Poppie se stiefpa na hospitaal gehaas

Kobus Koekemoer in die hof (7 November 2017). Foto: Phillip Bruwer

Kobus Koekemoer, die stiefpa van die vermoorde Poppie van der Merwe, het Woensdag vermoedelik weer in die aanhoudingselle van die hooggeregshof in Pretoria probeer selfmoord pleeg.

Koekemoer het glo ʼn vloeistof, vermoedelik skoonmaakmiddel, in die sel gedrink. Toe hy in die hof moet verskyn, het hy inmekaargesak en is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem. Koekemoer moes saam met Poppie se ma, Louisa, in die hof verskyn.

Adrian Nell, Louisa se regsverteenwoordiger, het die drama aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê hy was nie self by die hof nie, maar het by die staatsaanklaer van die voorval verneem. Nel het gesê dit is nie duidelik of Koekemoer steeds in die hospitaal behandel word nie.

“Ons weet nie regtig presies wat gebeur het of wat sy toestand nou is nie. Hy het seker gedink hy word gister gevonnis,” het Nell gesê.

Kobus het verlede jaar terwyl hy in aanhouding was vermoedelik ook probeer selfmoord pleeg toe hy glo sy polse in ʼn polisiesel met ʼn lem gesny het. Hy het kort daarna in die hof verskyn en daar was toe ʼn hospitaalnaambandjie aan sy linkerarm sigbaar asook verbande om sy enkels.

Kobus en Louisa Koekemoer in Desember 2017 in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Louisa en Kobus is in Desember verlede jaar skuldig bevind op aanklag van die moord op die driejarige Poppie en twee aanklagte van kindermishandeling. Die mishandeling het oor die tydperk van September 2015 tot Oktober 2016 in Orania in die Noord-Kaap en Brits in Noordwes gestrek. ʼn Sesjarige seun, wat toe vyf was, is ook mishandel.

Poppie is op 25 Oktober 2016 na die Brits- provinsiale hospitaal gehaas is waar sy by haar aankoms dood verklaar is. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem en Louisa is op 15 Desember 2016 in hegtenis geneem. Daar is tydens die hofverrigtinge gehoor Poppie is dood weens ʼn harde hou teen haar kop, wat erge bloeding en drukking op die brein veroorsaak het.

Nadat Kobus en Louisa skuldig bevind is, is die vonnisverrigtinge aanvanklik vir 28 Februarie op die hooggeregshof se rol geplaas. Dit is egter later tot 18 April uitgestel nadat Kobus se regsverteenwoordiger weens mediese redes nie vir Februarie beskikbaar was nie.

Volgens Nell moes Kobus en Louisa as deel van standaardprosedure wel gister in die hof verskyn net om die saak amptelik na 18 April uit te stel.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KAS ·

Haai ou Kobus, is dit nou jou gewete wat jou pla oor die onskuldige engeltjie wat jy vermoor het,Sterkte boet en kry vir jou.

Amanda Jordaan ·

Ag regtig!!!! Hoekom het hy dit nie gedoen voordat hy ‘n pragtige dogtertjie beroof het van haar lewe nie??

Hy het sy polse gesny maar verbande was om sy enkels? Verstaan nie daai een so lekker nie…

Eddie ·

Amanda ek het ook dieselfde ding opgemerk. Verbande om die enkels as jy jou polse wil sny. Miskien skuif die verbande rond in die selle.

Amanda ·

As jy gedink het jou vonnis gaan nou erg wees moet jy weer dink. Jy moet nog voor die regtersoel verskyn.

Denise ·

Dit is baie tragies wat met Poppie gebeur het en die man sal sy lot net moet aanvaar !!!!

Leeutjie ·

See the worry in my eye! Toe jy groot meneer gespeel het en jou bose kragte gebruik het op n pragtige klein dogtertjie het jy nie gedink aan die gevolge nie! Jy het ook gedink jy is invisible… Kry vir jou!!!

Sies ·

Die dosis was duidelik nie reg nie. Jy kan nie nou weghardloop vir jou vieslike dade wat jy met’n ‘n jong ou onskuldige dogtertjie gepleeg het nie lafaard. Gaan terug en vat jou straf.

Andrea ·

Nee, ek dink nie so nie. Hys net bang. Hy is nie meer Grootmeneer tussen twee hulpelose kinders nie.

GM ·

Ek weet nie hoekom mediese personeel se tyd so gemors moet word om kriminele te help nie. Hy het ‘n onskuldige kind tot die dood toe gemartel. Wie het Poppie se regte beskerm? Maar nou moet ‘n moordenaar se reg op lewe gerespekteer/beskerm word.

MADISON ·

Hy soek nou die maklike uitweg en dink so hy gaan nie sy straf uitdien nie. Ek het nuus vir hom hy moet nog voor God verskyn so hy gaan niks vryspring nie!!!!

ZeeBee ·

Dis nou Nuttelose inligting. En waarvoor word hy “gehaas” na die hospitaal. Ek sou eerder wens die ambulans kry n papwiel. Dit kom hom toe !

Lolla ·

Hulle haas, want die laffaard is besig om die ambulans te bevuil! Soos arme poppie haar bevuil het en daarom haar doodse slae gekry het… Wens hulle het hom ook gemoker toe hy homself en ambulans bevuil!

Gesiggie ·

Dit is so jammer dat daai skoonmaak middel nie gewerk het soos moes…, teminste is jou maag seker nou skoon gespoel….maar jou gewete sal jou altyd pla, en daai gesig van n pragtigge kind met die naam van Poppie…sal by jou spook vir ewig…. wat jy aan haar gedoen het was siek”’ hoop jy kry wat jy verdien”’

ELNA ·

Lafaard. Aandag freaken soek???hoe kry hy skoonmaak middel in hande
Hoop hy kry di swaarste straf moontlik
En die arme kind se ma ook. Ñ ma beskerm haar kinders met haar lewe…. di half hartige selfmoord pogings is aandag soek????so pragtige klein dogtertjie
Wat moes sy dag na dag deurmaak??? En haar boetie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.