Poskantoor en Sassa teken dalk binnekort ʼn ooreenkoms

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan moontlik volgende week ʼn kontrak aangaan met die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) waarvolgens hy die betalings van welsynstoelaes vir die volgende paar jaar gaan oorneem.

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het Woensdag aan die parlementêre komitee oor kommunikasie en openbare ondernemings gesê hulle is besig om die kontrak op te stel. “Ons werk daagliks daaraan. Ons hoop om dit teen die middel van Junie, dit is volgende week Vrydag, te finaliseer,” het hy bygevoeg. Hy het dit benadruk dat dit nog nie gefinaliseer is nie. “Ons wil nie die indruk skep dat die kontrak reeds afgehandel is nie, want die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, moet dit nog goedkeur.”

Barnes het aan LP’s gesê die minister moet nog aan die poskantoor goedkeuring gee om Cash Paymaster Services (CPS) te vervang as die verspreider van die 17 miljoen welsynstoelaes. Hy het, in reaksie op vrae van LP’s, gesê hy is vol vertroue dat die poskantoor die diens redelik gemaklik sal kan lewer.

“Dis nie so moeilik soos [CPS] sê dit is nie. Hulle laat dit doelbewus klink of dit moeiliker is,” het hy gesê.

Volgens hom is CPS se tegnologie ook nie só gevorderd en moeilik om vervang nie soos die maatskappy aanvoer nie. “Die gebruik van biometriese data is ook nie ʼn hindernis om van diensverskaffer te verander nie.” Hy het bygevoeg biometriese data is ook nie ʼn absoluut betroubare manier om pensioenbegunstigdes na te gaan nie, aangesien persone gewoonlik hul vingerafdrukke verloor hoe ouer hul word.

Hy het aan die komitee gesê die poskantoor het vandeesmaand ʼn ooreenkoms nodig om seker te maak die oordrag verloop glad, en gesê Oktober sal “te laat” wees. “Die poskantoor het ongeveer drie maande nodig om 12 miljoen kaarte te vervaardig vir die welsynsbegunstigdes.”

Dlamini het in Februarie ʼn voorstel verwerp dat die poskantoor die betaling van die welsynstoelaes oorneem, toe die CPS-kontrak sou verval sonder enige alternatief. Sy het aangevoer die poskantoor het nie die infrastruktuur om die welsynstoelaes te versprei in afgeleë gebiede nie, en hulle het ook nie die tegnologie om die biometriese data te gebruik nie, wat, volgens haar, die enigste manier is om bedrog te voorkom.

Die konstitusionele hof het Dlamini vir die welsynstoelaagkrisis beskuldig toe CPS se kontrak in Maart tot ʼn einde sou kom en dit het aan die lig gekom dat dit nog jare lank sou duur voor Sassa die betalings kon oorneem.

Die hof het aan CPS opdrag gegee om met die diens voort te gaan tot ʼn alternatief beskikbaar is.

Dlamini het onlangs gesê dit sal ongeveer vyf jaar en R6 miljard neem om Sassa gereed te kry om die welsynsbetalings oor te neem.

Barnes het aan die African News Agency (ANA) gesê die onderhandelings met Sassa het voortgegaan om ʼn tussentydse reëling te tref vir twee tot drie jaar, met vyf jaar as ʼn buite-figuur.

Lees alle vorige berigte oor Sassa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Scalla ·

Die poskantoor het dit in die verlede al gedoen, al twee is staatsdiens, waarvoor n kontrak, die verskil is dat Dlamini gaan nie n kick back kry nie

zoom zoom ·

Poskantoor kan nie eens pos aflewer nie hoe wil hulle nog miljoene mense help met sassa gelde.

