Poskantoor doen eie ondersoek ná gru-moord

Uyinene Mrwetyana

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het die moord op Uyinene Mrwetyana, ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit Kaapstad, veroordeel en bevestig hy het ʼn ondersoek begin na omstandighede rakende die indiensneming van die poskantoorwerker wat by die gruwelmisdaad betrek word.

Mrwetyana het op 24 Augustus vermis geraak. Verlede week het dit aan die lig gekom sy is verkrag en met ʼn skaal doodgeslaan in die Clareinch-poskantoor, waarna haar liggaam in Lingelethu-Wes gestort is. Die man wat glo erken het dat hy die jong vrou vermoor het, is ʼn 42-jarige poskantoorwerknemer.

“Die raad van die poskantoor was geskok en platgeslaan deur die nuus oor die brutale moord op me. Uyinene Mrwetyana by die Clareinch-poskantoor. Wat nog erger is, is dat ons eie poskantoorwerknemer betrokke is by hierdie gruwelike misdaad,” het dr. Charles Nwaila, ʼn lid van die raad, gesê.

“Die raad en bestuur van die poskantoor veroordeel hierdie verskriklike voorval ten sterkste aangesien dit nie die waardes weerspieël waarop die organisasie gebou is nie.”

Nwaila sê van die oomblik dat die nuus oor die moord aan die lig gekom het, was die poskantoor se bestuur en personeel aktief betrokke om die polisie inligting te gee om met hul ondersoek te help.

Die raad het ʼn subkomitee op die been gebring spesifiek om die omstandighede te ondersoek rakende die indiensnemings van die betrokke werknemer, het hy gesê. Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die bevindinge aan die minister van kommunikasie en digitale tegnologie voorgelê word.

“Die vlaag van geweld teen kinders en vroue in ons samelewing moet stopgesit word. Dit poskantoor is toegewyd om met alle belanghebbendes saam te werk om ʼn volhoubare oplossing te vind,” het Nwaila gesê.

“Ons betuig ons opregte medelye met die Mrwetyana-familie vir die verlies van hul geliefde dogter. Ons simpatie is ook by Uyinene se vriende en medestudente.”

Hy het bygevoeg die raad sal geen verdere kommentaar oor die saak lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jc ·

As hy dit erken het is daar nie ‘n kans vir hom om nie in die selle te bly nie. Geen borg vir hom nie. Die studente sal hom stadig dood maak.

Arno Scheepers ·

Die Poskantoor kan tog nie blameer word nie. Daar is geen wet wat sê mense met kriminele rekords mag nie in diens geneem word nie. Wat sy werkers na ure doen het niks met die maatskappy te doen nie. Hy sou moor waar hy ookal was.
Nelson Mandela was immers n massa moordenaar en het president geword. Die oorgrote meerderheid van ons “ministers” en staatswerkers het kriminele rekords.
Dit is n afskuwelike daad wat hy gepleeg het en hy verdien die doodstraf. Hy het n pragtige jong vrou vermoor en haar familie vernietig……vir altyd, nie vir 10 of 15 jaar nie.
Doodstraf is nie n afskrikmiddel nie, GEEN straf is nie…..dit is bloot n gepaste straf.
Hoeveel moorde word in ons land gepleeg deur mense wat voorheen gemoor het en weer vrygelaat is, daardie moorde kon dus gestop gewees het. Die doodstraf beskerm ons teen verdere moorde.
Dit is die staat se primêre plig om sy landsburgers te beskerm. Daarin faal die staat sy pligte gruwelik.
Hulle faal hulle pligte juis omdat selfverryking hulle primêre doel is.

Beanie ·

Sou jy hom in diens geneem het as jy geweet het hy het amper ‘n verpleegster verkrag en diefstal gepleeg…?

MARIE VAN GRAAN WESTONARIA. ·

Dis tyd dat die doodstraf terug gebring word!. S.A. ñ land van misdaad diefstal.en moord!

Beanie ·

Ek was gister in Panorama Wes-Kaap se poskantoor, absoluut GEEN CCTV kameras nie en ek het R2400.00 se items gekoop…ek het die bestuur gevra of hulle versteekte kameras het, toe se hy nee en hulle is nie van plan om te kry nie…net so!

jeannine ·

Baie sterkte aan die familie van die vermoor meisie weer ‘n jong leve weg geneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.