Poskantoor-fout laat Sassa-begunstigdes sonder geld

Sassa (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het sedert vroeg Vrydagoggend “tegniese probleme” ondervind wat daartoe gelei het dat duisende begunstigdes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) nie vandag hul geld kon trek nie.

Die Poskantoor sê in ʼn verklaring hierdie probleem het veroorsaak dat ʼn aantal begunstigdes nie Vrydag hul toelaes by kitsbanke en sekere kleinhandelaars kon trek nie.

Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, sê in verskeie gevalle is die bedrag wat begunstigdes wou onttrek wel van hul rekening afgetrek, maar die geld is nie deur die kitsbank uitbetaal nie. Hy het beloof dat die Poskantoor die fout sal regstel en dat die geld Saterdag beskikbaar sou wees aan almal wat hierdeur geraak is.

“Ons het om verskoning gevra aan al die begunstigdes vir die ongerief en ons tegnici werk tans op die perseel om die probleem op te los,” het Hannes van der Merwe, waarnemende besturende direkteur van die Poskantoor, gesê. Hy sê hoewel Sassa se betaalstelsel gestabiliseer het, is hulle steeds op hul hoede omdat die hoë volume van Sassa-onttrekkings dalk die stelsel se werking vir die res van die dag kan beïnvloed.

Volgens die Poskantoor ondersoek hulle die moontlike redes vir die stelselfout sodat die probleem nie voortaan herhaal word nie.

Lizette Geldenhuys Jonker se 80-jarige ma was een van dié wat nie vandag geld kon trek nie. “Wat nou van die derduisende mense wat nie hierdie naweek kan eet nie? Dit is maandeinde,” het sy gesê. Sy sê Sassa se verklaring is baie vaag en hulle weet nog nie hoe die “gemors” reggestel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dries ·

In hierdie wereld, is daar geen rekenaar wat nog ooit n fout gemaak het ni!
N rekenaar voer slegs di opdragte van sy programeerder uit – altyd 100% korrek, selfs tot 128 desimale plekke, al is dit verkeerd programeer, of di genruiker se inset, ni korrek ni…

daniel ·

Dis ook moontlik dat die staat nie voldoende fondse het nie,agv van die feit dat elke staats beheerde onderneming deur die belastingbetalers onderhou moet word omdat korrupsie en swak bestuur hierdie ondernemings bankrot gelaat het.

John ·

Is dit nou duisende of ‘n aantal? Sassa is ‘n nagmerrie wat ‘n plek gesoek het om te gebeur en toe kies hulle weer die regte een; diè keer die poskantoor waar ander se eiendom of wegraak of te laat afgelewer word. En Kersfees kom.

Peet ·

Onvergeeflik wat nou na die standaard verval.
Die ontvangers moet nou weer iewers gaan toustaan.
Oefenlopie vir Gesondheid Dpt se beplande “magnum opus” – die NGV.

Msp ·

Dis nou die 2de agtereenvolgende maand wat dit gebeur. Kon hulle nie al laasmaand die fout uitgesorteer het nie?

KP ·

Hierdie is nog net die begin, die regering se geld is lankal op. Alles word nou met lenings betaal, en hulle kry nie meer lenings nie.

Gert van Wierdapark ·

Snaaks dat die verskoning nie was, dat die pensioengeld “in die POS “is nie!

m ·

Jip @KP klink vir my ook asof die geld op is, en die dwergies het te laat hulle oorplasings uit ander rekeninge gemaak om seker te maak daar is geld beskikbaar vir die SASSA uitbetalings!!

Amanda ·

Vra hul nuwe minister om die probeem uit te sorteer, sy weet mos alles, ek het mos ñ universiteits graad, werk als volgens die boek, maar op praktyk weet ek niks. Sy het mos vir Marc Barnes uit en pakkette uitgedeel vir die mense met die kennis, maar hul idees is mos outyds, die nuwe generasie weet mos hoe om als reg te doen en maak, op papier ja, maar gooi hul in die diep kant, hul hardloop soos af kop hoenders rond. Net jammer die pensionarisse word nou deur hul onkunde en onnosselheid daardeur geraak.

Feite ·

Die poskantoor het nou dieselfde siekte opgedoen as SOE’s. Daar is geen tegniese probleme totdat betaling moet geskied. Tegniese probleme ontstaan of word geskep op die regte tyd om ander probleme te verdoesel. Geen kaders kan vertrou word wat dienste moet lewer of waar geld by betrokke is nie!

Jaco ·

Hoekom trek hul nie hul geld by Checkers of Pick ‘n Pay nie?

Scalla ·

Jaco, as daar nie geld oorbetaal is nie kan jy nêrens trek nie.

Johann Smith ·

Die diens wat die Poskantoor ooer die algemeen lewer is pateties. Geen bestaansreg vir so ‘n organisasie nie!

Renee ·

Daar is nie 1 staats instansie wat vlot loop. Poskantoor is useless. Gaan jy vir ‘n bankstaat van Sassa. Dan sê hulle reguit ons Jan jou nie help. Die president sit en slaap in vergaderings so nou slaap al die instansies. Gee asb Sassa aan die banke om dit te hanteer asb.

Netta ·

Die poskantoor is nie eens in staat om pakkies betyds af te lewer nie, 4 maande backlog, hoe kan hulle verantwoordelik gehou word om pensioen geldjies uit te betaal ???

Elize ·

Ai nee die arme mense. Gee dit liewer vir n privaat instansie om te hanteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.