Pos nou al pakkies vir Kersfees, sê die poskantoor

Argieffoto (Foto: tookapic/Pixabay)

Die SA Poskantoor kliënte wat Kerspakkies na ander lande wil stuur, moet dit so gou as moontlik doen. Dit geld veral vir kliënte wat seepos wil gebruik om Kersgeskenke te stuur.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor is grootliks op datum met die versending van pakkette na ander lande, maar die pakkette gaan deur tydrowende klaringsprosesse in die land van aankoms, het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê.

Die poskantoor wys ook daarop dat items wat litiumbatterye bevat, nie met lugpos gestuur mag word nie. Alle lugpositems word met x-strale bekyk om seker te maak wat die inhoud is, en die items word dan met seepos gestuur.

Lugpositems moet op die laatste op 1 Desember gepos word.
Vir see- en landpos moet pakkies nie later nie as die datums hieronder gepos word:
Tristan da Cunha, Ascension en St Helena: 31 Oktober
Australië, Noord- en Suid-Amerika, die Verre Ooste en Asië: 31 Oktober
Europa en die Midde-Ooste: 31 Oktober
Eilande in die Indiese Oseaan (Seychelle, Comore, Mauritius en Réunion): 27 Oktober

Afrika (die Ivoorkus, Ghana, Kongo, Demokratiese Republiek van die Kongo, Senegal, Kameroen, Nigerië, Gaboen, Kenia, Tanzanië, Uganda, Burundi, Rwanda, Madagaskar, Angola, Malawi, en Zambië): 1 Desember.  Slegs lugpos is na dié lande beskikbaar.

Items vir lande wat aan Suid-Afrika grens moet teen 8 Desember gepos word. Dié lande is Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland en Zimbabwe.

Maak seker jou pakkie kom veilig anderkant

  • Verpak die items in ʼn  stewige houer – dit word in groot massahouers vervoer.
  • As jou item nie sy pakkie vol maak nie, kan jy die leë ruimte vol maak met skokabsorberende materiaal soos papiersnippers of polistireen.
  • Maak seker die items wat jy stuur is wettig in die land van aankoms. Dier- en plantmateriaal kan in die meeste lande nie sonder ʼn permit ingevoer word nie.
  • Skryf die woord “Gift” duidelik op die pakkie. Dit bespoedig doeaneklaring.

Die volgende items mag nie gepos word nie

  • Items met litiumbatterye mag nie met lugpos gestuur word nie.
  • Onwettige items soos dwelms.
  • Items wat kan uitlek en ander pakkies beskadig, soos vloeistowwe.
  • Items wat in die vliegtuig kan ontplof of ontbrand, soos aërosols of vlambare vloeistowwe.
  • Diere- en planteprodukte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sirkus

Nooit ooit weer nie. September 2018 pakkie nog oppad Kanada toe ?

James

Nee dankie. N pakkie van jaar terug nou nog nie afgelewer nie. Net we don’t know

Lava Lamp

????. Pos vroegrydig, hulle werk stadig, hulle het baie tyd nodig om deur alles te gaan om te kyk wat hulle vir Kersfees wil hê….

Sdl

Ek stuur solank n DA geseënde kersfees. ????????????

Hermann

Nie seker of Kersvader se takbokke nou al klaar is met hul herfs energie berging nie – weet die HPK amptenare is al die hele jaar…over geset synde – wat staan hier op my voorkop geskryf?