Poppie se pa: ‘Sy was so pragtig’

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Christo van der Merwe, pa van die driejarige Poppie, wat glo deur haar stiefpa vermoor is, sê hy sal nou verbete veg om toesig oor sy seuntjie te kry.

Van der Merwe het aan Maroela Media gesê hy en Poppie se ma, Louisa Koekemoer, se verhouding het versuur en was hulle in ʼn regsgeding om toesig oor die kinders gewikkel. Hy het gesê hy het onderhoud vir die kinders betaal.

Volgens Van der Merwe, wat in Westonaria woon, het hy sy kinders drie keer die afgelope twee jaar gesien. Hy het Poppie in September die laaste keer gesien. “Sy was so pragtig. Sy het gesê sy is lief vir my. Ek kon niks doen nie. My hande was afgekap.”

Kobus Koekemoer, Poppie se stiefpa, verskyn Donderdag in die Brits-landdroshof om vir borgtog aansoek te doen. Hy is Woensdag in hegtenis geneem nadat Poppie Dinsdagaand na ʼn hospitaal gehaas is, waar sy met haar aankoms dood verklaar is (lees meer hier). Hy word van moord aangekla. Inwoners beplan intussen om Donderdag voor die hof te betoog.

Poppie se pa, Christo.

Poppie se pa, Christo.

Poppie en haar vyfjarige broer het saam met hul ma en stiefpa op ʼn plaas in Mamogaleskraal in Brits, op die Letlhabile-pad, gewoon.

Maroela Media het intussen van ʼn betroubare bron verneem Poppie se broer is uit sy ma se sorg verwyder en na ʼn plek van veiligheid geneem.

Poppie word voorlopig Donderdag uit die Afrikaanse Protestantse Kerk in Brits begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Neels ·

As n Pa se jou hande was afgekap dink mense jy het nie probeer nie. Nee ek weet. Die regstelsel het nie net jou te na gekom nie, maar jou dogtertjie ook. Ek weet. Ek ken die reg. Veral soos in my geval die Landros n vrou is. Mag God hulle vergewe.

Vic ·

As ek nou klip mag in gooi dink ek jy was seker in germiston hof want daar is not vrou wat totally teen man’s is of dit reg of verkeerd is die vrou kom 1ste in haar boeke maar ek het gewen en my seun bly vol in my sorg . Hou aan veg en moet nie trug staan nie all mag dit vir jou voel of jy die plot mis meer Pas’s moet toe gang kry veg veg veg vir jou reg dit is jou kind ook en gewoonlik not net nie meal ticket vir..

Natalie ·

Dit is verby hartseer… mens se hande is afgekap as gevolg van ‘n welsyn en justice system. Daar is geen beskerming vir kinders teen sulke mense nie. Die welsyn werker wat te slagat was om sy of haar werk te doen moet ook antwoord.

Thomas Tuz ·

Ek praat uit ondervinding die reg is vir die vrou,al is sy sleg kry sy die Kinders maak nie saak of sy vir hulle kan sorg of nie. Die Pa het geen reg nie, en hierna sol gekyk moet word want daar is Pa’s wat beter na hulle kinders sal kyk……Die Reg sal moet intree en baie dringent ook, want dit is tog in die belang van die Kind.

M ·

En dan kry jy Pa’s wat enige tyd toesig tot hul kind het en hom nooit bel of kom haal of voor betaal nie.

Nee Thomas Tuz – elke geval is anders, ek as Mamma baklei al 12jaar dat my seun se Pa net vir hom moet sorg en/of hom kom haal en bel.
Hy betaal al jare nie ‘n sent nie maar ek het hom nog nooit toegang geweier nie, nogsteeds nie.

Hul bly se – ons moet onthou hier moet gedink word aan die beste belang van die kind!!
Dan vermoed ek sy Pa is die kind want als loop in sy guns en hy kom niks oor nie!!

Daar is nie 1 wet wat ‘n kind waarlik beskerm en reg laat geskied nie – ‘n kind moet eers doodgaan voor iemand iets wil doen en dan skielik agterkom die kind se lewe is hel waar hy is.

therese ·

Dis baie hartseer om te dink wat deur haar kop gegaan het toe sy so geskop en geslaan was.

