‘Pos Gordhan oor Eskom’

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Die Nasionale Metaalwerkersunie van Suid-Afrika (Numsa) het Donderdag versoek dat Pravin Gordhan onmiddellik gepos moet word vir sy beweerde rol in koste-oorskryding by die sukkelende Eskom.

Gordhan, minister van openbare ondernemings, het verlede week gesê die twee nuwe multi‑miljard randse Medupi- en Kusile-kragstasies is “swak ontwerp en gebou”. Die twee stasies was veronderstel om 9 600 MW tot die kragnetwerk by te dra en moes in 2015 al ten volle in bedryf gewees het.

Die kragstasies is egter nog ver van voltooid en gaan nou uiteindelik meer as R292 miljard kos, nagenoeg dubbel die aanvanklike prys.

Numsa het gesê Gordhan is deel van die leierskap wat sê dat hulle hard stoei om die krisis by Eskom te los maar dat hy en die res van die leierskap vir die plundering van Suid-Afrika se staatsbeheerde maatskappye verantwoordelik is.

“Numsa verwerp Gordhan se bewering dat Enel [Italië se grootste kragverskaffer] die beurtkragkrisis sal oplos wanneer ons weet dat Enel ’n begunstigde van die IPP-projek is,” het Numsa gesê. Die vakbond het al voorheen kritiek gelewer op die program vir onafhanklike kragprodusente (IPP).

Enel is deur die regering aangestel om eksterne tegniese bystand aan Eskom te lewer en sal van hul topingenieurs stuur om ʼn bedryfsoudit van al Eskom se kragstasies te doen ten einde die grootste probleme vas te stel.

Volgens Numsa is die krisis by Eskom egter eie toedoen wat deur IPP’s, verhoogde steenkoolpryse, ʼn te groot top- uitvoerende struktuur, tenderkorrupsie en koste-oorskryding by Medupi en Kusile veroorsaak is.

Numsa staan die ontbondeling van Eskom teen aangesien dit volgens die vakbond geen oplossing bied vir die krisis nie.

“Die gevolge van ontbondeling is baie meer nadelig as wat verwag word. Die gevolge sluit in afleggings, die sluiting van besighede, spookdorpe veral in Mpumalanga en tariefverhogings veel hoër as wat bekostigbaar is vir mense wat minimumloon kry.”

Volgens Numsa kan die staatsbeheerde instelling nie vir private individue gegee word om geld te maak uit ʼn nasionale sleutelbate nie. “As ʼn land kort ons ʼn volhoubare en bekostigbare elektrisiteitstarief ten einde produksie en industrialisering te bevorder en bowenal om elektrisiteit aan ons gemeenskappe te verskaf.”

Tito Mboweni, minister van finansies, het gister tydens sy begrotingsrede aangekondig dat Eskom R23 miljard per jaar oor die volgende tien sal kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pieter ·

Ek weet nie eers hoeveel nulle in ‘n miljard is nie. Deesdae is ons geld ook maar min werd….

Gert J ·

1 miljard is 1000 miljoen
n Miljard lyk so 1, 000, 000, 000
n Miljoen lyk so 1, 000, 000
n Triljoen lyk so 1, 000, 000, 000, 000

Afrikaner ·

Numsa, vir julle gaan dit nie om die ekonomie reg te kry nie, julle kyk nie oor die langtermyn nie, maar die korttermyn, julle wil net poste skep sodat meer mense indiens geneem kam word, dat julle meer lede kan kry, ens ens ens.

hendrik ·

Jy is reg Afrikaner, hoe meer lede hoe meer geld vir die unie. Ek wonder net waarheen daardie geld gaan.

Irma ·

Ag asseblief numsa. Die anc neem die besluite. Nie Gordhan nie. Hy is slegs die pion wat die gesig vorm. Moontlik is ek verkeerd maar dis hoe hulle ‘track record’ lyk.

Gert van Wierdapark ·

Numsa sit al weer die pot mis! Nutttelose Manne Sal Aankarring (numsa) tot geen lid van hom meer ‘n joppie nie. Numsa lyk na deel van die krisis. Miskien moet hy ook ontbondel word!

BlinkStephaans ·

Gordan het maar noudiedag die staatsbeheeede ondernemings oorgeneem… hy het maar ñ pot bol geërf as jy my vra… kom ons kyk maar wat hy kan uitrug. Ek sal net graag wil hê iemand moet op ñ dag begin name noem vir die ou verskoning van swak ontwerp… wie het dit ontwerp… wie het dit goedgekeur… ens ens…. want dit bly die veeskoning. Kan ons nie maar daar ook begin uitsorteer?

Belastingbetaler ·

Hartseer saak is dat mense salarisse betaal word om ondersoeke te doen, baie tyd en kostes gaan daar in en dan? Niks gebeur verder nie.

Michael ·

Ai wat dra NUMSA nou eintlik by tot die land se ekonomie.?

John ·

Wat wel waar is, is dat Gordhan geen ekomomiese of tegniese agtergrond het nie. Hy was ‘n apteker of ‘n tandarts tensy ek aan iemand anders dink. Wie het hom aanvanklik aangestel? Zuma? ‘n Mens kan nie op so ‘n hoè vlak instap om dan eers so met trial en error te leer nie, Te veel ministers skuif na totaal ander gebiede… Onervare mense is SA se ondergang.

