Portugese voortvlugtige by Umhlanga Rocks aangekeer

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Veroordeelde bedrieër wat deur die Portugese regering gesoek word, is Saterdagoggend in Umhlanga Rocks, noord van Durban in KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem.

Joao Manuel de Oliveira Rendeiro het uit Portugal gevlug ná hy skuldig bevind is in ʼn multimiljoen dollar-bedrogsaak. Hy is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis voor hy gevlug het.

Die hoof van die polisie in Portugal, Luis Neves, het die saak op 24 November 2021 onder nasionale polisiekommissaris genl. Khehla John Sitole se aandag gebring tydens ʼn bilaterale vergadering by die 89ste algemene vergadering van Interpol in Istanbul, Turkye.

“Genl. Sitole het onderneem om ʼn soektog van stapel te stuur en die voortvlugtige op te spoor ná dit aan die lig gekom het dat hy moontlik in Suid-Afrika wegkruip,” sê brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie.

Lede van Interpol in Pretoria het op ʼn rooi kennisgewing van Interpol reageer en het die voortvlugtige in Umhlanga Rocks opgespoor. Hy is die oggend omstreeks 07:00 in hegtenis geneem.

“De Oliveira Rendeiro sal Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn as deel van sy uitleweringsproses.”

Die Portugese owerhede het die nuus verwelkom dat hy in hegtenis geneem is. Hulle het Sitole en die SAPD bedank dat hulle hom so vinnig kon aankeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Hulle is inderdaad,maar kan eers gearresteer word as die lasbriewe in die lande ontvang word waar hulle woon.Ek dink ons D O V sit op die lasbriewe.

Sean ·

So hy het dood eenvoudig by die lughawe geland en die land ingestap???????

Piet parys ·

En julle sukkel om Marcus Jooste van Steinhof te arresteer . Hyt seker meer geld om hom uit die tronk te hou as die portugees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.