Porsche-motoris vir eers op waarskuwing vrygelaat

Kabelo Nyatlo (Foto verskaf)

Kabelo Nyatlo (30), die bestuurder van die Porsche Cayenne wat André Piehl (51) en Jéan du Preez, op hul fietse getref het, is Maandag in die Randburgse-landdroshof op waarskuwing vrygelaat.

Die saak is nou tot 18 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Hy word egter steeds van strafbare manslag aangekla nadat Piehl in die voorval dood is, asook roekelose- en dronkbestuur. Du Preez is steeds in ’n stabiele, maar bedenklike toestand in ’n Johannesburgse hospitaal.

Dit was Nyatlo eerste hofverskyning nadat hy aanvanklik in hegtenis geneem is, maar weens ’n tekort aan bewyse vrygelaat is.

Megan Harrington-Johnson van HJW Attorneys, wat die slagoffers se gesinne in die saak bystaan, het op Facebook gesê sy verstaan dat die publiek kwaad is, maar dat daar in ag geneem moet word dat Nyatlo geen vorige veroordelings het nie. Hy word ook nie as ʼn vlugrisiko beskou nie.

André Piehl (Foto: Verskaf)

Hy mag Gauteng nie sonder die toestemming van die senior staatsaanklaer of die ondersoekbeampte verlaat nie.

“Hy word geag as ‘onskuldig totdat skuldig bewys’, en dit is hoe ons regstelsel moet wees om die behoorlike funksionering daarvan te verseker.

“Eers ná ’n behoorlike verhoor kan ’n oortreder skuldig bevind word. Die verhoor kan ook nie voortgaan voordat alle bewyse ingesamel is nie. Baie bewyse, insluitend die bloedtoetsuitslae, is tans nog hangende,” sê Harrington-Johnson.

Sy het ʼn beroep op die publiek gedoen om geduldig met die proses te wees. “Die wiele van geregtigheid sal draai, maar hulle draai stadig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lillian ·

Jip…. My vermoede was toe in die kol oor die bestuurder van daai Porsche…

Pieter du plessis ·

Geld koop ongelukkig enige iets en enige iemand in SA en SA regering, hierdie is maar net weer bewys daarvan.????⚰

quartus ·

Hy moet ons sommer ook vertel hoe hy die ou karretjie in die hande gekry het

Ester ·

Maar Boeta, laat ñ boer nou net homself verdedig teen aanvaller in sy huis, en hy word toegesluit sonder enige bewys en borgtog word geweier…..

George ·

Nou moet die boere aanvallers wond, en op fietse sit, en dan raak ry, dans dit mos reg volgens ons howe.

Tiptol ·

As dit andersom was het die eff nou winkels afgebreek, beroof en gebrand.

Nico ·

Het die howe hul kop verloor om hierdie man op ‘n waarskuwing vry te laat, is dit hoe korrupsie en boetie, boetie werk. Waar is die regverdigheid? sou dit ‘n wit man gewees het hy gesit, kyk hoe gaan die EEF aan, is hulle dan almal bo die wet hier word die rassekaart lekker gespeel deur die ANC regters en aanklaers.

AndrewL ·

All people are equal. Some are more equal than others

Dit is hoe ons regstelsel nou werk.

Die man het iemand se dood veroorsaak, ‘n ander ernstig beseer, weggehardloop van die toneel ens, ens.

Die hof laat hom steeds op waarskuwing vry terwyl ander borg moet betaal en selfs borg geweier word vir maande op baie minder ernstige klagtes.

Pieter ·

Hoekom is hy nie gearresteer nie, of het hy dalk bande met politici, wat dit verhoed???

Maggies ·

Klink vir my baie onregverdig. Baie na rasse voortrekkery.

Misky ·

So gedink ja…… SA, die land van melk en heuning en geen regstelsel met dubbele beginsels

George ·

Ek glo nie vir een oomlik dat daar een was nie. Solank na die tyd kan hy ook net claim en se hy was in skok, en toe vat hy iets.

George ·

Die verskil is, ons as blankes ruk nie op die die howe en intimideer die hof nie, tot ons nie ook klippe begin gooi en afbrand nie, gaan niks gebeur nie.

Sê maar net ·

Kry vir Gerrie Nel of Mike Bolhuis om hul gal te werk! Dis louter twak hierdie en totaal onregverdig!!

Piet ·

Daar is groot fout met die samelewing as dit nie eers ‘n verrassing is dat hierdie persoon vir eers ligtelik hanteer word nie. Dit ruik na politieke inmenging……..

Piet ·

Megan, ek ken perdemis, en ook vye. Jy voer ons nie vye nie……

AH ·

Mmm, kyk waar die geld vir die “karretjie” vandaan kom dan sal daar sommer baie vrae beantwoord word…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.