Port Edward-verdrinking: Naam bekend

Glenmore-strand waar die man verdrink het. Foto: Netcare 911

Glenmore-strand waar die man verdrink het. Foto: Netcare 911

Die man wat Woensdagmiddag in die see by die Glenmore-strand naby Port Edward aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink het, se naam is bekend gemaak.

Maroela Media het Woensdag berig paramedici van Netcare 911 het verteenwoordigers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op die toneel bygestaan.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, is hulle omstreeks 14:15 na die toneel ontbied nadat munisipale werkers gesien het hoe die man, Ricardo Da Natta-Frizado (56), deur ʼn sterk seestroom meegesleur is terwyl hy gaan swem het.

“Toe lewensredders by die strand opgedaag het, het die munisipale werkers reeds die man uit die see gehaal. Hy het egter nie asemgehaal of ʼn polsslag gehad nie,” het Lambinon gesê.

Die lewensredders het noodhulp op die man toegepas totdat paramedici van Netcare 911 by hulle oorgeneem het.

Pogings om die man by te bring was vrugteloos en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Da Natta-Frizado is ʼn inwoner van Port Edward.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lynn ·

Dis my pappa Albert se lang verlore beste maatjie van kleintyd die :’-( Aan oom Ricky se familie: ‘ons diepste meegevoel’ RIP oom Ricky..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.