Liewe heksie ·

So jammer Pappa sy is voorwaar n engelkind ons ken nie die omstandighede oor hkm was jy nie meer betrokke by jou kinders nie maar as jul nogsteeds in n hofgeding was is al my simpatie met jou en mag jy so gou as nou met jou seuntjie verenig word want hy gaan jou vreeslik nodig hê

STEM SAAM ·

EK STEM SAAM PAS MOET MEER BETROKKE RAAK EN NIE N LAF HARD WEES NIE IS TE MAKLIK OM TE SE HAND IS AF GEKAP AS SY JOU ALLES WAS SOU JY VIR HAAR GEVEG HET EK JAMMER MAAR EK KOM UIT N FAMILE UIT WAAR MY PA NIE GEVEG HET NIE EK WAS VEKRAG GEWEES GESLAAN GEWEES . WAAR WAS MY PA GEWEES SORRY AL WAT EK KAN SE WEES N PA VIR JOU SEUN NOU VOOR DIT TE LAAT IS WEES MAN GENOEG VIR DIT

AAN STEM SAAM ·

Jy het geen idee wat party pappas deur gaan om hulle kinders te probeer veilig te hou… my man was uit gemaak as ‘n bitter pa deur child welfare omdat hy bly aandring na een verskyning na die ander om sy kinders te laat verwyder omdat hy vir hulle veiligheid gevrees het. Nadat sy kinders eers gemolesteer en verkrag is en is sy kinders verwyder en na hulle in ons sorg geplaas was het die hof nie die biologiese gesien as ‘n gevaar vir haar kinders en unsupervised visitations toe gestaan omdat sy n reg het is ons jongste kind weer gemolesteer onder haar eie ma se dak… die man loop vry omdat die NPA se hulle kan nie prosecute nie. So JY kan nie se hou aan en aan baklei en hande is afgekap… ons is dan bewyse daarvan dat al baklei jy ju baklei teen ‘n gereg stelsel wat moordenaars en pedofiele beskerm in plaas van ons land se kinders veilig te hou

Kobus ·

Baie vrouens skei te maklik, en die man en kinders ly daar onder. Die man verloor gewoonlik alles. Die howe moet slegs ‘n skeiery toelaat in uiterste gevalle.

Amanda ·

Kobus min mense skei maklik. Vandag is vrouens meer finansieel onafhanklik en hoef nie slaansakke, vloerlappe, emosioneel afgebreekte wrakke of selfs voorsieners van parasiete te wees nie. Ons kan loop!

Johan ·

Kobus dis nie “vrouens” wat skei nie, dis egpare. Egskeidings kan nie die skuld dra vir mense wat hierdie dinge aanvang nie. Dis die mense self wat die skuld moet dra. Selfs in die huwelik gebeur dinge soos hierdie.
Ja miskien skei mense te maklik en word dit selfs gesien as sonde. Na my beskeie mening is sommige huwelike “groter” sonde as wat die skeiding daarvan is.

Anna ·

Skei te maklik sê jy. Ek stem saam met Johan en Amanda. Ek is net opreg jammer vir mnr. van der Merwe

Lettie ·

Daar word net aanvaar ‘n kind sal beter af wees by die ma. Wanneer die ma vir haar gewese man kwaad is oor iets dreig sy graag ek sal jou kry waar dit die seerste maak. En dit is by die kind. Wie lei daar onder die kind. Maar alles word in die vrou se guns beklink maak ook nie saak deur hoeveel mans sy draf en wat hul karakter is. Hoekom word daar nie meer aandag gegee aan in wie se sorg die kind/ers die bestesal af wees?

Maureen ·

Die ou poppie het baie swaar gehad,mens sien dit in die gesiggie.Siestog siestog.

Jdv ·

En ek vra myself die vraag af…..hoekom word ander mense toegelaat om kinders te he en dan verniel hulle daai geskenk so???? Maar myne is by my, wat hom verafgod het…..weggevat…..?

