Portia Sizani terug in hof

Portia Sizani (Foto: ENCA.com)

Portia Sizani, die vrou van voormalige ANC-hoofsweep en Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland, Stone Sizani, sal weer vandag in die kommersiële handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn.

Sizani is in Maart vanjaar in dié hof skuldig bevind aan 15 aanklagte van bedrog en nege aanklagte van geldwassery.

Sizani se vonnisoplegging is egter vroeër uitgestel nadat haar regspan ʼn aansoek om hersiening ingedien het. Dié aansoek is van die hand gewys.

Haar regspan het toe vroeër vandeesmaand weer om uitstel gevra om ʼn afskrif van die hof se uitspraak rakende die hersieningsaansoek te bekom.

Maroela Media het vroeër berig Sizani het die Oos-Kaapse departement van onderwys uit meer as R1,2 miljoen bedrieg deur vervalste aansoeke vir graad R-onderwysposte te verwerk.

Sy was in daardie stadium die distrikskoördineerder vir vroeë kinderontwikkeling en het glo “spookonderwysers” aangestel en tussen 2009 en 2010 na bewering hul salarisse in haar sak gedruk. Sizani is reeds in 2012 in hegtenis geneem waarna die verhoor vir meer as ʼn jaar uitgestel is weens haar gesondheid.

Die saak sloer sedertdien met verskeie uitstelfases.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leser ·

en so wil sy uitstel na uitstel na uitstel …………………….he, en kort voor lank is dit afstel of dan is sy nie meer daar nie

Swannie ·

Al die onnodige uitstellery van hofsake maak `n bespotting van ons alreeds bespotlike regstelsel.
Al persone wat deesdae “wen”met hofsake is die prokureurs en advokate met hul hemelhoë tariewe.

blouapie ·

jz se tegniek! Sy is skelm, dis hoekom sy gesondheids probleme voorhou…

Johan ·

Dit is opmerklik hoeveel mense wat aangekla (of skuldig bevind word) skielik klokslag en ek met groot siektes getref word sodat die saak net moet sloer en sloer….. Sou minder eerlike mense siekliker as ons gewone mense wees?

Pieter ·

En so mors hulle ons belating geld weer eens sy sal niks oor kom nie dit is hoekom sy met daai smile op haar bakkies sit

Schalla ·

Nog ‘n Shabir Shaik??? Arme siel is so siek sy kan nie vervolg word nie…. Ek weet nie, maar dit lyk vir my of sy baie goed gevoed en versorg is, lyk glad nie vir my sieklik nie….

TJK ·

Verban haar na Alaska [oeps!- die sneeu sal seker
ook hier geplunder word!

Gert van Wierdapark ·

Ek dog teen die tyd het sy al ‘n joppie in “n Ambassa-deur Los Geslaan!?

jakes ·

Sy sal wel gevonnis word wanneer die huidige graad R kleuters eendag regters word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.