Deon ·

John, politici soos Gordhan loop op water. Daar is net die geloof dat alles waaraan hulle raak verander in goud. Hulle kan net niks verkeerd doen nie. Hy moet eerder weer pille loop uitdeel. Die probleem daar is nie ‘n BIng in die ANC kabinet nie. Gaan kyk na die Chinese kabinet, die top brass is opgelei in wetenskap en tegnologie, daarom het hulle ‘n goeie begrip wat met al die ontwikkelings.

jaco ·

as NUMSA se lede ook net minder gestaak het by die 2 steeds onvoltooide kragstasies, was daardie kragstasies ook al klaar.
SA het n president soos die ou Mugabe van voor die jaar 2000 nodig: behou die vrye mark ekonomie, los die wit boere uit en stuur die weermag en polisie in sodra daar n staking is. vervang dan sommer ook diegene wat ander staak met ander wat wil werk.
Ek keur nie Mugabe se menseregtevergrype sedert 1980 goed nie, maar tot in 1999, vir 19 jaar, het Zimbabwe behoorlik gewerk.

MvdM ·

Numsa is ook maar net ń spul kripvreters wat gevoer moet word. Nou word hulle weggedruk van die krip af. Die probleem is egter die kraal is vol en die krippe kan nie al die vreters voer nie. Dit is hoekom hulle so ongelukkig is. Hulle kry dan nie ń beurt nie…….. Miskien is dit apartheid se skuld.

Waarheid1 ·

Die unies is n groot oorsaak van SA se val
Dit staan in Siener se boeke geskryf.
Hy was reg.

Rupert Ashford ·

Unies is ‘n wereldwye euwel wat nerens waarde toevoeg nie, maar wel sosialisme bevorder. Hulle werk redelik (in relatief welvarende lande) vir hulle lede, maar is skadelik vir die oorhoofse welstand van enige land, veral oor die langtermyn.

Sue ·

Pravin Gordan is maar ‘n paar maande minister van Openbare Ondernemings. Geen regdenkende mens kan dus van hom verwag om jaaaaaare se geplunder en onbevoegdheid in ‘n paar maande reg te ruk nie!! Dit gaan baie goeie beplanning en leierskap verg om hierdie gemors op te ruim.

Charles ·

Eskom skuld gap raak al groter, amper so groot soos NUMSA leier se gap…

Adrian ·

Wanneer word daar n oudit saam met SARS na die fondse van alle unies gedoen, reken daar gaan by kokkerotte dan uitkom. Gehoor cosatu koop kantoorblokke op ???

Stripes ·

ESKOM ( en die ANC) laat my dink aan ‘n boom wat vir jare net toegelaat is om te groei sonder om gesnoei te raak. Nou is die boom topheavy agv te veel takke, blare en droë hout wat die boom ontsier. Intussen het die boorkewers die droë hout en daarna die stan en wortels oorgeneem en is besig om vir ‘n vale te vreet voordat die boom omneuk en daar niks meer is om te vreet nie. Aan die anderkant is SA nie die boom nie?

George in Bloem ·

Groot grap van al hierdie woelinge is dat daar nou skielik na die Italianers gekyk word vir hulp. Ons het egter self die manne gehad by Eskom met die kennis om al die goed self te doen maar daar is mos van hulle ontslae geraak so met die tyd net omdat hulle wit is. Hulle kan ook nou in hierdie tyd nader getrek word om te help maar dit sal nie gebeur nie net ondat hulle wit is. So nou wonder ek maar net so op my eie. Italie is oorwegend blanke mense so gaan die ANC/Eskom bestuur aanvra dat hulle slegs swart ingeneurs vind om te stuur om te kom help of sal dit ok wees as hulle die Italiaanse blanke ingeneeurs stuur? ‘n Mens kan maar net vir die spul narre lag.Die belaglike rassistiese beleid wat deur die ANC en Eskom deurgeforseer is is grootendeels verantwoordelik vir die gemors waarin Eskom nou sit. Dis tyd dat mense opstaan en dit se.

George in Bloem ·

Als sal ok wees solank Italie seker asseblief net nie blanke ingeneurs stuur nie? Die spul narre is belaglik.

Jakes Jacobs ·

Wys my enige staats instansie wat binne die begroting bly. Wys net wat gebeur as hulle n nuwe projek aanpak, as dit n mislukking is word almal blameer, behalwe die staat

D B ·

Nee NUMSA, JULLE is net so skuldig aan Eskom se ondergang met julle stakings…JULLE help die regering mooi om die land te sink!

Akademi Buktu ·

Soos verskeie ander vakverbonde, kan en sal Numsa geen konstruktiewe bydrae tot die gewwande opbou van SA maak nie. Hulle is ‘n vyand van SA (en van die naïewe werkers wat hulle kastig verteenwoordig).

Skroef ·

Maak nie saak hoe dun of dik jy dit sny nie, dit bly nog polony. Eskom se probleem spruit uit munisipaliteite wat nie die geld oorbetaal nie. Wat is sie oolossing? Eskim verkoop self krag aan sie publiek. Geen wanbetaling word geduld nie. Jy koop jou krag vir die week, maand, jaar of jy brand maae die primus en kerse. Een kw een prys.

A Mac ·

Teken van ons tyd. Foute word altyd by ander gesoek en hulself word as die slagoffers voorgehou. Makliker om Gordhan te kasty terwyl die unies en bestuur van die instellings hulle hande vryf om te kyk waar hulle nog meer kan aas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.