Poppie se stiefpa weer in hof

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer verskyn Donderdag weer in die Brits-landdroshof in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Koekemoer het tydens sy vorige hofverskyning op 3 November aangevoer dat hy regsverteenwoordiging het, maar nog nie tyd gehad het om sy regsverteenwoordiger te spreek nie. Die saak is hierna tot 17 November uitgestel.

Gemoedere het hoog geloop tydens Koekemoer se vorige verskyning. Koekemoer het tranerig die hof binnegekom waarna ʼn man in die hof geskree het: “Jy gaan vrek, boetie.” Dit is gevolg deur nog mense wat skree: “No bail. No bail.” Die man wat eerste uitgeroep het, is hierna versoek om die hof te verlaat. “Ek sal nie. Hy is ʼn vuilgoed,” het die man geantwoord.

Lede van die DA, VF Plus en die gemeenskap het buite die hof betoog en geregtigheid vir Poppie geëis.

Koekemoer is by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal naby Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem ná Poppie se dood. Sy het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pine ·

Ek is nou al in my 50’s. Nie meer die krag van 30 jaar terug nie. Die trane loop nog steeds vir die ou klein engeltjie. Ek sal wat wou gee om jou net vir n halfuur alleen te kan kry sodat jy voel wa die ou poppietjie moes deurmaak in haar kort lewetjie. Rus sag engeltjie en daar is nie pyn by Jesus nie.

Francis ·

Wat is die rede dat Poppie se ma nie vervolg kan word nie? Hoekom ?

Denise ·

Die man het defnitief geen respek vir homself nie ek is diep geskok dat n volwasse man n klein fyn onskuldige kind so mishandel het dat dit tot haat dood gely het !!! Ek het nooit my kinders geslaan nie rustig praat was vir my die beste oplossing !!! Ons as ouers moet onthou n kind glo en vertrou jou om hom haar veilig te hou en te beskerm en net liefde en kos te gee maar die Liefde is die belangrikste vir elke kind!!!!

Cherokee ·

Maar Denise, hy is reg om geen respek vir homself te hê nie want hy is geen respek waardig nie.

Alida ·

Haal die boeie af laat hom uit die hof loop. Dit spaar baie belastinggeld en tyd vir verhore ens. Net n uur dan is als oor glo my.

Cherokee ·

Ek is nogal nuuskierig oor die man wat gevra is om die hof te verlaat en geweier het, of hy toe uitgestap het of nie. Het gewonder sedert die eerste berig waarvandaan die woorde herhaal is.

treurgrond ·

Francis, ek stem saam met jou kommentaar en wil graag ‘n antwoord he
Wat is die rede hoekom die ma nie vervolg word nie – sy was elke dag daar – elke dag. En het gekyk hoe haar doggertjie so behandel word. My hart is net seer.

LS ·

Ons sal haar verduideliking klaarblyklik volgende week kan lees in die huisgenooit, huisgenoot het blykbaar met haar ‘n eksklusief gehad.

Niks wat by haar mond gaan uitkom gaan die waarheid wees in elk geval nie !!!

Treurgrond, ek stem saam, hoekom loop die ma nog vry rond?

Rene ·

Kobus het by my gebly op i stadium in Nelspruit,
Toe die insident plaas gevind het – was daar behoorlike toetse gedoen DNA, bloed toetse ensv, Was Kobus dronk, of op drugs. Of was was die rede hoekom hy dit sou doen? En waar was die ma toe die insident plaas gevind het? Dan moet sy mos ook aangekla word vir na latigheid.
Maar ek moet se Kobus toe Kobus by my tydelik gebly het het hy het geen hand vir my seun gelig nie. En ook nie eens vir my nie. Ek weet hoe hard het hy gesukkel met werk soek en wou graag vir sy Kinders sorg.

EvW ·

Maak nie saak wat hy as verduideliking aanbied nie…. Jy doen nie dit aan ń kind nie!!!!

Clivé Burger ·

Sluit hom toe vir ewig en ek hoop hy sal ELKE dag voel hoe dit vir die kleine Poppie gevoel het. Hy het absoluut geen verskoning nie! Hy is ‘n monster – jammer dat hy ook iemand se kind moet wees (en alle simpatie!), maar dit is wreed, wreed, wreed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.