Portefeuljekomitee wil self regsmenings oor NGV sien

Argieffoto

Die portefeuljekomitee oor gesondheid sal die staatsprokureur versoek om ʼn voorlegging te doen oor die regsadvies wat aan die minister van gesondheid gegee is rakende die grondwetlikheid van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Dr. Sibongiseni Dhlomo, komiteevoorsitter, het gesê dit is belangrik dat die komitee dié inligting het wanneer hy sy werk aan die NGV begin.

Dit kom nadat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, vroeër gesê het sy departement het reeds verskeie regsmenings daaroor ingewin.

Volgens Dhlomo wil die komitee aandag gee aan die bekommernisse wat verkeie mense (rakende die NVG) geopper het, insluitend diegene wat meen die grondwetlikheid van die NGV-wetsontwerp kan uitgedaag word.

Die komitee sal dus eersdaags ʼn vergadering met die staatsprokureur se kantoor hou sodat alle komiteelede in kennis gestel word van die verskeie bekommernisse oor die NGV wat in die media versprei word.

Dhlomo dring egter daarop aan dat die vergadering so spoedig as moontlik plaasvind sodat die komitee van hierdie bekommernisse opsy kan skuif en kan weet wat die bydrae van regskenners in die saak is.

Dhlomo verduidelik dat hoewel die komitee nie wil hê dat enigiets die openbare deelname aan die wetsontwerp vertraag nie, hulle eers aandag aan die bekommernisse rakende die NGV wil gee.

Die Suid-Afrikaanse Privaatpraktisynsforum (SAPPF) is een van talle partye wat hul kommer oor die NGV uitgespreek het.

Die forum het vandeesweek gesê hoewel hulle die konsep van universele gesondheidsversekering en toegang tot gesondheidsorg  van ʼn hoë gehalte vir alle Suid-Afrikaners steun, hy nie ten gunste van die NGV se model is nie.

Die forum glo dat die NGV die Suid-Afrikaanse gesondheidsbedryf onherstelbare skade sal berokken en dat die meerderheid Suid-Afrikaners selfs minder toegang tot gesondheidsdienste sal hê as nou.

Volgens dr. Chris Archer, uitvoerende hoof van die SAPPF, is die forum veral bekommerd oor pogings om die NGV te implementeer sonder dat die regering enige duidelikheid verskaf oor wat dit sal kos en hoe dit in die huidige ekonomiese klimaat gefinansier sal word.

“Die NVG-wetsontwerp in die huidige formaat is nog te vaag en dubbelsinnig oor baie aspekte. Ons doen daarom ’n beroep op die regering om die voorgestelde model te heroorweeg.”

Die SAPPF het gesê hy sal ʼn vergadering met Mkize belê om sy bekommernisse te opper en meer duidelikheid oor die regering se gedagtegang rakende die NVG te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Stuiwer ·

Definitief ‘n foto van’ n privaat hospitaal. Ek wonder vir hoe lank dit nog so mooi gaan lyk…

Hermannator ·

Argitekte gebruik n Auto-cad tekenprogram wat sulke ‘fotos” kan teken.

Tempue ·

Soveel dit die onaantasbare anc betref, is daar nog genoeg van die minderheidsgroepe op mediesefonds sodat die prys plotseling opgesit kan word met 650% sodat dit die meerderheid se hebsug na luukse kan dek. Maar ek wag ook vir NGV sodat n mediesefonds koebaai kan sê en n plek op die Soustrein kan score

Ander Koos ·

N G V , privaat hospital wat miljarde werd is en die anc regering sal benodig, onteiening sonder vergoeding. Die prentjie begin vorm aanneem

Manie van Worcester ·

Net so, dan kan hulle hom mos darm brandsteek in n dienslewerings betoging

JR ·

Persone wat geld verdien gaan betaal en wie betaal vir die werklose persone wat geen geld vedien nie dit is erg genoeg dat ons belasting vir krimenele in tronke moet betaal skande en wat van gewonde krimenele waar word hulle behandel privaat hospitale

UHA ·

Wat van al die vreemdelinge wat van Kenia, Nigeria, Zimbabwe, Somali, Lesotho, Swaziland en waarvan ookal wat hier vry mediese behandeling ontvang sonder om te betaal, laat mens dink.

Hanna Hoekom ·

Ja, die NGV gaan blykbaar die immigrante (wettig en die wat op asiel wag) insluit. Dus gaan minder as 5 miljoen belastingbetalers die mediese las van 45+ miljoen mense moet dra. Nou werk my sommetjie nie so lekker uit nie…

Hans ·

Daar is nie naastenby geld vir wat hulle wil doen nie. Een of ander tyd gaan die geld uit die “wit krane” ook opdroog!!
Dokters is vinnig op pad om elders ‘n heenkome te vind… die wat meer as 30% in hul eksamens gekry het. Dan is ons oorgelaat aan die lot wat minder as 30% gekry het. Wat ‘n vooruitsig!!!

Jaco ·

@Hans, ek verstaan nie so lekker jou kommentaar aangaande wit krane nie, ek besit n fabriek en glo my 90% van my grootste kliënte is hooggeleerde swart mense en ook ons beste betalers, sommige het al vir my die absurde bedrae belasting gewys wat hul as swart mense betaal. Ek sou eerder sê dat die algehele minderheid (wit en swart)wat diens lewer in die privaatsektor se krane binnekort gaan opdroog. Ek dink die belastingpoel vanaf swart Suid Afrikaners het lankal al die van blankes verbygeneem, ek sien dit daagliks in die sakewereld, blankes het nie meer geld nie.

Michiel ·

Dit sal die grootste gemors wees wat Suid Afrika nog getref het. Hier aan dit oor geld vir die staatskas om mislikte staatinstansies te laat aan ploeter geld sal verdwyn en bitter min sal vir die NGV gaan as die Kameel se rug eers gebreek is sal dit Suid Afrka in n nood gesondheids toestand laat en dit sal onomkeerbaar wees dit het tyd geword vir ons as die belasting betaler om ons voet neer te sit.

Emma ·

Hulle sien net geld wat inkom hoog tyd die mense sal iets moet doen om die besluit te blok. Soek net meer en meer wat ons nie kan bekostig nie. Niks wat hulle doen het nog positief uitgespeel nie.

wraggies ·

Belastingbetalers moet net ‘n plan beraam om die geld krane toe te draai om hierdie tipe onnoselheid stop te sit, of ten minste vir nou instansies soos OUTA ondersteun. Die regering self het immers niks geld nie, asook die ANC, hulle plunder net wat hulle kry van ons/besighede/belastingbetalers af. Daar is geen ander opsie nie.

Ronell ·

Die regering is vinnig om te sê ons land is demokraties. Duidelik verstaan hul nie die terme. Hierdie NVG is diktatories gladnie demokraties. Het ons landsburgers gladnie n konstsionele reg om self te besluit hoe en wat ons met ons swaarverdiende geld mag doen nie? Almal van ons wat onder moeilike finansiële omstandighede mediese fondse betaal, doen dit met behoorlike beplanning, geboortebeplanning ingesluit. Ongelukkig wil die onbeplandes wat reeds als verniet kry, ook ons wat logies dink, na hul vlak aftrek of ons nou wil of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.