Bernadene ·

O hierkom ding AH AH stelsel wat hang AH AH Papiere wat OP OP OP is Eish!!! ons gaan STRIKE STRIKE!!! Eish…. Ja ne Stetkte!!!!!!!! poskantoor Landswyd Oor en Uit

Johann Marx ·

Mark Barnes sê alles is in plek, die minister moet dit nog net goedkeur….maar die minister het in Februarie die voorstel dat die poskantoor die betalings hanteer afgekeur? Nou hoe nou? Gaan sy nou iets goedkeur wat sy vier maande terug afgekeur het? En dit nadat sy nie kon antwoord op die vraag hoekom dit R6miljard kos om vir 17 miljoen mense elkeen ‘n geldjie te gee wat die regering afgevat het by die werkendes…..sodat die regering darem 17 miljoen stemme kan kry in die volgende verkiesing!! Wie stel hierdie misisters aan? Ooooo jaaaa, nou onthou ek. Lieg-en-Lag met ‘n deur-die-venster afgeloerde Standerd 3.

Pensionaar ·

MNR Barnes moet asseblief nou skriftelik bevestig dat die meeste SASSA begunstigdes steeds geheel en al kosteloos en gerieflik sonder lang toustaan by enige van die tienduisende betaalpunte van die derduisende Shoprite + Checkers + Pick ‘n Pay Supermarkte oral in die RSA vanaf 8vm tot 8nm op enige dag in die jaar behalwe Kersdag met die SASSA Kaart aankope mee kan betaal asook enige gedeelte of die volle begunsdtigde balans bedrag kontant kan onttrek. Persoonlike en biometriese verifieerings data en kontant rekening word op die gekombineerde selfstandige Net1 SASSA Kaart gestoor en bygewerk en via Grindrod Bank op die RSA Betaal Stelsel met Net 1 /CPS se UEPS stelsel se data basisse gesinkroniseerd gehou. Kaart wys jongste foto en verifieer een of meer van al 10 fingerafdruk jerkers, kan Naam uitspraak vergelyk en self’s log jerkers vergelyk en self geprogrameer word on mee the stem enige plek in die wereld en bygewerk word in stembus en Provinsie data waarin die Kaarthouer woon. UEPS (Un-Emploment Payment System – Social No. Grant Card based System). Gaan nie net oor tyd on kaarte te produseer nie, maar hoeveel maande vir aansoeke nagaan, die vele biometrics afneem en vasvang asook bank rekening open en als in geprogrameerde Kaart se geheue vasvang en Kaart oorhandig aan 10 miljoen debiet Betaal Kaart begunstigdes, vereers.

Pension ajar ·

oops jerkers = merkers bv. oog (iris) merkers. on=om

Carina ·

Stem saam. Hou die biljoene rande wat betaal word vir die diens in Suid Afrika deur die Poskantoor die diens te laat lewer. Ek wil net weet wat gaan gebeur as hulle weer op ‘n uitgebreide staking gaan

foxi ·

Oh gonna…hier kom n groot ding. Pos kry jy miskien oor twee, drie maande, nou moet jy weet hoe dit met die pensioen gelde gaan wees. Hier kom nog groter optogte!!

Issie ·

Alle SASSA kaarte verval 12/17 Ons het navraag by SASSA kantoor gedoen hieroor en is aangesê om in Desember te kom hernu ! Hulle kan ons nie nou help nie. Sal dit nie ‘n chaotiese stormloop wees nie ? Intussen kyk ons maar wat trek Pandora uit die boks voor die tyd

Justice ·

Issie ek hoop dat Mark Barnes jou relevante kommentaar kan lees – indien die Poskantoor enigsins dit kan oorweeg dat hulle tydens die Desember feesgety wanneer almal in `n vakansie stemming is 12 miljoen nuwe Sassa kaarte gaan uitreik, is dit nie `n droom nie maar `n nagmerrie . Teen slegs 10 minute per uitreiking gaan dit 2 miljoen addisionele werksure / man ure vir die maand verg. Staatsinstansies is nie bekend daarvoor om die ekstra myl te loop nie. Die Poskantoor vakbondunies vryf sekerlik hul hande in afwagting om op 99 hul eise te stel.

Christo ·

Ek het al op n stadium saam met die pos kantoor gewerk en glo my hulle gaan nie die mas opkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.