
(Foto: Esther Lourens)
Die Poskantoor sê hy aanvaar voortaan debiet- en kredietkaarte as betaalmiddel vir die hernuwing van motorlisensies by alle poskantore waar dié diens beskikbaar is.
Die kantore het voorheen net kontant as betaling hiervoor aanvaar.
“Die diens is by sekere poskantore in al Suid-Afrika se provinsies beskikbaar, behalwe Mpumalanga en die Wes-Kaap. Die lys met takke waar die diens beskikbaar is, is op die poskantoor se webblad,” het Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, gesê.
Die hernuwing van motorlisensies is die gewildste van alle transaksies by poskantore – ʼn duidelike bewys dat die diens ʼn groot sukses is, het Kruger gesê.
Motoriste wat ʼn verkeersboete ingevolge die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe-wet, ook bekend as Aarto, opgelê is, kan dit ook by enige poskantoor betaal.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Uiteindelik!
Hier by ons is hulle altyd af lyn.
Baie bly daaroor.
…net jammer die poskantoor hier by ons het nie eens koeverte…..
Nou gaan die kaartmasjiene weer nie GEREELD nie werk nie……