Sarie Coetzee ·

Die regstelsel vaal die pa. Die ma neem irrasionele besluite. Grootouers en die pa het geen se of toegang en ma kruip weg. Kinders word verwaarloos en wonder waar is die mense wat vir hulle omgee

Lizelle ·

Dis so hartseer. Ek hoop en bid as DA aan bewind kom dat die doodstraf weer ingestel sal word. Gatvol vir misdaad.

Tascha ·

My hart is bitter seer. Hoe doen mens so iets aan so n klein lyfie wanneer jou 1ste instink is om te beskerm en lief te hê? Hoe laat enige Ma dit toe? Dis moeilik om nie te oordeel wanneer alles in jou skree dat dit so onregverdig is dat daardie pragtige engel baba moes sterf omdat haar Ma te sleg was om haar te beskerm! Oordeel my maar oor die post maar vir my kinders sal ek baklei tot ek my laaste asem uitblaas!

Lynette ·

Ek moet ongelukkig saamstem…al wat Sy daai oomblik gehad het was haar Ma!!!!

basjan ·

Mnr Van der Merwe – ek weet waarvan jy praat. Ek het 2 kinders. Gereeld is ek voor die hof gedaag oor onderhoud. Daar was altyd geld vir prokureurs, nooit vir die versorging van my kinders nie.
Ek het lasbriewe teen my gehad, eenkeer toegesluit omdat die polisie een van hul eie wou beskerm.
Toe die geleentheid kom, kon ek een ontvoer en op my eie, “skelm” grootmaak. Dit was die beste besluit ooit.
Vandag, jare later, is ek die trotse pa en oupa van daardie kind en haar kind.
Die ander een? Volgens die regstelsel het reg geskied – maar hy sal nooit sy potensiaal bereik nie. Dit breek mens se hart om te sien hoe swaar hy trek aan sy gebrekkige opvoeding.

Beesblaas ·

Al wat ek vra is een aand saam dai lafhart in die sel, net een aand sal vir hom soos n ewigheid voel!

mm ·

Hy moet nie borg kry nie want hy is so n bangbroek dat hy selfmoord sal pleeg eerder as tronk toe gaan. die patetiese ma ook.

Cecilia ·

Ai Tog, sorg asb vir jou kinders, hul is al wat mens het!!! Hul het nie gevra om daar te wees nie, wees lief vir hulle

Ai tog ·

Ek en my vrou het ons dogtertjie verloor met haar geboorte, Ons was platgeslaan. Ons kon nie weer kinders he nie. Vandag baie jare later het ons 6 kinders tussen 12 jaar en 36 jaar. Ja almal aangeneem. Ons ken nie die woord stief nie. Hulle ook nie. Vandag kan ons se ons is so gelukkig almal van ons en ons is baie naby mekaar en baie lief vir mekaar. Die Here het weggeneem en vir ons in oorvloed teruggegee. Dit is so jammer wat met hierdie klein dogtertjie gebeur. Hier waar ek die boodskap tik loop die trane aanmekaar. Jy stiefpa moet boet vir wat jy gedoen het.

Bianca Robson ·

Kan julle Brits mense vir Bianca Mitchell onthou? Sy was deur haar ma vermoor. Kan nie die presiese datum onthou nie. Haar ma het nie eers tronk straf ontvang nie! Kom ons hoop die keer is die gereg agter die onskuldige kind! RIP Bianca Michell en Poppie van der Merwe! Twee pragtige blomme te vroeg gepluk!

Dirk ·

Christo,sterkte vir jou en ek hoop jy kan jou seuntjie kry.Hoop hulle bêre daai vark vir altyd weg..

Mariaan ·

Hoekom is die ma nie ook in hegtenis geneem nie? Sy is mos net so aandadig.

Regina ·

Ek het simpatie met die pa en ek glo hom as hy se sy hande was afgekap. Die reg is nie aan die pa se kant nie. Ek het ‘n broer wat baie lank en met baie kostes baklei het vir sy seun…na 5 jaar kon bewys word dat sy eie ma hom mishandel. ‘n Vrou wat saam met die ma werk het getuig hoe sy vertel wat sy met die kind doen. Die skade is reeds gedoen en geen sielkundige kan die skade herstel nie, Sterkte vir die pa…ek hoop jy kry jou seun betyds!

