‘Positiewe tekens om staatsdiens se pensioenfondse te beskerm’

Argieffoto

Die VF Plus het gesê adjunkpresident Cyril Ramaphosa is verlede maand deur die party in die parlement versoek om stappe te neem om die staatsdiens se pensioenfondse te beskerm en dit blyk uit parlementêre vrae aan die minister van finansies, Malusi Gigaba, dat die bal reeds aan die rol gesit is om aan hieraan uitvoering te gee.

“Verdere goeie nuus is die minister se antwoord op ʼn vraag dat die staatsdienspensioenfonds ten volle befonds is en al sy verpligtinge teenoor pensioenarisse kan nakom,” het adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

“In antwoord op ʼn vraag oor die stappe wat die minister doen om pensioenfondse te beskerm wat deur die staat en staatsbeheerde ondernemings beheer word, is die antwoord dat die nasionale tesourie reeds ondersoek daarna ingestel het om alle staatsdienspensioenfondse onder die beheer van die Wet op Pensioenfondse te plaas.”

Alberts het gesê dit sal beteken dat lede toegang sal hê tot die Beregter vir Pensioenfondse wat kan ingryp en gratis ondersoeke doen na enige onreëlmatighede om lede se belange te beskerm.

“Die VF Plus sal voortgaan om hierdie saak te dryf en ons is vol hoop dat die stappe spoedig in werking gestel sal word. Ons vra dat die staatsdienspensioenfonds en alle ander pensioenfondse, insluitende Transnet se fondse, onder Die Wet op Pensioenfondse sal val sodat die pensioenfondsberegter toeganklik sal wees vir fondslede.”

Hy het gesê dit was juis die probleem met die twee gestroopte Transnet-pensioenfondse wat tans in ʼn regstryd teen Transnet gewikkel is dat die pensioenfondsberegter nie enige jurisdiksie oor die fondse gehad het nie.

“Alle fondslede sal ʼn groot sug van verligting kan slaak wanneer hierdie planne realiseer. Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat dit wel spoedig ʼn werklikheid word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Ek vertrou die verandering wat aangebring is aan die formule van berekening wat lede se uitbetaling negatief beïnvloed indien hul sou bedank, word ook gewysig.

Michelle ·

Wat se formule en hoe was dit voorheen vertraag? Ek het laas week bedank. Jou stelling maak my bang

Wanda ·

Ag hulle beloftes beteken niks. Ons moet maar bid vir die beste

Marius ·

Die mense in beheer van die fonds kan nie vertrou word nie. Nog ‘n fonds wat “gekaap ” kan word!

Lynne ·

Ek is diep dankbaar en besonder trots op die VF+ wat altyd ons belange op die hart dra! Julle het en sal altyd my stem hê! Baie dankie vir alles wat julle vir ons doen en beteken! Mag julle net verder van krag tot krag gaan!

LMF ·

Ek weet nie hkm nie maar n stemmetjie fluister in my oor ek moet nou na 29 jaar in staatsdiens bedank en geldjie gaan belê maar die vraag is waar gaan belê jy in ons samelewing want elkeen soek sy pond vleis so ek is op die oomblik baie confused met n beloftes van gigaba kan ek netsowel my geld self vir guzumpa gaan gee

Grassie ·

LMF – Jy sal ‘n groot fout maak as jy na daardie stemmetjie luister. As jy met ‘n staatspensioen aftree vermeerder jou pensioen elke jaar met ‘n paar present, wat tot ‘n mate opmaak vir inflasie, terwyl ‘n belegging konstant bly en dus elke jaar minder werd word en dan nog aan rentekoersveranderings onderhewig is. ‘n Mens wil nie swaar kry wanneer jy te oud is om te werk nie. Ek ken mense wat dit gedoen het en hulle is nou afhanklik van genadegawes.

Alki ·

Ja asb ons staatsamptenare wil nie dieselfde pad loop as die Spoornet pensieonarisse nie,
Grassie ek stem 100% saam met jou, dit is baie goeie advies

meisie v d vyver ·

Ek wil u net waarsku om nie u geld te bele nie my pappie se pensioen en ons sin het elke jaar mindergeword nou sit ons maar n paar rand in n spaar rekening by n fantastiese bank ek kan ook maandeliks trek daarvan as dit nodig is en ons kry darem bietjie rente op die geld EK weet nie of ek die bank mag noem nie As ek daardie jare geweet het wat ek nou weet sou ek nooit geld bele het nie al is ons geld min gaan slaap ek rustig want daardie bank kan ek ten volle vertrou

Annamarie Strydom ·

namens Transnet pensionnarisse net n groot dankie vir jul hulp. ons bly bid. ons kry maar swaar groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.