Portefeuljekomitee bekommerd oor SAUK

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die verwikkelinge by die SAUK.

Die komitee het die SAUK versoek om gehoor te gee aan ʼn interim hofbevel wat die openbare uitsaaier verbied om sy omstrede redaksionele besluit om nié gewelddadige betogings uit te saai nie verder te implementeer.

“Die komitee neem kennis van die uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria en hoop dat die SAUK by die uitspraak sal hou,” het Humphrey Maxegwana, voorsitter van die komitee, gesê.

Maxegwana het gesê die komitee sal tydens ʼn vergadering in Augustus vrae aan die minister van kommunikasie, Faith Mtuhambi, stel oor die gebeure by die SAUK.

“Die komitee is diep bekommerd oor die verwikkelinge by die SAUK. Dit nadat die komitee gehoor het die SAUK het agt van sy joernaliste afgedank.”

Maxegwana het gesê hoewel hulle nie kennis dra van die omstandighede rondom die saak nie, afdankings van werknemers ʼn rede tot kommer is veral in ʼn land met hoë vlakke van werkloosheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wat-ek-lees ·

SAUK? Seker es-ei-bie-sie?
Ek stel voor dat die plek toegemaak word!

Tiger ·

So mond moet jam kry!Die sabc is glad nie van belang vir ons huisgesin nie so ja hy mag maar toemaak.Ons sal hom hoegenaamd nie mis nie!

Lance ·

Nou skielik !….sien reg deur dit man …dink mens is onnosel !

humor ·

Jammer motsuneng, maar wees getroos en ook veels geluk met jou nuwe pos waar jy kan voortgaan om verwoesting te saai. Ons kan seker nie van jou verwag om jou met verdere studies besig te hou nie, want jou hantering van sake bevestig dat jy dit nie sal maak nie.

san ·

Ag snert !!! Hul nie kennis gedra van al die gebeure nie … onmoontlk !! Seker kamma want dit pas hulle mos !! En hoekom eers veae in Augustus vra en nie dadelik aandag gee daaraan nie …. wag sekerlik dat verkiesing mos eers verby is en die stof gaan le het!

wonder net ·

Waar was hulle al die tyd? Te veel gabs tussen die brein selle maak dinge stadig.

Koos ·

Die armsalige klomp het kastig nie geweet, hulle dink ons is onnosel. Wil so graag n paar toevoegings maak maar dit sal net haatspraak wees, is gatvol

Bach ·

Hoekom sê z en sy adjunk niks hieroor nie. Waar is leierskap?

wilnet ·

Gaan ook niks sê nie, want daar was en is geen leierskap!!!!!!

Ben Prinsloo ·

Mooi so, gee ou rooioog bloedneus. Wil sien hoe dans die knaap soos n akkedis op n warm plaat. Om uit te deel is maklik maar om te ontvang is nie so maklik nie.

JOHAN ·

EK STEM SAAM MET SAN – HOEKOM EERS VRAE VRA IN AUGUSTUS – IN PRIVAATSEKTOR SOU AL DIE SKULDIGES ONMIDELLIK MOET VERSLAG DOEN EN FAITH KAMSTIGE MINISTER WIE HET “FAITH”IN HAAR – NET SYSELF – IGNOREER ALLE INSTRUKSIES – IGNOREER VERGADERING WAT SY IN JHB MOES BYWOON – WAT WORD AAN HAAR GEDOEN? NIKS!!! DIT IS DIE VOORBEELD WAT SY STEL EN ALMAL PLOETER DAAROP VOORT – EK DOEN WAT EK WIL – VERHEWE BO ENIGE WETTE

andrea van vuren ·

Johan, hulle stel die vraesessies uit tot na die verkiesing in Augustus. Hulle weet as Rooioog en tante Faith hulle monde gaan oopmaak gaan die ANC stemme verloor!

Theresa ·

Vat net die grootmond vas en stel als terug soos was. Daar is hoër gesag as dié een man wat so tekere gaan en al die waarheid wil verdoesel. Kry hy skaam om te sien hoe die meerderheid verwoesting saai??? Wat die gesensor weg. Stel die mense terug aan. Bobs yr uncle en dinge gaan voort. Die enigste een wat moet waai is die meneer wat als so omver gegooi het. Laat hy 24uur kennis kry vir sy wegneem van mediavryheid.

Hein Bertram ·

Al die afgedanktes is hoër gekwalifiseer as die afdanker (hulle het almal ten minste matriek, hy nie). Toeval?

Johann Smith ·

Hoe is dit moontlik dat die regering toelaat dat ‘n diensnemer vir hulle voorskryf wat hul glo ook nie wil he nie en ook wat die hof as onwettig gestel het. Hul is net bang die lands burgers sien hoe hopeloos hulle is en hoeveel teestand daar orals teen hul opgebou word.

Ansie Hartman ·

Hulle moet net een persoon afdank en iemand met die REGTE kwalifikasies aanstel wat verdien om in daardie stoel te sit. Maar hulle sal nie want hy doen ook hul vuil werk vir solank hulle hom daar nodig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.