Cecily ·

So bly sy is nie meer in die ma se sorg nie as jy haar n ma kan noem.

Engela de Klerk ·

Waarom was dit so moeilik vir die biologiese pa om toegang tot sy kinders te hê! Nou is dit vir Poppie in ALLE geval te laat. Ek lê die blaam ook aan die voete van die wette van die land, maar nou-ja, veel te sê oor “wette”!

steve ·

wat dan van n vrou wie nie wulwerknie en tog alles kry wat sy wil he en haar man dan manipuleer soos haar mma en sister haar voorse om te doen en gedurig dreig om die baba te vat en te loop. netsi vir die record haar suster soon by haar ma. tussen die twee is hulle te ellendig om hulle liggame skoon te hou. die huis waarin die susters se kinders grootgenask word is n stinkende varkhok. niemand werk nie maar sy dreig om my kind daarheen te vat as sy nie haar sin in alles kry nie. sy sit heeldag voor die tv en die baba moet saam kyk na die wreedaardigste programme. die kind word saans gebad wanneer ek tuis kom. dis te veel moeite om die kind vaste kos te voer die arme kind word drie, net drie bottels taai pap gevoer. watse kans het die kind? die dominees sal hulle Kant gaan skoonlieg in enige hof.

Veritas ·

Ek wil huil as ek net probeer dink aan die vrees, pyn en ongeloof wat deur daardie klein koppie moes gaan. Toe ek en my dogtertjie se ma, uitmekaar is, was ek in die gelukkige posisie dat dit die ma gepas het om die kind by my af te laai wanneer sy wou partytjie hou. Sy was ‘n goeie mamma maar het ‘n drankprobleem gehad en wou nie gaan vir hulp nie. Gelukkig was die kind by my vir die naweek toe haar mamma dood is. Die rou krete uit die vyfjarige se borsie, toe ek haar vertel het dat haar mamma dood is, sal my altyd bybly. Ek weet my kommentaar het niks met hierdie saak te doen nie maar die hartseer van ‘n onskuldige klein kind kan net oortref word deur die hartseer van ‘n ouer wat sy/haar kindjie aan die dood moes afstaan. My hart bloei vir hierdie pappa wat homself gaan verwyt vir dit wat gebeur het.

marlene ·

Haar naam het so mooi by haar gepas…. sy was regtig ‘n klein poppie. As ek na haar foto kyk, is dit amper ondenkbaar dat iemand haar so seer kon maak. Ek wens sy was my kleindogter om teen my hart te hou :(

Anoniem ·

Ek as n ma kan ook se die regstelsel het my gefaal en vandag betaal ek n duur prys…..dit loop saam jou elke dag…jy moet jou elke dag bewys dat dit wat ookal gebeur het nie dit is wat ander jou kinders vertel en wysmaak nie en waar daar n stiefouer betrokke is wat sy of haar mes in het vir jou….sukkel jy al is jy ook hoe al onskuldig…God dra my elke dag, Hy het my versterk tot nou en ek weet Hy sal altyd…..Mag die stiefpa en ma van kleine Poppie gestraf word, laat hul gewete hul opvreet sodat daar op einde van dag niks van hul oor is nie. Aan die pa kan ek net se sterkte, mag God se liefde jou dra elke dag, mag Hy jou vertroos, bly veg vir jou seun maak nie saak wat…hy het jou so nodig….

Iemand ·

Christo woorde ontbreek my vanoggend, hoe troos mens ‘n pa wat so pragtige blommetjie verloor het? Christo, hierdie blommetjie van jou sit aan die voete van onse VADER, geen meer pyn of seer nie. Baie sterkte vir jou, en gaan haal jou seun!!! Die Wet het gefaal, en nou is dit vir hierdie pragtige blommetjie te laat! Vind troos in gebed, GOD sal SY hande van beskerming oor jou as pa vou, en jou heel maak, op SY tyd. STERKTE CHRISTO.

Erika ·

Ek stem saam, ek voel so jammer vir die pa van hierdie pragtige dogtertjie, ek wens so ek kon haar net styf teen my vasdruk!! As mens kyk na haar foto, sien mens net seer in daardie pragtige ogies van haar.

