ‘n plek van veiligheid geneem word hetsy kinderhuis om dan geplaas te word … kindertjies wat in die sisteem is moet ongelukkig eers deur sielkundiges en dr gaan en hulle moet op so manier gesond word voor hulle by ‘n gesin geplaas word daar is baie goed wat in plek moet kom voor dit gebeur Ek se weet ek dink die maatskaplike werker wat van Poppie geweet het moet boet soos al die ander en my groot argument bly Die wat met Poppie en duisend ander kindjies gebeur moet nie gebeur nie PUNT

Teresa ·

Die doodsraf moet trug kom vir sulke mense die ma in gesluit sy het haar kind nie genoeg beskerm teen n stiefpa vark

Hartseer ·

Weet eerlik nie wat die punt is om maatskaplike werkers ‘n salarris te betaal nie, hulle kan net sowel nie daar wees nie… sal nie verskil maak nie. Pateties…. Soveel klagtes en niks word daaraan gedoen nie…. soos baie ander dinge in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.