Poskantoor beroof van ‘aansienlike’ bedrag

Die verdagtes het die poskantoor gewapend betree (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van drie verdagtes wat Maandag na bewering ʼn aansienlike bedrag geld by die poskantoor in die Kutama-nedersetting net buitekant Louis Trichardt in Limpopo gesteel het.

Brig. Motlafela Mojapelo, die woordvoerder van die polisie, sê dié drie verdagtes het omstreeks 11:00 die poskantoor gewapend betree. Hulle het glo geld geëis en ʼn paar skote afgevuur. Niemand is in die proses raakgeskiet nie.

Nadat hulle ʼn onbekende bedrag geld gebuit het, het hulle in ʼn verdagte wit Nissan-bakkie op die vlug geslaan. Die bakkie het nie ʼn nommerplaat gehad nie.

Mojapelo sê ʼn saak van sakeroof word ondersoek.

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om lt.kol. Maphefo Matshavha by 082 451 7163 of 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sterk soos n beer ·

sassagelde moet asb nie geld by poskantore aflaai nie die rowers weet watter dag die sassagelde uitbetaal word.

MrMagic ·

O kriek, daardie drie moet hoop hulle word nie skuldig bevind nie want dan is hulle seker hul vuurwapen-lisensies kwyt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.