BRING TERUG DIE DOODSTRAF, WANT HIERDIE LAFAARD VERDIEN DIE DOODSTRAF!!

Skerp Spioen ·

Here help ons asb almal teen hierdie boosheid in die lug.

Denise ·

Dit is baie hartseer ek het nie woorde nie ek dit maak my baie depresief om sulke goed te lees hoe kan n GROOT man so n klein mensie so mishandel ???????

stiefkind ·

ook stuefouer wat weet haar ouer kind molesteer die stiefkind en dit weghou en skoon lieg by die regte ouer.

anta ·

Wat gaan aan in s.a..as dit nie n pa is wat sy gesin uitwis nie,n man wat sy vrou deur boosaardige mense verkrag word en haar seun doodgeskiet word nie.mans en vroue wat hul lewensmaat laat vermoor nie. Pa,s wat hul eie kinders toesluit en verkrag… stiefma wat dogter doodslaan in buiteland…dit als onder ons witmense!wow!!dit raak net erger en erger!!

Oom Harry ·

My naam is Poppie. Ek is 3 jaar want ek kan tot tien tel. My pa is weg. Ons bly in `n lelike huis. Hier is `n ander man. My ma werk. Die man raas met my. Dan slaan hy my. Hy het my al geskop. Ek weet nie hoekom nie. Ek is 3 jaar oud. Hier was al mense van die welsyn. Hulle praat, maar dit help nie. Hy slaan my weer. As ek eendag in die hemel kom, sal niemand my slaan nie. So het `n tannie al gese. My naam is Poppie.

SuzyQ ·

Oom Harry, hoe huil ek nou vir Poppie :( Weer ‘n pragkind wat deur die sisteem gefaal is.
Ek hoop die boetie gaan na die papa toe

Theresa B ·

Gee asseblief daardie stiefpa vir my. Groot asseblief!!!

Amber ·

Ek lees almal se hartseer en pyn. Veral die pappas.
Het nooit self kinders gehad nie en sal seker nooit julle pyn verstaan nie, maar ek lees elkeen se pyn met empatie. Sterke julle!!!

Verneuk ·

My man het my met iemand anders verneuk en toe ek hom uitvang gesê hy wil skei. Ons seun van 14 het vir sy Pa gesê dat hy nie sy Pa weer wil sien nie aangesien hy bitter en seergemaak was. Sy Pa het net vir hom laat weet hy respekteer sy besluit. Dit is natuurlik so ñ maklike uitweg! Dankie vir die Pa’s wat wel omgee en vir hulle kinders sal veg.

Johan ·

“Poppie”se begrafnis is nie meer Donderdag op Brits nie. Dis al wat ek wil bekend maak. En nogmaals dankie aan maroela vir die speeukbuis. En hulp. Diegene wat die lees. .. ondersteun asb. Maroela media

Elmarie ·

Ek dink die ma moet ook aangekla word.Sy is `n slegte ma en verdien nie om vry te wees niie.Ek is ook geskei en het baklei vir my kinders en het hulle beskerm teen alles en nog wat.Gelukkig is hulle nou groot.Geen man sou die kans gehad het om dit aan my kinders tedoen nie.

Ester ·

Julle weet dis so hartseer om dit te sien wat met Poppie gebeur het. Ek het ook n pragtige kleindogter dieselfde ouderdom. Sal my hande afbalei vir hulle veiligheid. Waar was die ma sy moes virseker gehoor het die kleine Poppie huil toe hy haar so seer gemaak het. Ek glo ook nie dit was die erstekeer wat hy dit doen aan klein Poppie nie. Geen simpatie vi die moeder. Sterkte vir die Pappa. Ek kan my nie voorstel waardeur daai kleine liggaampie moes gaan nie. My neef se kind is jare terug ook so vermoor deur die stiefpa ook doodgeslaan en geskop. Ma het saam die boyfriend weggeloop en kleinding is doodgeslaan en geskop deur die ou. ” Ma as jy wil rondloop en nie kans sien vir die kinders los hulle waar hulle veilig is moenie die kinders net vat om die pa te na te kom dink aan die kleinkindertjies. Hulle verdien dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.